As mens jou eie smaak ontwikkel.

20170630_132914.jpg

ñ Agtjarige kleindogter is ñ baie groot lekkerte vir ñ ouma.

Ek kyk soms in haar ogies, en ‘sien diep terug’ na die tyd toe haar mamma so ñ astrante klein japsnoet was. Dan kyk ek nog verder terug, en sien myself. Iewers in die verlede.

Jongste dogter se tweetjies het ñ gesamentlike verjaarsdagpartytjie gehad, so ñ paar weke gelede. Met middeldogter en skoonseun op daardie stadium in Frankryk, het sus en boet per geleentheid by die partytjie aangekom. Met hul eie, eie klere keuses aan.

Talisa is op hierdie stadium defnitief ñ “free spirit”. ñ Pocahontas dogtertjie met ñ kunsstreep.

Ander-ouma het ter voorbereiding van die partytjie opdrag gekry om asseblief ñ ouwêreldse rokkie uit Bali vir haar wat Talisa is, kleiner te maak. Die rok het ek oorspronklik vir haar mamma saamgebring, van handgeverfde batik materiaal. Maar mamma het nie daarvan gehou nie. So ander-ouma, maak dit kleiner, ek wil soos Pocahontas lyk. En kan ouma vir my ñ pyl en boog ook maak?

Groot was my verbasing dus toe sus by ons afgelaai word, met mamma se rok aan. En ñ paar stewels. Plus ñ baadjie wat al veertien jaar lank tussen niggies en nou kleinkinders rondtoer. Al die pad van Hong Kong af. Oorspronklik vir my kleinboet se dogtertjie gekoop. Tilla het dit gaan opdiep.

wp-1498824021571.jpg

Oumas groei weer saam met die kleinkinders, dit weet ek. Van voor af. Ek vermoed dat die intensiteit waarmee mens hulle ervaar, drie lae het. Jy sien ñ stukkie van jouself, jou kind, en dan jou kleinkind. Drie dieptes.

As jy stilsit en waarneem, vloei jou gedagtes heen en terug. Jou gevoelens ook. Jy voel weer die sagte koestering van ñ eie klein lyfie in jou mamma arms. Raak dan ongesiens aan die uitvloeisel van die verdere liefde…vee ñ lastige haartjie uit ñ ogie, maak ñ neusie skoon. Al die tyd bewus van ñ diepe oerwêreldse liefde.

Boet het in sy ‘wanzie’ opgedaag. Want dit is koud en hy voel siek. En dis gemaklik. Wat is die probleem?

wp-1498825912162.jpg

Om jou eie smaak te ontwikkel, om self jou voorkeure te begin uitleef, dít is vir ouma op sigself ñ wonderwerk. Maak nie saak wat ander daarvan dink nie. Die blote feit dat jy keuses uitoefen is meesterlik.

Jy bly die slimste en mooiste en oulikste wat die Here kon skape!

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

6 thoughts on “As mens jou eie smaak ontwikkel.”

  1. Dit verskil soveel van ons geslag wat nooit toegelaat is om vir onsself te dink nie; ons moes maar maak soos wat die ouer geslag voorgeskryf het, sy dit nou wat modes aanbetref, polities, boeke wat ons gelees het of sommer algemene sienswyses. Alles was gesensor. Dit is goed dat kinders vandag meer van hul eie keuses kon uitoefen. Jou kleinkinders is pragtig.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s