Die langspeelplaat.

Springbok Hit Parade 09

Ek het hulle almal gehad. En elke liedjie geken en saamgesing.

Smiddae, nog voor die skoolklere behoorlik uitgetrek is, was my kleine hi-fi al aan die speel. Die kasdeur met die spieël aan die binnekant is oopgelos. Want sekere liedjies moes net saamgedans word, sommer met die haarborsel in die hand vir ñ “mike”.

Nommer nege was defnitief my gunsteling tussen almal. Ook nommer twaalf.

Wat ñ lekkerte was dit nie! Die hoogtepunt van my bestaan was as die nuutste plaat vrygestel is.

So gisteraand, in ons kombuis terwyl ek kosmaak, was dit weer sulke tyd. Bertus was buite besig om kar te was. Al die deure is toegemaak, en die volume kliphard aangesit. Die houtlepel was heeltemal goed genoeg vir tydhou èn as danspartner. 

Ook maar net totdat manlief op my afkom…dis toe dat ons so ñ paar lekker danspassies saam uitvoer.

Iewers in een van die stoorkamers staan die boks. Die langspeelplaat boks. Dit trek maar so saam van huis tot huis. Om wat mee te doen, ma? Vra die kinders.

Man, sommer net.

En dan begin ek weer lekker neurie op ‘You’re so Vain…’

Want sekere vrae hoef nie beantwoord te word nie. ☺☺☺

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

13 thoughts on “Die langspeelplaat.”

  1. Ek het so rukkie terug vir die van Helsdingen een van daai fêncy nuwe draaitafel jingamajigs gekoop. Ons het ‘n hele naweek verloor iewers tussen Springbok, Crooners soos Jim Reeves en Twisted sister. Daar is niks gedans nie, ons is stigtelike mense!

    Liked by 2 people

    1. Hello, Man met die Hoed. Ek glo jou nogal nie…? Nie net so ń bietjie gejive nie…? Ag, dis seker maar my Brakpan-streke wat deurslaan. Ons enkel-garage dans partytjies was alombekend.

      Like

  2. Sê gerus vir jou kinders dat jy weer die “inding” is met jou vinyls – ek het gister ‘n gesprek op radio so toevallig gehoor dat dit blykbaar net ou omies en tannies is wat deesdae cd’s koop, die nuwe gier is om jou musiek oor I-tunes te koop of dan weer na musiek in vinyl formaat te luister… so jy is die slag een voor hulle, gaan haal maar gou jou boks met “langspeelplate” uit en speel die wit waks uit dit.

    Liked by 1 person

  3. Hierdie herinner my dat ek mos van jou gehou het totdat jy beweer het daar nie goeie sangers in die 80s was nie… Tot my ontsteltenis het ons werk verlede Woensdag ‘n mid-jaar funksie gehou in die Barnyard met die stuk :Blame it on the Boogie, wat gaan oor die musiek van die 70s. Wel ek was daar en geboogie en dit tot my onsteltenis geniet!!

    Liked by 1 person

    1. Nè.😂 Ek het al vergeet dat jy so lelik met my was oor my voorkeur… So ń tydjie terug het die teater hier sowaar ñ Eighties aand gehou, en ons was hier. En dit vreeslik geniet. Maar die sewentigs bly bo-baas.

      Liked by 1 person

  4. Daar is net nie meer musiek soos vroeër jare nie PUNT. Elvis was voor jou tyd – my kinders terg my nounog oor my groot liefde vir sy musiek – maar dis o.a musiek wat jou voete laat jeuk, en jou weer jonk laat voel. “You’re so vain” was my man se gunsteling, en het ons in daardie jare lekker daarop gedans.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s