Die ‘toe’ Smartieboks.

 

 

Ek is kapoet. Op. Gedaan. 

Die dag het goed begin. Vier kleinkinders, dieretuin.

Nommer een wat ingepak is, is die vadoek. Die jammerlappie. Ek het my lapsak gaan uithaal, en net die nodigste daarin gesit. ñ Bankkaart, my bestuurslisensie vir die sekuriteitsplekke waar die kinders bly, en my bril. Was ek nou opgewonde!!!…

Hulle was fenominaal verby. So soet. Die twee oudstes is erg “into” fotos, en ouma straal van die trots. Is hulle nie net die wêreld se oulikste kleinkinders nie.

wp-1499264033167.jpg

Nathan kan tot sy ouma afneem! Wanneer het hulle so slim geword!!!

En net daar besluit klein Xander dat ouma se arms beter is as enige iets anders. Want sy koer in jou ore, soen jou onophoudelik, en maak om een of ander onverstaanbare rede die vreemdste geluide terwyl sy probeer om jou iets iewers te wys…

Twee ure later, sak ek op die paviljoen neer. Nou gaan ons na die otter-skou kyk. Dankie tog. Hierdie klein lyfie weeg ñ ton!!!

wp-1499263914629.jpg

Advertensie breek:

By die reptiel afdeling het kleinste op die vloer rond gekruip en allerhande ‘goed’ opgetel en in sy mond gedruk. Ek kon nie die Knick-Nacks pakkies van mekaar af loskry nie, want daar was nie ñ skêr in my lapsak nie. Fout nommer elf.  So elke kleinkind moes die hele string met hom saamdra as hy ñ pakkie wou hê. En al drie wou gelyk een hê. Plus Xander. En hy doen nie die waentjie-ding nie. En ek weet nie of hy al Smarties mag eet nie…want sê nou hy verstik en ek is alleen en hier is waaragtig nie ñ noodhulp-diens nie. Ek het gekyk. So hy kry heeltyd Knick-Nacks, maar dit is in ñ string en die ander drie wil gelyk daarvan eet!!!

Oudste kleinseun Nathan is “very much into” reptiele op die oomblik. Ouma, help my om die bord te lees asseblief. Ouma, kom kyk hier. Ouma, check dit uit. Daai slang gaan daai muis NOU vang, ouma, kyk! Kyk hoe sluk hy die muis in!

wp-1499266501537.jpg

En Meghan word net daar naar, in die reptiel afdeling, tussen die Knick-Nacks wat oral rondlê.

En boetie kruip rustig rond en druk goed in sy mond.

Ok, terug op die paviljoen. Vir twee ure lank het elkeen geloop en peusel. Behalwe ekke. Nou is dit koeldrank tyd. En sweeties. Ons wag dat hulle met die vertoning begin. Alles baie kalm. Baie mense.

Elke dogtertjie het ñ pakkie pienk pilletjies en Smarties gekry. Dis in die lapsak. Eintlik mag ons geen kos en koeldrank ingebring het nie. Maar dis in die lapsak.

Dis toe dat die hel losbreek. Tussen baie mense wat vir die vertoning wag. En met bewondering hierdie ‘jong’ ouma met haar pragtige kleinkinders waardeer…My eie waarneming, ok…

Twee dogtertjies. Twee Smartie boksies. Een reeds oopgemaak om te sien of Xander dalk al een sweetie kan kou…as ek hom net vir ñ sekonde terugsit in sy waentjie…wat toe nie uitwerk nie…

Gaby het ook haar mondjie oopgehou vir ñ verlore Smartie wat dalk uit boetie Xander se mondjie val. So die pakkie is reeds gebruik. Nig Meghan besluit, sy soek nou haar TOE BOKS flippen Smarties. Terselfdertyd wil kleiner nig ook haar pakkie hê.

Advertensiebreek: Nathan en Meghan is boetie en sussie. Meghan weet hoe om op te staan vir haar regte.

wp-1499266477005.jpg

Gabriëlla se boetie is nounet een jaar oud. Sy weet sy kry wat sy wil hê. Sonder “sibling” inmenging.

Lang storie kort. Xander is besig om sy babasak op die mense wat voor ons op die paviljoen sit, uit te gooi. Doeke oral. Gaby gil omdat sy die TOE pakkie Smarties soek. Meghan staan op haar vroue-regte, en “demand” haar TOE pakkie Smarties. Nathan tree tussen beide, want hy is die oggend deur sy mamma aangesê om die twee dogtertjies te beheer. ‘Want ouma is nie gewoond aan soveel kleintjies gelyktydig nie’. Hy kry Meggie beet, sy byt hom. Gabby gil oor die onregverdigheid van die situasie, en Xander gooi mense met sy melk-bottels.

En die mense kyk geskok…

Ons het NIE die vertoning van die robbe gesien nie.

Maar ek is ok, dankie. Indien iemand wonder.

wp-1499266519532.jpg

Op die pad: Ouma, vat ouma my nou huis toe…? Nee my liefie, mamma is by die werk. Dankie ouma, want ek, Gabriëlla, is baie bly ons gaan na ouma se huisie toe. En ek is jammer, ek weet ouma wil nog baie graag by die dieretuin gebly het.

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

26 thoughts on “Die ‘toe’ Smartieboks.”

  1. Laat my wonder hoe het ek dit reggekry om al drie myne te beheer in openbare plekke. Ouma lyk pragtig, jonk, op en wakker op die fotos. Die kleintjies lyk of hulle die dag geniet het – rus maar solank uit vir die volgende uitstappie 😀

    Liked by 1 person

    1. Hester. Ek moes Nathan belowe dat ek en hy ALLEEN die dieretuin baie binnekort sal besoek. Soos hy sê, hy het tyd nodig. En niemand besef hoe dit is om ñ sussie soos Meghan te hê nie. En hy het nou so uitgesien na vandag, maar alles is VERNIETIG…

      Liked by 1 person

      1. Ag siestog ouma, dan moet jy maar so maak. My dogter, somtyds ‘n regte drama queen, is ‘n laatlam en haar boeties is / was twee regte duiweltjies. Toe ons in die Kaap gewoon het, het ek hulle eenkeer na die museum by die kompanjiestuine geneem. Nou probeer ek, ma alleen, om beheer uit te oefen oor ‘n vyfjarige en twee tien- en elfjariges en laasgenoemde twee is so balhorig as wat kan kom. Net vandag kry ons fotos van die een boetie wat sy enigste lammetjie akwarium toe geneem het. Sê my dogter (nou 30+) sy wil weer na die Kaapse museum toe gaan – ALLEEN, sodat sy dalk IETS daarvan te sien kan kry. Nou voel ek so skuldig en ontoereikend.

        Liked by 1 person

    1. Lewies! Maar eintlik is hulle baie maklik. Dis net as die humeure opvlam dat ouma se moed tot in haar skoene sak. Een-een kan ek dit nog met hulle uitredeneer…gewoonlik. Maar drie gelyk!

      Like

  2. Lekker gelees, en dit saam belewe. Dit klink sooooooooo bekend. Gelukkig het hierdie ouma nou ‘n verskoning “ouma is dronk,” soos die kleintjies altyd sê (Meniers) en dit is my “ticket” uit. Wag tot hulle tieners is, en probeer hulle dan almal op ‘n uitstappie neem. Hulle trek jou tussen hulle totdat daar net toiings oorbly. Mooi naweek vir jou.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s