Sommer net ñ gedagte vir my dag.

(skildery:Google Images)Elizabeth-and-Mary

Om met oorgawe saam met ñ ander persoon bly te wees; dít is nie ñ emosie wat ons altyd van nature ervaar nie. Ek kyk nounou na hierdie skildery, en ñ effense hartseer roer in my siel-mens.

Ek wil ook so kan voel vir ander, en dit moet uit ñ diep plek hier binne my kom. Dit moet maklik wees, en ‘waardig’. Nie uitgeredeneer nie. Nie eers geweeg word nie.

Soos ñ kleinste wat na jou arms toe aangestorm kom, voluit, sonder terughou. Sonder skanse.

Om vreugde te kan ervaar vir ñ ander se geluk sodat die vensters van jou siel dit wys, dít is ñ gawe.

Een wat ek wil hê. Ten volle.

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

10 thoughts on “Sommer net ñ gedagte vir my dag.”

  1. Dis ‘n pragtige skildery wat aan die hart raak. Ek hoor en verstaan jou wens. Maar ek wil amper vir jou sê soos die Engelsman sê : “Careful what you wish for”. Ek is so ‘n mens. Hulle noem ons “Empaths”. Dit is ‘n gawe en ‘n kruis. Wonderlik om daardie persoon se emosie in jouself te ervaar asof dit jou emosie is en dit is wonderlik om sonder grense net bly te kan wees vir iemand. Maar, daarmee saam kom ook die ander kant. As daardie vrou more na my toe kom na ‘n miskraam, dan voel ek ook haar pyn geheel en al sonder grense, in my liggaam, in my siel. Haar hartseer, haar weerloosheid, haar vrae word my hartseer en my weerloosheid en my vrae. Ek kan dit nie keer nie en ek kan probeer skanse opbou om my te beskerm teen al die emosies rondom my, maar dit vat net oogkontak, net om iemand skielik raak te sien, om iets te lees, om vinnig met iemand te gesels, vir daardie persoon se emosie om na my oorgedra te word en ek hard moet veg om weer los te kom daarvan. My dag is verweef in ‘n mengelmoes van emosies en dit vat nogal baie dissipline om my emosies uit te pluis en te besef dat nie een daarvan eintlik myne is om te dra nie! Maar dit bly ‘n gawe, want dit leer mens bid vir ander op ‘n heel ander vlak om die emosie weg te kry. Dit leer mens wat dit is om werklik stilte op te soek om jouself weer heel te kry. Dit leer jou kreatief wees om negatief te kan omskep in iets positiefs. En meestal werk dit. Meestal nie. Afhangende van my eie weerloosheid en hoe sterk my skanse op daardie oomblik is. Wees bly vir die gawe wat jy het om doelbewus te kan omgee en doelbewus te kan lewe. Omhels dit, want dit is wat jou menswees maak. Jy kan jou hart beskerm en vir mense liefhê sonder om in hulle emosies verstrengel te raak. Jy kan vertroos sonder om saam met daardie persoon in duie te stort. Jy is nodig net daar waar jy is.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s