ñ Tyd en ñ plek.

WB14095b

My laaste woorde gisteraand aan Rondomtalie was dat ek nie langer so ernstig gaan skryf nie. Want dit krap my mense om. Van nou af net ligtelike stories en Bali prentjies.

Wie “fool” ek nou eintlik. Dit is ‘of’ die blok geheel en al toemaak. ‘Of’ skryf soos my hart en my emosies my lei.

“I signed up for it”.

Maar hoe nou gemaak. Is dit omdat daar nou maar net ñ plek en ñ tyd vir alles is.

En hierdie nie my plek is nie?

Groei ñ blog saam met jou? My voorneme was ñ dagboek vol reisstories. ñ Plekkie waar mense vir ñ rukkie saam met my kan wegloop en droom.

Tog. Ek is nie net ñ rondreisende ‘iemand’ nie. Hoe hou ñ mens die twee persone weg van mekaar af?

Of is om “undercover” te gaan die antwoord?

0

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

19 thoughts on “ñ Tyd en ñ plek.”

  1. Volg jou hart – dit is nie verniet, dit waarvan die hart op ‘n spesifieke oomblik vol is loop die mond van oor, nie.
    Ek het ook al daaraan gedink om die witvlag te hys, en as ek my weer kry loop als wat in my binneste aan die gang is oor in my vingers. Die res is geskiedenis.
    Ek was al redelik op die punt om te sê: delete this blog, dan begeef my moed my, ek raak hier op hierdie ruimte van baie dinge binne my ontslae wat andersins vir my of ‘n hartaanval of ‘n chroniese siekte sou gee – ek forseer niemand om te lees nie en besef alte goed dat daar net ‘n paar mense is wat vasgevang is in my wroeging – dit pla nie, want die doel hiervan was juis om kop skoon te maak. Baiekeer as ek die weer lees ding doen dan sien ek hoeveel beter ek voel van die oomblik wat ek dit in hierdie ruimte geplaas het tot op hede. Ek dink my man lees my goed skelm – dit is ook goed want ek dink op die beste van tye is dit al plek waar ek met hom kommunikeer want hy is vasgevang in die net van skaakspeel – so as hy lees is dit okay – hy kan niks sê nie want ek mag nie weet hy lees nie 😉
    Dus weereens, jou blog, jou woorde en as die laaste alternatief, lw laaste gaan dan maar eerder undercover!

    Liked by 4 people

  2. Ek stem saam Danie en Elane – my blog is my eie spasie wat ek vir myself geskep het soos wat ek daarvan hou – dalk omdat ek nie werklik ‘n voet het om op te staan in my regte lewe nie? Who knows. In my spasie kan ek sê en voel wat ek WIL, en nie soos daar verwag word van my om te voel en dink en doen in my regte lewe nie. Hier kan ek iets sê sonder om deurskynend te voel. Ek weet ek sou mal gewees het as ek nie ‘n blog gehad het nie 😆

    As dit enigsins sin maak?

    Liked by 3 people

  3. Ek dink jy groei saam met jou Blog…ek dink daar is allerhande tye…ernstige tye, tye waar jy sommer net laf is, tye van vermaak ens…en elke blog is uniek…wees jouself en skryf jou hart uit…jy is wie jy is…en ek luvit so…

    Liked by 2 people

  4. Liefste Una, dis moeilik, moeilik, moeilik.
    Jare gelede wou ek ‘n tweede blog begin, en ek hét al verskeie kere tweede blogs begin. Toe het Herriemerrie vir my gesê daar is soveel onnodige admin aan. Wat waar is.
    Op die ou end is jou blog jou blog. Die naastes moet maar gewoond raak aan wat jy skryf.
    Ek moet ook maar altyd mooi trap op my blog, ons het ‘n kleine dorpie. Dit bring mee dat ek sekere goed erg versigtig sê. Net jy sal weet. Xx

    Liked by 2 people

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s