Môre begin ek by die gym.

snow-cat-funny-animals-wallpaper-1280x1024

Alles te danke aan hormoonpille.

Warmgloede.

Funny-fitness-pictures-grandmas-workout

Dis reg. Ek, wat nog nooit in haar ganse lewe eers die binnekant van ñ gym gesien het nie. Ek. Begin môre. Klaar ingeskryf. My sak is gepak met elke denkbare gym-bykomstigheid moontlik in.

Die instruktriese se vrae vanoggend met my mediese evaluasie: Wat het jou gemotiveer om te kom aansluit?

My man.

Wat is jou mikpunt?

My man.

???

Die hormoonskommeling van die middeljare het my gewen. En Bertus na drastiese planne gedryf. Dit kos hom baie, want hy het vir my vandag elke moontlike ‘hulpmiddel’ denkbaar in Total Sports gaan koop. Van my kop tot my toontjies uitgerus gaan ek môre oggend aanmeld.

When-Should-I-Foam-Roll

Ja, dis ek. Een van die dae. “Eat your heart out”. Ek sal die “hot flushes” gaan wegoefen! En die depressie wat sy kop wil-wil uitsteek. Ek gaan besig bly en gesond leef. Watch my.

Volgende vraag: HOE gedetermineerd is jy van nature om ñ doel te bereik?

Glad nie.

O?

Ja.

Stimuleer daaglikse uitdagings jou?

Nee.

Na twaalf maande, wat sal jy graag wil sien?

2e2b3b2022cb19c6806300266305b551--funny-shit-funny-stuff

Ek oefen van môre af. Met my baie duur bluetooth oorfone op my kop. Indien jy ñ fiksheids-boffin is en jy sien my raak, kom gee maar ñ bietjie raad.

Want ek verstaan glad nie eers hoekom ek ñ handdoekie moet saamvat nie.

download (1).jpg

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

44 thoughts on “Môre begin ek by die gym.”

    1. Dis chaos in my lyf op die oomblik, Hester. My nuwe pille vat nie die warmgloede weg nie, en maak my heeltemal emosioneel. Geen idee hoekom nie. Ek moes my voriges verander, volgens die ginekoloog, want ek was reeds 10 jaar daarop, en dit het nie meer die regte kombinasies in wat nodig is vir my ouderdom nie. Maar hierdie nuwes!!!!!! Ek sien haar eers weer oor 3 weke. So nou los ek dit en suffer nie ‘in silence’ nie, maar baie verbaal. Die gloede alleen sal ek kan uithou tot dan, maar die emosies! O nee.

      Liked by 1 person

      1. Ek was baie gelukkig deur die meeste van soortgelyke trauma vry te spring, want ek mag nie hormoonaanvullings gebruik nie. Dêmmit, ek kom nou eers agter watter lang lys van “mag nie’s” ek het. Gelukkig is daar ander dinge wat my lewe opkikker.

        Liked by 1 person

    1. “You bet” Danie. Ek gaan dit ook dophou, hier van die kant af. Wonderwerke kan gebeur, onthou. Net dalk vind ek die binnekant van die gym, wat reg oorkant my winkel geleë is, heel ‘nuuswaardig!’. O, en raak ek dalk so terloop ook effe fiks. Miricles happen.

      Liked by 1 person

      1. Ek sal! My eerste swem sessie agter die rug, en lekker binne myself geloop en giggel. Behalwe dat ek amper van moegheid versuip het, was ek hiper dom met als. En verstom dat my geslag glad nie skaam is nie. Die sauna ding, ek gaan beslis nie daai een doen nie! Al sê die reëls uitdruklik ‘met swembroeke aan’, dink ek nie almal kan lees nie…Of besit nie swembroeke nie. Net swemkappies.🤔😉😂

        Liked by 1 person

  1. Hell, maak jy my nou lus vir die gym. Kan nie wag tot ek kan aansluit einde van maand nie, rustige kop dan…. As jy eers jou plekkie kry daar binne raak dit so deel van jou soos hare kam. Lekker musiek, daar gaat jy,xxx

    Liked by 1 person

  2. Baie sterkte, ek dink dit gaan lekker wees!

    Ek wil so graag gym, maar het net nie die tyd nou nie. Kunsklasse is al waarvoor ek tyd (en krag) het op die oomblik, en op die oomblik hou dit bietjie my swar brak besig. Ek wens egter ek kon ook gym. Ek dink dis tyd dat ek aftree en begin gym.

    Liked by 2 people

  3. Ek oefen al van forever af, ek raak lekker gek as ek nie iewers van my frustrasie ontslae raak nie – maar met my beperkte tyd skedule van die afgelope pr jaar Bodytech ek nou al vir 2 jaar, en dit is lieflik, net 20 minute ‘n week, en vir 3 – 4 dae is ek styf en pyn my lyf, want ek oefen ieder en elke spier in my lyf, diep en vlak. As ek dit nie voel nie sê my kop ek het nie geoefen nie. Hardloop na nerens is ook lekker.

    Liked by 2 people

  4. Oor ietsie wat ek perongeluk iewers gelees het – nie oor die gym of warmgloede nie – mens doen wat jy kan met dit wat jy het, niemand kan meer doen nie. Vergewe jouself ook maar vir wat jy nie geweet het toe jy dit nie geweet het nie. ❤

    Liked by 1 person

  5. Lekker lag ek vir jou! Ek ken ook nie die binnekant van ‘n gym nie, net my skoolrok wat ek destyds gedra het. Dit was mos ‘n gym!
    Oppas, moenie van die treadmill afval nie! 😱
    Hoop dit gym help vir die hormone. Gits!

    Liked by 1 person

      1. Sal môre oor my eerste dag skryf. Tussen my en jou, ek dink ek gaan net die lengtes swem ding doen. Elke enkele spier in my lyf skreeu uit, maar ‘ek love dit’. Onthou, hierdie is ons geheim. Netnou lees Bertus dit.😉😉😉

        Like

    1. Frannie. Dis vreemd. Baie. Vreemde mense ook. Maar dit was heerlik. Kyk, ek het net geswem, op en af, soos ń walvis wat afgerig word. En amper verdrink van moegheid. Dit was heerlik.🙈🙈🙈🙈🙈🙈🙈

      Liked by 1 person

  6. Menz kan dit nie naby ‘n swembad of strand waag nie, dan kom die Greenpeace kêreltjies met die emmertjies water nder gehardloop om die “beached whale” te kom red … 😀

    Menz is ook nie ‘n gym bunny nie … it shows, menz weet. Maar dis ook ok. Menz was ‘n seningrige man in 1350 BC, so menz was al vreeslik maer. 😯

    Liked by 1 person

    1. Nee man. Nou lag ek alweer hier in my hoekie soos ñ Zombie vir jou…Vandag my tweede dag, en wag, ja. Ek love dit. Maar onthou, op die oomblik swem ek net. Ek is later so moeg, elke keer as ek by die twee klein ‘water-inlets’ verbybeweeg, blaas dit my heel van koers af. Swak. Tot glo Maandag. Dan ontbloot hulle die groot apparate aan my.

      Like

  7. Ek gym nie want ek hou nie van mense om my nie, maar ek stap (baie flink). Nie eintlik soseer meer om gewig te verloor nie want niks, maar NIKS laat my gewig verloor nie. Ek doen dit omdat dit my sielkundig goed doen. Die ander aand toe gaan stap my man saam. Hy sukkel egter vreeslik om by te bly en stap nog so agter my en toe reken hy my: “Jou gat lyk soos twee klein katjies wat baklei in ‘n streepsak…” My man mag nie meer saam stap nie. Geniet die endorfiene sommer baie, hoor!

    Liked by 1 person

    1. Laat jy my alweer lag. My skoonsus het jou blog deur myne ontdek, en ek kry nou kort-kort whatsapps van haaraf waarin sy uitbrei oor hoe sy vir jou lag! Die gym ding…Bertus se antwoord op my baie emosionele episodes. Hy reken dit is beter as enige sielkundige. So ek het ‘onder ☺dwang’ gaan aansluit. En nou is dit ietwat lekker.

      Like

      1. Ek het eenkeer probeer “gym” en die oomplik toe ek instap toe kom stel ‘n opgepompte, sweterig ou homself voor. Toe draai ek om, klim in my kar en gaan koop ice-cream. Nee o effies ek operate nie by sulke plekke nie! Maar jy moet dit geniet xx

        Liked by 1 person

      2. Eerlik. Ek is skepties oor die gym wêreld. Baie. En ek het manlief mooi laat verstaan dat hy weet ek dink nie te vreeslik baie van mense wat so op hul ‘looks’ ingestel is nie. En dat dit my beskeie mening is dat daar net te veel buite egtelike verhoudings so begin. Dalk sal ander sê ek veralgemeen te maklik, maar in ons beradingsdae, toe ons dit nog gedoen het, was daar alteveel gebroke mense wat kom hulp vra het. So, good for you. Stap weg en gaan eet ñ roomys.

        Liked by 1 person

  8. GYM? My kinders doe dit elke dag. Ek het weer jare gelede besluit dus geldmors om ander te betaal om my fiks te maak. Ek kan dit mos self doen. Maar die selfdoen en die regte doen is nie altyd so maklik nie, veral as dit lekkerder is onder n duvet in die koue… sterkte met jou gym ideale.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s