Die lag met ñ traan.

(painting:Google Images)ede9308f9e47336c1e501ce73169c624

My moekie se beste vriendin van altyd af, het vir so drie maande by haar in haar woonstel ingetrek om haar by te staan met die kanker. Mamma wou graag so lank as moontlik nog op haar eie bly, voor die siekte sy tol te veel eis.

Maizie en tannie Rona was ñ gedugte spannetjie. Saam skoolgehou vir jare; groot ‘buddies’. En altyd besig om vir mekaar grappies te vertel. Dié wat so effens onder die belt was, dié het hulle eksta oor gegiggel. Maar hulle dan ook baie vroom gehou.

ICD Teambuild March 2012 594

ñ Paar dae voor mamma na ons toe moes oortrek, so twee maande voor sy hemel toe is, slaap tannie Rona se dogter by hulle twee oor. Sommer voor in die sitkamer op die bank. Klein woonstelletjie, waar jy maar alles kan hoor.

Mamma was op hierdie stadium amper heeltemal bedlêend, en moes die doeke vir volwassenes dra.

Half-drie die oggend lê Elmarie na die volgende gesprek en luister.

“Maizietjie, hoekom probeer jy opstaan?” Bygesê, tannie Rona was baie baie doof. Veral in die een oor.

“Slaap jy Rona. Los my uit, ek sal self regkom.” Haar siektetoestand het my moeks geweldig ongeduldig gehad, want die sterk morfien plakkers se newe effekte is rof.

“Maizietjie, jy kan mos nie opstaan nie. Nee man. Wat probeer jy doen?”

“Los my uit…Waar’s ñ pad…?

“Wat? ñ Wat?”

Pad Rona! ñ Pad. Maak net oop jou dowe oor!

“Nee my hel, Maizietjie, hier is wragtig nie ñ perd in die kamer nie! Kom slaap!”

Rona, blerrie pad. Waar’s ñ droeë pad! 

“Nee wat, jy is alweer deurmekaar. Ek sien geen perd hier nie. En hoe sou hy hier inkom… Kom, kry jou lê. Die kamer is te klein vir nog ñ perd ook, en Tjoukie sou mos vreeslik blaf. Raak rustig en los die perde uit.”

Dis toe dat Elmarie om die hoekie kom. Nadat sy eers vir dié twee in stilte gelag het. En vir my moeks ñ ander doek bring.

Mens wil só ñ vriendin in jou lewe hê. Een wat haar eie wêreldjie opoffer om jou te kom bystaan. Een wat in die nagte saam met jou huil. Maar meer saam met jou en vir jou lag.

En dan, as jy weg is, blymoedig sê dat jy vir haar by die hemelpoort staan en wag. Want jy wat Rona is kan nie rigting hou nie. Glad nie.

“So Maizietjie wag vir my. Sy weet ek kan dalk verdwaal.”

Dertien maande nadat mamma weg is, kry ek die oproep.

“Una’tjie, my mamma is nounet na Jesus toe. ñ Massiewe beroerte”.

Ek het hierdie een nie sien kom nie. Nie my tannie Ronsie ook nie…

Jip. En nou loop hulle daar bo rond, aan weerskante van Jesus. Tien teen een steeds stry-stry…

Oor wie Hom die liefste het.

En ek glo Hy glimlag in Sy mou vir hulle grappies.

IMG01858-20120526-1538

(My heel laaste fototjie saam met my Moekie.)

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

15 thoughts on “Die lag met ñ traan.”

    1. Jy gaan my nie glo nie, jou kommentare gaan lê steeds as spam by my. Wonder darem wat verkeerd geloop het. Hierdie een waarop ek jou nou antwoord, is die laaste een wat vanself deurgekom het!

      Like

  1. Sjoe ousus, was omtrent nou smile met trane die. Verlang ek nou na die twee, en ja, jy is reg, kan hulle wraggies sien loop en stry daar bo. Hel , ons was so ongelooflik blessed met hulle in ons lewe, is steeds met die nuwe saadjies in ons lewens,x

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s