Oorgedra van geslag tot geslag…

wp-1500033008009.jpg

Vandag is ñ naaldwerk dag. Sommer vroeg-vroeg vat ek en jongste kleindogter die pad Menlopark toe. Die rede. Agtjarige pikkewyn moet begin naaldwerk doen. Volgens ouma.

Die kar is gelaai. Ekstra kruideniersware vir middagete, net ingeval mamma nie alles in haar koskaste het wat ouma benodig nie. En dan die nuwe naaldwerk-boks. Vol interessanthede.

Talisa-Una gaan leer naaldwerk doen.

So ñ paar dae gelede het ek in Brits se Indiër deel ingevaar, en by Ruby’s gaan aanskaf wat nodig is. Van knopies tot skêr, en alles tussen-in.

‘Dis harde werk hierdie ouma’, kom die woordjies na so ñ uur. Alles is nuut en vreemd. Veral die gare deur die naald steek. En reguit stekies… ‘Sjoe ouma.’

Klein aspetat kom ook by. Maar op vier is dit nog ñ onmoontlikheid. Tien dom vingertjies wat mekaar met die speld raaksteek. Sy het vinnig opgegee en liewer met nefie gaan speel.

wp-1500032950900.jpg

Tot my spyt het ek my eie drie nooit die kuns van kleremaak geleer nie. Vies vir myself daaroor. Noudat middeldogter se japsnoet ñ regte dametjie begin word, wil ouma opmaak vir verlore tyd.

Met ñ effense traan in die oog.

En in die hart.

Hulle ses is besig om groter te word, elke dag. Daar is oomblikke wat mens nie kan terugkry nie.

Lessies wat geleer kan word wat ewigheidswaarde inhou.

My eie ouma is vroeg dood, nog voor sy my enige iets geleer het. En my moeks moes net altyd werk. Op negejarige ouderdom het ek ñ naaldwerk masjien by iemand ge-êrf, en myself begin leer. Kort voor lank vir die huishulp se dogtertjies rokke begin maak. So al op my eie manier. Mamma het net af en toe oor my skouer geloer met ñ paar instruksies.

Nou het ek weer ñ skoon pallet voor my. Met drie kleindogters se name daarop uitgegraveer.

ñ Nuwe kans.

424338b888a8b664c35f6cd871e2b38d

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

24 thoughts on “Oorgedra van geslag tot geslag…”

  1. Leer ek nou vandag iets van jou. Nooit geweet jy het jouself geleer nie. Sien, se mos nog altyd jy is ongelooflik kunstig. Ek skryf in vir lesse met volgende vakansie,x

    Liked by 1 person

  2. Hierdie ouma is elke keer rooi van verleentheid as sy ouma Una se input in haar kleinkinders se lewens raaklees. Al wat Lainey sal onthou is haar ouma het gejive vroegoggend op Radio Kansel – het altyd gesê kom Lainey kom ons luister wat oom Angus, oom Fanie, oom Wynand en dan die immergroen oom Jahann vanmore praat. En dan worship ons in volle bors voor die spieël van noot af maar kliphard en ons praat oor Jesus en, ouma jou gunteling lied is mos, I’m no longer a slave to fear, of sy gil ouma Prophet sing, daar was ‘n houtkruis en dan sê ek net… oegh dit is mooi, no longer a slave to fear….

    Liked by 2 people

      1. Sommer hier is seker ook reg. Ek wou maar net sê die lewe hardloop baie draaie met my, en seker met baie ander. Nou die dag het iets gebeur en goed van seker 30 jaar terug spring in my gesig. Goed wat so seer gemaak het, baie seer. En om dit weg te kry, het ek dit letterlik met meters en meters sement toegegooi. En net die opmerking van iemand laat hierdie goed weer uitspring. Ek het dit so diep begrawe, dat ek eintlik daarvan vergeet. En die seer wat dit gebring het, het gemaak dat ek iemand wat vir my baie kosbaar is, ook seergemaak het. Baie seer. Wou dit maar net vir jou noem.

        Liked by 1 person

      2. Ai Danie. Hoekom is die lewe so moeilik. Ek verstaan wat jy sê, veral van goed wat ons diep diep begrawe. En ook van ons kosbare mense wat ons seermaak. Hierdie naweek was een van my slegste, rofstes ooit. Ek wil vanaand onder die bed inkruip en net wegraak.

        Like

  3. Miskien moet jy dit doen. Ek wil soms net die woestyn in en onder n sieltjie gaan sit. Weg van alles af. Maar ons pastoor het nou die dag n interesante ding gesê. Iemand het gevra hoekom moes dit ek wees wat dit oorgekom het? Toevra die pastoor sy moet iemand uitwys vir die Here om dit eerder vir daardie mense te laat oorkom. Die Here gee nie die hewigste gevegtes vir die sterkes onder ons nie. ‘ God creates’ Sy plan is maar net om jou te bou en te vorm na Sy beeld.

    Liked by 1 person

  4. Kosbaar ons tye saam met ons kleintjies. Veral ook omdat ek nooit my oumas geken het nie, wil ek ook daai ding probeer doen, om oor te dra aan hulle wat ek kan. Geleenthede skep.
    Vriendin al wat ek kan se op jou uitvee post, is dat ons hemelse Vader nooit dink ons is slim en sterk genoeg nie, vir Hom is ons altyd en eerste net Sy kind. Sterkte.

    Liked by 1 person

  5. You grandchildren are so blessed to have you as a loving grandma! My grandparents lived in Germany, while I grew up in Vancouver – only met my Gramma twice. Also, our kids never had a Grampa. So I am breaking new ground with the title of Grampa. My poor grandchildren might not survive my silliness!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s