As ek julle net kon wegsteek.

IMG_1654

Al probeer ons hoe hard, daar kom tye dat ons ons oë nie op al die dinge om ons kan bly hou nie. Want die dinge van die lewe loop hul eie paaie, en laat net ñ spoor agter.

Die spoor is soms vreesaanjaend. Waar lei hy heen? Gaan daar ñ ‘stop’ wees?

Die spoor kan verwoestend raak.

IMG_1582

Tog. Daar is altyd ñ spoor. Soms van hoop. Vol drome vir die toekoms.

Maar ‘meer soms’ is dit ñ spoor van trane en seerkry.

IMG_1442.JPG

Ek haat die Bali ape. Wil nie verby hulle loop nie. Wil hulle nie eers in die bome sien rondspring nie. Hulle is deel van my nagmerries.

En tog. Toe kleindogter saam met my oorsee is, moes ñ apie net asseblief op haar klim. ‘Toe oumie. Net een keer.’

Hulle het op ons pad gekom, al het ek hulle ook hoe probeer vermy. En glo my, ek kry dit gewoonlik reg, deur vêr ompaaie te stap.

Hulle het haar opgespoor. En ten spyte van al my voorkomende optredes, het een op haar geklim.

Die lewe gebeur.

Selfs al probeer ons hoe hard om gevaar af te weer, om ons geliefdes te beskerm.

Ons kan nie ons oë op alle dinge hou nie.

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

23 thoughts on “As ek julle net kon wegsteek.”

  1. “Die lewe gebeur”
    Presies net so. Everything is in divine order, right now! … oftewel alles gebeur op die tyd en plek waarop dit bestem is. Laat los so effens en vertrou die proses. O ja! En lag ‘n bietjie vir my oor ek van alle mense vir jou sit en preek!

    Liked by 3 people

    1. Jy is reg, daar is altyd soveel meer mooi as sleg. En die goeie SAL seëvier. Dankie dat jy my daaraan herinner. Ek smile nou, dis goed dat julle na my luister en my bietjie omdraai in die regte rigting. Presies nou wil ek ñ sekere persoon met ñ krieketkolf aanrand. Sonder om ñ oog te knip. En dit gaan F-L help.

      Liked by 1 person

  2. Ek wil hulle in ‘n glas kas sit…. almal vir wie ek so lief is sodat die lewe nie met hulle gebeur nie. Ek kyk in die onskuldige blou kinderoë, en weet hierdie mensie moet groot word en wie weet wat nog vorentoe wag. Dankie daar is ‘n Vader wat hulle nog liewer het…. en belowe Hy sal vir hulle sorg.

    Liked by 2 people

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s