Ek sê jou, ek het die antwoord!

993c92be303e5414ba48625339f79762

En ons kan boonop baie, baie geld maak. Sien, dit werk so…

Paartjie trou. Vir ñ rukkie gelukkig. Skuur soms. Smile net. Beweeg aan.

Babatjies kom by. Skuur meer. Gaan speel golf. Voel beter.

Die lewe gebeur. Skuur BAIE. Trek sommer by die golfklub in.

1856257536-funny-wedding-quotes8Hierdie is my voorstel. Die perfekte oplossing!!!

ñ Huweliksberadings RETREAT: ‘Gee ons sewe dae van jou lewe, en ons waarborg jou huwelik sal weer werk.’ (Terms and conditions apply)

Die inskrywingsgeld moet baie hoog wees, wat op twee dinge dui. Die paartjie is desperaat, en ou boetie, hulle gaan hard probeer want hulle betaal! Baie! En moes ñ week afvat by die werk.

Magnificent resort with a beach view - Banyan Tree Ungasan Bali in Indonesia19

By die pragtige, kleinerige gebou met lieflike tuine en ñ swembad, staproetetjies, aangekom, moet hulle ALLES wat hulle saamdra, ingee. Dit word in ñ lieflike Bali kluis/kas toegesluit, en elkeen kry sy eie sleuteltjie om te hou. Om enige tyd te gebruik, natuurlik ja, ons is vier-en-twintig uur op diens.

“Hier links is ñ voorbeeld van die Lodge kamers. Pragtig né.”

5

“Ja, julle is reg, dit is ñ spa bed op die stoep.”

“Nouja, stap net gou hier regs agter in, hier is waar ons eerste sessie plaasvind…”

jail3 (1)

“Weet julle tweetjies, ek gaan alles nou mooi vir julle verduidelik. Laat ek net iets in die gang kry…”

En dis nou hier waar my plan inskop. Elkeen word in sy eie sel toegesluit. Ek hou die sleutel. Kos word een maal per dag deur ñ anonieme persoon gebring wat nie ñ woord praat nie. Die twee selle is deur tralies verbind, met geen toegang tot mekaar nie. Geen wegloop, wegstorm, kinders gryp en met karre wegjaag, goed rondgooi, goed breek, na vriende toe vlug, mense bel en bel en bel nie. 

Vir sewe volle dae sien en hoor julle net mekaar. Geen privaatheid. Geen vinnige Whatsapps. Niks. Niemand.

En al wat oorbly is om te praat, te skreeu, te huil, te baklei, te vloek. Dalk te slaap. Dan weer van vooraf. Die verlede oor en oor deur te trap, al die sleg en vieslik moontlik voor mekaar se deure te lê. Mekaar weer af te breek, maar dan mekaar te sien verkrummel, te sien seerkry, te sien treur, te hoor huil.

Mekaar se verlate harte te aanskou.

WANT DAAR IS NêRENS OM WEG TE STEEK NIE. NêRENS OM WEG TE KRUIP EN ALLEEN TE PROBEER AANGAAN NIE.

Ek sien en beleef presies wat my gedrag aan jou doen. Selfs as ek op die toilet sit.

Gestroop.

Dis my plan, ja. Vir ñ volle week lank weg van kinders, en van familie, vriende, werk. Net die harde koue werklikheid van ñ huwelik wat wankel. Die twee verantwoordelik daarvoor. Op gelyke voet. In ñ yskoue sel met ñ dun kombers. Stoksiel alleen. Met net die huweliks’vyand’ om mee te engage.

O, en engage sal gebeur. Sewe dae is lank.

200_s

Dis my plan. En manlief voel saam. Hierdie plan, hierdie een het ñ kans.

En moenie dink dat na die sewe dae, as hulle nie bereid is om saam onder dieselfde kombers in te klim, gaan ons oopsluit nie. Onthou,

funny-questions-for-newly-married-couples-1-638

TERMS AND CONDITIONS APPLY. Die sleutels bly by my.

Ag nou ja. Nou voel ek beter. Daar lui my foon, seker die kinders…

1d9540d7dba94b3b86e2c4a748881d7b--couple-quotes-funny-couple-jokes

Julle mag my nie hierdie week judge nie, onthou. Want die lewe gebeur.

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

50 thoughts on “Ek sê jou, ek het die antwoord!”

  1. Judge? Nee. Maar ek is skielik bitter dankbaar vir my huweliksberader/sielkundige/agony aunt. Ek het presies 28 dae gegaan sonder om ‘n woord te praat, en daai luxury akkomodasie van jou met net een ete klink vir my bietjie ongemaklik om so lank te bly.

    Liked by 2 people

  2. Interessant Una, my bemarkingskop vol idees vir name…wonder tog of indien die week nie werk nie mens dit dalk daar agter geslote tralies los en tog wegstap nie? After all, as jou verhouding met jou beterhelfte? eintlik klaar is wil mens dit seker nie kunsmatig aan die gang hou nie!?

    Liked by 3 people

    1. Inderdaad…! Ek het te lank gebly, my eie strafkamp, eie slaaf, eie tronk…! Ek glo vir party sal jou nuwe besigheid werk Traveller…maar soms sal mens seker daar ook besef dat dit ‘n dooie donkie is wat jy nie weer kan vetvoer nie! x

      Liked by 3 people

  3. Ek wil ‘n ekstra warm kombersie hê. En my bloeddrukpille. Anders betaal ek nie. Grappies op ‘n stokkie, ek weet die doel is dat die paartjie moet kommunikeer, maar ek het ook al gehoor hoedat sulke sessies ontaard in ‘n moddergooiery, ou koeie word uit die sloot gehaal en verwyte word rondgeslinger. Dalk moet hulle eers ‘n kursus loop in kommunikasie.

    Liked by 3 people

    1. Hester, dit is so. Dit ontaard in ñ gemors. Maar wanneer twee mense dinge so ver laat gaan het, help selfs kursusse nie altyd nie. Die moddergooiery gebeur, hoe ook al. Ek wens net mens kan die proses aanhelp met so ñ tronk opset. Eerder as die uitgerekte weke en maande van op en affe wat hul hele omliggende wêreld insleep. En dan, after everything is said and done, loop as jy nog wil.

      Liked by 1 person

      1. Die probleem is, wanneer jy loop, vat jy gewoonlik bagasie saam. Dalk moet mense hulleself versigtiger in verhoudings en huwelike begeef, nie induik en probeer om die plooie later uit te stryk nie.

        Liked by 3 people

      1. Man met die Hoed, ai, jy is natuurlik reg. Maar hierdie is MY str..fka..p, ek bedoel Franse liefdes Retreat, en kan ons asseblief nie genade hê nie. Môre sal my Mercy-kant dalk weer inskop. Vandag. Nee.

        Like

  4. En soms….soms was dit nie bedoel om vir ewig te hou nie…! Dalk was dit vir ‘n seisoen, selfs ‘n paar seisoene…! Dan kan mens dalk mekaar kyk, dit wat mooi is bymekaar vat, die hande oopmaak vir dit wat klaar is en steeds die mooi hou.
    Ek pleit nou saam met Una…moenie my judge nie…!

    Liked by 1 person

  5. Nee, menz hou nie van hierdie idee nie. Om tot die dood toe te force wat se tyd dalk verby is, is wreed …

    Alles gebeur soos dit moet, hoe dit moet, wanneer dit moet, met wie dit moet. Hierdie is wat menz glo.

    Liked by 1 person

  6. Wynand het nou die oggend in oopgesprek juis die vlg gesê, huweliksvoorbereiding voor die huwelik moet verpligtend wees en berading daarna ook… mense trou met die idee in hul agterkop, as dit werk nie skei ons!!! Sorry my Frans, maar: WTF daar is net stukkende mense daarna, en die stukkendste is die kindertjies wat nie gevra het om gebore te word nie. Vra my ek weet!!!

    Like

      1. Ek het gaan lees. Het gedink dis dalk die probleem, jy het al ‘n vorige keer so-iets genoem. Stem saam dat ons sal baklei vir ons kinners. Ek veral vir my meisiekinners. Al het jy nie al die antwoorde nie, moet jy aanhou baklei.
        Ons staan agter jou

        Liked by 1 person

    1. Ons móét veg vir ons huwelike. Dit het deesdae so algemeen geword dat ons vat en los en weer vat. Die probleem is, ons nerm onsself met ons saam.
      Dit bring mee dat dieselfde dinge wat ons in huwelik A voor vlug, ook in B opduik.
      Dis baie meer die moeite werd om jou probleme te probeer uitsorteer, uitpraat, uitbaklei.
      Ek en my man het nie die maklikste huwelik in die wêreld gehad nie, maar ons het mekaar gevind na baie baklei en ek dank God dat Hy ons die uithouvermoë gegee het om die dinge reg te maak. Ek verruil hom vir niks in die wêreld nie.
      Due gras is nié groener asn die ander kant nie, dit weet ek.
      En sprokieshuwelike bestaan net in storieboeke, of as jy bereid is om baie hard daarvoor te werk en dit te maak werk.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s