Lekker onthoue is goed.

(fotos:booking.com)78386949

Ek het dit een jaar ekstra gelukkig getref. Soms, as daar ñ nuwe plek oopmaak en jy spring, kan jy verblyf in ñ prentjie-plek opspoor teen ñ baie billike prys. ñ Spesiale openingsprys.

Ek en Bertus is water-mense. Of dit nou damwater of rivierwater of seewater is. Ons het bloed én water in ons are. 

Na twee weke se ‘harde’ aankope, neem die uwe drie dae af. Gewoonlik verkies ek Kuta sodat ek veilig genoeg in die aande langs die see kan ronddwaal, of tot na elf-uur in die winkeltjies kan ronddrentel.

Hierdie kans kon ek nie laat verby glip nie. ñ Water-Lodge.

Vêr van die “hustle and bustle” van die eiland-wêreld se toeriste areas af, meld ek aan. My tasse tot oorlopens toe vol gekoop, meestal vir die winkel.

19789095216_1f0fd9fc6c_b

Ek maak my voordeur letterlik bo-op die water oop. Die hortjies vensters skuif ook heeltemal weg. So daar sit ek. Behoorlik binne-in die water.

8174347

90279045

Bali is berug/bekend vir sy hitte, en ek het elke uur van die dag, vir drie dae lank, in ñ swembroek gebly.

Teen laatmiddae tot by die swembad-kroeg gedryf, en ñ yskoue bier saam met die menigte Australianers gaan geniet. Soveel verskillende lewensstories gehoor. Selfs trane ervaar wanneer oud Suid-Afrikaners my ontdek, en my met vrae oor hul geboorteland peper. Net weereens besef dat jy Suid-Afrika nie sommer uit jou bloed getap kry nie. Die hunkering bly maar altyd daar iewers, tussen al die luide bravade deur.

Boekwinkels in die Internasionale lughawens voldoen aan elke denkbare leessmaak. Ek is dus altyd in besit van nuwe boeke. Op my opblaasstoel met my waterglas en boek langs my, kon die water-stroom sy gang gaan.

I, myself and me. 

Op ñ dag soos vandag is dit vir my goed om tussen my herinneringe terug te stap. Om te onthou. Die deur oop te stoot.

51751365

En ñ paar trappies in die verlede te gaan opklim.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

21 thoughts on “Lekker onthoue is goed.”

    1. Jong Hester, ek ook. Ons gaan hoeka volg jaar saam met my vriendin en haar man oor om alles te gaan uitvind vir ń ‘bly’ van so ń jaar. Alle kostes. Hulle twee wil dit gaan probeer sodra haar man oor twee jaar aftree. Langtermyn verblyf is spotgoedkoop as jy tevrede is met weg van die toeriste areas af. Kos is nog goedkoper, want daar is varsprodukte markte om elke hoek en draai. En as jy reg is om met ń klein scootertjie oor die weg te kom…Skoon opgewonde vir hulle part.

      Liked by 2 people

  1. A Wat ‘n pragtige plek! Ek hou van water en boeke ook! Ek het nog altyd wou duik lesse neem – miskien -maar nog tyd om ons oseaan Dit is baie koud hier. Ook ek verkies om ‘n lekker bad eerder as ‘n vinnige stort.
    What a beautiful place Una! I like water and books too! I have always wanted to take scuba diving lessons – maybe still time to that -but our ocean is very cold here. Also I prefer to take a nice bath rather than a quick shower.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s