Besluitneming.

(fotos:Google Images)-downloadfiles-wallpapers-1680_1050-digital_nature_4516

Dit bly vir my vreemd hoe ñ mens se wêreld soms binne sekondes kan verander. Hoe ñ gedagte homself kan kom lê-maak in jou binneste, en jy dan in ñ nuwe rigting beur.

Gister was Sondag. Ek luister na die Gideon-verhaal in die kerk, maar my gedagtes loop hul eie loop. Wonder of ek kan sê dit was Heilige Gees ge-inspireerd. Of net weereens Una se dinke.

Ek en Bertus bespreek die vraag toe vir die res van die dag. Die vraag het die potensiaal om ons huidige lewe drasties te impakteer. Spesifiek my winkel-wêreld.

In die kerk het ek toe wel die velletjie-uitgooi ding gedoen. Sommer omdat dit altyd help. Vir my.

Die antwoord ñ paar ure later was positief.

Ja, daar is ñ perseel beskikbaar. Onmiddelik. En dit teen alle logiese statistieke in.

Vanoggend ry ek baie vroeër as gewoonlik by die huis weg. Anderkant om, om die dam. Stop by ñ sentrum, en sit net en kyk. Probeer ñ gevoel kry.

Vir ñ lang ruk. Die gevoel is daar, dit voel reg. Maar ek neem nie meer besigheidsbesluite op gevoel nie.

By die gym aangekom, staan ek eers ñ ruk teen die kant en kyk vir die water.

Sport-Aston-Swimming-Pool

Ek merk op dat die strepe op die bodem van die swembad ñ rippel-vorm aanneem as gevolg van die water se beweging. Die reguit lyne lyk skeef.

Maar onder is dit ñ ander saak. As ek afduik en begin swem, my oë oop, is die lyne loodreguit.

galway-swimming-pool-membership

En duidelik.

Soos ñ paar dae gelede, wou ek vanoggend net daar bly. Op soek na die betekenis. Die antwoord.

Daar onder die water waar ek glo ek die Here se stem duideliker hoor.

Die oomblik wat ek boontoe beur om asem te skep, lyk die pad anders. 

“Distorted”.

Hou ek my asem in en duik af, sien ek duidelik.

c92c83ffde814e4aa9e8e8c7dd1c9f8d

Besluitneming verskil van mens tot mens.

En hierdie mens sal moet ‘bly afduik’ totdat sy sekerheid kry.

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

20 thoughts on “Besluitneming.”

  1. Sterkte met jou besluit. Ek is net dankbaar die Here praat nie met my onder die water nie, dan sou ons nooit bymekaar gekom het nie!
    Soos jy sê, ons almal neem verskillend besluite!
    Hoop jy kry jou antwoord spoedig.

    Liked by 1 person

  2. Sterkte met jou besluit. God sal altyd ons keuses ondersteun as ons Hom ken in die saak. Mense kan baie veskil oor hierdie punt. Oom Angus maak altyd n standpunt….neem die Bybel letterlik op. Ek vat altyd die saak na die Here toe. En dan lees ek net aan waar ek besig is om te lees. Dan skryf ek so n week lank neer wat ek gelees het. Dan lees ek dit deur en maak n storie daarvan en kyk wat së die Here vir my. Vir my werk dit op hierdie manier. Dan ‘vat’ ek dit en stap daarmee.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s