Iewers is iets drasties verkeerd!…

ef33358858a0e4aac09dc76cb9df8876--hippie-chick-gifs-animés

Jy is ñ regte kluisenaar, weet jy.

Ekskuus?

Ja Una. Dis ñ feit, hoor. Selfs jou keuse om te swem, eerder as die gym-apparaat. Swem is ñ alleen sport. Jy kompeteer net teen jouself.

O? Maar ek hou van swem.

En jy is op jou gelukkigste op jou eie, met jou boeke.

Ja…(en ñ glasie of twee wyn, nè)

ecd9fc664a7707bddbb08a94db9c9968--wine-jokes-hippie-chick

Maar my vriendinne. Ek het ñ paar, hoor. Ek kuier dan so graag saam met hulle. Hoe kan jy nou sê ek is ñ…

Jy is.

(en ek hou nou nie meer van jou nie. Om my nou so hier te kom judge…)

En ek is mal oor my kliënte, hoe meer hoe beter. Jy hoor dan nou ek oorweeg weer ñ inkopiesentrum? Hoekom label jy my?

Want dit is die waarheid. Jy hou van alleen wees.

s-l225

Steeds. Kom ons dink hieroor…

Josep Moncada 3

Nee wat. Ons hoef nie. Ek lees jou blog. Jy en die water ding. Dis simbolies. Jy wil wegsink van almal af.

Darem nie. Ek is nog ek. Regtig.

Paintings-of-bathing-women-3425245

Jy verander. Dis die blog. Jou nuwe vriende.

Sê weer!!! Nou gaan jy darem te vêr, wat de joos! Kom ons back-track nou net ñ bietjie hier.

 

a60292bb3cad0901e454d0200b42eaea--trippy-drawings-hippie-trippy-art-hippie

Of nee, los dit.

Ek is steeds ek. Ek is gek oor my man. Ek is mal oor my vriendinne. Ek hou van jol. Ek kan steeds cool wees. Regtig.

429cb4f032af8b54502f158108e58afc--hippie-art-hippie-love

Vra my sus Carien. Sy sal jou kan sê. En in elk geval…jy moet dalkies nou ry. Ek het ñ afspraak…

(en ek is ñ blerrie sissie, ek weet… ek moes haar opgedons het!)

Hierdie was ñ uittreksel uit my dag. 

(paintings:Google Images)

 

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

39 thoughts on “Iewers is iets drasties verkeerd!…”

  1. Verstaan glad nie hoekom mens jouself moet verduidelik aan ander nie, dink glad nie jy is ‘n kluisenaar nie. Ek verstaan so van die water, is rustig en stil. In elk geval, al is mens in die gym, dis privaat tyd daai, kop-tyd. Ek kan sommer iemand met ‘n weight slaan as hulle wil praat of selfie of op foon wees. Wil nie in groep rondspring nie, wil net my ding doen, geniet. Dit is my tyd en my siel soek sy vrede. Verstaan nie hoe iemand kluisenaar by jou bring nie. Wanneer jy met mense is, is jy daar fisies en met hulle, nie op foon of verdeeld nie. Maar mens het mos ook perke, sit ek sommer nou my oorfone op en haal my bril af. Rustig, stil en blurry….

    Liked by 1 person

  2. Ek wonder of mense regtig weet wat ‘n kluisenaar is. Dis nie ‘n introvert nie. Dis iemand wat iewers in ‘n grot bly en vir jare met geen ander mens praat nie. Ek weet nie eers of daar nog iets soos kluisenaars in die huidige wereld bestaan nie. En as jy van jou eie geselskap hou beteken dit jy is interessant en het nie ander mense as ‘n kruk nodig nie. En nou sal ek stilbly en my boek oopmaak.

    Liked by 1 person

  3. Ons is mos kompleks- sosiaal en alleenmens, introvert en ekstrovert, konservatief en liberaal, teruggetrokke en uitspattig, alles. Nie net in boksies geliaseer nie. Ek is so, Toortsie en ek glo jy ook. En water is spesiaal om in te swem, na te kyk of by te bly.

    Liked by 2 people

  4. Die laaste prentjie lyk my hippierig, waar my kinders sê ek hoort , wel as jy alleen is kan jy doen wat jy wil….. amper…. Ek moet sê daai prentjie praat met my, weet nie regtig hoekom nie…. miskien daai freedom wat sy uitbeeld. Vry van “wit gepleisterdheid” ( as kind, was ons die ingroep uitgekruit as wit gepleisterde grafte) , judgemental-heid. Wanneer ek so vry is, is ek die naaste aan my Jesus. Onthou jy by Barra? ag ek weet jy onthou. Jo jo, daai girl in die water, het n golf haar omgedolwe ? boobjob gehad ? ?😂 Al jou prentjies praat van n loslitgeid en ek luv dit. As kluisenaar wees uitgebeeld word, wel jy sit die pot mis my maatjie. Ek weet jy soek jou alleen wees baie keer maar ek weet ons wat deur sekere storms moes gaan, het daai alleen tyd nodig “waar geen pretensie geen beheer” seëvier. Sent from my iPhone

    >

    Liked by 1 person

  5. Maar op die ou end hou ek die neeste van die oers antie in die eerste fito en die bont kombibus. Dalk moet ek nog een keer in my lewe vur my so ‘n bont kar kry. Dan us ek sommer ‘n eksentrieke ekstrovertele kluisenaar en ek kom tel jou op en ons twee kluisenaars ry die wêreld plat. En as jy alleen wil wees, so WHAT!

    Liked by 1 person

      1. Toortsie, op soetwyn gaan ons dalk nie veel verder as die eerste bult kom nadat ons vir Seegogga opgelaai het nie! ń Ou Merlotjie vir my, asb. Dan sit ek agter en speel ons Springbok Hits langspeelplate. Met gekleurde laslappie komberse oor die bene.

        Like

    1. Danie, om te oorleef moet ek dinge doen om myself te laat asemhaal, jong. En om te lag, al is dit vir myself, help. Die swem help regtig baie, en doen my fisies goed. My man het mooi by die Here gehoor daarmee; hy het my gemoedstoestand na Hom toe gevat, en dit was die antwoord. Fokus op die fisiese, dit help vir die emosies.

      Like

    1. Jy dink ons het dinge onder beheer…? So met die kombi nou vol soetwyn en Merlot en laslappie komberse? En langspeelplate. Ek dink ook ons gaan fine wees. Goed jy herinner my aan petrol en olie, gewoonlik nael mens mos net vir die ablusietjie.

      Liked by 1 person

  6. Julle sal dalk n rook dingetjie en n eet dingetjie ook moet pak… min, vrolike klere!
    Nee wat sulke mense moet verby hou – ek wil n Apie bollie as iemand vir my se “jy het verander” – fokitogi. En as ek het, is daar n rede… hou jou opinie. Almal het soms stilte nodig.

    Liked by 1 person

  7. Quite a collection of images – I love the first one! Reminds me of my mother … haha.
    It’s a good thing you have this blog to pour out your thoughts and feelings into the computer and out to your friends and folks! Does your brain ever have a rest?

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s