Die hippie-beweging.

(fotos:Google Images)f7766d01eb093b250a3bfd3962729635--hippie-car-hippie-chick

My nuuskierigheid is effens geprikkel. Ek het eers gou ñ definisie gaan soek, om beter te kan verstaan hoe en hoekom.

A hippie is a member of a counterculture, originally a youth movement that started in the United States and the United Kingdom during the mid-1960s and spread to other countries around the world.

Hierdie other countries, neem ek aan, het nie Suid-Afrika ingesluit nie? Dit was gedurende my vroeë laerskool jare, en my jong juffrouens was almal baie prim en propper.

 

Die beweging het op kampusse begin. Middelklas waardes is gekritiseer, hulle het die Viënam oorlog verdoem, en die gebruik van kern wapens teengestaan.

Ek was met ander woorde om en by sewe. Op daardie stadium het ons Vrydag aande in die laerskool saal na ‘Nonne’ flieks gekyk. Waar die non altyd op iemand verlief geraak het, en haar dan dood getreur het.

Die res van die wêreld het anders gelyk??? Anders gevoel??? Ander dinge gedoen…???

AN-AMERICAN-HIPPIE-IN-ISRAEL-5

Terwyl ek leer fietsry het, met die Sappi papierfabriek se geure wat oral in ons dorpie rondhang, en my ma-hulle tennis gespeel het, het mense LSD en marijuana gebruik. Kan jy nou meer.

grandpa-woodstock-and-queen-esther

Ek is ietwat dankbaar dat ouma en oupa nie so gelyk het, en my dan by die skool kom oplaai het nie…

image

Seks was glad nie ñ woord in my jong dae nie. Ons het ook niemand geken wat ñ vegetariër was nie, of nie deel van die NG-kerk was nie. Eco-friendly? Glo nie die woord was in ons HAT nie.

Kaapstad het vandag ñ groot hippie gemeenskap. Hulle verkoop hul ware op die Green Market Square. En iewers is daar ook ñ Rustlers Valley.

Ek wil nou soos Bertus sê toe hy ñ klein seuntjie was…hy is alweer by die huis gelos toe sy ma-hulle loop trou het, want hy is dan nêrens op fotos nie.

Ek het die hippie-tyd gemis.

Tog, as jy mooi kyk, my naam ís iewers vasgeskryf. Iewers op een van die kombi’s met die baie bont kleure. En klere.

Iewers agter-in, daar behoort ek ook te sit-lê.

 

Met sulke lang los hare…

2c57f58f2ca117510a2237cf65885bee--boho-clothing-made-in-heaven

(En ouma Johanna wat in haar graf omdraai. Ai my kind, sou sy sê, hierdie is alles van die kommuniste af. Kom ons gaan loop kuier vir dominee…)

Soms is dit seker beter om ‘alweer by die huis te gebly het.’☺

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

40 thoughts on “Die hippie-beweging.”

  1. Ek is n tiener vd 60’s en hoewel baie prim en propper, het ek met my 1ste salaris n regte egte cheesecloth hippierok gekoop ( my dogter het daarmee nou d dag n prys vir haar outfit gekry by ‘n hippy party), my hare lank en los gedra, hippie leersandale ( met die bandjie om die groottoon ) gekoop by die Hippymark in Kaapstad en geen bra gedra nie ( ban the bra!). Ek het n psychedelic tentrok gehad, hippybrille, lang krale en kaftans. “Hair” was verban in SA maar was my gunsteling show en musiek( in Engeland gesien) en ja, hippie wees was wel hier in SA ook. Ek het maar verby die LSD gehou maar
    dit was ook in SA gewild. persoonlik dink ek die 60’s kultuur was baie bevrydend om mense te laat ontslae raak van baie uitgediende en valse klasseverskille en vooropgestelde idees. Dit was ‘n kulturele revolusie soos min en ons leef vandag lekkerder en makliker as gevolg daarvan. O ja en die musiek vd 60’s is vandag nog tops.

    Liked by 3 people

  2. Jy het dit nou tonekrullekkerkry beskryf!
    Ons was darem geweldig naïef en is in die duister gehou oor al hierdie “goddelose”dinge. Ek kan darem daarmee spog dat ons een vakansie by Jeffriesbaai regte hippies gesien het.Hulle het daar in die duine gewoon en heeldag branders gery.Ek was toe omtrent so 16 of 17.

    Liked by 2 people

      1. Ek dink self aan so ń enetjie aan die onderkant van my voorarm. Met my 6 kleinkinders se voorletters op. Sodat, elke keer as ek my hande in die kerk oplig, ek hulle voor die Here bring. Weird, ek weet. Maar dit is nou maar die ouma in my wat so voel.

        Liked by 1 person

  3. Ja, dit was goddelose dinge inderdaad. Die hand van Satan en die kommunisme is oral gesien. Pop musiek was heeltemal uit die bose, vra maar vir die heer Rodney Seale. Lang hare by mans, maw hare wat aan jou ore raak,het jou onmiddellik gedefinieer as ‘n rebel. Toe ek by KOVSIES wou inskryf vir MA, moes ek eers’n haarinspeksie slaag, wat ek toe nie geslaag het nie. Ek moes maar ewe my hare kort laat knip om die krenterige proffie te behaag.

    Liked by 3 people

      1. Dis hy wat uitgevind het dat daar verskuilde boodskappe in pop musiek is as jy die plaat agteruit speel. Boney M was ook op sy lysie agv hul liedjie We kill the world, wat hy heeltemal verkeerd geinterpreteer het as ‘n oproep om die wereld te vernietig. Ek was 1968 tot 1972 by KOVSIES, in Vishuis gebly.

        Liked by 1 person

  4. Ja, die hippies. Ons was net besig om te herstel van die ducktail-era en het almal sulke stywe swart jeans of leerbroeke gedra (wanneer Pa en Ma nie by was nie). Ek was in die 60s op skool in ‘n plattelanse dorpie toe ons begin kennis neem het van die hippies. Almal het culottes of mini-/ midi-rompe gedra in die wildste geblomde materiaal wat jy kon kry en kaalvoet geloop met ‘n blommetjie tussen die tone (wanneer Pa en Ma nie naby was nie). Ons het almal sulke lang los swaaiende hare gehad, make-up aangeplak met troffels en vir onself handsakke van materiaal gemaak, versier met krale. Die 60s musiek is nog steeds onverbeterlik en daar was soveel idols: die Beatles, Rolling Stones, Honecombs, Elvis, Cliff, ens., ens. Van dagga (en ander drugs) en vrye liefde het ek egter nie kennis geneem voordat ons universiteit en kollege toe gegaan het nie; toe ook maar net omdat ons gedwing is om lesings en kerkdiense by te woon waar ons gedurig gewaarsku is oor die losbandige lewenswyse. Ons het wel almal sigarette gerook, maar ek het tot vandag toe nog nie eens geleer om te drink nie. En ons het wel gebad en hare gewas! 😀

    Liked by 4 people

    1. Jy sien! Ek het vermoed iemand in ons land het darem daardie tydperk se stertkant ervaar. Wonderlik. Onthou jy al die flieks waarin Elvis gespeel het? Daai het ek darem gesien! Handsakke van materiaal met krale!!! Amazing. Ek sit nou lekker en lag oor die prentjies wat jy skets.

      Liked by 1 person

      1. Ja, ek het ‘n paar van die flieks gesien, maar jy moet onthou, in so ‘n klein dorpie wys ‘n fliek net een keer week, dus het ek nie almal gesien nie. Ons was meer aangewese op die radio. LM Radio! Die omroepers was beter bekend as die staatspresident – hulle was soos popsterre en ons het aan hulle lippe gehang.

        Liked by 2 people

      2. Wel, boyfriends was daardie dae belangrik! Toe was daar nog nie soveel klem op loopbane, reise, rainbow chasing soos wat vandag die geval is nie. Vandag se jongmeisies is meer onafhanklik.

        Liked by 1 person

  5. My man was ‘n regte hippie – maar eers in die 70’s, hy was effe jonk n die 60’s om dit ten volle uit te leef, maar het opgemaak daarvoor na sy matriekjr. My ma-hulle was as jong volwasse mense deel van die generasie – en k dink dit is waar ek my gly in die kleurvolle mense met vrye liefde, peace signs, hubblies, baie wyn, baie dans-aande en elke nou en dan die geur van ‘n ongewenste zol. Maar toe trou ek met een, gelukkig was hy toe deur daai fase. En nou, nou smag ek daarna om myself in so groep mense te gaan inwurm en net te gaan hippie terwyl die res van die wereld oorlog maak.

    Liked by 1 person

    1. Speel jy!!! Sorry, die bussie kom jou oplaai. Want ons MOET ń musiekant hê…ek sal die driehoekie speel.🤗Jy het in elk geval met die bussie begin, Toorts, so geen genade met die preutsheid! Tot Plasie wil opklim!!! Asook Danie.

      Like

  6. Ek kom uit die ducktail era…. rebels tot op die been, dra net swart, ruk en rol op Elvis se musiek, en sit op die grond in ‘n kring terwyl ‘n bottelnek met dagga sy rondte doen. Eienaardig ek kon myself papdronk drink, en soos ‘n koorsteen rook….. maar daardie bottelnek met dagga het ek altyd laat “pass.” Dan sit ek vir die res van die aand en kyk hoe almal op die vloer lê en lag, en dinge sien wat my daggalose oë nie kan sien nie. By die hippietyd was ek uitgejol, en het klaar vir my ‘n bed gemaak wat swaar geslaap het. Dit is soos my ma altyd vir my gesê het… “jy maak vir jou ‘n bed en jy sal hom slaap.” Ek is tot vandag toe gaande oor mans met lang hare…. wens my seuns het almal hare gehad wat oor hulle skouers hang.

    Liked by 2 people

      1. My twee ouer susters was nog prim en proper. In my tienerjare het die opstand teen gesag en in boksies gesit, gekom. Rebellie was die gevolg en daarmee saam die oorboord gooi van alle standaarde. My arme ouers!!!

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s