Ma, hoe nou…?

(fotos:Google Images)Amalfi Coast In Liguria, Italy Desktop Background

Ek kry Maandagaand ñ baie moedelose whatsapp van ons oudste meisiekind af. Dis oueraand by die skool, en as ñ juffrou is sy op haar pos.

‘Mamma, my hart en my kop kom nie terug nie. Hoe nou gemaak? Gaan ek ooit weer net normaal wees!’

thumb-350-394680

Die reisgogga het hierdie kind van ons nou behoorlik hard gebyt. Sy was eerste van die vyf kinders wat in 2005 saam met my en Bertus oorsee begin gaan het. Nou, twaalf jaar later, kry sy elke keer swaarder om weer aan te pas.

424772

Ek wonder bietjie hieroor. Dit is nie almal wat so voel oor die onbekende nie. Nie elke ou wat ñ onblusbare energie daaruit put om ñ nuwe land te verken nie. As ek ons familie geskiedenis kon naspeur tot in Jan van Riebeeck se dae, waarop sou ek afkom? Dalk bietjie sigeuner bloed in die are?

Yo3sihE

Ek verstaan elke gevoel wat sy met my deel. Ek ‘proe’ saam met haar. Sy en haar skoolvriendin kom nounet terug van Nederland, Griekeland en Frankryk af. Die blootstelling is in my oë fenominaal. Ander leefstyle, ander politiek, die ‘leer’ om reg te kom met ñ ander taal, ander gebruike. Sy groei so baie in haar menswees. Haar wêreldjie is nie meer net die hier en nou nie. Allerdaagse probleme het nie die geneigdheid om haar onder te kry nie.

Daar is heeltyd ñ nuwe droom.

“Needless to say,” toe sussie dus vra of ek en manlief haar volgende jaar Spanje en Portugal toe sal vergesel, was die koeël deur die kerk. Natuurlik moet ñ ma en pa mos beskikbaar wees vir hul kinders se nood.☺

cinque-terre-on-italian-riviera-coastline-48739-1920x1200

Baie van ons is dalk harts-reisigers. Finansies en omstandighede laat dit net nie vir jou toe nie. Tog, die vreemde bekoring van die wêreld daar buite oorbrug soms die grootste hindernisse. Soos ñ vriendin al tereg gesê het, die oomblik toe sy haar eerste rand in die spaarblikkie gooi, het die ‘boeie’ afgeval.

Die eerste stap sluit jou drome oop.

Ek is regtig dankbaar dat ousus haar vlerke so sprei. Ook dat haar manlief haar dit gun. Doodgelukkig om in sy eie land te bly en sy stokperdjie te be-oefen, dié is ons skoonseun. En die twee wipsnoette kuier heerlik tussen hul oumas rond.

Sodat mamma diep kan asemhaal.

En haar eie-mens kan ontdek en geniet.

20170707_190852-1

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

18 thoughts on “Ma, hoe nou…?”

  1. Ek kon net droom Una. Het geleer waar elke land in die wêreld is….. en toe dit klaar is volg die vyftig state van Amerika …. en daarna elke land in Afrika. Ek het basies net na die travel programme gekyk, en opgelees wat ek kon oor plekke. Nou gebruik ek die Earth app en loop rond op plekke waar my eie voete my nooit self sal dra nie. Yep, travel is in my bloed, maar daar was net nie daardie spaargeld om in ‘n blikkie te gooi nie. Jou dogter is voorwaar geseënd!!!! En jy en jou man het voorwaar iets om na uit te sien. Mooi naweek vir jou.

    Liked by 1 person

  2. As rk op rafio hoot v Christine v Eyk toere en d ads oor reipskette sien, weet ek ke h my rirping gemis. Dis n lekker manier om ander te laat betaal vir jou om d wereld te sien. Midkuen kan sy toer haar roeping maak.

    Liked by 1 person

  3. Behalwe vir die finansies moet ‘n mens seker ook die emosionele ingesteldheid hê om so deur die wêreld te reis. Ek is bevrees ek is nie ‘n goeie reisiger nie. Net ‘n halwe dag weg van die huis maak my sommer moeg en lughawes laat my bloeddruk oorkook. Ek reis lekker vanuit my kantoorstoel.

    Liked by 1 person

      1. Of dalk het ek nie reg oorgekom nie, want ek het beslis nie bedoel om jou af te kraak nie? Ek wou net gesê het, selfs al het ek die geld gehad (ek het nie), het ek beslis nie die entoesiasme om so ver van die huis af te wandel nie. Dis beslis ‘n voorreg om te doen waarvan jy hou – jy hou van reis en ek verkies ‘n laidback lifestyle hier in die amper-beskawing. Maar dan, ek hou daarvan om te lees oor ander mense se reise en dit saam te geniet – ek volg omtrent 30 travel blogs op WordPress alleen en geniet elke land saam met hulle. So, wanneer jy Spanje en Portugal toe gaan, kan ek ook saamreis.

        Liked by 1 person

  4. Ek is bly ons het nie die reisgeld nie … graag op kort reise of kampeer en stap. Ons het van die wêreld se beste natuurskoonwinkels. Dit lyk asof baie mense wat die reisgordel het, nooit tevrede is nie – wil altyd meer en meer sien / smaak / ervaar – miskien probeer om ‘n dors wat net God kan vul, uit te blus. Maar ek hou van die idee om op een plek vir ‘n jaar te leef (soos een van jou foto’s) om die plek regtig te ervaar en verhoudings met die plaaslike mense te ontwikkel (en ook baie foto’s te neem!) Ons het egter nie die Finansiële luukse om dit te doen en dit is ook goed.

    I’m glad we don’t have the travel-bug … happy to go on short trips or camping and hiking. We have some of the world’s best scenery closeby. It seems that many folks who have the travel-bug are never satisfied – always want to see/taste/experience more and more – maybe trying to quench a thirst that only God can fill. But I do like the idea of living in one place for a year (like one of your pictures) to really experience the place and develop relationships with the local people (and also take lots of photos!) However, we don’t have the financial luxury to do that and that’s ok too.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s