As ñ seuntjie by ouma-hulle intrek, EN DAAR IS ñ KAT!

Die groot-trek naweek het gebeur. Kleinste twee engeltjies en hul mamma en pappa bly nou vir so sewe maande by ons, tot hul huis klaar gebou is.

Xander en Gaby het ñ hond. Maar nie ñ kat nie.

Ons Kieter hou nie van ge-hê word nie. Volgens haar is ek en Bertus inwoners; net daar om haar haar kos te bedien, en as sý die dag lus is, haar te vryf. Pretty much enige iets meer, is too much.

20170730_144342

So ontdek Xannie-Pannie haar Saterdagoggend. Voorheen, as die klein mensies opdaag vir kuiers, neem Kieter time-out. Doen sy die Airbnb oefening.

Eers sit hy lank en staar na hoe sy eet. Kyk kort-kort op na my, asof om te sê: sien jy dit, ouma? Is dit nie ongelooflik nie, ouma. Hierdie ding eet dan.

Op haar beurt ignoreer Kieter hom net. Want sy weet haar volwasse inwoner staan by as hulp nodig is.

20170730_144607

Wat ñ ontdekking vir so ñ klein lyfie. Hy haal skaars asem as sy haar stert rondswaai, mens sou dink dit is ñ sirkus toertjie. En as sy lê en spin, draai hy sy koppie om beter te hoor.

Kieter, sien ek, verduur hom. Ook maar net-net. Haar wêreld staan ewe skielik op sy kop. Die een wit, aaklige hond genaamd Emma, het nou twee geword. Sy klim op haar kroegstoel, en staar die petalje buite uitdrukkingloos aan. Sy het seker op die tv gehoor dat ñ Labrador slim is, wat defnitief nie vir haar goeie nuus is nie. Hoe nou gemaak as die natuur roep, is vir haar en vir my ietwat van ñ probleem. Al los ek AL die vensters vir haar oop, sy gluur my net aan. Want sy sien dan nou dubbeld.

Oudste nefie het oor die naweek kom inloer, om bietjie vir jongste seuntjie-dinge touwys te maak.

20170730_144127

Ja-nee, ouma en oupa is voorwaar in vir ñ interessante tyd.

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

15 thoughts on “As ñ seuntjie by ouma-hulle intrek, EN DAAR IS ñ KAT!”

  1. Geniet die kleinkinders, dis nie aldag dat mens hul ontwikkeling so intiem saam hul kan ervaar nie… Kieter sal wel gewoond raak. Hul is meestal relatief aanpasbaar en ek glo sy sal ook wel wys wie is baas as iets of iemand te veel foeter met haar.

    Liked by 1 person

  2. Jy gaan dit baie geniet Una, dit is ‘n groot voorreg. Geniet dit, en onthou dit “Die kat keer terug,” al besluit Kieter om vir sewe maande ‘n ander blyplek te gaan soek 🙂

    Liked by 1 person

  3. Ha lag ek nou. Katte kan tog sooo verontwaardig wees as hulle kasteel versteur word met ongewenste elemente! Die babatjie is bloot n irritasie(ek dink heimlik geniet hy die aandag), maar die hond sal op sy plek gesit moet word…. sy konkryk word effe bedreig – en dis heeltemal benede sy waardigheid. Genietit!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s