ñ Ander soort gawe.

(pictures:Google Images)24f95683831b607390ab339608b35b13--african-paintings-black-women-art

Ek het landsgenote wat iets ontvang het wat my fassineer. En ñ bewondering en trots in my ontketen. Van hulle is my kliënte, sommige my vriendinne.

3d0d2efb3579e2642f546babbefdbfe8

Sit ons langs mekaar op die kerkbank, verkyk ek my aan die verskil tussen hoe sy lyk, en my eie vaal, ekstra warm en praktiese klere.

Ek het dit net nie.

08c762322c8e9f9c80e1e89d860f2d71 

Ek sou soveel vroeër moes opstaan om myself gereed te kry vir die oggenddiens. Dis Sondag…ek wou net ñ bietjie langer bly lê.

Soms verlustig ek my in die modes wat ek op televisie sien. Self sal jy my nooit in dié uitrustings vang nie, maar aan haar…Hoe kry sy dit reg! Met ñ sekere flair kom sy aangestap, en ek voel skoon jaloers.

ea1b391e469c4e6eee4277bd52a9ff89

Ek kan haar dit nie nadoen nie. Daar is ñ selfvertroue in hierdie vroue wat sommige van my ander landsgenote en ek, net nie kan bykom nie.

Selfs al is ek hoè lief vir kleur, my klerekas bly onopwindend. Eendag, dalk volgende winter, maar eendag gaan ek dit waag. Gaan ek vir my ñ uitrusting aanskaf wat mense na hulle asems sal laat snak. Diegene gaan aan mekaar stamp en sê… Kyk nou net so vir Una en haar vriendinne! Dit is mos sy, né???

236501174

Of dalk nie.☺

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

16 thoughts on “ñ Ander soort gawe.”

  1. Hulle kom in ons kerk ook ingestap Una, en ek verkyk my aan hulle. Die mans trek ook baie deftiger en anders aan. Tot wanneer my huishulp hier aankom – voordat sy haar werksklere aantrek – lyk mooier as ek in my kerksklere. Hulle het definitief iets wat ons nie het nie. Dink jy sal maar eers by een van hulle moet gaan raad vra voordat jy jou uitrusting gaan koop.

    Liked by 1 person

    1. Ons was Sondag weer bietjie by ons ‘ou’ kerk in Pretoria- Noord. Ons noem dit ons ‘home-base’. Charismaties; een derde blank. Ons is nege jaar gelede oor Doxa toe in Harties, maar “your roots stays your roots”. Na al hierdie jare word ons steeds met ope arms verwelkom. Onthou ek nog my mede-kerkvriendinne se name. Naledi. Mpho. Ester. Ntombi. Jane… Ons sit langs mekaar, en ń trots wel op in my hart. Hulle het so ver gekom. Moes soveel hekkies in hul kultuur oorbrug om hier te wees. En hulle lyk pragtig!!!

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s