Op ñ eiland iewers.

(fotos:Google Images)ko-samet-beach-3

Ons het nie geweet wat om te verwag nie. Hier in 2004, terwyl ons besig was met onderhandelinge in Bangkok, besluit ek en Bertus om na die naaste eiland aan die stad toe weg te loop. Ons oudste meisiekind is saam, en so klim ons drietjies op ñ bussie na die hawe.

Geen vooraf bespreking gemaak nie. Net swembroeke en sarongs in rugsakke gepak, die res van ons bagasie in die hotel gelos, en daar gaan ons.

koh-samet-beach-arms-raised

Thailand is vir ons een van die maklikste lande om oor die weg in te kom. Vra net, en jy word reggehelp. Na so drie ure op die bussie, en twee ure op die boot, land ons op Koh Samet.

Die strand kon nie witter wees nie, die water blousel blou. Met elkeen se rugsak oor die skouer, het ons begin rondsoek vir slaapplek.

home

Verblyf was spotgoedkoop, so ook die seekos vir ontbyt, middag en aandete. Geen voertuie in sig vir die volle drie dae wat ons daar was nie. Net koskarretjies.

gallery_location_thumbR_27_1476065653

Soms, as ñ mens die kans kry om binne in een van jou drome in te stap, is dit oorweldigend. Dit was vir ons. So ñ anderse lewe, dié van ñ eiland. So baie tyd om te dink, en tog. Jy skakel net af.

Koh-Samet

Hierdie was twee maande voor die Tsunami Suid-Oos Asië getref het. Ek het dikwels myself in die mense se skoene probeer plaas. Jy is redelik weerloos so in die vreemde op ñ eiland. Nêrens om weg te kruip nie. Niemand wat jou kan kom oplaai nie.

Hier in my land tref ons voorsorg teen gevaar. Diefwering, alarm sisteme. Ons motors het opsporings-apparate in. So ook ons fone. Ons beplan. Ons sit planne in plek. Dink ons.

Maar op ñ eilandjie in die middel van die see?

Op wie se knoppie druk jy dan? Jy gryp jou kind en vlug waarheen? Selfs al besit jy die beste wapens, wie skiet jy? Jou kontant gaan net ronddryf, jou juwele tot op die bodem sink.

Jou slim brein-uitgewerkte redenasies oor is daar nou eintlik ñ God, of in wie of wat jy moet glo, dit sal in die atmosfeer verdwyn.

As die Tsunamie jou die dag tref.

Wie roep jy aan?

koh-samet-island

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

14 thoughts on “Op ñ eiland iewers.”

    1. Ai, lyk my ek was te ernstig…my blog vrinne het nodig om net bietjie weggevoer te word! Ek gaan begin bid, Kameel. Vir ń verjaarsdag blessing sodat ek en jy en nog ń paar vriendinne net vir ń rukkie kan gaan verdwyn.

      Liked by 1 person

    1. Hulle is nie eintlik getref nie, want Koh Samui lê aan die anderkant van die vasteland. Gaan loer bietjie op Google. Jy sal die allermooiste fotos sien. Wens ek was nader aan jou, dan kon ons bietjie saam-saam na al die droom plekke kyk en gesels.🌺

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s