Seisoene.

(painting:Google Images)ca2989de3ba8ae17f6fcde8d6c277e8d

Ek is maar lekker bang vir hierdie verskillende seisoene in my lewe. Gister was ñ gewone somersdag, en hier tref ek ñ properliese grou wintersdag.

Het dit dalk in my slaap gebeur, diè skommeling? Het sekere hormone met mekaar gesels, of het sekere onderdrukte gedagtes uit hul boksie geval.

Ek kom staan hier eenkant in ñ hoek, en bekyk my winkel wêreld so. Alles staan presies soos gister geskuif; niks is anders nie.

Net ek.

20170808_112706

Ek neem ñ foto van die grys bank met die mooie Bali verfwerk op. Ja, dis soos ek voel. Grys met net ñ titseltjie kleur. Ek haal eers die helder kussings af, want dit sal ñ onwaarheid wees.

Ons Emma hond het vanoggend ook gelyk soos ek nou voel. Haar stertjie wou nie wikkel nie. Sou Jessica-Labrador iets lelik vir haar gesê het, iets soos: jy is tog nie meer die baas hier nie. Jy is dommer as ek. En toe stap Emmie maar sommer vanself oor in herfs?

Is dit alweer ñ vrou-ding hierdie? Is mans maar net altyd in hul regte ‘maand’? Niemand het my gister tenagekom nie. Ek is nie kwaad of vies nie.

Ek het geen logiese rede om in ñ verduiwelse ander seisoen te beland nie! Maar ek het. En ek is. En ek wil sommer net sit en huil.

OB2M89s.gif

Sorry.

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

16 thoughts on “Seisoene.”

  1. Winterblues… bietjie laat, nes die winter wat toe nooit was nie! Mans het dit maklik want hulle het vrouens!!
    ps. Ek is mal oor die Bali bank, maar ek beweeg in ‘n fase in my lewe waar ek dink ek probeer om die minder is meer, filosofie aan te hang, ek het deur die jare so baie goed bymekaar gemaak dat ek seker 3 huise lag-lag sal kan vul, tot my ouman se bittere frustrasie en nou myne ook. Hy is doodbang vir die “groot trek”, hy reken die trek gaan al ons spaargeld wat nog nie is nie, opvreet. Maar ek vat beslis iets saam Kaap toe uit “Una se Bali winkel” …want ek is effe sentimenteel.

    Liked by 1 person

  2. Ons het almal sulke dae. Wees gerus dit waai weer oor. Ek haat Augustus, want ek haat die wind wat so deur alles sny en vreet. En ek weet – dit het nog nie begin waai nie, maar net die gedagte aan daai wind wat kom, maak my sommer klaar tranerig. Maar wind is nodig, in die natuur en in ons gees – om die ou goeters weg te waai, party goeters reg te waai en sodat nuwe goeters kan begin. Sterkte, ek voel soos jy

    Liked by 1 person

  3. Winter depression is a recurring illness. Quote by Hester Ley Nel. En ek praat uit ondervinding. Ek het ‘n verkoue en die slegte weer hou my in die huis. Ek kan voel hoe krimp my siel. Spoedige somer vir albei van ons! Teenvraag – is mans ooit in ‘n hulle regte maand – hulle kan ook maar soms knorpottig wees?

    Liked by 1 person

  4. Die woorde hormonal en homicidal klink nie verniet so eenders nie, en net ‘n bitter brawe man (wat die uwe natuurlik nie is nie) sal rondhang om uit te vind met wat watter weergawe van die twee eenders klinkende woorde ons hier te make het.
    Mag ek darem net groet deur te sê na die winter volg die lente, sonder feil. Sterkte en vasbyt.

    Liked by 2 people

  5. Ek moet bieg ek self het al heel winter met die “swart hond” tone getrap en het myself keer op keer forseer om op ander dinge te konsentreer anders gaan ek waarskynlik weer medikasie of terapie oorweeg wat ek nie werklik wou doen nie, want dit beteken ń paar tree agteruit. Byt vas en gryp na dinge wat jou beter laat voel. ń Goeie boek. ń Pamperlangsessie met ń rooiwyntjie. ń Komedie. Oefening… Forseer jouself om op enige iets anders te fokus wat in die teenoorgestelde rigting is…

    Liked by 1 person

  6. ag my maatjie, dis n vrou ding. Hoop jy het weer mooi kussings op jou bank gesit. Ek het nodig om te hoor dit is weer lente . jo jo ek is so seer vanmore , wens die pyn wil nou weg

    Sent from my iPhone

    >

    Liked by 1 person

  7. Ek besef vanag terwyl ek hier in blog wereld lees, dat ek ook soos n vaal “groot” bank voel die laaste tyd en so in die lees besef ek, dis omdat ek nie skep nie. Net more ruk ek materiaal of wol uit en begin iets nuuts en vars.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s