My manlief.

(fotos:Google Images)dd4ebc897319bb76be270ba1f53879ae

ñ Blog-vriendin skryf by haar kommentaar gister, na aanleiding van my post, dat Bertus ñ man só na aan God se hart en aan elke vrou s’n is. ñ Traan het op my skerm geval.

Want ek ken die pad wat my manlief moes stap.

Vandag sal hy met oorgawe getuig dat hy elke enkele hindernis wat oor ñ man se pad kan kom, moes trotseer.

young-successful-man-raising-hands-success-pose-happiness-achievement-sunrise-silhouette-travel-destinations-joy-relaxation-concept_ejka-zv__F0000One cannot have an enriched marriage when it is funded by an emotionally and spiritually bankrupt man. 

Ons twee het dit baie amper nie gemaak nie. Twee stukkende mense, elk met sy eie kinders, wat gedink het ‘saam’ gaan dit makliker wees.

Sy lewe is ryk aan getuienisse van die baie hoë hekke waaroor hy moes probeer spring. Of oorklim. Of oor-kruip. Die gapende wonde waarmee hy moes deal.

Ons sterk ondersteuningsraamwerk in ons kerk en onder ons vriende, en die wete binne ons altwee dat ons glad nie op mekaar en op onsself kan staatmaak nie, dít was ons redding.

Feilbaar. Albei.

amazed-cute-happiness-happy-joy-sweet-Favim.com-57974

Die mense naaste aan ons was deel van hierdie loop. Hulle moes met tye onder ons arms inskuif sodat ons kon bly beweeg.

Maar meeste van die tyd het ek en Bert ons eie groei moes groei. Ons het nie hande vasgehou en mekaar ondersteun nie. Want ons was vir jare mekaar se ondergang.

Selfs ons taal het ‘verskil’.

Hy gebruik die woorde “to man-up” deesdae gereeld. Op sewe en vyftig luister die jonger manne na oom Burt.

Die ouer manne ook. 

Hy het sy God in ñ diep en donker tyd opgesoek. En met alle mag en mening begin vasklou. Letterlik sy hele self voor Sy Maker se voete neergewerp.

En sy Maker het hom gesien.

Ek wil saam met hom oud word. Ek wil daar wees as die ouderdom ons dalk oorweldig.

e8b797ba8e98a3ff02e77b1ee7c967c9--older-couples-happy-couples

En as ek die een is wat agterbly, wil ek die voorreg hê om vir ñ rukkie stil in sy arm te bly lê.

 

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

19 thoughts on “My manlief.”

  1. WOW – as hy eendag so voel moet hy asb sy getuienis met Radio Kansel deel, dit kan baie vir mense beteken.
    Ek luister elk oggend Dins tot Vrydag tussen 5:30 en 6:00 na mense se getuienisse en ek moet jou sê baie van dit hou my nederig en baie keer verskriklik dankbaar vir God se genade in my eie lewe. Una, wat ‘n voorreg om met ‘n kind van God oud te kan raak, ongeag dit wat vooraf reggemaak moes word.

    Liked by 2 people

  2. Beautiful and Powerful thoughts Una … makes me so thankful for my wife of 35 years. I hope we grow old together too, but its mainly God’s grace that will see us through the brief rest of life, death and then eternal freedom in God’s heavenly kingdom! But until I know there will be numerous pains and joys – physically, emotionally, mentally and spiritually. Time to “Man Up”!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s