Nog net agtien slapies.

(fotos:Google Images)img-balinese-daybeds-for-sale-ashanti-furniture-and-design-madura-daybed-bali-melbourne-indonesian-direct-javanese-online-indonesia-day-beds-brisbane-style-bedroom-huts

Sowaar, my kaartjies is bespreek en betaal. Bali, ek is oppad.

Die aankoop lysie is nog nie baie lank nie, so hierdie keer gaan ek bietjie nuwe kuns-items inbring. Kry min kans om dit te doen. Bali is onder andere baie bekend vir sy juwele, veral silwerware. Ook vir skulpkuns.

9b1720a94c9e3c080ef685db7ada0b74--nautilus-shell-shell-art

Ek gaan so twee weke weg wees, maar ek vat almal van julle wat graag wil, saam. Wi-Fi is vrylik beskikbaar, so skryf en blog, fotos plaas, dit gaan defnitief gebeur. Ek gaan nie weer so lank van my ‘familie’ af weg nie.

Die beplanning is om meeste van die tyd in Ubud te bly, daar in die middel van die eiland. En ek gaan die vuurspuwende berg sowaar kan dophou.

DCIM100MEDIADJI_0037.JPG

Die aankoop van meubels gaan steeds prioriteit nommer een wees, asook die rondloop en soek na ñ paar moeilike versoeke wat kliënte mee vorendag gekom het. Heerlik!!!

Orlando Antique and Vintage Shopping

My blyplekke is uitgekies, na baie dink en opweeg en weer dink. Veral in Ubud wil ek in die middel van die dorpie bly. Naby eetplekkies, boekwinkels en museums. Wayan sal my meeste oggende kom oplaai sodat ons in die landelike areas kan gaan aankoop, maar hier van drie uur af is ek terug en kan ek net my eie ding doen. Raak ek nou skoon kortasem van opgewondenheid!

Kuta gaan wel ook aan die beurt kom, en die see. Maar met die Mosambiek-sand nog in sommige van my plakkies, sal swem nie veel aftrek kry nie. Fotos en nogmaals fotos neem, dit is wat ek wil doen. Sommer so agter die optogte aanstap en loer wat hulle als aanvang.

Tannie Bali. Bali Drome. Dis ek daai.☺

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

20 thoughts on “Nog net agtien slapies.”

  1. Jy het nie verniet die naam travel gekies nie…. mens kan die opwinding hoor. Eintlik kry ek lag vir jou…. dis soos ‘n kind wat nie vir sy kersgeskenk kan wag nie. Gaan geniet jouself vrou!!!! en ons sal deur fotos dit saam met jou ondervind.

    Liked by 1 person

  2. Sh t! Ek wil saam!!!!! Wens ek was n rykman se vrou. Ek is so opgewonde vir jou part. Ubud was my favourite plek met al die meubelplekke waarheen Wayan ons gevat het, die ryslande om jou, Wayan se eetplekke, die geldtrek ritueel met hom wat seker maak dat ek my kaart terug sit . Nee kyk, fotos wil ek daagliks sien wat jy neem. In Kuta moet jy vir my n paar kussings koop by daai duur wit winkel langs die see. Maatjie, so bly jy gaan

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s