Ek bevind myself huidiglik in ń spasie met ń klomp baie onvriendelike mense. Het my by die winkel kom oplaai, sommer net so. Glo omdat daar vreemde name in my lewe is, en ek te veel in die buiteland opgemerk word…
Bali Drome, ek gaan jou verklaring nou vir jou teruglees. Die Kommissie van Ondersoek bevraagteken jou eerlikheid 100%. Niks wat jy hier neergeskryf het, maak enige sin nie. Ons is steeds daarvan oortuig dat dit ñ grootskaalse sameswering is, en dat jy by ñ baie gevaarlike en slinkse groep betrokke is.
Eerstens, hierdie naamlys! Ons aanvaar dis skuilname, hoekom? Indien jy so heilig oortuig is van almal se onskuld, hoekom gee jy nie die ware inligting deur nie?
Kameel. Rondomtaliedraai. Nowathome. Positief. Dromer777. Hier “blok” ek. Scrapy en Trompie. Moet ek nog aangaan? Daar is ñ Christa in Thailand. ñ Trommeltjies huidiglik in Kanada. Jou VirgoC is in Dubai. Jy het ñ Afrika Roos. Iemand met die naam van kom-ry-saam. Dan vir Coetzee daar ver in Paraguay. Dit het ons laat besef jul invloed strek ver oor die landsgrense.
Kyk, Bali Drome, ons is nie dom nie. Hierdie is almal kode-woorde, en jy sal vandag met die waarheid vorendag kom, of opgesluit word! Hier is veral een defnitiewe verdagte ter sprake. HesterLeyNel. Haar naam het al voorheen opgekom, maar huidiglik verhuis sy glo weer.
Vir ons kom vertel dat ñ mens soos Toortsie bekend is! Nogal kookboeke uitgee! Waarvoor sien jy hierdie kommissie aan?
Jy laat ons verstaan dat dit net jou vriende is, en dat jy elkeen vertrou? Dat hulle omgee mense is, en jou daagliks aan die gang hou met skrywes? Dat hulle help om die een of ander swart hond weg te hou! Dis belaglik. En die heel ergste is, jy kan nie verduidelik hoe meeste van hulle lyk nie! Kyk nou hier na Perdebytjie; jy sê jy kan ons net sê hoe sy in 1970 gelyk het, maar nie vandag nie!
Ons gaan in hierdie vertrek bly totdat jy praat!
Wat beteken die sin, en ek haal aan, Frannie is my veilige plekkie. Hoekom voel jy onveilig? Waarvan moet jy wegkom? Waaroor voel jy skuldig? Jy sê BondelsGedagtes sal alles be-aam wat jy vertel… Gmph, BondelsGedagtes nogal. En WoordNoot saai soms van julle goed op Internet radio uit. Wat saai sy uit? Met wie heul julle saam?
Hierdie Sonell-persoon, sy praat as ñ motiverings-spreker? Kyk, ons vermoed hierdie groep gebruik die sosiale media vir hul propaganda, al beweer jy almal is net gewone mense wat hul harte vir mekaar oopmaak.
Julle is regoor die land versprei, heel gerieflik. Daar is ñ Zeesbees aan die eenkant van die land, ñ Seegogga aan die ander kant, Abrie tussen-in. ñ Perdebytjie wat gerieflikheidshalwe ñ fotograaf is en kort-kort oor die grens in Namibië in verdwyn. ñ De Wets Wild wat alles van diere af weet. ñ Lekkervurigeaffêre wat ñ joernalis was… Seker steeds is. Vir haar roep ons volgende in.
Jy praat hier ook van nuwe lede, noem hulle wonderlike mense. Nogal een uit Rwanda uit. Ghana. Nee kyk, hier is ñ behoorlike slang in die gras!
Jy skryf in jou verklaring dat Ekmyselff gereeld op ñ plaas buite Brits kuier. Dit alleen laat rooiligte aangaan. Brits is nie jou speelmaat nie. En hoe kan jy sê Net Ek is enigsins ñ wonderlike mens wat baie van skilder hou? Die boodskappe wat sy deur haar prentjies kan deurgee na ander gevaarlike persone toe, is legio…
Soos ek sê, jy onderskat ons intelligensie heeltemal. Ons is besig met ñ profiel samestelling van hierdie groep, en ons het Interpol se insette aangevra. Ons moet jou blog-vriende uitlos? Jy wil huis toe gaan?
Nee, jy gaan nêrens heen nie, bly maar net sit.
…Ja, ek hoor jou sersant… O, julle het nuwe inligting gekry… Spel dit? ñ Toweropstal…???
Jou een foonoproep? Na wie toe nogal? Poerdez? En Storieklong? Dis twee.
O, nie???
Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die volgende InLinkz-skakel:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=787126
Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Hahaaa, kostelik geskryf, Una! Dis nou sowaar so slim gedoen. Toweropstal gooi natuurlik hierdie hele ondersoek deurmekaar!
LikeLiked by 3 people
Julle weet mos ek raak maklik erg sentimenteel as dit by blogland kom. Toe kies ek die ander pad.
LikeLiked by 1 person
Hoe lank blog jy nou al?
LikeLiked by 1 person
Van Sept 2016 af. Ampertjies 2 jaar.Sal
LikeLiked by 1 person
Waar kyk ‘n mens daarvoor? Ek het nie ‘n idee wanneer ek begin blog het nie.😝
LikeLiked by 1 person
O gits. Het jy iewers ń kieslys?
LikeLiked by 1 person
Nee, nou gaan soek, maar kyk hierdie vrou is versukkeld as dit by tegnologie kom, hoor. Eg dink ek het iewers in 2011 op LitNet begin blog.
LikeLiked by 1 person
Jo. Dis lank gelede, Dina. Dankie tog jy is nou net hier by ons.
LikeLiked by 1 person
Ons was ‘n hele klomp wat daar begin blog het, oa Danie Coetzee, Tina, JustFletcher. Toe neem WordPress dit oor en skuif ons almal oor.Vandaar af het ‘n klomp mense net weggeraak. Gelukkig maak mens heeltyd nuwe vriende en is ek nou deel van ‘n dierbare groepie…julle klompie!
LikeLiked by 1 person
Ek het dit gekry…September 2011!
LikeLiked by 1 person
Wow!!!! Jys ń gesoute blogger.
LikeLiked by 1 person
Sal ons my ń kleuter noem?
LikeLiked by 1 person
Juis nie…jy klink soos ‘n pro!
LikeLiked by 1 person
Oulik verby!! Jinne ek het dit geniet. Sê maar vir sersant hoe julle my aanhits om “uit die boks” te skryf.. met elke so storie besef ek ek het nog nie my nlog rekmerke nie… hopelik eendag⚘⚘
LikeLiked by 3 people
Blog rekmerke. Watse goed is dit? 😱
LikeLiked by 1 person
hahahaaa – got the t-shirt, got the dvd…. die gesegde wat mense gebruik wat ondervinding het in ‘n sekere veld. Die “got the stretchmarks” het bygekom iewers. Ek het nog nie blog stretchmarks….ek is die baby
LikeLiked by 3 people
😂
LikeLiked by 1 person
Neewat, jy doen sover uitstekend!
LikeLiked by 1 person
Ek sal regtig sink sonder julle klomp. Dalk skryf ek tog nog ń tranetrekker vir die Skryf Safari, net om te sê hoe belangrik julle vir my is.
LikeLiked by 1 person
O krises, hier antw ek jou nou op BondelGedagtes se plekkie.
LikeLiked by 2 people
😁
LikeLike
Dankie Perdebytjie, ek leer by julle💕
LikeLiked by 2 people
Ek dink ons almal gaan nog in die moeilikheid beland met ons samesweerdery met gesiglose mense. Wie sê hulle bestaan rêgtig? Wie sê ons is nie almal in ‘n droom vasgevang nie? 😕 Ek vra maar net!!!
LikeLiked by 3 people
Kameel, ons in ñ droom vasgevang…? Dit klink vir my weer na nuwe pret!
LikeLiked by 2 people
Kan maak vir ‘n lekker storie 😊
LikeLiked by 2 people
Jy bedoel Marco bestaan nie regtig nie? My arme hart. Ek moet vir Camilla laat weet ons leef in ‘n droomwêreld 😄
LikeLiked by 3 people
Hierdie droomwêreld gee ons weer ń “clean slate”, Hester…
LikeLiked by 2 people
Dis nie ‘n droomwêreld nie julle!
LikeLiked by 1 person
Jip. Nie vir my nie.
LikeLiked by 1 person
Dis wel ‘n plek van ontvlugting.
LikeLiked by 2 people
Ja vir my ook. Ek het nie meer n tv nie en blogland het my wegkruipplek en 1,2,3 blok myself plek geword..
LikeLiked by 2 people
Dis wel ‘n geheime wêreld waarvan die buitewêreld niks weet of verstaan nie.
LikeLiked by 2 people
Dis waar.
LikeLiked by 1 person
Vodacom vra R150 vir 1GB. Ek gebruik R100 GB per maand vir volledige dienslewering. Dan moet ek nog ‘n cloud server betaal en in stand hou EN bereid wees om teen ‘n slakkepas te werk. Nie doenbaar nie. ADSL is die minste waarmee ek volledige diens kan lewer.
LikeLiked by 3 people
Liewe ouers, Hester!!!
LikeLiked by 1 person
Hierdie antwoord was bedoel vir Toortsie – toe verdwaal ek. Gaan dit nou gou eers by haar plaas. Maar ja, dis die nare waarheid.
LikeLiked by 1 person
Ai, ek kan glo jy kou al jou polse af!
LikeLiked by 2 people
Nee, ek kou aan Telkom se agterent. Ek dink hulle is redelik keelvol vir my. Die feit is, die infrastruktuur is swak en die arme technici is ook maar afhanklik van die derdepartye wat parte en dienste moet verskaf om die ding te laat gebeur. Boendoes-probleme. Ongelukkig vir hulle moet ek hulle aan die brand hou, anders gebeur daar niks.
LikeLiked by 2 people
Hello jy 😊 Is julle sak en pak in julle nuwe plek…. en jy weer met ons? Of is dit net ‘n droom dat daar ‘n Hester is wat lief is vir die see en son? Marco moet wêrklik wees… hy is net te gorgeous om ‘n droom te wees 😕
LikeLiked by 2 people
Ons is in die nuwe huis, maar die sak moet nog uitgepak word. Blegh! Ek het net ingeval vir ‘n kort kuiertjie. Dalk kom Telkom hierdie week …
LikeLiked by 3 people
Dankie vir die oëwys 😊 was lekker om van jou te hoor.
LikeLiked by 1 person
Dalk moet die bloglanders gaan help uitpak sodat jy kan kom speel…
LikeLiked by 2 people
Die bloglanders moet ‘n protesoptog hou voor Telkom se kantore hou sodat ek my adsl lyn kan kry. Dis hulle wat my weghou van die internet af.
LikeLiked by 1 person
Kan ons groot asb toy-toy!!!! Ek wil ń outfit leen en als!
LikeLiked by 1 person
‘n Rooi overall?
LikeLiked by 1 person
Ja! En Toortsie se rooi kopdoek.
LikeLiked by 1 person
Whahaha, goeie idee.
LikeLiked by 1 person
Jaaa! Hulle is reg! Ons is gevaarlik. Ons KAN die wêreld oorneem! As ons wil…
LikeLiked by 3 people
🤣🤣🤣
LikeLike
My hart is stukkend oor die Thailand storie. Volg jy dit op die nuus?
LikeLike
Ja. Dis vreeslik.
LikeLiked by 1 person
Dit is nogal nie baie ver van waar ek gebly het nie. Dit is hartverskeurend.
LikeLiked by 1 person
Ek het dit eers gister begin volg! Christa, my hart breek vir hierdie pragtige, sagte mense. Nogal gedink dit is naby jou dorp.
LikeLike
Ja… daardie mense is so lief vir hulle watervalle, berge en grotte wat so volop is daar in die noorde. Ek bid dat hulle veilig gekry word.
LikeLiked by 2 people
Dit lyk darem of die kinders redelik veilig is.
LikeLiked by 1 person
Ja hulle hoop so. Hulle is darem almal fiks en gesond en sal nie dors ly nie.
LikeLiked by 2 people
Ek het net begin regskuif om hierdie speurstorie klaar te lees!! Wag in spanning op die opvolg!
LikeLiked by 3 people
Ai, ons sit eintlik met goud in ons hande, so tussen die klompie van ons.
LikeLiked by 2 people
En jy gaan defnitief deel wees van enige nuwe storie, gehoor!
LikeLike
Ek raak nou baie bekommerd. Gaan die perfekte misdaad perfek bly? Gaan ons vasgevat en gestraf word? Hester is alreeds sonder ‘n rekenaar en internet – se-nou hulle kry dit in hulle koppe om ons s’n ook weg te vat? Ons kan nie meer eers Hillbrow toe vlug nie, dis te gevaarlik! Sal ons kan oorleef? Gelukkig is daar darem die verbeeldingswereld, die gedagtes en die maats wat ons altyd sal beskerm. Una ek hoop jy het hierdie ou net so uitstekend geantwoord soos jy hom hier beskryf het!
LikeLiked by 5 people
Stupid ou. Dink mos hy sal enige iets konkreets uit my kry.
LikeLiked by 2 people
Janee ons is vasbyters en saam staners soos min…
LikeLiked by 1 person
Ek en jy moet dalk ñ liedjie oor Hillbrow komponeer. Hier is ñ paar defnitiewe musikale bloggers hierrond. So ñ regte blog-tranetrekker.
LikeLiked by 1 person
😂😂😂
LikeLike
Jy meen my rekenaar is ge-“hack”? 😳 Ek dog nog altyd dis Telkom wat my in die wiele ry.
LikeLiked by 3 people
Samesweringsteorieë is aan die orde van die dag, dus is niks onmoontlik nie!
LikeLiked by 2 people
Ai, ek het die storie nou so geniet. Ek verlang my dood.
LikeLiked by 2 people
Ek mis dit net so. Dink asb aan ń volgende vervolgverhaal, Hester.
LikeLiked by 1 person
Jaaaa, maar hierdie keer bly ons weg van misdaad af.
LikeLiked by 1 person
Ok. Ons kan hard probeer…😂
LikeLiked by 1 person
😀
LikeLike
Suster, Vodacom is jou voorland, lyk dit my.
LikeLiked by 2 people
Ek het nou per ongeluk hierdie antwoord elders op die blog gaan plaas, maar herhaal dit gou vir jou: Vodacom vra R150 vir 1GB. Ek gebruik R100 GB per maand vir volledige dienslewering. Dan moet ek nog ‘n cloud server betaal en in stand hou EN bereid wees om teen ‘n slakkepas te werk. Nie doenbaar nie. ADSL is die minste waarmee ek volledige diens kan lewer. Op die oomblik lewer ek nooddienste en “leen” data wanneer ek kan.
LikeLiked by 2 people
Ek verstaan.
LikeLike
Joe! Dis nou ‘n mondvol! En uitstekend geskryf. Laat hulle soek, sussie, laat hulle maar soek. 😂
LikeLiked by 1 person
Jy is maar net goed met woorde hoor😂
LikeLiked by 1 person
Bly jy het kom inloer.🤗
LikeLiked by 1 person
Una! Ek weet! Ek sal vir hulle ‘n boek stuur! Dit kan as bewys dien dat jy nie nonsens praat nie! 😱😳💃🤸🏼♀️
LikeLiked by 2 people
Dankie. Dan laat hulle my dalk huis toe gaan! Net nie per pos nie, vlieg asb af.🤔
LikeLiked by 1 person
Koerier is die vinnigste!
LikeLiked by 1 person
Is daar nie dalk nog een in jou winkel nie? 🤔 Net om dit vinniger af te handel.
LikeLiked by 1 person
My twee is op my boekrak by die huis, en hulle bly net daar. Netnou vat hierdie ou dit, hy is juis effe oorgewig.😐
LikeLiked by 1 person
Right! Man, dalk kan ons hom oorhaal blogland toe!
LikeLiked by 1 person
Effe oorgewig? Of baie?😱
LikeLiked by 1 person
Hy moet met die Banting leefstyl begin…Dalk moet ek die omkoop rigting inslaan, dis mos darem nie geld nie? Of nee, nounou laat kom hy jou ook in, en begin vrae vra. Nou nie dat ons twee enige inligting het om uit te deel nie…
LikeLiked by 1 person
Ja en ek praat juis so baie, veral as ek gespanne raak. Maar ek kan mos ‘n bak tiramisu saambring. Hoe klink dit?
LikeLiked by 1 person
Ek en Seegogga is op pad met die boeke en ‘n paar toorgoetertjies.
LikeLiked by 1 person
Dankie man, dis koud hier. Kan ek ook ń ietsie van die toorgoedjies neem??
LikeLiked by 1 person
Ek is seker jy sal kan! 😁
LikeLiked by 1 person
Dit was nou jollie oorspronklik, Una!
LikeLiked by 1 person
Dankie Toortsie. Ek het dit SO geniet om te skryf.
LikeLike
Hierdie is ń probleem, gelukkig is daar oral in die wereld veilige hawens.Ek kyk sommer hier uit vir ń versteekte huis in die berge. Die kanadoese is nogal vreedsame mense.
LikeLiked by 2 people
Ai. Sien jy nou! Ons bloggers kyk uit vir mekaar! 😁
LikeLiked by 1 person
Net so
LikeLiked by 2 people
Sjoe en hier sit ek in die verte met n stukkende vuurpyl wat nog twee weke buite orde is. Jy moet maar versigtig wees vir daardie ondersoekers. Ek vertrou hul gladnie. Daardie tronk in Pretoria is nie vir sissies nie. Hul sal enigeiets probeer om almal in die hande te kry. Eks egter bly hul kan nie sommer by die bloggers indring nie noudat al die veiligheidsreels wereld wyd verskerp is. Sterkte maar vir alger. Een man maak mag, onthou. dis nou saamstaan soos een blog!
LikeLiked by 1 person
Poerdez het Storieklong se nommer want op een of ander stadium het almal muscle in hulle lewens nodig…. Of ‘n storie om mee te mesmerize…
LikeLiked by 1 person
Op een of ander manier sal ons jou red… Al vloek ons die mure om.
LikeLiked by 1 person
Ek weet…Julle is my 911 nr.
LikeLike
Ek wil net weet waar jy al jou idees vandaanhaal? Hierdie is so oulik geskryf
LikeLiked by 1 person
Eerlik, ek was te bang om hierdie onderwerp aan te pak op die gewone Una manier. Ek vou as dit by my blog-vriende kom, raak hopeloos sentimenteel. Toe kies ek ń ligter roete, maar dit was maar steeds emosioneel vir my, Positief.
LikeLiked by 1 person
Ek laaik dit kwaai, dit stel ‘n hoë standaard aan die res van ons om bietjie uit die boks te (skryf) dink
LikeLiked by 1 person
Met ons klomp se name, is die senarios onbeperk.
LikeLiked by 1 person
Hierdie was nou baie oorspronklik. Dalk ‘n opvolg op Toweropstal? 😜😄 Dankie baie!
LikeLiked by 1 person
Uitstekend geskryf en baie oorspronklik!
LikeLiked by 1 person
☺Dit het wel bietjie hande uit geruk!☺☺☺
LikeLike
Ek lees hierdie nou eers, het ek dit voorheen gelees het ek dalk betrokke geraak in die reddingspoging (ek is bo verdenking blog in my eie naam dus het ek ‘n voorsprong). Ongelukkig is my energievlakke vir betrokke raak op die oomblil ietwat laag.
Hierdie is egter ‘n briljante skrywe. Ek moes eerder eers hier gelees het voor dat ek vra gevra het waaroor die onderwerp eintlik is. Terlkoops ek sal nog by meer skrywes van jou uitkom
LikeLiked by 1 person
As ek mag vra, Abrie, hoe gaan dit op die oomblik met jou gesondheid? Jy het af en toe in kommentare laat blyk iets sukkel.
LikeLike
My gesondheid is goed dankie Una. Ek moet weer gaan vir ‘n spesifieke bloedtoets wat ek jaarliks moet doen tov die bloedklonte en ek is nie so fiks as wat ek was nie maar dit is nie wat my gepla het nie
LikeLiked by 1 person
Ok. My mail adres is unasteenkamp@gmail.com. As jy ooit net wil gesels.xxx Sterkte met wat ook al op jul pad gekom het, Abrie.
LikeLiked by 1 person