Ouma en oupa-tyd. En beurtkrag.

Kleinste liefling is ñ manne-kind. Sy pappa is sy alles. Mamma is noodsaaklik, ja. Maar pappa!

Ons, dit is nou ek en manlief, het vir vyf dae alleen na hulle gekyk. Na boetie en vierjarige sus. Teen Maandagaand was ek gedaan verby. Het skoon saam met die twee aan die gil geraak toe mamma en pappa van Mosambiek af by die huis stop.

20171020_143032

Oupa het gehelp. As hy tyd gekry het. Onthou, oupas is soms baie besige manne. Veral as hulle saans by die huis aankom na ñ lang dag se werk. Gelukkig het oupa een middag ñ hengse “craving” na vrugteslaai ontwikkel, en toe kon boetie en hy vir ñ rukkie mekaar besig hou. Vir ñ rukkie.

20171020_143253

Die kleine lyfie is trappe-behep. En ons hier teen die dam, ons het drie stelle trappe van bo na onder. Verder hoef ek sekerlik niks te sê nie. Net dat ek glad nie by die gym ook uitgekom het nie… Ek het trap-diens verrig.

Terug by ‘hy is ñ manne-laaitie’. Dit fassineer my. Oupa was skaarser as hoendertande, soos ek verduidelik het. Onthou, ons twee is al elf jaar kindloos in die huis. Ons het ons gewoontetjies… Maar. Al speel ek meestal saam met hom, bad hom, gee hom kossies, troos hom, vee sy boudjies af. Laat hy oupa se stem nou net in die verte hoor, dan draai sy wêreld reg. Ek weet van kwaliteit en kwantiteit tyd. Ek verstaan. Maar flippen werklik!

20171015_170903

Die mannetjie is baie lui om te begin praat. Alhoewel, hy sê pappa en oupa heel duidelik. Moet sê, ek en jongste dogter knipoog maar vir mekaar. Vroegaand, as dinge op sy besigste hier by ons raak met hulle wat vir ñ paar maande in ons woonstel bly, en dis bad-en-kosmaak tyd. Alles gelyk. Dan help dit heerlik as boetie net twee mense in gedagte het.

Pappa en oupa.

Beurt-krag, dis wat ek dit noem. So tong in die kies.

 

Advertisements

Weke gelede al het ek jou “remove”. Jy volg my blog nie meer nie.

542726206

Vir maande loop ek met hierdie wete rond. Jy is oppad weg.

Dis eers in die vroeë oggendure, nou-nou, dat ek kon begin verstaan. Verstaan waarom die ontsettende “sadness” waarmee ek bly rondloop het, nie kon lig nie.

Ek en Estelle het deur gister geswoeg, my maatjie. Jou begrafnis was mooi, weet dit. Ek is nie seker of jy kom loer het nie. Of jy dalk langs ons in die tweede ry gesit het nie. Reg agter jou kleinkinders. Jou twee seuns en skoondogters. En Len.

Dalk het jy teen jou pragtige kis geleun. Of langs Grant by die preekstoel gestaan? Het jy vir my geglimlag toe ek heerlike lag-staaltjies oor jou kon vertel? Het jy self ook ñ traan weggepik toe Estelle praat oor haar sus wat sy nou nie meer het nie?

Het jy gesien dat ek en Estelle nie wou stop om agter die lykswa aan te stap nie. Hoe kon almal net bly staan! Jou lyfie alleen laat wegry!!

Die groot stuk klip-hartseer waarmee ons altwee bly worstel het. Hoekom Here, het ons bly vra. Ons weet dan sy gaan na U toe. Haar geloof het haar hele familie deur hierdie laaste jare gedra. Sy is ñ 1000% U kind. Sy het U geleef.

Haar laaste maande was een groot pyn-hel. Ek het baie keer by U gepleit om haar dan net in haar slaap te kom haal.

Maar hoekom. Hoekom die diep gevoel van verlies?

Eers vanoggend kon ek weer rustig slaap. Ek verstaan nou.

Ek besef dat haar vasklou aan die lewe; haar onwrikbare geloof tot in haar laaste ure, dat sy genees gaan word, dít het my vasgevang in ñ ongekende hartseer. Want sy het ons twee nie toegelaat om werklik vir haar tot-siens te sê nie. Sy het die woorde nie toegelaat nie.

Toe ek Maandag hospitaal toe is, het sy my in die oë gekyk, my hand saggies gedruk, en gesê dat ons Sondag almal moet oorkom vir ñ braai. Sy gaan ontslaan word, sy weet. Ek het leeg weggery, want op geen stadium het hierdie gelowige vriendin met ons oor haar weggaan gepraat nie. O, en ons wou daaroor praat. Ons wou hoor hoe sy met verwagting daarna uitsien om ons God te sien. Ons wou vir haar fluister dat ons haar beny, effens jaloers is.

En dan die vrede kry waarna ons smag.

Dit het nie gebeur nie.

Vandag eers het die bedruktheid gelig. Wonder of sy dit dalk in die middernagtelike ure vir my kom sê het, dit wat ek wou hoor. Moet wees. Want nou, hier waar ek skryf, kan ek met trane in my oë glimlag. Ek kan voel sy is tuis. Dat sy onbeskryflik dankbaar is om in haar God se arms te wees.

IMG00076-20110403-1618

Jean, jy het my gewys hoe om geloof te leef. Te praat. Te dink.

Jy het my ook gewys dat jou sekerheid oor wie jy in God is, die ruimte bied om saam met ons net heeltemal laf te raak. Saam op Mamma Mia te dans, te lag. Ons drie mans soms hul koppe vir ons te laat skud.

My herinneringe aan jou gaan bewaar bly. Ek sal jou mis, ja. En ek gaan sekerlik kwaad wees die dag as Len aanbeweeg.

Maar my maatjie, jy het in my drome kom groet. Dankie daarvoor.xxx

ñ Veilige mens.

NpemZgHLyhwl

Sy is gewoonlik ouer, soos die kussings op haar bank. Jy kan agteroor sit, jou skoene uitskop, en jou tone tussen die lappe inwikkel.

Haar sit-hoekies is huislik, vol ougoed en insig. Kleur. Geure. Die lug is soort van skoner.

Sy het baie tyd. Tyd om te luister, maar ook om net te sit. Dalk saam met jou te dink, of saam met jou stil te wees.

Sy gee nie raad nie, sy gee jou haarself. Want dit is wat jy nodig het. Die oeroue ma-figuur met ñ groot boesem wat kan hoor en kan troos.

Jy stap by haar weg, en jou gemoed voel ligter. Asof iemand vir ñ wyle die las van jou skouers af gelig het. Net vir ñ wyle.

Maar dit was goed. Dit het gehelp.

 

Lê-Jou-Eier: Oorgeërfde eienskappe.

00-main-toon-generations-2-essentials-for-genesis-3-daz3d

Siende dat my neef Phillip in Seattle ook my blog volg, gaan ek versigtig moet trap. Ons twee het mekaar na vier-en-veertig jaar weer gesien, en die familie-uitlê ding gedoen. Met rowwe gevolge.

Ek kom glad nie uit ñ familie-vaste wêreld nie. My Moeks het die drie van ons alleen grootgemaak nadat my pa vroeg-vroeg oorlede is, en teen daardie tyd was ouma en oupa ook lankal reeds weg. My pa se ouers het ek nooit geken nie; net gehoor dat ouma Fourie baie, baie kwaai was. Geen fotos, nêrens.

Tog, ek wil ook probeer.

Ek hou van skryf; mamma het gedigte geskryf, en my oom was ñ bekende joernalis by Beeld.

Op fotos van my polisieman oupa aan ma se kant, sien mens duidelik sy amandelvormige oë. Dié trek kom oral tussen ons klompie voor. My Boeta; my kleinboet se dogter, en my oudste meisiekind. Kleinste kleindogter. En natuurlik ek. Die geterg op skool dat ek soos ñ Sjinesie lyk, het nooit einde gekry nie! Ek het later besef dat die seuns nie net wreed was met hul gespot nie, dit was eerder anders om. Gelukkig het ek dié aandagtrekkery nie as positief ervaar nie, en hulle almal in hul kanonne ingestuur.☺

Ek en Phillip het ernstige geraamtes op mekaar se skote uitgekeer, en my oë was groot na die kuier. Defnitief beter gewees dat familie nie ñ te groot rol in my lewe gespeel het nie. Moeks met haar naïewe lewensuitkyk, se prentjie oor my voorsate was ñ feëverhaal. Nie die werklikheid nie.

Ek is baie lief vir mense. Nie soseer vir groot groepe nie, maar my hart het altyd spasie vir ñ nuwe gesig. Ek weet ek is uiters lojaal; sal jou deur dik en dun bystaan.

Genoeg daarvan. Eintlik probeer ek net sê dat ten spyte van die kas propvol geraamtes, het ek iewers iemand se positiewe eienskappe oorgeërf.

Of. Dit was ñ Moeks wat haar knieë deurgebid het vir haar kinders, wat die antwoord was.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). 

 

 

 

 

 

 

Handsak-bendes.

6442d8426a61d7236186baee5c50015c

A woman’s mind is as complex as the contents of her handbag; even when you get to the bottom of it, there is always something at the bottom to surprise you! (Bill Connelly).

Sewe-en-sewentig itempies in my handsak; ek het nounet gaan tel. Elkeen maak ook sin. Defnitief.

Ek wonder of my manlief ooit oor my handsak wonder. Of aanvaar hy maar net dat dit een van ons vrouens se onverklaarbare behoeftes is. Dié vreemde konkoksie goedjies wat elk ñ spesifieke hoekie inneem.

Interessant om dop te hou hoe jonk die kleindogters reeds ñ handsakkie onder die armpie vasknyp, en hoe noukeurig hulle uitsoek wat daarin gesit moet word.

Kleiman, nou sestien maande oud, probeer gedurig oor sussie se skouer te loer sodat hy tog net kan sien wat in dié sakkie inkom. En o wee, as hy hom in die hande kry en begin uitgooi, bars sus net daar in trane uit. Almal spring; elke dingetjie moet opgespoor word. En boet, hy sit die petalje groot-oog en gade slaan. Wat op die aarde…??? (Natuurlik wil ouma daai nat bek net opsoen as hy so frons.)

Goed so. Hulle moet van jongs af leer.

Ons is die handsak-bende. “Hands off!”

3361CDFF00000578-3551690-image-m-21_1461239115625

 

 

Hoog in die takke.

Moon To Moon Instahomes Bohemian Treetop Hideaway with hippie bohemian bedroom regarding Inviting

My vriendin laat weet ñ paar dae gelede…ek het nodig om uit my maag uit saam met iemand te lag. “To let my hair down.”

O ja, vriendin. Ek ook. Kom ons loop weg vir ñ dag. Na ñ plek hoog tussen die boomtakke; daar waar niemand sal dink om te kom soek nie.

Ons gaan lê op ñ bonte mengelmoes van kussings rond. Ons maak ons hare letterlik los en laat die wind dit waai. Deurmekaar.

Ons kyk net boontoe. Vergeet dat daar ñ onder is. Soek in ons verbeelding rond na ‘sê nou-sinne.’ Sê nou hier land ñ goeie feë, en ons kry drie wense. Net vir en oor onsself. Sal ons wens ons kan eet en eet, en nooit gewig optel nie?

Wat sal jou aan die lag kry? Dink ons terug aan die lawwe tye wat ons al saam gehad het. Vertel ek jou van my mees onlangse boo-boo en hoe verleë ek was.

Of geniet ons net die oomblik. Drink ñ lekker wyn. Heet die ander wat opdaag welkom, en wonder hardop wanneer die stellasie kan begin meegee. Maak voorstelle wie aan wat gaan vasgryp.

Want defnitief sal ons twee nie die ‘hoog in die takke’ ekskursie vir onsself kan hou nie. Ons geniet albei die ander veilige mense in ons lewens. Die ouens wat weet van laf raak; weet van liefhê en droom, van val en opstaan en lag met ñ traan. Van ophelp en ondersteun. Van vashou en troos.

Kort voor lank sal die lag defnitief oor die boomtoppe weerklink. Sal die gesels baie wees. Die samesyn sy “magic” verrig.

En sal ons soos altyd ons eie musiek vind.

 

 

 

 

Sou ek inpas…?

(skildery:Google Images)116

Dalk moet ek liewer vra, sou ek kon regkom?

Op Bali is familie alles. Selfs jou nageboorte word langs jou voordeur begrawe, sodat jou “essence” naby bly. Balinese toer baie selde; ñ mens moet altyd naby jou mense wees.

Behalwe dat jy by jou skoonmense intrek, kom familie weekliks bymekaar, vier elke enkele geleentheid saam. Tot tandetrek behels ñ seremonie.

Met dié dat ñ nuwe baba se voetjies vir die eerste lewensjaar nie die grond mag raak nie, span almal saam en help mekaar met kinders grootmaak. Werk saam. Eet saam. En naas jou direkte familie, is jou gemeenskap van die uiterste belang. Jou area se tempels verjaar jaarliks, en daar is letterlik honderde as jy begin rondkyk. So gemeenskapsvieringe is aan die orde van die dag.

Sonder om ñ oog te knip word ñ straat afgespêr sodat tafels en stoele uitgepak kan word. Winkels staan oop, en leeg. Die eienaars is besig met ñ seremonie. Hoekom vra jy? Kom môre terug.

Sou ek in die Voortrekkertyd, en die jare daarna, kon inpas? Families wat saam rondtrek, saam doen. Plase wat van geslag tot geslag oorgedra is, en vrouens wat saam bak en naaldwerk doen. Saam optrek vir nagmaal. Saam uitkamp in naburige dorpe vir troues en dope.

Sou ek ewe gedienstig my skoonma in alles eerste kon stel. My skoonpa se woord as wet aanvaar? Sou ek kon regkom?

images (1)

Dink nogal nie so nie.