ñ Stapdag.

(fotos:Google Images)fototo

In Java, Indonesië, is daar dorpe wat bestaan uit meubel fabrieke en winkels. Jy stap letterlik by jou blyplek se voordeur uit, en trap die eerste uitstallings raak. Dit ruik net hout.

Hulle noem dit djatihout, (Tectona grandis), of Burmese Teak. Dit is ñ tropiese hardehout spesie, van die familie Lamiaceae.

bali-indonesia-woodcarvers-working-on-window-frames-in-workshop-e50m79

Die strate is goed versorg, teerpaaie. Maar draai jy af, wag ñ ander wille wêreldjie jou in.

Jy volg grondpaaie tussen die digte plantegroei deur, jou nek gaan behoorlik in ñ spasma in soos jy waarneem. En jy kan jou net so skielik teen die see vasloop. Ook hier waar baie van die skeepshout gevind word wat nou so gewild is as meubels.

555

Hierdie soort stap tussen die ‘meubel plantasies’, is terapeuties. Dit vat jou weg uit die normale leef wêreld, en sit jou karplaks neer tussen ‘skeppers’. Mense wat hout ‘eet, leef, en slaap’.

am8jnkx_700b_v1

Loop lank genoeg rond, en jy kom op ñ paar rare kunswerke af.

1b88f525b8c4454c62b5cab972d8f5e5

Hierdie is ñ replika van ñ 1955 Mercedes Benz 300 SL Gullwing.

Sulis, haar man en die twee dogtertjies stap almal saam op so ñ ekskursie. Alleen, sal ek verdwaal, letterlik en figuurlik. Want jy raak weg in hierdie wonderwêreld van ander se drome en skeppings. Jy drink die eenvoud van hul bestaan in, die gasvryheid waarmee hulle jou in hul plekkies innooi. Die familie word nader geroep en aan jou voorgestel, en voor jy kan keer, is ñ tafel met eetgoed uitgepak.

eat-shop-in-yogjakarta-by-cesar-gonzalez-e1452668082593

As dit begin skemer raak, is jy traag om terug te draai. Behalwe dat jy werklik trommeldik geëet is, wil jy nog ñ rukkie in hierdie basiese lewe ‘voel’.

Het jy tyd nodig om jou kopstories te orden, sodat die onthou nie wegloop nie…

asia-indonesia-java-jepara-woodcarving-5089

Advertisements

Nooi my in, en ek droom saam…

(fotos:Google Images)9895739321aceb258e98dcf9871a8251

Vandag het ek weer ñ ‘plekkie’ nodig. Daar waar ek en manlief kan gaan asem skep. ñ Eenvoudige plekkie, kan sekerlik ook in ons voortuin wees. Maar daar moet ñ ‘dink’ betrokke wees, ñ kort koplysie wat afgetik kan word. Kerse moet opgediep word, en onthoue moet onthou word.

Ek is nie die romantiese een in die huis nie. Blomme hoort in die tuin, moenie dit ter wille van my afpluk nie. Kom ons stap eerder met die dampaadjie langs, en waardeer die trosse wat oral rondhang.

Moet my ook nie met ñ geskenk verras nie, jammer. Verras my liewer met ñ idee, ñ plan, sodat ek en jy saam kan droom. En beplan.

Om ñ droom vorm te laat aanneem, dít is waar my lekkerte lê. ‘Die vooraf.’

Ons oudste meisiekind se “love language” is “gifts.” Ek kan my verlustig in die manier wat haar opgewondenheid oor geskenke en verrassings so met oorgawe is.

Jy wíl haar bederf.

En jy? Wat maak jóú glasie vol? Waar sal jy vandag draaie wil gaan loop. En jouself wees.

Wat moet in jóú kerskous kom.

Wie is jý as ons net bietjie oor jou gesels?

moonlite4-1454470641-medium

 

Om golwe te ry…ñ golfryer.

(fotos:Google Images)465355-big-surf

“Surfing. A love story with waves.”

Gaan sit op ñ handdoek iewers op ñ strand, en dit hoef nie Bali te wees nie. Dis ‘hulle’, en dan die res van ons. Jonk en minder jonk, hierdie waterbabas. Hulle storm die see binne, fel hulself op ñ branderplank neer, en wag vir die grote.

Die perfekte golf.

As hy kom, vlieg hulle regop en wag hom in. “Bring it on, babe, bring it on…”.

bali_kuta_surf

Ek wonder daaroor. Dwaal hulle makliker deur die lewe, hierdie golfdansers?

Omhels hulle uitdagings makliker as ek. Geen een van hul golwe is ooit dieselfde nie. Hulle kan ook nie ñ golf “dodge” nie, moet oor hom, deur hom, of op hom. En tog wag hulle reikhalsend vir die volgende een.

“Yearningly, longingly”.

Jy word nie gebore as ñ golfryer nie. Jy leer dit aan. Tien teen een by Petrus van die Bybel begin. Dié lopery op water. Met oë wat op Jesus gerig bly, en ñ geloof wat soms wankel…

plyag

Al sit èk dan nou ook net op die sand, in my binnekant oefen ek om ñ golfdanser te wees. Iemand wat die lewe aanvat en leef, met my kop gelig, en my ‘kyk’ op die horison.

My golwe laat my wel soms na benede tuimel. Dan verloor ek my asem en sluk water. Die dieptes wil- wil my dikwels insluk, die ‘oorgee van verdrink’ roep aanloklik, sterk.

Maar my branderplank is aan my voet vasgemaak, ek verloor hom nie. My innerlike krag het gekom met die jare se oefening, my ‘kies’ om oë oop te maak en my Vader aan te roep het gevorm uit nood.

En al spoeg die see my soms tot op die sand uit…ek sal opstaan en weer probeer.

g0030039

(vir my Janét kind)

As ñ man met ñ plan werk…

img_8031

En ewe skielik wil my bors toetrek van benoudheid. Elanè skryf vandag oor ñ vriend wat oorlede is en eintlik ook vergete is. Die hartseer van so ñ lewe.

So nou wil ek ‘ons boeta’ net weer ‘vasskryf’. Sodat hy nie net eendag wegraak nie.

Ons ma was skaars ñ jaar oorlede, toe Boeta die dag sy punt maak.

Hy kuier vir die Desember, bly in sy rondawel-kamer hier langs die dam. Saterdagmiddag net na vier, en ek en Bertus besluit op ñ vinnige bootrit voor dit donker word. Boeta sê nee, hy gaan nie saam nie. Teen vier uur is hy reeds reg vir die bed; nagklere aan en gestort. Skryfboeke langs hom, karretjies op die vensterbank uitgestal.

ñ Halfuur later kom ons rustig terug ge-“cruise”, ons siele gevoed, en baie ontspanne. Ek kyk, en ek kyk weer. Ons huis ‘hang’ teen die onderste deel van die berg, langs ons nog ñ grasdak met anderskleurige eienaars. Heel naweek hou hulle reeds verjaarsdagpartytjie. En ons slaap min.

Hulle is rustig aan die kuier op hul twee stoepe wat oor die water uitkyk, polsende musiek en baie bier. Regeringsmense. Goed geld.

Op balkon twee, met ook ñ glas in die hand, staan meneer Boeta. Netjies aangetrek, spierwit in sy andersgeit. Kan hom nie miskyk nie, en verstom ‘miskyk’ ek hom defnitief nie!

Sprakeloos staar ek na dié petalje.

Bertus…kry ek uit. Bertus, dis Boeta daar op die tweede verdieping, daar by Louise se partytjie…

“Needless to say”, ek het blindelings van die boot af ‘gedonner’, boontoe gestorm en soos ñ shebeen ‘vrou’ geskreeu. Boeta, kom dadelik terug! Wat de hel doen jy!!!

“Una, it’s ok, we gave him coke. He asked to join the party”.

So het dié man met ñ plan gewerk. Net gewag dat ousus en Bert oor die water verdwyn, vinnig aangetrek en die “party” gaan “join”.

Ek het wel later daardie aand ernstig met my ma se foto in ons gang gaan praat.

Ma. Het ma gesien wat hy gedoen het, ma?

img_8024

 

Om dieper te kyk…

(foto:Google Images)fish-background-wallpaper-5

ñ Vreemde kultuur pootjie ons partykeer. Anderste aantrek, anderste geloof. Met dié dat jy gewoonlik net ñ kort tydjie in ñ ander land rondbeweeg, doen ons die ‘oppervlak ding’. Kyk, gesels, stap weg.

En mis die menswees vol skatte in die dieptes.

Ek het ñ hartsvriendin in Indonesië. ñ Kort, donker moslem vroutjie, vol liefde en lag.

As ñ baba uit haar ma se arms gesteel, en deur haar pa en ouma in die diepe platteland van Java grootgemaak.

Pa en ouma het haar laat werk vir elke krieseltjie kos wat na haar kant toe gegooi is, en sy moes haar eie veilige plekkie diep in haar hart vind om vanuit te kon groei.

O, en sy het. Na matriek in Cirebon gaan leer om Engels te praat.

En so het ons ontmoet. Sy, hoog swanger met hul eerste kind, ek, op my eerste aankoop ekspedisie in Java. Manlief het haar ontdek, en met haar onderhandel. ‘Ek gaan my vrou in jou hande oorgee. Kyk mooi na haar’.

dscn0996

Sulis het deel van ons familie geword. Is steeds. En later van tyd ook deel van ñ breër Suid-Afrikaanse familie. Sy het al drie dogters reeds ontmoet, ook een kleindogter. Saam met Talisa op ñ treintjie rondbaljaar. Sy is vriendinne met ñ paar van my vriendinne, altyd gereed om Una se mense by die lughawe te gaan oplaai, en te leer ken. Saam te lag, saam te huil.

My ma en sy kon dik stukke gesels, my manlief en sy ‘groot’ besigheids-initiatiewe uitdink. Ons lewens het verstrengel geraak. Onlosmaaklik. As die geldnood groot raak, maak ons plan. Help haar uit.

Dis wat mens mos vir jou geliefdes doen. Want jy het bietjie dieper gedelf. Jy het gekyk, gesien, ervaar, gevoel, vertrou en lief gekry.

bali-021

Sy het saam oor my ma getreur, my bygestaan na my boet. Ken elke kleinkind op die naam.

Sy is my oë in Indonesië as ek voorraad bestel; sy klou my handsak  vas as ek verdwaal raak tussen die meubel prag. Sy dra water aan sodra sy sien die sweet begin tap. Sy onderhandel, verduidelik, maak planne, reël uitstappies, en giggel saam oor die verspotheid van die mensdom.

En dan, as ons soms ñ aand ñ hotel kamer deel, en sy moedeloos haar hart teenoor my uitpraat, kniel ons langs mekaar.

“Una, please pray for me. For Tofic, for my marriage.”

Dan kom Heilige Gees op Sy stil, respekvolle manier, en maak ons toe met SY asem. Want ñ kind het Hom nodig, al weet sy net van Sy naam.

En mý Jesus sien mý vriendin raak.

Al is sy ñ moslem.

Wat om te vat en wat om te los.

attractive-ocean-landscape-scene-wallpapers

As iemand wat in die verlede kort- kort vir Bali moes inpak, is ek redelik goed voorbereid. ñ Sekere tas staan altyd gereed, en daar is die ‘moets’ in.

Die regte muurproppe. Klein elektriese ketel vir die kamers wat nie vir alles voorsiening maak nie. Koffiebeker en teelepel. Kurktrekker. Skerp messie. Reisigers strykyster. Miniatuur naaldwerk stelletjie. Wynglas.

Net die noodsaaklikste, die res skaf ek vinnig daar aan.

In ons lewens. Wat laat los ons, waaraan klou ons vas. Soos Poerdez vanoggend skryf oor getroud versus ongetroud. Ons keuses. Ons vooropgestelde idees. Ons vrese. Ons wrokke. Ons ‘onthoue’.

Ek is glad nie sentimenteel oor ‘goed’ nie. Inteendeel, ek wil nie herinner word aan die verlede dinge nie. Dalk is dit die rede hoekom ek so gemaklik is in vreemde hotel kamers in vreemde lande. Sal my paar goedjies vinnig uitpak, die kamer gewoonlik anders skuif, (onthou nou maar, ek werk in ñ meubelwinkel), en myself van voor af uitleef. ñ Nuwe “new normal” skep.

Solank die mense in my lewe almal veilig en rustig is. Defnitief nie ñ skilpad geaardheid nie. Dra nie my huis oral saam nie. Eerder ñ Kangaroo. Dra eerder my geliefdes onder my hart in ñ sakkie, en ‘loer’ kort-kort via die selfoon of als reg is.

Wonder nou, as ek op ñ stukkie verlate eiland uitspoel, wat gaan in my ‘moet’ rugsakkie wees. Om te kan oorleef.

Defnitief nie foto albums en ou briewe en dagboeke vol griewe nie!

Keuses. Wat om aan vas te hou, en wat om te laat gaan.  

trunyan-006-small

 

Droom ons nog…

angel-on-flying-horse-with-birds

Tweede jongste liefling roep baie kwaad, baie hard na haar ouma. Eintlik is dit meer ñ gil. Rooi gesiggie en trane wat stroom, kom sy op my afgestorm.

‘Ouma!!!!!! Ouma!!! Logan sê ek is NIE ñ prinses nie!’ Natuurlik loer nefie met ñ skewe, uitdagende glimlag om die hoekie.

Ek kyk hierdie naweek wat verby is hoe die dogtertjies speel, elkeen met ñ ballet uitrusting aan. Die huis langs die dam word vol dansende prinsesse, met een nefie wat tussen-in wawiele probeer doen, en ñ ander in sy “super hero” wêreld.

Kleinste liefling sit net verstom in sy waentjie die petalje en gade slaan.

Droom ek nog. Wanner laas was ek ‘iemand anders’. Kon ek my verbeelding vrye teuels gee en vir ñ rukkie in ñ ‘ander kant’ gaan verdwaal. ñ Goeie ‘ander kant’.

Hier en daar loop ek blokkers raak wat ñ fantasie wêreld optower en ñ storie begin skryf.

Maar jouself in ñ nuwe jy indink?

Is dit te gevaarlik vir ons as volwassenes? Neig ons gedagtes na wellustige prentjies gemik op selfbevrediging? Skok ons onsself soms so dat die grense ten alle koste in plek gehou moet word. “No,don’t go there”.

Op watter stadium verloor jy jou onskuld. Is dit wat ons grootword noem? Die oorstap van speel-speel na regtig.

Eintlik jammer. Jammer dat daardie deur op ñ dag toegetrek word en ons die sleutel verlê. Hartseer.

Mag Gaby nog ñ paar jaar gegun word as prinses in haar eie werklikheid.

Voor die wit hings struikel en sy aftuimel.

aboutusheader