Die bankie en die vistenk.

(foto:Google Images)img_11234

Jy kan loop waar jy wil, maar iewers in Kuta se staatjies is daar ñ bankie en ñ vistenk. Jy kan nie vir hulle wegloop nie. Iewers gaan iemand jou roep, of tot by jou stap en jou saamnooi, of ñ pamflet in jou hand druk. Of jy gaan self in een vasloop.

Maar die bankie en die vistenk gaan jou inhaal.

HULLE sê dis goed vir jou. Die vissies vreet glo skoon. En jy kry ñ “foot massage” op die koop toe. Dit werk vir die bloedsomloop. Soos ñ “three in one”, al wat jy moet doen, is opdaag.

Meestal loop ek ñ wye draai om hierdie stalletjies, ek weet so goed waar elkeen is. Want ek hou nie van “massages” nie, my bloedsomloop is mý probleem en verdomp, my voete is mos skoon. Op die oppervlak dalk, maar steeds “presentable”.

So, as jý aan getorring wil word, as duisende vissies die vasgepakte ‘vuilgoed’ moet afvreet sodat jy met gesonder voetjies kan rondloop, as jy kans sien dat jou bloedsomloop ñ maraton deur jou lyf hol, kom sit dan nou maar langs my op die bank.

Maar weet net, ék hou my skoene aan.

(aan myself, op hierdie Vrydag wat ek weereens moet deal met dinge)

Advertisements

Ons Boeta.

img_0027

Hy was maar altyd haar baba tot ñ maand voor sy weg is. Toe gee sy hom vir ons. Boet, het sy gesê, mamma gaan nou hemel toe en ousus en Bert gaan na jou kyk. Jy moet mooi na hulle luister en soet wees.

En dit was genoeg vir hom. My middel boet met die verstand van ñ vierjarige, en die lyf van ñ 50 jarige. Hy het stil gestaan en dink, sy duim in die lug gesteek, shap, en my en manlief omhels. Omgedraai en in sy inkleurboek gaan teken.

Hy kom een maal ñ maand huis toe, bring al honderd cds saam, al sy BAIE karretjies, sy radio en sy skryfboeke. Tannie Carike bly sy all time favorite, en Kersfees is die hoogtepunt van sy jaar. Daar moet 9 pakkies vir hom wees, kersvader moet dit 6nm op oukersaand voor die deur los, en dan wil hy kamer toe. Niks se ge-eet of kuier vir hom nie. Hy en sy geskenke, sy beker koffie en sy musiek. Die lewe is volmaak.

Hy word nou grys, die hare min. Daar is vae klagtes en dinge, en die winters raak al moeiliker. Doodgelukkig by die tehuis, sy meisietjie aan die hand en sy vriende oral om hom. Maar ek begin besef, soos nou vanaand, hy gaan ook eendag weg wees. Daar sal ñ gejubel in die hemel wees, dis ñ feit. Hy gaan sy Jesus sien met wie hy nog altyd so maklik kon praat.

En ons twee dan, ek en Bert…nee kyk, laat ek dadelik by sy kamer gaan inloer. Weereens hoor watter rugbyspan speel waar en wanneer. Seker maak hy het sy telefoon nie alweer op mute nie. Nog ñ keer preek oor die te veel koppies koffie.

En dan my man kom opsoek en vra dat hy my net ñ bietjie moet vashou.

(aan ons boeta)

Vandag is my dag.

(fotos:Google Images)936699_878390735523419_4880046706550642663_n

Tot nou toe het ek nog nie vertel van Bali en ‘shopping’ vir myself nie. (hierdie het niks te doen met skoene koop nie).

Jy ‘dress up’ vir die okkasie. Want sien, hierdie is nou nie “bargain hunting” nie. Ons praat van “smart shopping”, in Malls waar die lugverkoeling jou ñ ietsie oor jou skouers laat gooi. Hierdie is weereens ñ ALLEEN gebeurtenis, want jy is nou nie heeltemal jouself nie. Vandag is jy ‘grênd’ en dit moet wys. Daarvoor is ook nie ñ rede nie, maar ás jy nou ñ paar miljoen op jouself gaan spandeer, heng, doen dit ten minste met grasie! (R1 000 = ñ miljoen ruph)

7

Bali beskik oor die allermooiste verskeidenheid klere. Veral diè wat met die hand geborduur is, wêreld bekende Uluwatu kant. En beddegoed. Om by een van hierdie spierwitte winkels in te stap, is ñ vrou se droom. Jy word deur die mooiste mensies sommer al by die deur ontmoet. Jy sweef tussen wasige uitrustings rond, en wil wil die gevoel van ñ multimiljoenêr herken… al kan jy geen van die keurige nommertjies bekostig of aankry nie.

cbtc-1

Jy stap darem gewoonlik uit met een item, in my geval ñ kantsakdoekie vir my mamma wat al ñ paar jaar huistoe is. Maar die sakdoekie moet ek koop, en in haar juwele kissie gaan wegsit.

Darem is daar menigte winkels waar ek tog die pryse kan bekostig. So ñ een nommertjie op ñ slag ‘aan Una van Una’. Dit bly ñ ondervinding om op hierdie pikante Indonesiese eiland iets net vir jouself te gaan uitsoek. Terug by die huis koop èk ook heerlik by Mr Price en Ackermans, maar op ñ droom vakansie is dit ñ vroue wet om ñ ietsie vir self te koop.

l_travellingbali-com-bc004fb44f1d7e470e3bda6a681f6713-uluwatu-bali-fashion-white-dress-exclusive-shopping-2-470_x_260

En as dit handgeborduur is, soveel te beter. ñ Ietsie eg Bali om by die huis uit te haal, teen jou vel vas te druk, en diep teue te neem.

Beloftes.

Cockfight

In Bali is “cockfighting” steeds uiters gewild. Omdat die gebeurtenis gesien word as ñ godsdienstige offer aan die “earth spirit”, is dit belangrik vir die Balinese om goed aangetrek by so ñ geveg op te daag, en reg op te tree. Hierdie pragtige hane word deur hul eienaars daagliks gemasseer, gebad, goeie kos gegee en afgerig om as wenner uit die stryd te tree. Want hierdie haan hou die belofte in van groot pryse.

In my ‘stil’ tyd vanoggend in die kar oppad werk toe, was daar ñ gesprek aan die gang. Met myself. Met God. Oor beloftes.

Soos ñ Petrus op die water, het ek myself ñ paar vrae gevra en gevoel hoe die sink begin. Doen ek iets nie? Hoekom ‘voel’ ek so totaal naby God, en tog trek ek baie swaar by die winkel. Word ek getoets of steeds geleer om op Hom te wag?

Job se naam het vlugtig in my gedagtes opgekom. En net so vlugtig is dit weer uit. Nee, ek moet verder soek. Die Job tydperk is al verby, lankal. Hier is iets anders. Iets wat my nie gespanne maak nie, net opgewonde los. ñ Verwagting.

Steeds, kyk ek na die feite van ñ sukkelende ekonomie, SARS wat toesak op invoerders en die wêreld vir ons baie moeilik maak, moet ek dan nie nou in sak en as sit nie? Mis ek iets. Is daar iewers in my wêreld ñ deur wat oopstaan, en ek voel nie die stormwind nie.

En met geen antwoorde nie, begin ñ lied se woorde net weer in my gedagtes draai.

“Before I call, before I even cry. You answer me from where the thunder hides…”. Net dit.

Ek het my beloftes by U gekry. En ek sal daarop bly staan. Want ek weet U kan nie op U Woord teruggaan nie.

So ja, sonder nuwe antwoorde, sonder ñ nuwe gevoel, op hierdie 31ste dag van Oktober, sal ek ook my beloftes bly koester, aan hulle dink en oor hulle mediteer, my emosies en vrese voor Sy voete terug ‘lê’.

En die winkel oopsluit.

Wat is jou naam?

name

As jy ñ rukkie in Bali vertoef, kom jy agter dat omtrent almal een van die volgende name het. Wayan, Made, Nyoman of Ketut. Dit beteken eenvoudig eersgeborene, tweede kind, derde kind of vierde kind. Hierna volg ñ privaat naam. Om die verskil tussen manlik en vroulik aan te dui, gebruik hulle “I” vir mans, “Ni of Luh” vir vrouens.

Eerder as om jou naam te vra, sal hulle sê “Where do you sit”, wat na jou familie stand verwys. Of jy dus uit ñ arm of ryk familie kom. Eens hulle die antwoord het, besluit hulle oor watter vlak van die taal om met jou te praat.

Hierdie inligting het ek weereens by ons Wayan gekry nadat ek die dag sprakeloos toegekyk het hoe ñ groep mans almal gelyktydig sê hul name is Wayan.

Dit bly beter as die feit dat my naam, Una, in Italiaans ‘ñ’ beteken. Wat het my ouma gedink toe sy op ‘ñ’ besluit het! Op ons besoek aan Italië verlede jaar, het ek later nie meer geweet hoe om myself voor te stel nie. “Hello, ek is ‘ñ’, en as ek nou nog moes by antwoord ‘waar ek sit’ was ek in my kanon in. Finansiële aansien en voorgeslagte met hogere titels het verby gehou.

Ek sien darem dat my naam in Latyns ‘meisietjie’ beteken. Ook ‘eenheid en kompleetheid’.

Maar in Bali bly ek Luh Wayan Una.(so het ek dit nou uitgewerk)
normal_bali_chd_franz02

Hier kom die bus…

6275879_orig

Hierdie bly vir my ñ ‘lekker’ prentjie om langs Bali se strate te sien. Kleurvol, die liggaamshoudings in die ‘wag’ posisie, heerlik in hul tradisionele drag, en elkeen dink sy dink.

Rustig en gemaklik met die lewe, wag hulle vir ñ bussie.

So ñ hele klompie jare terug, 1995 se tyd, het ons die Sondag middag kuiermense oor. ñ Ou skoolvriendin kom stel die nuwe man in haar lewe aan ons voor.

Pragtige mens, vors gebou, met ñ mooie persoonlikheid. Ek en manlief hou dadelik van David, sommer baie. ñ Soliede mens, net wat vriendin nodig het.

Op ñ stadium gaan haal ek koek en tee. Kom teruggestap na die stoep-stelletjie met ñ netjiese skinkbord vol lekkernye.

Nou intussen het manlief bietjie dieper oor ‘dinge’ begin uitvra. Tussen die twee van ons is manlief die diepere. Hy vra sy vrae en skram nie weg van dieptes nie. En vriendin is vir ons belangrik, so daar móét ernstige prate gespreek word. Gewoonlik gee ek hom ñ skop onder die tafel dat hy moet stop. Maar dikvelligheid lóóp in die manskant van die familie.

Ek weet van niks. Ek weet nie dat hulle oor David se pos by die weermag praat nie. Sy hoë pos. En hoe hy dit in die nuwe bedeling ervaar.

Hy probeer diep verduidelik. Vir hom is dit soos om…

Die sinne wat ek wel hoor is die volgende, David nou aan die woord: ‘…elke dag lank langs die pad te staan en wag vir die bus. Dis alleen, ek moet vir my plek in die ry baklei. Dan stop die bus, en ek klim in. En dan ry die bus, iewers heen. Maar daar is geen kaart nie, so ek sit net en kyk, en wag. Kyk by die venster uit. Heeldag. En in die laatmiddag, dan stop die bus weer, en ek klim af. Môre is dit weer dieselfde. Niks verander nie. Ek klim op, en ek klim af’.

My volledige moedersinstink skop net daar in. Niemand sê ñ enkele woord nie, daar is so ñ eerbiedvolle stilte wat hang. Ek sak op die stoel oorkant hom neer. Met diepe trane in my bruin oë gryp ek hierdie kosbare man se hand vas en prewel…’David! Nee. Jy kan nie. Jy mag nie. Hoekom ry jy elke dag op busse rond na plekke wat jy nie ken nie. Dit is nie reg nie. Ek en Bert sal jou help. Ons sal jou bystaan. Dis regtig nie gesond van jou om net dit te doen nie… jy kan regtig nie heeldag net wil busry nie…’

Teen hierdie tyd is Bert al op sy voete, want om my ñ skop onder die tafel te gee, het geensins gehelp nie. My hele wese was ingezoom op hierdie arme stukkende man hier voor my. Ons gaan moet counsel, sommer hier, nou! Dalk die pastoor uitkry, shit, maar dis Sondag. Hy werk. Ek het iewers ñ dagstukkie boek, maar waar. Moet gaan soek, moet vir hom gee.

‘Una. My Vrou’ is al wat manlief kon uitkry. ‘Jy moet reg luister, jy hoor alweer nie.’ En verpes ek dit nou as hy daai woorde op daai manier sê.

Maar nouja. Dalk het ek op die verkeerde tyd, verkeerde plek, verkeerd gesnap.

Na ñ redelike stugge verduideliking dat David na sy werk in die nuwe weermag verwys, dat dit is soos om doelloos op busse rond te ry, was ek vir ñ oomblik tjoepstil. En toe begin ek lag.

En ek lag nog steeds as ek onthou van my diep oomblik.

(aan myself)

 

 

Alweer ñ Donderdag.

(foto:Google Images)16c723b3d39cdfa5c6494dd77744ed44

Vandag het ek nodig om in hierdie prentjie te gaan sit. Eers ñ paar treë te stap, en dan te sit. Nie noodwendig op die bruggie nie. Wel meer hier aan die linkerkant waar die donker en lig bymekaar kom. Langs die blomme, nie tussen-in nie.

Ek is bly die ligte skyn in die huis, en dat dit veilig en gesellig lyk. Daar is water in die stroompie en iewers agter blink die maan. Of son.

Die prentjie lyk gesond. Hier is nie kanker nie.

As ek net sit, stil, sodat niemand my sien nie, kan ‘hier binnekant dalk regskuif’.

Dalk moes ek jou saambring om te kom sit. Net dalk moes ek jou hand kon vashou en jy weet ek sit langsaan. Maar dalk is die prentjie té gesond, en wil jy uitloop.

Dan liewer op my eie sit. En wag dat die prentjie se prentjie my regskuif.

Wat gee ek jou? Wat bring ek jou? Voor jou is ek braaf, maar agter jou…

Daarom die sit. My kop op my knieë lê, my arms willoos langsaan. En hier bly tot ek kan uitstap met iets. Vir jou.

(aan my vriendin)