Is ons lewe normaal? Of sit ons die pot heeltemal mis?

My wêreld is een van onthaal. Gaste ontvang, sorg dat hulle gelukkig is, neem hulle rond op ekskursies. Dis die bottom-line van wat ons doen.
Ek besef dis die hospitality lewe, dis wat dit beteken om ñ lodge te hê. En ek, ons het dit gekies. Ons kan dit doen en ons doen dit goed. Ons lê op ñ 9.6 rating op booking.com.

Die reviews is fantasties. En ek is diep dankbaar daarvoor.
Net partykeer wonder ek ook maar. Ek kyk na ons vriende en hul lewens, hul betrokkenheid in hul skoolgemeenskappe. Hul sosiale groepe. Hul kerklewens.
Hoe abnormaal is my wêreld? Op ñ skaal van 10?

Het ons ons eie new normal kom skep? Op ons ouderdom verander ons ons normale bestaan in Harties na ñ onderste-bo heerlike eiland-bestaan. Klim boots and all in ñ nuwe land af en om-arm alles wat daarmee gepaard gaan, ten volle.
Hoe ernstig abnormaal is ons tweetjies dalk?
Eish. Soms wonder ek.




Jy moet ingeteken wees om kommentaar te lewer.