
Kom ek verduidelik hoekom hierdie ñ eie blog verdien. Eerstens, ek laat so te sê geen nuwe mense toe om by my te lees nie. Die groep vertrouelinge wat hier inloer is genoeg.
Ek laat ook veral geen familielede hier rondkuier nie. Una se gedagtes is privaat. Kop is gestamp, lesse geleer. Lankal.
Maar, ouma het ñ uitsondering gemaak. Megsie, tweede oudste 15-jarige kleindogter is welkom. Meer as welkom.
Ek kuier op die oomblik tussen die kinders in SA rond, en vanoggend is ek en sy sommer vroeg met die kabelkarretjie op tot doer bo op die berg. Wat ñ heerlikheid!

Hierdie kleindogter van ons is ñ juweeltjie. Studeer heeltemal te hard en het geen tyd om aandag aan kêreltjies te gee. Soos sy self verduidelik terwyl ons tussen die wolke sit en eet. Ouma, soms dink ek ek is die enigste grootmens in ons huishouding. (En ouma stem saam, my engel.😉)
Sy het glo gistermiddag heerlik gelê en my blogs lees. Eish, was dit ñ wyse besluit? Die vraag het maar in my kop opgekom. Na ons openlike gesprekke daar bo het ek egter geweet. Dis nodig. Sy is groot en sy het insig. Sy het ook ñ dinkplek nodig. ñ Plekkie waar sy dalkies ñ mening kan lig.
So Meghan, welkom hier tussen die ouer tannies. Ouma hoop jy geniet ons!



Jy moet ingeteken wees om kommentaar te lewer.