Lewenstorme.

Baie van ons ken die woorde…as die lewenstorme woedend om jou slaan, en jy gans ontmoedig vrees om te vergaan…

Ons het ons maniere aangeleer om te oorleef, om vas te hou en staande te probeer bly. Wat ons doen verskil gewoonlik, maar tog het ons begrip van wat hierdie tye aan elkeen kan doen. Ons kry seer vir mekaar, ons probeer ñ helpende hand uitsteek en ons hoop woorde troos bietjie.

Ek persoonlik het afhanklik van my mede-bloggers geraak in die goeie en slegte tye. Daar is al soveel vertrouens-verhoudings gebou juis deur die uitreik aksies.

Gister in ñ spesialis se wagkamer lees ek ñ artikel raak wat handel oor ñ groep vrouens wat mekaar op Pinterest “ontmoet” het. Hulle het elk ñ verskillende kuns-talent daar gaan deel, en sodoende mekaar leer ken. Deur woorde op papier.

Vandag kuier hulle een naweek ñ jaar saam, net hulle groepie en hul besonderse vriendskap.

My hart huil omdat een van ons bloggers swaarkry, en eintlik is daar meer as een. Ons weet van mekaar… dalk nie waaroor dit gaan nie, maar die band wat reeds gesmee is maak ons sensitief vir die einas in ander se lewens.

Hierdie is wie ons nou is, wie ons geword het. Blog-mense wat omgee en mekaar se laste help dra.

En hierdie is wie ek kies om te wees.

“Doctor DIY.”

Ek het nou wel heel Sondag terapie gekry sonder om ń woord te moes praat, maar nou, laatmiddag, is my tweede projek klaar. Nommer een is al by die winkel, sal wel ń foto plaas, maar hierdie een het BAIE sweet gekos! Gelukkig nie geld nie, want teen ń sielkundige se fooie was ek dan nou bankrot. Ure gewerk, lae en lae verf afgeskuur voor ek van voor af kon begin. Soos ek mos sê, ek en dokter DIY het drie dae lank konstant saam spandeer.

Vanaand maak my eie Life Coach sy vyf dae kursus klaar, so dan sal die lewe hier langs die dam weer meer normaal verloop. Of moet ek liewer voorspel dat ons ń New Normal gaan betree.😉

Die spieëlkas kort nog net sy glasblad en twee blou keramiek knoppe. Twee meubelstukke in drie dae gerestoureer; dit wil gedoen wees. Baie trots op myself. My arms en bene, hande en voete het nou wel ń klomp aandag nodig, maar die gemoed voel beter.

Soos Hester voorheen al gesê het, selfterapie is wonderlik, veral as daar fisiese oefening by betrokke is. Wel, elke spier is klaar styf en die rug kla ordentlik.

Maar die glimlag is breed en die hart tevrede.

Xxx

#Woordsnoere 2: Bedek jou bene, asseblief.

In Bali is amper alles heilig, ook die ape. Maar nie jou bene nie. O nee, jou bene is sondig, bedek hulle! Kaal bene in enige heilige areas word ten strengste afgekeur.

Huh?

Hierdie uitdaging van ons neem my terug na my eerste besoek aan die eiland. Kom ons sê hierdie is ñ ode aan die Monkey Forest…

Ons het nie vooraf hieroor ge-koukus nie, net opgedaag. Eers by daardie alewige ingang het ek kleinkoppie begin trek.

Daar ‘hang’ ñ straatbrak by die hekke rond wat vir elke aap staan en blaf…so dit is voortdurend. Manlief het hom met die sambreel probeer gaffel, maar pure verniet. Die ewige idealis het hy toe gereken dat dit die good teenoor evil, die swart en wit van die lewe is en waarvoor Bali se geloof bekend staan, wat nou hier afspeel. Wonder ek toe, is die hond of die heilige aap die evil?

My vroutjie, waar dink jy palielie jy heen! O nee, jy gaan saam met my hier in.

Dis nie palielie nie, Bertus, dis pelielie, en my been is te seer om ñ enkele tree deur hierdie bos te neem. Los my net hier. Eina! Hoor jy hoe sukkel ek! 

Jy is ñ regte moegoe, my darling, ñ bang-Jan.

Ek gee nie om wat jy dink nie en moegoe is nie ñ mooi woord om iemand te noem nie, hoor. Dit verwys na ñ idioot. En hier gaan mens net in AS jy wel ñ moegoe is!

Ten minste is ek nie ñ mollusk nie, ñ weekdier met geen ruggraat nie… So mor ek in my mou.

So ñ klein kompakte skedonk van ñ motortjie swaai uit vir die hond en die toeriste agter my snou die bestuurder alles behalwe ñ lofrede toe. Duidelik keur hulle sy bestuursvernuf af. Hierdie kleine eiland is so vol esoteriese idees dat daar selfs afbeeldings van Triton rondstaan, so dis omtrent die doodstraf vir jou as jy ñ dier raakry. Selfs al mag honde nie hier wees nie.

Una, kom nou, jy speel vir tyd my vrou. Verbeel jou jy is ñ bos-nimf met  sulke iris-blou oë, dan beweeg jy ruisend tussend die aap-gespuis deur. Toe kom vroutjie.

Ken iemand daardie gevoel van jou skelet wat yskoud word? Dis ek as ek deur die aap-bos stap. Op hierdie stadium is die bang-emosies al so opgekrop in my binnekant dat ek lus is om Bertus se blonde hare vas te gryp en dit af te snipper. Liewer om dit te versnipper dat hy ook soos ñ kuifkop langstert aap lyk.

Ek is saam met hom deur en anderkant uit. Net die een keer. En voor ek dit ooit weer doen sal ek liewer begin glo daar is ñ diereriem aan die hemelruim waarlangs die son, maan en planete skynbaar beweeg.

So min is die kans.

 

Wil jy saam woordsnoer? So maak mens :

Jy kan ‘n enkele woord as inspirasie vonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.

Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.

Onthou om die prentjie hierbo en ook die skakel hieronder in jou bydrae in te sluit. En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!

https://fresh.inlinkz.com/p/fc81e88db2e742a4bc7e4b37c8f99154

 

Is dit net ek?

So af en toe doen ek daardie ‘ding’ wat ñ geheim moet bly vir die oomblik. Eintlik hoef dit nie skelm te wees nie, maar dit maak die oefening meer opwindend.

Vintage wooden furniture in trash warehouse of antique market. Retro background

Net Donderdag hierdie week gaan ek weer so maak. Wag tot manlief weg is vir sy kursus, die huishulp nie inkom nie en die tuinjong af is. Alleen, stoksiel alleen.

Dis dan wanneer ek my oudste klere gaan aantrek, die sleutel agter die deur gaan afhaal en uitsluip buitekamer toe. Sluip. Ag, ek kan seker gewoon net loop, maar ek smag na die opwinding!

ñ Volle dag, ek en die een wat ek uitkies. Hy moet oud en afgeleefd wees want ek wil alles aan hom oordoen. Nuut maak.

Maar eers, en dit het ek in Bali afgeloer, gaan hy onder die hamer en skroewedraaier land. Mens slaan ñ hele klomp ekstra duike in hom in, sommer oral oor. Want sien, die lewe het hom nie heeltemal genoeg verniel nie, so ek tree in.

Ek stof af, skuur af, slaan stukkend, plak weer reg. Hammer hier en daar, dan verf. Weer afskuur, oor begin.

Ek gaan sweet, vuil word, sekerlik my duime blou kap, my vingernaels opvoeter, maar my glimlag gaan breed bly.

As manlief Donderdagaand by die huis kom gaan alle spore van my ‘misdaad’ verwyderd wees. Maar indien hy oplettend is en iewat regs kyk langs die rottangstoel, gaan hy daar pronk.

vintage-distressed-bedside-cabinet-ishka_265_800x

My eie, eie nuwe skepping!

ñ Oop voordeur.

Ons sitkamer staan op sy kop. Dis aantekening boeke wat oral verspreid lê, oorfone, skoot-rekenaar; ook bordjies en glase wat gebruik is, staan rond. Opgefrommelde sjokolade papiertjies, halwe pakkie koekies, biltong. Die televisie praat sonder ophou op ñ gelykmatige toon, en ek struikel oor die paar skoene in die pad.

ocean-fantasy-art-garbage-creative-photomanipulations-1920x1200-wallpaper_www.wallpaperhi.com_67

Hier word hard en ernstig gekonsentreer. Oor ñ paar dae moet al hierdie inligting ingeneem wees, en ek het nogal bekommerd gewonder of manlief dit gaan regkry. Wat-wou.

Ma, sê middel dogter, onthou Dads is street-wise, of liewer lewens-wys. Julle is al deur sulke diep waters, soveel kursusse gedoen, so lank by berading betrokke gewees. Hy behoort hierdie inligting soos soetkoek in te neem.

Ek het die res van die aand verstom moes luister hoe hy herhaal wat hy in die tien ure gehoor het. Tussen kosmaak en eet deur het ek weer van die onderbewussyn en bewussyn se fenomenale vermoëns bewus geraak. Voor my oë het my effe lewensmoeë man van die laaste twee maande weer geblom, sy ou energie geopenbaar.

Ek kon nie anders as om saggies vir God dankie te sê vir hierdie wonderwerk nie. Al word pleisters klaar afgeruk, al snak ek stil na my asem as ek hoor hoe hy sekere insidente uit sy kleintyd onthou en herken, erken wat dit aan hom as mens gedoen het. Manlief om-arm juis dit waarvan ek wil weghol. Hy is honger vir groei, vir nuwe openbaring, vir moontlike areas wat steeds genesing nodig het.

God kom ontmoet ons getrou presies op die plek waar ons vashak, Hy hoor ons versugtinge en op Sy stil manier plaas Hy antwoorde op die regte plek. Sy manier is dalk nie ons s’n nie.

Maar Sy manier werk.

Niks so lekker nie!

IMG_5088

Hierdie naweek slaap vier van die ses pikkewyne by ons, en die ander twee gaan Sondag saam na ñ Barnyard musiek opvoering toe.

Ek sit en vakansie fotos kyk, en ervaar weer die lekkerste lekker om almal vir twee volle weke te kon saamwees.

Vrydag is om die draai, en in my kop beplan ek klaar al hul gunsteling eetgoed. Dis ouma-wees op sy beste, die voorreg om te weet hulle is naby en hul tassies is ook al klaar gepak… natuurlik net vol speelgoed, maar steeds.

IMG_4843

 

xxx

Veerkragtigheid gaan oor jou gesindheid…

Of vind die positiewe aspekte van die omstandighede waarin jy is.

1edb40f380627037c69df68aeaa53d3c--baby-hippo-baby-animals

“Hulle” sê ook om op die verlede te fokus is soos om op ñ hoofweg te ry en heeltyd in die truspieël te kyk.

Ek lag vir die “hulles” van die lewe. Hulle mag dalk reg wees met baie stellings, maar ek weet wanneer ek glad nie in die prentjie inpas nie!

En dankie tog daarvoor.

Dis juis die verlede wat my gewys het dat as ek ñ seekoei is, hoort ek nie op stoele nie. Seekoei het nou glad nie met gewig te doen nie, maar met my aard. Met wie ek is. Met in wie ek ontwikkel het. 

Deesdae kan ek baie goed nee sê. Baie hard en duidelik ook. Steeds kan diè naaste aan mens die fout maak om jou in ñ sekere helder lig te sien terwyl jy net doodstil in die skemer se sonsondergang wil baai.

My vroulief, ek gaan ons twee inskryf vir ñ paar maande lange kurses. Daarna is mens ñ geakkrediteerde Life-coach.

En net daar tuimel die stoeletjie met my om. Sien, dis net omdat liefie se woorde so ñ skok vir my was dat die swaartekrag nie meer wou saamspeel nie. Ek het letterlik en figuurlik om-en-ingeduiwel.

Waar is ek vandag? Knus in my winkel.

En manlief? Besig om 40 uur se videos te kyk ter voorbereiding want die genoemde kurses begin Woensdag.

Hoekom weier ek volstrek om in te stem? Want ek weet presies wie ek is, en wat ek NIE wil wees nie!

Skok ek iemand?

Dis ok met my, hoor.

1250991947631

 

Die grootste voorreg.

elegant-beautiful-flower-art-natural-plants-15

Om ñ mamma te wees beteken dat die lewe soms regtig rof kan raak. Soos in jy verloor heelwat vere, en die wat oorbly, verkleur. Steeds, ek weet dat daar niks is wat naby die diep tevredenheid kan kom soos wanneer jy hulle om jou het nie. Na hulle stemme lê en luister en hul lewensstories aanhoor nie. Net die feit dat jy hulle in een stuk groot gekry het, is verstommend. Nou het hulle hul eie kleinmensies en jy glimlag diep na binne as jy hulle met mekaar hoor gesels oor die moeilik van jong tieners grootkry. En vyf en sewejariges. Om nie eens te praat van ñ driejarige pokkellyfie nie!

Ma, hoor ma! Ons was mos nooit so moeilik nie!??? Ma, ma moet kan onthou. Het enige een van ons ook sulke streke uitgehaal? Dink bietjie terug, mamma. Wat het ma gedoen toe ons…

Ek strek myself net verder uit, en voel die warm son op my lyf. Wat-wou, my kleinkinders is die oulikste, slimste, mooiste wesentjie wat ooit geskape is. Nie ñ negatiewe woord oor hierdie ouma se lippe nie.

Of die selfoon wat lui, trane aan die anderkant…

Ma, ma sal nie glo hoe lelik sussie vanoggend voor skool met my was nie! Ons het nooit so met ma gepraat nie! Ma, ma, is ma daar…

img-20190113-wa00205306245226500615643.jpg

Mamma is hier, my engel, altyd. En mamma hoor.

xxx

Ontrommel? Mmm…ek dink nie so nie.

le-jou-eier1-e1512926357627

Julle, ek weet darem nie so mooi nie. Hoe op die aarde moet ñ professionele “shopper” nou by ontrommel uitkom?

Begin ek by die stoorkamers vol half-heel meubelstukke wat defnitief een of ander tyd reggemaak en oorgedoen gaan word? Kan mos nou nie daarvan ontslae raak nie! Elke item het ñ storie, ñ verlede, ñ persoonlikheid. Vee ek oor die blad om bietjie stof af te kry, loop my gedagtes terug na die straatjie waar die kassie vandaan kom. Die tandlose Bali omie wat dit met soveel oorgawe gemaak het. Wat-wou, ontrommel.

Ek kan nie!

20190306_0817358834251426888207628.jpg

Dalk my speserye-kas? Hoe nou gemaak. Elke enkele pakkie bewaar ñ Bali-geur, ñ reuk wat my holderstebolder terug tot in Hannoman straat laat tuimel, daar naby die “Monkey Forest.” Daar waar my neus my lei tot by die eetplek links om agter verby die stalletjies en weer regs langs die tempel trappies om en dan nog so tien tree verder tot by die Warung met sy eet-ware in ñ glaskas uitgestal.

Dit kan mos nou ook nie. Nooit nie. Mens ontrommel nie Bali uit jou huis uit nie! Jy klou eerder vas aan elke herinnering en prentjie.

20190306_0825333233255554677999212.jpg

Jy vul veel eerder aan. Bali lappies en kassies, kombersies, sommer net vir die wis en die onwis.

20190219_1239174990125955323055375.jpg

Die kassies is met soveel passie gemaak. Die ou boot is uit die see gesleep, oorgedoen, en iets is geskep wat vreugde kan bring… Ja, ja, nog pakplek, ek weet. Nog opgaar ruimte, dit is so.

20190218_1648192181776227083716097.jpg

Wys my hoe raak mens ontslae van lappies-goed wat als met die hand aanmekaar gewerk is, en jy wen die prys!

Wen maar. Los my net uit die oefening uit. Ek kan nie ontrommel of ontklotter nie! Eerder, Positief, waar is jy. Kom klim, laat ons terugvlieg Bali toe! Leë tas, nè.

Die mense hier is lelik met ons.

 

 

Hier is die Inlinkz-skakel vir die uitdaging: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=817462

Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

Vroegoggend, en name op die sand…

Ek is die skaduwee, ja, maar die name wat op die strand neergeskryf is, is sienbaar en voelbaar. WoordNoot, Bondels, Elanè, Trommeltjie, selfs Seegogga is neergeskryf. Almal blog-vriendinne wat gevra het dat hul name daar gelos word, net vir dalkies. Dalk eendag.

Snaaks, dit was nogal vir my ń spesiale oomblik, so vroegoggend en net ek en die vroue in my gedagtes. Die ou wêreld om my was nog rustig, die see roepend en kalm.

So van die os op die jas, my lelike, grys geverfde staaldeur wat na die gaste opset se tuin lei, gaan ń nuwe baadjie kry. Uit blik gemaak sodat dit kan nat-reën. Sodra die container aankom so teen einde April, sal hierdie op die deur pryk.

Seegogga, dit sal my altyd aan jou herrinner, jy weet hoekom.

Xxx

Ek dink terug…

Ek sulk so Å„ bietjie. Lê heerlik op ons stoep en blaai deur die fotos op my foon. Å„ Week gelede hierdie tyd was ons nog in Bali, en intussen het soveel ‘lewe’ weer gebeur.

Ek verlang klaar na elkeen van hulle. Mens spandeer nie elf dae konstant saam met mense sonder dat hulle nie diep onder jou vel inkruip nie. Selfs diegene met geite.😉

Ons het baie stories, ek en Positief. Ook Å„ paar tong in die kies vertellings. Maar punt bly, hierdie was defnitief Å„ verrykende toer, en as mens het ek weer gegroei, op alle gebiede.

Xxx

(As mens shopping doen en aanpas…)

Wie, wie is wie…(vervolg)

20190302_100915-44098951274433196372.jpg

Ons is terug na die heerlikste nege dae in Bali; gesond, uitgerus, bruingebrand en vol lag-stories. Dit het elk van ons SO goed gedoen, elkeen op sy eie manier.

Maar eers die beloofde Towerin-eende. Al veertien was daar, en ons, dis nou ek en Positief, het hulle opgespoor.

Hierdie is opgedra aan die Groenbus-groep.

20190223_140959_resized

Perdebytie…in haar geel bikini het ons haar onmiddelik ge-eien. Die stewels was net ñ verrassing met diè dat sy dan nou net plakkies dra. Maar nou ja, Bali toor met mens.

20190223_141208_resized

Tannie Frannie het heel formeel vir ons geknip-oog en toe aangegaan om na ñ opvoering te luister.

20190223_141234_resized

Hester het ook nie op haar laat wag nie, en ons deeglik van haar teenwoordigheid bewus gemaak. Ons sommer dadelik saam strand toe gesleep…

20190223_140906_resized

Trommeltjie se opgewonde kwaak omdat sy weer in Bali is, het bo al die ander eende s’n opgeklink!

20190223_141320_resized

VirgoC het vreeslik rondgepryk met haar nuwe tattoo…

20190223_140932_resized

WoordNoot is baie ‘into the natural look’ deesdae, so sy was besig om haarself blink te poets toe ons haar raaksien.

20190223_140835_resized

Vuurvliegie was ernstig besig om die res van die eende te help besluite neem; vuurvliegies is wys en slim.

20190302_1156412208514062339223291.jpg

Scrapy het ñ entjie gaan stap, ons moes ampertjies sonder haar terugkom! Sy wou nie weer val nie, so die skoene is deeglik vasgemaak.

20190223_141142_resized

Ons het Kameel nie dadelik raakgesien nie, sy kruip ietwat weg deesdae, maar haar opgewonde “hier’s ek” het tog duidelik opgeklink.

20190223_141024_resized

Bondels was halfpad oppad water toe toe ons haar raakloop. Sommer net pad gevat, want sy kan! Sy is haar eie baas, dankie tog.

61x3d6tzq-l5925051548543307071.jpg

Toortsie was uit op haar eie missie, ons moes agter haar aanhardloop!

20190223_141254_resized

Seegogga was ietwat besig met dingetjies rondskuif en regsit; sy het haarself sommer kom voorstel.

img-20190226-wa0005-14225262365022229680.jpg

Positief was oorstelp toe sy haarself raakloop…

img-20190226-wa0003-15556018410433469549.jpg

En dan is daar die uwe, natuurlik Positief se keuse, so ek het haar maar laat begaan!

MOENIE NOU STAAN EN AFLEIDINGS MAAK NIE, TOWERINNE!

(Ons sal op ñ manier elke ou se eend by haar uitkry.)

xxx

 

 

 

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg