
Sy hou dertien leisels in haar hand. (Sy hanteer baie dinge gelyktydig.)…Nee, dis nie die idioom waarna ek soek nie.
Haar leisels word dertien. (Haar sake raak onhanteerbaar.) Amper, maar nee.
Sy laat die leisels slap hang. (Sy laat dinge maar hul gang gaan.) Ook nie diè een nie.
Sy het die leisels laat val. (Sy het afstand gedoen van haar gesag.) Sjoe, dalk amper.
Sy het die leisels opgeneem. (Sy het voortgegaan, die leiding geneem.) Ja, dis die een!
So vier weke gelede het ek die groot stap geneem; die trappies begin klim wat ek nog nooit voorheen voor kans gesien het nie.
Gegaan vir ñ werksonderhoud.
2019 gaan anders lyk, defnitief. Moet anders lyk. Nooit ooit wil ek weer ñ jaar soos 2018 hê nie. https://travel4601.wordpress.com/2018/11/14/en-nou-tannie-bali/
Met effe hoër skoene, nie my gewone petite toonsandale nie, gaan ek die nuwe jaar betree. En nie omdat dit ñ nuwejaarsvoorneme is nie, maar omdat ek iets nuuts gaan doen.
Noem dit ñ tweede werk, ons kan ja. Die winkel sal voortgaan, maar jy gaan my net so twee dae ñ week hier aantref. Die ander vier dae werk ek vir ñ baas.
Die vrou wat my plek hier moet volstaan, is opgewonde. En die vrou binne my sien met verwagting daarna uit om ñ nuwe deur oop te stoot.
Die winkel sal myne bly, nog vir lank. Mens stap nie net van jou ‘kind’ af weg nie.
My stoel hier in die hoekie gaan net dikwels leeg staan.
Ek is regtig ñ stadige besluitnemer, top vreeslik oor die ‘sê nou nets’ van die lewe. Die ‘wat asse’.
No more. Ek gaan vasbyt en deurdruk al loer die onsekerheid oor my skouer. Al twyfel ek effe aan my eie vermoë.
Wat ek weet is dat ek vir geen oomblik alleen sal wees nie, daarvoor het ek ñ 100% likiete lewenspolis uitgeneem, jare en jare gelede al…Ps 18:30-36.
So 2019, ek is gereed. Hakskoene en al.




























Jy moet ingeteken wees om kommentaar te lewer.