Hello en koebaai…

1103-Paul-Kales-d

Die dag van vandag is ietwat kort. Só lank voor die tyd begin inpak, en steeds het ek ñ paar dingetjies vergeet! Teen half vyf vanmiddag vat ek en manlief die pad OR Tambo toe, en later vanaand vlieg ek Bangkok toe.

Die tas is leeg, net hier en daar ñ verlore kledingstuk in ñ hoekie, want dis hoe jy Thailand aanpak…met letterlik niks. Die terugkom is ñ ander storie, jy trek lae en lae klere oormekaar aan, net sodat jy darem alles hierdie kant kan kry.

Ek gaan heeltyd met julle klomp gesels, wees gewaarsku. My blyplekke het wi-fi, so daar is geen rede om nie te kommunikeer nie, en natuurlik fotos op te sit en snaakse storietjies te vertel nie. Daar is altyd baie van dié.

Ek land môre-aand daar, en sal Donderdag-oggend douvoordag julle tyd, ons eerste Kuier-Safari storie plaas.

ñ Lekkerte wat bygekom het, is dat middel-meisiekind Vrydag by my aansluit. So vir ñ volle week het ek haar by my, en gaan ons Bangkok se strate ontdek. Groot voorreg hierdie.

Nouja, laat ek my lysie deurgaan wat ek met Thembi moet deurpraat, die meisietjie wat vir die volgende elf dae hier gaan oorneem. Dan my sleutels gryp, die Pakistanis en restourant klomp groet, en laat spander.

Sien julle in Bangkok, ook in Brits, en ook op die groen bus… Ek KAN multi-task hoor!

 

 

Kameeltjie, dinge staan nou so…

Ek bly mos op Harties, soos jy weet. O, jy weet defnitief, want julle is van gister af hier.

Maar dis nie net ek wat hier bly nie, hier bly ook diegene wat kameras besit en geld kry om as steelfotograwe op te tree…

Ja, sowaar, die plaaslike koerant betaal geld vir fotos…!! Dis skokkend, ek weet. Veral as mens nou moet dink dat daar stalkers is wat agter bome en pilare wegkruip om ñ groep onskuldige blogger-dames af te neem.

Maar kalmeer, Kameeltjie, ek het vinnig oproepe gemaak en mense gebel… Ons name verskyn nerens!

_82235218_82228171

 

r0_20_3000_2000_w1200_h678_fmax

Die opskrif in ons Kormorant is ook heel skaflik, hoor.

Oproerigheid Vrydag-middag in Harties se strate nadat onbekende, wel belese groep dames by plaaslike eetplek opgemerk is…

Wag laat ek gaan, die dames raak ongeduldig doer in die bus.

Liefde,

Una.

 

 

Die voorbereidings begin vir ons Kuier-Safari!

Hartbeespoort-LARGE

Ek het lysies. En lysies met lysies. Sien, die bloggers is oor vyf dae by my! Sowaar, dit gebeur uiteindelik. Ons laai die groep Vrydag die 14de September met die toerbus op OR Tambo lughawe op.

Scrapy kom al die pad van Nieu-Seeland af deur sodat sy ons in Mokopane kan onthaal, Hester uit KwaZulu-Natal, Toortsie van die heel Suidelikste Punt van Afrika af, Lekkervurig van Polokwane af, Kameel Pretoria, Perdebytjie Dullstroom, en Bondeltjies van Brits. Ons gaan op ons eie-eie toerbus deur Suid-Afrika reis, en sowaar, hulle is heel eerste by my!

Lysie 1: Emma moet gebad word. Kieter moet voorberei word op so baie mense. Gastekamers moet gespring-clean word, die huisbak moet gediens word, die koi-visse moet hoor dat Perdebytjie kom kuier. Al die wandelpaadjies langs die water en op met die berg moet op ñ kaart aangedui word sodat Hester kan wegbreek as sy wil. Trompie moet sy eie bedjie kry. Toortsie se banting-spyskaart moet uitgewerk word, Lekkervurig se kamer met die kaggel moet goed deurgegaan word, Kameel se bad mag nie te glad wees nie, en Bondeltjies moet spesiale koffie kry.

Daar is nog ñ paar bloggers oppad, hulle sorteer net hul programme uit, maar teen Donderdag is hulle ook ingeteken. Ek gaan loer sommer ñ paar keer per dag op die inskrywingsvorm om te kyk wie kom nog. Mens is mos nou maar geneig om goed voorbereid te wil wees. Veral as daar teruggedink word aan ñ klompie maande gelede…die ‘wis en die onwis’ en so aan wat saam met hierdie groepie rondbeweeg…

Lysie 2: Kos en drinkgoed. Verwys na lysie 3,4 en 5 daarvoor.

Lysie 3: Veiligheidstoerusting…kyk ook lysie 6.

Waar’s ek nouweer? Lysie 7, nee, lysie 4 met verwysing na lysie 7.

“Ester, please come and help me! Did you maybe see my book with my lists? The last time…? Oh, you found it. Let me just make a new note of where I am putting all the lists. I must leave it with you? No, that is not necessary.”

Oh. You think it is.

these_funny_animals_1099_640_01

Nou lysie 8.

 

Om saam te kuier, skakel in op die link:

https://www.hesterleynel.co.za/2018/09/07/le-jou-eier-kuier-safari-spring-op-die-bus/

 

 

 

YOU say I am strong, when I think I am weak…

79282a58cf655f1b9927ad0055afe5f5

Waar word drome gebore?

Die antwoord hang sekerlik af van wat jy glo. Ek weet dat God oor my gedroom het terwyl Hy besig was om my in die moederskoot te vorm. Hy het self die drome in my vasgemaak, lank-lank gelede.

Ek raak soms paniekerig in my alleen ure; onsekerhede kruip uit, ongevraagd. Daar is so baie binne my wat nog nie asem kon haal nie. Dalk was die tyd net nie reg nie?

Dis die ure wat ek so styf aan my geloof moet vasklou, dat dit seer maak. Soms moeg maak.

Daar is seker ñ keuse; ek kan dit laat gaan, of ek kan bly wag. Hierdie besef alleen laat my soms twyfel, laat my vrae vra wat nie antwoorde het nie.

Is dit my eie skuld; het ek iewers drooggemaak en nou is die droom verlore. Is dit die lewe se skuld, keuses en omstandighede. Of droom ek verkeerd.

Toe ek jonk was het dit my nie baie gepla nie. So baie tyd het voorgelê, soveel kanse. Deesdae is dit anders, raak ek benoud en heel dikwels opstandig. Hoe is dit moontlik… Hoekom… Dis dan wat ñ swarigheid van my hart besit wil neem, ñ moedeloosheid wat nie eindig nie.

Ek weet dit is menslik, hierdie gevoelens. Ek weet ek moet bly vashou, ek is so geleer. Ek weet ook ek MOET bly glo, want ek wil. Ek kan nie laat los nie, nie nou nie, nooit nie.

Maar dis moeilik en ek sukkel. Regtig. Ek raak bang. Ek raak rebels. Ek baklei en voel verlore. Ek roep uit en klou vas aan Die Kleed, want dit is al wat ek het.

Dit, en my drome.

Do not lose hold of your dreams, for if you do, you may still exist but you have ceased to live : Henry Thoreau.

Soos ñ vrot vel…!!!

My oog is klaar halfpad toegeswel van die bril wat daarin gedruk het.

My vorige knie-besering vlam op.

My nek pyn, en my rug, en my kop, so ook my gewrig wat nerfaf is.

En dan is daar my kakebeen, en die kosbaarste van als, MY VOOR-TANDE!

Nee, ek was nie in ñ motor-ongeluk nie. Ek was net besig om te multi-task terwyl ek by die kitsbank geld trek en terselftertyd met ñ kliënt oor die selfoon praat en die geld in my beursie probeer insit en my kaart bêre en steeds paraat rondloer of daar nie ñ skelm naby my rondstaan nie…

En daar hel ek om. Op die parkeerterrein, met die klomp mense wat by Spar in en uit loop.

Dit was als die stupid trappie se skuld. Of was dit?

Woman_falling_down_stairs_large.jpg

Ons is as jong ouers geleer dat jy nie die “kom mamma slaan die tafel wat jou kop so gestamp het…stoute tafel wat ons engeltjie so seermaak…stout, stout…” speletjie met die klein mensies speel nie. Dit leer hulle om altyd iets of iemand anders die skuld te gee as hulle ñ ongeluk oorkom.

So hierdie is ek wat met ñ stukkende langbroek en gesig vol skuur-merke my laaste bietjie waardigheid voor julle kom neerlê, nee, liewer saggies neersit. Ek pyn, sommer oral oor. En ek gaan direk na werk middel-kleinkind dogtertjie se revue kyk.

O, het ek gesê my voorkop is ook stukkend, en my regter arm voel gekraak, en…

Sug. Eina. Ek dink my borskas makeer ook iets.

 

Ek hou nogal van selfies…

6770e126a537a6ffad7898af07124786

Ek gaan so dan en wan, meer wan as dan, deur my ure van ñ rebellie-stadium. Verlede week het ek iets gesê wat ek normaalweg nooit oor my lippe sou laat kom nie. Iets wat woorde soos ek wil nooit soos julle wees nie insluit. Dit was nie goed nie, regtig nie. My mercy-hart het amper ophou klop toe die woorde oor my lippe gly, soos botter van ñ warm mes af…

Nou plaas ek maar my nuutste selfie, afgeneem in my midlife-crises-rebelse-fase-wat-dan-en-wan-opduik. 

Die mense vir wie ek dit gesê het, het my van hul gesamentlike-gekoppelde-ek-haal-net-asem-as-jy-inasem-facebookpage ge-unfriend.

Indien jy my facebook friend wil word, ek sal inwillig, hoor.☺

Diep ingedagte staan ek op die stoep…

Daily Life in Bali by I Wayan Dirga:i-wayan-dirga-daily-life-in-bali

Ek staar vanoggend na hierdie skildery, en soveel verskillende gedagtes gaan deur my kop. Ja, die kunstenaar was reg, hierdie is soos die lewe op die eiland lyk; vol. Daar is geen direkte skeidslyne tussen aktiwiteite nie, dis net ñ deurmekaar gevleg van punte. En elke punt is ñ begin, en het ñ einde.

Hoe het dit gebeur dat my lewe so verstrengel geraak het met ñ onbekende eilandjie (toe nog onbekend, 2004) iewers tussen Indonesië se duisende ander?

Die verhaal het ek al vertel, maar vir my sal dit altyd net ñ wonderwerk bly. Die storie van ñ Suid-Afrikaanse ma van drie dogters, ñ huis-mamma, wat daagliks gebid en gevra het, Here, as dit net effens moontlik is, maak vir my ñ deur oop sodat ek op eilande kan rondbeweeg. Maak die wêreld asseblief vir my op ñ skrefie oop.    

Die deur is reeds veertien jaar lank wawyd oop.

My opskrif, ek staan op die stoep, hier voor my winkel in Harties, en ek kyk na die sentrum-lewe wat om my rondbeweeg…

Hier is ñ polsslag van sy eie, dalk nie so eksoties soos op Bali nie, maar ook vol begin-en-eindpunte. Dit was Saterdag 1 September, ñ jaar vandat ek hier oopgemaak het. En in dié jaar het ek myself hier voel inskuif, regskuif. Ek is deel, ek ken elke tweede gesig wat hier verbystap; ek herken die restaurant se verskillende geure van hul disse, ek weet van elke kelner en sekuriteitswag en Spar-werker en Total-garage joggie se familie. Ek kuier saam met die hardeware-winkel personeel, laat my hare sny by die salon twee winkels verder, besoek die mediese dokter en apteek af en toe, bestel ñ toasted-broodjie van die Wimpy af, gaan kyk as die nuwe besending sonbrille by die oogkundiges uitgepak word, en klink ñ glasie saam met die eiendoms-agent tannies op ñ goeie verkope.

Net soos in Bali het ons ons eie gemeenskaps-lewe hier langs die dam. Of ons nou wil of nie, ons is ingeluit in die asemklop van die omgewing.

Die Bali-mense het ñ motto, so ñ tekening van hoe hul wêreld werk.

customer_1529908818

Met my ‘staan en leun teen die deur,’ besef ek, hier is ek ook so deel. So sonder dat ek regtig bewus was daarvan, het ek ingeskakel; is ek opgeweeg en ingeneem. My hart hunker dalk kort-kort na my droom-wêreld oorkant die waters, maar my werklikheid is hier. Nou.

Die besef is goed, want my natuur is om lank voor ñ afskeid reeds te begin treur, te begin neerlê. Oor ñ jaar van nou af is die moontlikheid ge-opper dat ek sal toemaak. Aanbeweeg. Wegbeweeg. Die mense na aan my weet hoe ek met hierdie gedagte worstel, oorlog maak. Daarom dat ek sê, die besef is goed.

Daar is altyd begin-en-eindpunte. Sal altyd wees. Dis die leef in die NOU wat ñ raam om die prentjie gee. Sodat die herinneringe altyd kan bly.

01

Hello, my naam is Una. Ek is jou toergids vir die volgende paar dae…

feature-image-1-1200x600

My planne werk dalk nie altyd uit nie, maar ek sal bly droom en beplan. Vanoggend het ek ñ post op ons Bali Furniture blad geplaas, een wat hopenlik deur ñ klompie kliënte raakgesien gaan word.

Vlieg in Februarie 2019 saam met my Bali toe vir nege dae.

 Ja, ek het vorige kere al kliënte saamgevat, maar dit het altyd gepaard gegaan met my aankope-ekskursies. Hierdie keer wil ek net toergids wees, al my aandag op die mense toespits. Ek sal wel my “container” beskikbaar stel indien hulle groot goed wil koop om huis toe te bring, maar dit sal absoluut teen kosprys wees.

Die hele idee is dat iemand wat moontlik onseker van hulself is, iemand wat graag wil oorgaan, maar alleen is, veilig en rustig sal kan voel. Ek wil elke persoon se persoonlike voorkeure ken, en vir hulle ñ individuele toer uitwerk wat die sak ook sal pas.

Hotelkamers sal nie gedeel word nie, my agente sal help met die rondry van mense, en ek sal sover dit moontlik is of aangevra word, persoonlik ook dinge saamdoen.

Gemak, dit is wat ek wil bied. Niemand hoef iets te doen waarvoor hy nie lus is nie, geen groot groeps-aktiwiteite nie. As ek agterkom jy is ñ alleen-mens, sal ek sorg dat jy nie enige druk ervaar buite jou gemakzone nie.

Ek weet hierdie is ñ mondvol, ek besef ek gaan tien teen een hard werk en soms rondskarrel. Tog, ek is lus hiervoor, reg om dit aan te pak.

Waar het dit nou weer vandaan gekom? Gister kuier ons by mense wat ek nie eintlik ken nie, so dis van daardie gesprekke wat jy jouself soort van voorstel. En net daar besef ek, ek is gemaklik met meeste persoonlikhede, ek verstaan wat iemand graag wil hê voordat hy/sy dit verwoord. Seker die jarelange ‘luister na kliënte se behoeftes’ terwyl hulle probeer verduidelik waarna hulle op soek is. Ek is nie bang om by die diep kant in te spring en saam met jou na die oorkant toe te swem nie. Ek is ook een honderd persent gemaklik met alle kulture.

So, my blog-vrinne, wat dink julle van my idee? Will I be able to pull this off?   

 

 

Sowaar ek was ook klein!

thumb-1920-404735

Ek sit gister lank na hierdie foto en kyk. Soms loop jy mos iets raak wat jou gedagtes vasvang, en jou herinneringe hul eie pad laat loop.

Ek onthou nie veel van my kleintyd nie, maar hierdie dogtertjie het my aan myself laat terugdink. Was ek ook eens op ñ tyd so ñ mensie; een wat op paadjies rondgestap het en presies geweet het waarheen sy gaan!

Die frons op my voorkop het verdiep. Waaraan sou ek op vier of vyf jaar geloop en dink het. Komaan, ek moet tog iets onthou?

Sowaar, daar spring een groot gedagte tot op my skoot. My View Master! Ek onthou, dis iets wat my ure en ure kon besig hou. ñ Wêreld van prentjies wat net my eie was.

de-viewmaster

Ek loer op Google en sien mens kan van hulle bestel, sommige vir tot oor ñ duisend rand elk! Wat op die aarde het hulle in 1964 gekos, en is hulle steeds vrylik beskikbaar? Google praat van vintage en antique modelle, sou dit nou myne insluit?

Hoe ook al, ek het ñ rooie op my vierde verjaarsdag present gekry, en dit was so ñ hoogtepunt in my kort lewetjie, dat ek 54 jaar later steeds die gevoel kan onthou. En net so, so asof ek weer deur die lense kyk, onthou ek ook my kamer, ons huis, ons tuin, die straat, die skool waar ma-hulle skoolgehou het, tot ons sitkamerstel se kleur.

Dalk moet ek maar weer vir my een aanskaf, en dit byderhand hou as ek begin vergeet… Veral die drie goed wat ek by Spar moet koop, dit bly moeilik om te onthou.

1939-vm-ad

Ek wou nie. Ek sou nie…maar ek gaan.

wallpaper-913894__340

Ontmoet vir Amelia, met ñ A nie ñ E. Sy lyk dalk nie te oud nie, maar sy is bo 55…en bo 56…en 57…amper 58.

Sy lyk baie vriendelik en happy go lucky? 

Die rivier daar agter, sy sukkel kort-kort om deur hom geswem te kry, want sy wil. Sy hou van gelukkig voel.

Die ding is net, iewers aan die anderkant van hierdie water, het sy van jonk af ouer geword. Ja, glo my maar. En alhoewel nie baie dinge in haar lewe verander het nie; sy melk steeds die koeie, sy bak steeds met ñ lied in haar hart beskuit, sy is lief vir haar man en haar kinders en haar kleinkinders en haar vriendinne…

Maar sy sukkel sowaar om haar hare deesdae mooi in poniesterte te kry! Dis ongelooflik.

En sy huil as die koei se melk effe minder is! Maar sy weet nie regtig die hoekom van die trane nie. Nee, sy weet, maar dis stupid. Sy kan nie daaroor praat nie.

Ook nie oor die hartseer as iemand net effens kwaai met haar praat, of nie vir haar glimlag as sy voel sy verdien dit nie. Of vir haar sê sy het bietjie anders geword nie, en dis nie vir hulle lekker nie. Of as die hoenders minder eiers lê en daar word gesuggereer dat sy nie haar kant goed genoeg bring nie.

Maar sy probeer, regtig. Sy gesels met die koei, vra uit, probeer agterkom wat pla. En sy vryf oor die hoender, stel belang, en probeer terug dink wat sy dalk mis. Sy sluk organiese en nie-organiese pilletjies weg vir en teen en ter wille-van al die huil.

Sy gaan kruip soms weg, want sy is maar bietjie bang vir al hierdie veranderings. Al sê die uil doer bo in die boom, dis die natuur se skuld. Dis die beloop van die seisoene. Sy wil haar ore toedruk en net probeer normaal wees. Dieselfde wees.

Maar die koei se melk is soms minder; die hoender se eiers breek.

So, dis Amelia. Ek ken haar…☺☺

(eintlik sou ek graag ñ prentjie van ñ oogknip hier wou insit, maar ek weet nie hoe nie, nou swem ek eers weer terug na die oorkant toe om effens te gaan huil. Nee, dis mos nou Amelia met ñ A van wie ek hier praat…sorry)

 

Draai ek links of regs?

Dit maak glad nie saak nie, want binne die eerste honderd meter wat jy aflê, sien jy amper die hele Bali.

bali-country-duck-walker

Oppas, hou so effens regs, die eende is uit vir hul daaglikse “walkies.”

Wat, ñ sypaadjie? O nee, hou jy net jou oë oop. Links, swaai links, jy gaan die seremonie bederf! Toemaar, jy kan nou ophou fotos neem. Daar is elke dag, heeldag, oral seremonies aan die gang. Iemand trou, of ñ tand word getrek, ñ tempel verjaar, ñ apie is doodgery, ñ fees begin, of is in die middel, of aan sy einde, of dis ñ gewone openbare Bali vakansiedag.

724de2713b275028ab27dfd62d55fdab

Mooi so, en daar loop jy reg voor die motorfiets in. Onthou, op Bali ry jy in enige rigting, aan enige kant van die pad. So, kyk mooi. En ñ sirkel…almal ry al in die rondte, albei kante toe…

dsc_0399

Jy wil graag saamry? Geen probleem, hulle sal enige tyd nog ñ bietjie opskuif. Oorgenoeg plek.

Lunch…? Nee, hierdie is hoe hul kantoor lyk; hulle is hard aan die werk. Gewone werksdag en ure.

56-226686-wood-carving-in-bali

Die ou tannie? Sy bedel nie, Bali mense bedel nie, sy sit net en kyk. En dink. Dink is ñ baie belangrike tydverdryf hier.

aec19f14b08aeab81758183ffbd238c5

Inkopies? Net vyf tree verder. As jy nie hier regkom nie, nog vyf tree verder is die groter mark, met die spesiale mark agter jou.

6357285675_f86a8447ac

Kom ons wag so ñ rukkie, dit is amper tyd vir middagete, dan koop ons heerlike Babi Guling. Of suckling pig, as jy nou nie mooi verstaan nie.

Dis rysland werkers daardie, van jou armste mense op die eiland. Ongeletterd, maar almal het darem werk.

52a7e10af288cbbb15dca7e2f29112c2

O, en hierdie kant, wil jy graag mandjies koop?

17727551

Wat bedoel jy die dag is lank!!! Ons het dan nounet begin stap.☺☺☺

Ubud-Hanging-Gardens-Bali-by-techblogstop(Google Images)

 

Alleen-oorloë.

Know the War within yourself before waging war, or before going to battle in any War with another.

Engaging in such battles is sure defeat. Painful, inflicting harm and wounds on others.

In doing this they too must deal with your personal war, making it part of their own.

You never know the enemy you engage until you know the enemy within first.

Find that source, the battle is won. (anonymous)

download

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg