Wanneer my hart my begin vooruit loop.

Bangkok-reseguide

Ek sit vanoggend en huiswerk doen oor my beplande aankoop tog Bangkok toe, en daar kom ñ roering in my hart. Ek sien werklik uit hierna. En nie net na die inkopies nie, nee, na die stad. Na die enorme, besige, totaal anderse kosmopolitaanse stad.

Ek proe die geure en kleure reeds op my tong. Die stilstaan en ñ 360 grade draai net daar op die sypaadjie maak. Die keuse van noord, suid, oos, wes. Om in enige rigting te kan stap en net nuut en anders en vol te sien.

Hierdie is die plek waar ek maklik op ñ muurtjie kan sit en die lewe bekyk. Na die anderse klanke luister. Hier kan ek wegraak in straatjies wat nooit ooit eindig nie, net om weer iewers by ñ eindbestemming uit te kom wat ek nie verwag het nie.

Die kans om ñ olifant met sy oppasser in die middel van die besigste tyd van die dag raak te stap, is moontlik. Jy gee net effens pad, en glimlag binnetoe. Hoe vertel jy dít nou vir iemand oor sonder dat hulle oor jou wonder.

Maar vandag se dink is nie oor alles wat gesien kan word nie, dis oor die voel van die stad. Die een wees tussen miljoene mense, en jouself te kan bly.

Die diep asemteue omdat jy dáár is, op ñ plek in tyd ver weg van alles anders.

floating-markets-of-damnoen-saduak-cruise-day-trip-from-bangkok-in-bangkok-532375

 

 

 

 

Lê-Jou-Eier Bloguitdaging: Kaleidoskoop – Hoofstuk 3. Bly sy, of gaan sy.

Sy hou haar toksak stywer vas en stap nog vinniger. Nee, sy het haar verbeel, sy sal NIE omkyk nie.

Dis eers toe sy in haar sitplek neersak, haar bagasie veilig gestoor, dat Nellie voel hoe haar hele lyf ontspan. Sy het dit gemaak!

ñ Ouerige dame en ñ klein donkerkop seuntjie neem die sitplekke langs haar in. Sy draai haar kop weg, staar by die venster uit. Sy moet dink, beplan, sy soek nie geselskap nie.

Kimberley. Dis steeds te naby, en as Chris haar herken het, sal hy sy ouers laat weet. Wat gaan sy doen, sê nou hulle het reeds die polisie in kennis gestel, en dié wag haar op die lughawe in!

Sy snak behoorlik na haar asem, en voel die spanning weer van voor af in haar skouers saamtrek. Die geld, iemand gaan dit wil terughê! Mens laat nie net toe dat jou R60 000 sommer gevat word nie…

Nellie voel ñ verlate traan teen haar wang afloop. Die volle impak van haar optredes kom lê op haar skoot, en iewers binnekant begin die kwaad, al die opgekropte woede en seer, plek maak vir wanhoop. Hoe verder? Hoe begin mens met ñ nuwe lewe as jy niemand het nie.

Sy raak eensklaps bewus van ñ sagte handjie wat hare opsoek, versigtig. Die warmte van menslike aanraking ruk haar emosies los, en deur trane wat nou sommer stroom, kyk sy in ñ paar blou kleinmens-ogies vas.

adult-and-child-hands-holding-picture_csp9206721

Nog ñ handjie word uitgesteek, en ñ suiglekker word woordeloos aan haar gebied. Nellie glimlag tussen die trane deur.

Dankie jong, dit gaan nou lekker wees. Wat is jou naam?

ñ Mondjie wat effens beweeg, en hande wat vinnig gebare-taal praat, laat haar besef. Hy is stom.

Stom soos wat Monty was. Haar boet wat net voor haar gebore is; haar boet wat ontroosbaar gehuil het toe sy weggegee is. Die een wat haar teen die ander probeer beskerm het, teen die groter boeties se rowwe speel, teen die ouer sussies se onbeholpe ronddra van ñ nuwe klein toevoegsel. Dis al wat sy was, net nog ñ mond om te voed.

Monty.

Die mamma buig vooroor en gee vir Nellie ñ snesie aan.

Jakkie, moenie haar pla nie, kyk, die tannie se hart is seer. Ek dink sy is dalk bang vir die vlieg, jong. 

Nellie volg die gebaretaal woordeloos, dit kom alles terug na haar toe. Sy en Monty het ook so gepraat, so met hul hande en hul oë.

Sy sit haar arm om die seuntjie.

Toemaar mevrou, hy pla nie. Hy help eintlik.

So sit sy en die kleinman vir die res van die rit; sy hand in hare, haar arm om sy skouertjies. Elk in sy eie wêreld.

Nellie kry ñ warm seuntjie-druk toe hulle in die aankomssaal instap. Sy sien hoe straal sy gesiggie toe iemand sy naam hard uitroep.

Seker die pappa. Skuins agter die groep mense wat anderkant die tou-afskorting staan, vang haar oë dié van ñ polisieman. ñ Lamheid maak dat sy bly staan, nie saam met die ander uitbeweeg nie. Hy neem ñ vinnige paar treë vorentoe, in haar rigting…

Jakkie gee ñ groot sprong tot in die man se arms, en klou styf vas. Die vrou sluit by hulle aan, heelwat ouer as hy, en gee hom ñ klapsoen.

Hello my boet, is dit nou lekker om jou te sien!!!

Nellie se lam bene begin weer beweeg. Sy verplaas haar toksak na ñ gemakliker posisie toe, en stap vorentoe.

Jakkie het intussen uit die twee sterk arms losgewikkel, en hardloop op haar af. Sumier word Nellie tot by die groepie getrek.

Hierdie is Jakkie se nuwe vriendin, Renier. Ons ken nog nie haar naam nie, maar sy het klaar die kleinman se hart gesteel. 

Renier glimlag en steek ñ bruingebrande hand uit.

Bly om jou te ontmoet, nuwe vriendin. Welkom in Kimberley.

Jakkie begin ernstig beduie, en die man met die sagte, mooie oë lag.

Goed Jakkie, kom ons vra haar. Juffrou, kan ons jou ñ geleentheid gee en iewers gaan aflaai, of is Kimberley nie jou eindbestemming nie?

In daardie oomblik weet Nellie dat sy ñ lewensbelangrike besluit moet neem, een wat haar toekoms gaan bepaal.

Bly sy, of gaan sy…

 

Om aan hierdie uitdaging deel te neem, lees die reëls by hierdie skakel.

InLinkz skakel: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=789999

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls(2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

The post Bloguitdaging Kaleidoskoop – Die Laaste Strooi appeared first on Dis Ekke.

 

The Elephant-Whisperer.

27295c7941f3182c77d4f13ba06bedfd--elephant-oil-paintings

Jy kan dalk baie moontlik een word, ouma se Zannie-Pannie. Jy is nou twee, en stap saam met jou ouma tussen die olifante rond, so gereeld dat ons altwee hulle taal begin verstaan. En hulle ons s’n.

Jou pokkel lyfie, wanneer jy jou ouma gewaar, het net een doel voor oë… ons moet olifante kyk.

Jy sukkel nog om die woord te sê, klink soos ñ wafferse engelsman as jy die ele-fant so uitdruk, maar ouma verstaan jou taal. Jou hartstaal.

Met jou bottel vasgedruk onder jou arm, die bersie op jou skoot, en jou handjie in ouma s’n, ‘stap’ ons saam met die trop op hul tog agter water aan. Ons gil as die leeus die mamma-ele-fant doodmaak, ons sug swaar as haar kalf braaf by haar karkas waak. Jou greep verstyf as die leeus aanval, en saam duik ons elke keer onder die kombers in as die waarheid van die natuur voor ons oë afspeel.

Ek sien jou ogies vol simpatie raak wanneer die groep saam staan en treur by een wat ‘geval’ het. Ek hoor hoe klik jou tong verergd as die wildehonde dink hulle het ñ kans. Stadig maar seker begin jy ander emosies toon as net om jou basiese behoeftes uit te spel. Jy leer deur dop te hou hoe jou ouer sussie en die grootmense om jou op situasies reageer.

Hierdie deel wees van jou ontwikkeling, die saamwerk om jou bedag te maak op gevoelens, op simpatie, op empatie, hierdie is wat ouma ñ stil gebed laat opstuur om dankie te sê dat sy gespaar word om te mag deel wees.

Wanneer ek eendag in die hemel is, en daar is ñ kans om te kan afloer wat hier onder aangaan, weet ek jy sal uitstaan. Uitstaan as ñ man met ñ sagte gees, ñ groot man wat sag sal stap in ander se lewens.

 

Ek sou die toets “solidly” gedop het.

oxwagons

Ek sou in die Kaap moes agterbly, self as my Voortrekker-boer die pad gevat het. Regtig.

So het ek en manlief tot die besluit gekom dat ek begin September Bangkok toe moet vlieg vir my kersaankope. Net geskenke, nie meubels nie. Bali moet wag vir vroeg volgende jaar.

Ek was al menigte kere in Bangkok, meestal alleen, so hierdie behoort mos nie ñ probleem te wees nie…

Die uwe raak al hoe meer gekompliseerd, dit vind ek self deesdae uit. Al is dit nog ñ hele paar weke voor ek moet vlieg, word daardie paadjie reeds oor en oor in my kop en op papier uitgewerk. Die vlugte is so anders as dié Bali toe, dat dit nommer een vir my ñ kopseer is. Ek werk elke stap deur, en trek omtrent ñ kruis deur elke voorstel op Travelstart.

Ek bel ons vriende wat onder andere klere uit Bangkok invoer, sommer ñ paar maal. Net om iemand te hê teenoor wie ek die praktiese invoer-reëls kan afspeel. Laat ek voorraad invlieg, of op ñ “share-container” sit? En hoekom. Wat nouweer is die voor en nadele. Eintlik het ek klaar besluit, maar op hierdie stadium wil ek met iemand redeneer.

Goeiste, toe begin ek met my verblyf. In my verbeelding stap ek elke roete van elke hotel af tot by my markte deur. En terug. Elke hotel word afgekeur.

Bangkok se kaart bly vir dae op my rekenaar. Ek wil nie dieselfde roete as voorheen volg nie, dit was nog altyd net te moeilik met my soort aankope. So, ek dink en dink tot die stoom by my ore uitkom.

Daarom dat ek weet, was ek ñ Voortrekker-vrou, het ek net in die Kaap bly rondtrek. Om en om die Kasteel. Teen die tyd dat ek September op die vliegtuig klim, sal ek geblinddoek kan vertrek. Die roetes, die trein, die Malls, als sal ñ spesifieke plekkie in my brein hê.

Malligheid, ek weet. Manlief glimlag net en sê so ewe dit is hoekom hy my met soveel gemoedsrus loslaat…hy weet dat die neurose hoogty vier en ek heel veilig gaan wees.

My winkel raak stadigaan al hoe leër, en dit bekommer my, maar as ek na verlede jaar kyk, is kleiner geskenk-items nou belangriker om aan te vul. Finansies keer ook dat ek ñ hele container vol kan gaan aankoop in Indonesië.

Kophou, al maak ek soms foute.

nfx4jr7qrynev1xc6pxu

 

 

Ek hou van hierdie een…

Jo-jo, om ñ bril uit te kies is nie maklik nie.

imgrc0061266236

Daardie keuse, die bril-een, gaan redelik bepaal hoe die wêreld vir my lyk, en wat ek gaan raaksien. My ‘oë se geskiedenis’ gaan my lens bepaal; hoe donker of hoe lig die glas, dit is my persoonlike voorkeur.

Hulle sê ons kies ñ bril op grond van ons persoonlikheid.

  1. Colorful frames are for creative types: Ek weet waarvan ek hou. (Dis ook skaam mense wat wil uitbreek, se keuse.)

01-colorful-The-Secret-Personality-Traits-Your-Glasses-Reveal-Matthew-CohenRd.com_-768x5122. Thick black frames are trendy: Ek wil ñ spesifieke standpunt inneem.

02-thick-The-Secret-Personality-Traits-Your-Glasses-Reveal-Matthew-CohenRd.com_.jpg-768x512

3. Patterned frames are cheerful: Ek is nog jonk. Of, ek is ouer en wil weer jonk voel.

03-patterned-The-Secret-Personality-Traits-Your-Glasses-Reveal-Matthew-CohenRd.com_.jpg-768x512

4. Aviators are for the adventurous: Ek weet presies wat ek uit die lewe wil hê; ek is nie bang om vir die oomblik te leef nie.

04-aviators-The-Secret-Personality-Traits-Your-Glasses-Reveal-Matthew-CohenRd.com_-768x512

5. Fake glasses are a confidence boost: Ek het nie genoeg selfvertroue nie, die bril moet iets vir my doen…

05-fake-The-Secret-Personality-Traits-Your-Glasses-Reveal-Matthew-CohenRd.com_-768x512

6. Tortoise shell glasses are spunky: Ek is ñ onafhanklike en kreatiewe denker.

06-tortoise-The-Secret-Personality-Traits-Your-Glasses-Reveal-Matthew-CohenRd.com_-768x512

7. Simple, clean lines are pragmatic: Ek is ñ logiese denker.

07-simple-The-Secret-Personality-Traits-Your-Glasses-Reveal-Matthew-CohenRd.com_-768x512

8. Big round frames are quirky: Ek is ‘old Hollywood!’

08-round-The-Secret-Personality-Traits-Your-Glasses-Reveal-Matthew-CohenRd.com_-768x512

9. Brow-line frames are for those who mean business: Ek is stylvol, suksesvol.

09-browline-The-Secret-Personality-Traits-Your-Glasses-Reveal-Matthew-CohenRd.com_-768x512

Ek probeer af en toe om my man se bril op te sit, maar dit werk nie. Ek sien nie op dieselfde manier as hy raak nie, en gelukkig verstaan ek dat sy gene en sy verlede ñ invloed op sy oë gehad het, nes myne. Ek raak soms vies vir hom omdat hy die wêreld verskillend as ek raaksien, soms ruk ek my daarvoor op.

Feit bly staan, die bril waardeur ek kyk, verskil van ander. Dis iets wat ek altyd in gedagte moet hou voordat ek my eier so vol eie-geregtigheid en oordeel lê.

Die kleinkinders weet al as ouma haar bril-kissie gaan uithaal, is dit leertyd. Daar is vyf verskillende brille in. Ons kies ñ voorwerp en kyk dan intens daarna, deur elk van die brille.

Die antwoorde is altyd baie insiggewend. Afhangende van die ouderdom, is daar klaar ñ sekere insig te bespeur.

Ouma, hierdie bril maak alles donker lyk. Hierdie een is helder, ek kan so mooi sien! Nee ouma, gooi hierdie een weg, hy maak als so fizzy lyk… Ek hou van hierdie een, ouma, hy maak die donker plekke ligter. En hierdie een, oumie, hy maak mens bang. Alles lyk groter en erger.

Laastens, as deel van die leer-speletjie, kry Kieter ook ñ bril op. Elke kleinkind raai dan wat hy/sy dink die kat raaksien…

Hoekom ñ vissie, engel? Want dis ñ kat, ouma, en ñ kat wil altyd ñ vis of ñ muis sien. Dis dan my 2.0 Clicks bril, bokkie, hoekom sal Kieter anders as ouma sien?

Want ouma is ñ ouma, en ouma weet alles, want ouma is al oud en het baie lank geleef. Kieter is ñ diertjie en sy is klein en dommerig.

Sy moet nog leer om nie na alles net met haar kat-oë te kyk nie. 

 

 

 

 

 

Dit skuur en raas…!

Getting older is like climbing a mountain; you get a little out of breath, but the view is much better! Ingrid Bergman.

20180713_1049161108342092.jpg

Gister se rondkuier tussen al my ou meubelfotos deur, het vanoggend ñ gevolg gehad. ñ Wit kis is nader getrek, en behoorlik ge-distress. Distress: to give simulated marks of age and wear.

Bertus hoef baie selde vir my voor klerewinkels te stop, maar as ons so verby ñ tweedehandse meubelwinkel ry, raak ons albei skoon bewoë…van opgewonde afwagting.

vintage-reclaimed-furniture-one-of-the-many-antique-and-vintage-furniture-dealers-we-visited-when-buying-our-new-stock-vintage-recycled-wood-furniture

Die potensiaal wat sommer net so rondstaan!

There is a fountain of youth: it is your mind, your talents, the creativity you bring to your life and the lives of people you love. When you learn to tap this source, you will truly have defeated age. Sophia Loren.

Vintage-Industrial-6-Drawer-Chest-Dresser-2-size-in-cm1

Hier is ñ hele paar stukke in die winkel wat moontlik onder my verfkwas gaan land.

0917_fea_ocr-l-ochpottingshed-03

Ek is reeds vol stof, en die verf en gom klou halstarrig aan my hande vas. Tog, die energie neem niks af nie. ñ Paar plakkerskamp-kinders het nou-nou met hul neuse teen die ruite gedruk, kom loer wat ek doen. Een vuil, skamel geklede dogtertjie het ñ paar passies van opgewondenheid uitgevoer. Daar is nou maar net ñ fassinasie en waardering as iets leliks en plein, opgekikker word, selfs vir kinders. Veral as ek die bonte klomp verf begin uitpak, is daar ñ liggie wat in moeë oë aangeskakel word.

multi-color-distressed-furniture-amazing-chalk-paint-ideas-home-interior-21

In the central place of every heart there is a recording chamber. So long as it receives a message of beauty, hope, cheer and courage-so long are you young. When the wires are all down and our heart is covered with the snow of pessimism and the ice of cynicism, then, and only then, are you grown old. Douglas MacArthur.

50969e86ac7761478b77eeb0bc4271e3b74029f3_sofa couch made from an old vintage car with brown tan leather seats

 

 

 

 

 

 

 

Net so partykeer moet ek weer kyk en luister, en weer…

My voete juk vandag, so hier is ek in die winkel besig met my eie steps! Hierdie bly net een van my geliefkoosde videos. Die lekkerkry van die mense in die gehoor; sommer net alles is skitterend! Ek sou nooit ooit kon stilsit en ewe bedaard deur die hele lied luister nie. O nee, daardie girls wat so lekker saam ritteltit, daai is ek! Sou my eie serpie saamgevat het en dit so ewe saam met die sangers afgeruk het…!!!

Sou ek ook oppak???

christmas-flight-egypt-1102647-wallpaper

Eerlik, ek weet nie. Ek kan maar net daaroor wonder, en hoop ek sou die regte besluit geneem het.

Vanoggend terwyl ek en Bertus saam bid, begin my gedagtes hul eie paaie volg. Indien ek ñ Israeliet was, en Moses kom verklaar dat God sê ons moet trek, wat sou deur my binnekant gegaan het? Waarmee sou ek worstel?

Ja, defnitief het God Homself aan hulle geopenbaar deur die tien plae; sekerlik het elke enkele Israeliet geweet met Wie hulle te doen het.

Maar ek? Al gaan dinge ook hoe sleg, wat moet in jou gebeur om die woestynpad te kies opsoek na ñ Kanaan? Sou ek nie net daar en dan besluit het dit is eintlik nie so sleg om onder die Egiptiese regering te bly nie? Ek kan my God mos nog steeds aanbid!

So, in ons kamer sê ek toe hardop baie dankie dat Hy nog nie ñ Moses op ons pad geplaas het met so ñ boodskap nie. Al gaan dinge ook hoe sleg hier om my, ek hou van my winkel en my dorp en my land. Nié van die moord en korrupsie wat in oorvloed is nie, maar vir die res wil ek graag net hier bly. Af en toe oorsee vlieg ja, Kaap toe toer of die Suidkus se warm see gaan opsoek, maar nie oppak en weggaan nie. Nie nou nie. Nog nie. Hopenlik nooit nie.

Ek het ook baie dankie gesê dat God my genadig is en ek nie ñ Malawiër is wat hier voor Kosmos se hek in die Orange Farm plakkerskamp bly nie. Dis net genade dat ek Una is en ñ warm bed het, ñ goeie huis. Dit kon so maklik anders gewees het!

Hier waar ek sit en tik trek my keel weer toe. Ek verstaan nie hoekom ek bevoorreg is nie, maar ek is diep dankbaar daarvoor. Dit gaan met ons moeilik, ons sukkel soms met vrese en sluit als styf toe, maar ek is steeds gelukkiger as miljoene der miljoene ander mense reg oor die wêreld.

Om terug te kom na die oorspronklike gedagtes wat my laat wonder het; sou ek geluister het toe God vir hulle gesê het om weg te trek?

Ja, ek sou. Ons bou nie sommer sterk verhoudings in goeie tye op nie; die wegneem van ongerief, van verdriet en verwoesting is nie dít wat my meer op iemand laat vertrou nie.

Dis die saamstap deur die moeilike tye, die wete dat DIE EEN wat in beheer is, Homself aan my openbaar, dat daar in elk geval niks hier op aarde is wat verseker is nie, wat my sou oortuig om my huis op te pak en Sy Stem te volg.

Selfs diep in die woestyn in.

“I am the Lord your God who took you out of the land of Egypt to be for you a God.”

 

 

Dit was besig, baie besig!

20180709_1059161797243589.jpg

Ons het Saterdagaand weer in die negentien-tagtigs gaan rondkuier, en behoorlik ge-rock! Bertus se verjaarsdag-partytjie, en vir die eerste keer het albei die seuns ook hul vaste meisies bygehad. Tien volwasse kinders, en ses kleinkinders.

Dit was ñ ge-op dressery van ñ ander wêreld! Fotos is die hele week heen en weer gestuur sodat almal presies kon weet hoe om aan te trek, ook die kleinkinders. Ons het ñ regte 80’s partytjie beplan, en dit het wonderlik gewerk!

Dit was ietwat chaos in die huis met sewentien grootmense en tien kleinstes, maar so elke oomblik die moeite werd. Ek en Bertus het skatryk gevoel!

Gister was ñ effense stadige dag…die kuiery het net voor vier Sondag oggend klaargekry, en die huis was tot baie laat doodstil… Behalwe vir die uwe wat ñ hiperaktiewe streek uitgehaal het, en saggies begin opruim het sodat daar darem ñ laat ontbyt bedien kon word.

Needless to say, ek het gisteraand vroeg-vroeg kamer toe beweeg, baie tevrede met myself en die hele naweek.

Maar sjoe, ons familie raak groot.

20180709_1101521577453655.jpg

Alweer katte.☺

480d460bd9850818e69c859f6d7d81bb

Ek het ñ vae vermoede ek het ñ regte winkelkat nodig…

  1. Net 11.5% van die mensdom noem hulself katliefhebbers; en 11% van dié is geneig om introverte te wees.
  2. As ñ man erken hy is ñ katliefhebber, is hy normaalweg meer sensitief as die res van die mansgeslag, asook gelukkiger in sy liefdeslewe.
  3. Om ñ kat te hê, verminder die gevaar van ñ beroerte of ñ hartaanval met tot ñ derde.
  4. Sommige katte sal die geluid van ñ mens-baba namaak as hulle kos soek…kat-manipulasie!
  5. Hulle kan 100 verskillende geluide maak; ñ hond net 10.
  6. Hulle onthou langer as honde, het wel ñ laer sosiale IK, maar kan meer kognitiewe probleme oplos as honde…dis nou as hulle wil.
  7. Volwasse katte miaau net as hulle met die mens wil kommunikeer. Jou kat herken jou stem.
  8. ñ Kat lek homself om jou reuk AF te kry.☺Skuur teen jou om sodoende sy terrein op te eis.
  9. Sy purr kan ñ vorm van self-medikasie wees.
  10. Die snorbaard word gebruik om agter te kom of hulle deur ñ opening sal pas.    terrypratchett1

 

Terwyl ek hier is.

(Google Images)cdd2dcb2d1b61c594952d4adff567b91--love-is-patient-the-kiss

As ñ jong dogtertjie was ek baie bang my familie gaan dood. Dood, vir ñ klein lyfie, is net nie iets wat mag gebeur nie. Want wat dan van jou.

My pa is toe jonk dood.

My verweer teen die lewe en sy hartseer kon enige rigting inslaan, maar gelukkig het ek  ñ antwoord gekry: maak jou oë so vol van die mense vir wie jy lief is, dat jy nooit terug hoef te kyk nie.  

Sit jy in ñ vliegtuig, bied die lugwaardin vir jou ñ pakkie aan, binne-in ñ oogklappie. Sit dit op jou oë en daar kom nie lig in nie. Dit bly jou keuse.

Ek het van jongs af gekies om te sien; om my oë gereeld te laat toets vir katarakte. ñ Katarak is ñ ding wat lig keer. Dit maak die lens van jou oog dof sodat jy stukkie vir stukkie slegter begin sien. Veral geestelike katarakte. Jesus se waarskuwing, Passop dat julle nie gewoond raak aan die donker nie!

Ek het dikwels verkeerde paaie gekies, vinnige besluite geneem. Soms het ek die oogklappie aanvaar en opgesit, net om dit onmiddelik weer af te ruk en weg te werp. As jou oog goed is, is jou hele liggaam ook verlig.

Mag ek nooit agterbly met ñ liggaam donker van hartseer en verwyte nie. ñ Liggaam wat moeg raak onder die ronddra van ‘as ek maar net’ nie. Ek sal nie so kan leef nie, nooit nie.

So, terwyl ek hier is, sal ek my oë volmaak van my mense; sal ek nie toelaat dat vrees en seerkry die katarakte laat groei nie. Ralf Emerson sê: “The health of the eye demands a horizon. We are never tired, as long as we can see far enough.”

Looking_Back

 

Wat sou jy kies?

Ek wil ñ nuwe soort bed bestel, of net by die ou bekendes bly. As jy lus is, laat weet my van watter een hou jy die meeste.

1.74211518

2. Santorini_Bedroom-Dresser-Slide1

3.las-cruces-bed-western-beds-western-bedroom-western-furniture

4.101463161

5.Queen-Canopy-Bed-Adobe-cream-rub (500x458)

6.s-l1000

7.Home-Himalaya-Bedroom

8.1_33eca53b-56a5-4d8f-9408-4cbb6f8a1f95_1024x1024

9.3899211

 

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg