Wintertyd.

20180522_122505450407205.jpg

Jy word nou amper ses-en-vyftig, en steeds sien ek jou as daardie laggende middelboet van ons. Indien Ben nie besluit het om ons te verlaat nie, wonder ek nogal wat ek en hy saam met jou sou aanvang. Sou ons deurry tehuis toe en bietjie kwaai met jou gaan praat het? Of sou hy jou eerder in sy sportskar gelaai het en iewers heen met jou gejaag het sodat jy kon gil van plesier? Sou hy by die polisiekantoor gaan stop het sodat jy almal se hande kon skud en vra of jy ñ polisiepet mag opsit?

Of sou hy jou Makro toe aangery het en jou na hartelus die mandjie laat volkoop het.

Die tehuis bel my gisteroggend met ñ probleem.

Jong Una, ons weet nie op die oomblik met Boeta nie. Sy tasse staan gepak, sy hele kamer is opgeruim. Hy bly op sy bed sit want hy trek glo terug huis toe. Ons mag nie inkom nie, dan raak hy aggressief. So gaan dit al ñ week lank aan. Hy wag vir jou en Bertus.

Amper ses-en-vyftig. Begin die ouderdom jou dink-wêreldjie nou ook inhaal? By ons gekom, sit jy net op die bed en wag dat die dae verbygaan sodat jy kan terug. By die tehuis weier jy om saam met die ander te gaan werk, want jy wag vir jou Noena. Wat moet ek met jou doen, my boet?

Ma het jou grootgemaak asof jy heel normaal is. Dit het jou baie gehelp, jy was eintlik ñ heel onafhanklike mannetjie op ñ stadium. Dis die laaste twee jaar wat dinge drasties begin verander het. Jou babbel-spraak is slegter, jou sig swak, en die ou ore hoor ook nie meer nie. Jy sukkel deur die winters, jou longe kry ekstra swaar.

En nou, nou is jou mense by die tehuis ook vir jou te veel.

Is dit tog beter so? Moet die mens-brein dalk begin flouer skyn namate die liggaam agteruit gaan. Maak dit dit makliker as jy na jou eie binne-plekke begin terugtrek en nie meer logies dink nie?

Ek neem aan jou medikasie is versterk. Jy is heel moontlik gekalmeer en lê nou na die dak en staar.

Ai my ouboet, ek is jammer hieroor. Ek is jammer dat ma ook weg is, dat jy nou net vir ons oor het.

Maar jy het ons.

 

Skryf-Safari: Dieremaniere.

20180520_154438951343500.jpg

Jou naam is net Kieter. My Kieter. Bertus mag dalk dink jy is syne ook, en dalk is jy halfpad. Klein Gabs en Meghan probeer ook eienaarskap vat, maar ek en jy flous hulle. Dis net Nathan wat jy tog soms in jou oë toelaat.

Ek bly daar.

Ek wou jou nie ñ naam gee nie, want dis veiliger, so voel ek. Daar aan die begin toe ek so gewaarsku is dat ouer katte terugloop na hul vorige eienaars toe, toe het ek gereken dat as jy nie van ons hou nie, dan sal dit makliker wees. Minder seer. Dan kan ek net sê die kat het toe nie gebly nie.

Jy het gebly. En ek het jou mens-person geword. Vir jou person kan jy alles sê, of niks. Hulle luister net, en bly by jou.

Jou kyk oordeel nooit. Jou skuur vra niks terug nie. Jou miaau praat net die nodigste. Maar jou oë, daar agter die kyk, dis waar ons twee gesê kry. Jy sê jy haat honde, alle honde, maar Emma kan bly. Jy het nie vertel of jy deur ander seergemaak is nie, en ek vra ook nie. Ek wil nie. Jy mag hulle bly haat, ek verstaan.

Jy hou net van boksies melk. En net van Whiskers se vleisgeur pille. Dis ok so, ek sal sorg.

Die kleintjies pla jou, baie, maar klein waggellyfie mag soms aan jou stert vat. En maak of hy ook ñ kat is. Jy verduur hom. Ek is bly daaroor en jy weet.

Jy sê jy sien ek gee baie vir die labrador Jessie om, jy wonder daaroor, maar dis fine. Jy haat haar.

Soms lê ek op my maag vir jou en kyk. Naby. Jy hou daarvan. Dan is dit net ons twee, en jy kry als. Jy sal harder purrr, al vryf ek niks. Want dis my binnekant-toe sien wat jou streel.

Indien jy ooit weggaan, sal ek eenkant gaan huil. Ek hoop jou gaan sal sag wees, en ek hoop Ma weet sy moet jou soek daar anderkant. Indien nie, weet ek jy weet ek sal jou kry as ek ook kom.

Want dis wat ñ mens-person doen.

e211443b43e2817b2bbe493a429ee931--tree-paintings-tree-of-life-painting

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=780871

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

Die negentien-sewentigs en die Randse Paasskou.

(Google-Images)c05d304548285f35963e434a68d5c1b9

Tydens my hoërskool jare was hierdie defnitief een van die hoogtepunte van die jaar. Daardie tyd nog in Milner Park, Johannesburg, was die Randse Paasskou ñ belewenis. Vir my het dit gevoel of die hele land gelyktydig daar sou opdaag. Behoorlik duisende mense.

My moeks, ek en die twee boeties, sou vir Bertus, sy ma, en sussie Carien, by die ingang ontmoet. Soms saam met ander mense, meestal net ons spulletjie.

Wat ma met die boeties op so ñ besige plek aangevang het, kan ek glad nie onthou nie. Al wat belangrik was, was om in daardie mallemeule area te kom.

Ek vermoed Carien het haar eie pad tot by die perde gevind. Bertus weet ek ook nie veel van nie, daardie jare was ons nie meer gekys nie.

Die mallemeule het ñ lewe van sy eie gehad. Ons het elke jaar op dieselfde goed rondgery, ons longe af gegil, en dit weer en weer gedoen.

Daar was die plek van die spieëls… Daar het jy jouself natgepiepie van die lag. Jou lyf het bizarre vorms aangeneem, die een erger as die volgende.

Daar was die figure-eight, daardie karretjie wat so stadig teen die stellasie uitgekruip het, om dan met die spoed van weerlig ‘neer te hel’ dat jy skoon in die lug bly vassit.

Die swaaie…

Maar die heel beste was die drom. Jy het ingestap, jou staan gaan kry aan die binnekant van die ronding, en solank jou oë begin toeknyp.

99cacf16ac6f2a7d950c71a236a0ba26

Daardie drom het op ñ stadium in die rondte begin spin, al hoe vinniger, en dan, dan het die vloer weggesak en jy het bly vassit. Ongelooflik! Nooit ooit sal ek daardie opwinding vergeet nie.

Die twee ma’s het ook vir baie vermaak gesorg. Nog jonk van gees, sou hulle op als wou ry. En dan, dan gil en skreeu dat die operateurs soms moes stop en hulle vra om af te klim. Ons kinders het gemaak of hulle nie familie is nie, want wat te erg is is darem te erg!

Dit was ook die dag wat jy jouself siek geëet het, rooi verbrand het in die son, en vol stof geraak het. Soveel wat gelyktydig aan die gang was, soveel om na te kyk.

Seker maar die naweek se reünie wat voorlê, wat my vandag in die verlede laat rondstap. Min het ek toe geweet dat ek en daardie witkop seuntjie saam sou opeindig; dat sy ondeuende kleinsus ons VirgoC gaan wees, en die twee jong-ou tannies uit ons huis uit sou hemel toe aanbeweeg.

Vandag mag Bertus glad nie meer met my in enige tipe tuig rondjaag nie; die gevolge is on-oorvertel-baar. En Carien sukkel net so erg met haar balans. Wonder darem, het ons ons go-jo in Milpark agter gelaat?

 

 

 

Die lewe is ñ feëverhaal: Die sonneblom feëtjie.

5-Reasons-to-Grow-Sunflowers-600-wm

Ouma, vertel vir my weer die storie van Ayla, die blomfeëtjie…

Ayla het hier anderkant ons gebly, agter die berg, daar langs die grootpad.

Ouma, en sy was baie mooi, né…

Ja engel, maar sy het bietjie gesukkel om altyd na haar mamma en pappa te luister, jong. Ayla het net een werkie gehad, soos jy vir mamma jou kamer netjies moet hou, so moes Ayla die slegte goggas van die sonneblomme af weghou. Sy het haar werkie geniet; het so swiep-swiep tussen die sonneblomme op boer se land gevlieg, en al wat ñ besie is met haar towerstokkie weggewaai. Boer se land was baie gesond, en hy was gelukkig.

Maar oumie, sy het ñ stoute maatjie gehad… 

Sy het ja, en sy naam was Aspris.

Ja ouma, en Aspris het altyd vir Ayla gesê sy moenie vir haar pappa luister nie, sy moet net doen wat sy wil. En toe, toe eendag sê Aspris vir Ayla hy wil ook saam met haar vlieg, so hoog-hoog op…

Jy is reg ja, al het haar pappa haar verbied om die sonneblomme af te pluk. Sy moes hulle net oppas en nie toelaat dat wurms hulle vreet nie.

Ayla het ñ rukkie gedink, en toe besluit om vir Aspris saam met haar te vat tot doer bo in die lug. Amper by die wolke. Al was sy baie lief vir haar pappa, wou sy net een keer kyk wat gebeur.

Ek weet, ek weet! Toe pluk sy vir Aspris af, en daar gaan hulle twee. So swiep-swiep tussen die ander blomme deur, al hoër die lug in…

Goeiste, jy raak slim, ouma se pop. Wat gebeur toe?

Hoog bo in die lug begin Aspris te swaar vir haar word, en sy word moeg. Haar arms kry pyne in, en sy los hom…

En Aspris val deur die lug, af en af; sy blaartjies verloor in die wind, sy stingel knak. Voor hy nog op die grond kan kom, is daar niks meer van hom oor nie.

Siestog ouma, en Ayla huil en sy is jammer…

Maar…

Sy het nie na haar pappa geluister nie, en sy het nie haar werkies gedoen nie, al het sy van beter geweet…

Die blomkoning was baie kwaad. Ayla se pappa en mamma was baie bang, hulle was so lief vir haar. Toe vra Ayla se pappa of die blomkoning haar asseblief nog ñ kans sal gee. Hy ken die reëls, hy weet Ayla moet gestraf word. Kan die koning haar net nie ver wegstuur nie.

Ek weet! Ek weet! Kom kyk, ouma, kom saam…

design-toscano-the-sunflower-fairy-garden-statue-hayneedle-fairy-statues-garden

Dis nou hier, buite in ons tuin, dat ek en klein Gabs graag by die voëltjiebak kom loer. Of Ayla nog daar sit, of sy vir Aspris steeds vashou.

Dis hier waar ek dikwels wonder of haar vryheid op die einde vir haar die moeite werd gevoel het.

Of het sy, in die oomblikke voor sy versteend geraak het, tog besef dat verkeerde keuses, al is dit heerlik vir die oomblik, altyd gevolge het.

Ouma, ons moet maar liewer vir mamma en pappa luister, né ouma?

Ja, my engel. Dis beter so.

Dis ook makliker so.

(Hierdie storie het ek eintlik net vir myself geskryf; om my daaraan te herinner dat keuses in elkeen se eie skoot lê, en dat dit altyd nodig is om dit te kies wat op die waarheid gebasseer is.)

 

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=779975

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Foppertjie, fopspeen, vertrooster.

(fotos:Google Images)499609_wookmark

Ouma, ek voel nie so lekker nie. Kan ek op oumie se bed gaan lê, dan maak ouma my met die wit kombersie toe, en…

en dan bring ouma vir my bietjie Milo, asseblief, maak ek gewoonlik die sinne klaar.

Daar kom ook nog steeds die telefoonoproepe. Ma, ek is hondsiek. Wens ek was by ma, dan sit ma my in die bed, en ons maak of ek nog ñ kind is. Dan maak mamma vir my pap en roer-eier, en ons lê onder die kombers en eet. O ja, eintlik is ma ook veronderstel om my spesiale nagklere uit te haal. Ag ma! Ek wil huis toe kom, ek wil my ma hê! Ja, selfs al is hulle al lankal getroud met hul eie families, hierdie oproepe kry ek steeds. Nogal gereeld. Dit hoef nie eens ñ fisiese siekte te wees nie, net ñ algemene ‘af’ gevoel is ook genoeg.

Mens bly maar altyd jou ma soek.

“Comforter” vertaal die Groot Woordeboek onder andere ook as foppertjie. Fopspeen. Wonder of ek nou ñ foppertjie genoem kan word.

Jongste kleindogter, nou ampertjies vyf, het deel van die fopspeen-brigade geword. Ek wou haar opsoen toe sy my gistermiddag inwag met die bo-staande woorde. Tussen haar mamma en twee tannies, het sy nou agter gekom dat ouma-hulle se bed iets spesiaals is. Want hoekom anders sal tannie Nadi partykeer ver ry om in hierdie bed te kom klim. En dan gaan maak ouma pap en roereier, en sit by mens, en jy voel sommer beter.

Ek probeer my bes om terug te dink aan my eie kleintyd. Ek kry nie onthou wat my foppertjies was nie. Tog, ons het almal iets.

Deesdae, tot my skande, is dit die verdekselse kondensmelk! Met ñ sagte kombersie oor my skoot. Soos gister. En weer vanoggend. Boek om te lees.

ñ Foppertjie. Dis ñ voorreg, glo ek, om te weet jy is iemand se vertrooster. Al kan jy net sit, Milo maak en ñ kombersie aangee. Ons klomp wat nie meer mas het nie, en tog steeds die behoefte daaraan het om vertroos te word. Ons het dit nodig.

Die fopspeen-brigade.

-evocative-pet-photography-calgary-woman-and-dog-sitting-together-at-emerald-lake-dock-epb5182-evocative-impressions-fine-art-portrait-paintings(pp_w768_h539)

 

 

 

 

Party oggende.

20180504_062545551399416.jpg

Sommige oggende kan ek nie genoeg fotos van ons stoepie af neem nie. Wintertyd langs die dam sorg altyd vir sprokies-tonele.

Dit nou klaar gesê…

Vanoggend was nie een sò ñ oggend nie. Iewers langs die pad, die tien kilometer werk toe, iewers, het die vampier-kreature my beetgekry. Die bloedsuiers.

Teen tien uur vanoggend stap ek oor haarkapster toe.(Hierdie gebeur nadat ek ñ blikkie kondensmelk begin verorber het.)

Kan julle my asseblief NOU help, ek wil hare sny. By wie? Enige iemand. Oor ñ uur? Nee, dan is dit te laat. Toemaar, ek sal wag vir my afgespreekte afspraak môre. As julle my nie nou kan help nie, is dit te laat vir vandag.

Ek stap terug winkel toe, skryf ñ briefie: We will be open again from 13h00. Ek dra al die goedjies in wat buite as display rondstaan, vat my handsak, en sluit toe.

Gaan sit in die motor. Iewers het ñ blogger geskryf dat ñ kar net twee wiele het, sonder ñ engin. So, my motor.

Waarheen.

As ñ vampier-dag aanbreek, het jy nie antwoorde nie. Jy weet net, jy kan nie by mense kuier nie. Jy moet jou mo-jo iewers anders gaan terugvind.

Darem het ons ñ Jasmyn.

Jasmyn is landsbekend. Hier koop jy varsprodukte; als word in die lande rondom hierdie kollosale grasdak-meule gegroei. Of geplant. Wat ook al.

Maar.

Daar is ook ñ boekwinkel. Dis hier waar ek gaan in-book as ek ñ bloedoortapping nodig het. Jy moet wel ñ bankkaart byderhand hê, want niks is verniet nie. Dis reg so, jy betaal!

Vir elke kleinkind ñ storieboek, plus vir myself twee nuwe boeke. Fiksie. Skop skiet en doodmaak. Baie speurwerk. Eerlik ja, niks opbouends nie. Net plein rowwe lewe.

Terug by die winkel word daar ñ spyskaart van langsaan af bestudeer. Chicken wings met peri-peri sous. Bring it on!

Dit is darem nou al twintig voor twee. Ek is ooreet, het te veel geld uitgegee, maar voel effe beter.

Sien, bloedsuier dae moet net reg hanteer word. Geen mooi woordjies of sagte oplossings nie. Geen versies lees wat iemand aanstuur nie. Jy gee boedel oor, erken jou massiewe tekortkominge, klim in jou motor en verdwyn vir ñ wyle. Al mag jy nie. Al verbreek jy alle sentrum-reëls en maak net toe. Kry so ñ sadistiese lekker gevoel terwyl jy die briefie opplak.

En vat die pad.

 

Skryf-Safari: Trek jou stapskoene aan. Die ding is…

(fotos:Google Images)7a2438eb54198aa289212de6759cf48d

My “happy place” gaan defnitief die huisie aan die anderkant van die bos wees. Die een op die sand, teen die see. Hierheen mag almal saamkom, familie en vriende. Hier word net gelag en gesels. Gekuier. Ons dans op die sand, ons swem saam met dolfyne. Hierdie is my eilandjie, my droom. Alles is moontlik.

octopus-resort-fiji-beachfront-bure-1

Die ding is, oppad soontoe, is daar ñ ander stopplek. Net myne. Hierheen nooi ek my man saam. Soms.

1266561_552877794783693_1473061479_o

My paadjie moet boontoe loop; op. Tot dit voel asof mens oral kan sien. Bo-oor die boomtoppe wil ek kan uitkyk; ook na onder waar die bos dalk donker is. Op ñ stoep sal ek stil kan sit en inneem. Toelaat dat al die baie gedagtes oorloop, en een vir een in die mis wegraak.

Die natuurgeluide sal oorverdowend sag wees. My wegloopplek, my stilword oasis.

Dit sal ñ vriendelike plek wees; geen harde woorde kan tot hier bo kom nie. Swaar gedagtes sal agtergelaat word deur die diep asemhaling wat die klim verg. Alle bagasie, rugsakke en waterbottels sal ondertoe tuimel, want ñ vastigheid vir die voet is meer belangrik. Sonder pretensies en maskers, uitasem en lig, dis al hoe om die bestemming te bereik.

Dis waar my paadjie heen sal loop.

Al sou ek verkies dat my eindbestemming die “happy place” is, is my boom-top plek die noodsaaklike een.

 

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=778471

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

ñ Les waarvoor ek nie meer lus was nie.

bambi-mother

“A mature man needs to be a source of support and masculine stability in your relationship. Yet, at times, even a good man can go into emotional overwhelm. This is where a man can’t handle the emotions coming at him and feels so anxious inside that he ends up withdrawing to get away.”

Daar is ñ video wat as deel van huweliksberading gebruik word; ek het al lankal die naam van die aanbieders vergeet. Hulle het as volg verduidelik: As ons kyk na jare gelede, na ons voorouers se tyd. Die man het in die oggend opgestaan, geëet, sy jaggeweer gevat, en kos gaan skiet vir die tafel.

Die vrou het by die huis gebly en die kinders versorg.

Die man het een doel voor oë gehad; om kos huis toe te bring. So as hy Bambi se ma in die oog gekry het, het hy geskiet. Come to think of it, as hy Bambi-homself moes skiet, sou hy. Emosie en versorging het toe al nie hand aan hand geloop nie. Jou deel was jou deel.

Terug by die huis is hy met ope arms ontvang, die held. Vroutjie het deur die dag die kinders se emosionele behoeftes uitgesorteer en hanteer, sodat pa rustig kon kom afskakel. Selfvoldaan met sy dag se vangs.

Ek skryf alles hierdie neer so met die tong in die kies. Ja, die hele lewe het verander. Ons posisies in die huwelik lyk drasties anders, dankie tog daarvoor, sê ek.

Ek wonder net. Daar waar dit begin het, met die manne wat ter wille van oorlewing so “ge-wire” moes wees om te kon oorlog maak, doodmaak. Het die tyd tussen toe en nou hulle genoeg skills aangeleer om vandag te kan regkom?

Ek en my manlief  is baie onlangs deur ñ emosionele oefening. Vanoggend lees ek dat die nommer een rede hoekom mans die vrouens wat hul liefhet los, is omdat hulle nie altyd hul eie emosies en deurmekaar binne-gevoelens kan uitsorteer nie. En hulle het dit, of kry dit. Manne sukkel deesdae met ñ totaal ander klomp stimuli as ooit tevore.

Ek wil baie graag ñ sterk, stabiele, volwasse man aan my sy hê. Veral op my ouderdom wil ek nie meer emosionele konflik binne my huwelik ervaar nie. “Been there, done that, got the…”

Ek moes ñ hele paar stappe terugneem, eintlik kilometers ver terugdraf. Ek het opgeslip, my kop in die grond gedruk en gehoop dinge sal weer normaliseer.

Dit kon nie. Nie sonder my samewerking nie, nie sonder my hulp nie. My man het my bitter nodig, al hou hy baie binne homself opgesluit. Ek was nodig om die sleutel te draai, die deur weer oop te stoot.

Sodat skoon lug kon invloei.

85-15-5-25-11-0-20m

Die les is geleer.

 

Skryf-Safari…Trek jou stapskoene aan.

Om my naam gestand te doen (travel460), asook my onblusbare reis-lus te voed, nooi ek jou uit om vir ñ wyle op my stoel te kom stilsit. Kom vertel waarheen jy wens hierdie paadjie kan lei. Toe ek die prentjie vir negejarige kleinseun wys, is sy onmiddelike antwoord: na ñ “enchanted castle” toe, ouma. Klein blondie se antwoord: Ek hoop die paadjie gaan tot in die hemel, oumie. Ek wil so graag gaan loer hoe lyk dit daar.

Gee ons ñ kykie in jou droomwêreld; daar waar jy smag om heen te kan wegvlug as die lewe te veel druk. Dit kan ñ werklike plek wees, jou “bucket-list” droom, of dit kan net jou veilige terugtree hawe wees.

Ons is dikwels so ñ bietjie bang vir mekaar. Met hierdie skryf-uitdaging kan jy sommer net ligtelik skerts oor waar jou paadjie eindig…of jy kan jou pad laat loop tot by ñ veel dieper bestemming.

Jou keuse.

7a2438eb54198aa289212de6759cf48d

Hierdie week se uitdaging word aangebied deur  travel460 van die blog Bali Drome. Die uitdaging open om 12:00 op Donderdag 3 Mei.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=778471

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Die regte woorde op die regte tyd.

Vandat ek van Bali af teruggekom het, was my paadjie weer regtig rof. Vir my, in my omstandighede, en binne my werkswêreld.

Ek was week in en week uit of teen die grond, of net-net in staat om my voete elke oggend uit die bed te sit. Finansies het soveel druk op my geplaas, dat ek in myself begin worstel het. Is die Here kwaad vir my; is ek 100% op die verkeerde pad; is my lewe ñ illusie.

Het God van my vergeet.

Insprake van vriendinne wat omgee, ondersteuning van my man, die kinders se aanmoediging, alles dit het die swaar mantel wat oor my skouers gehang het, net nog meer na lood laat voel.

Ek is ñ mislukking, en nou het tot God Sy oë van my af weggedraai.

Vir my, wie se geloof haar alles is, was dit die swartste paar maande in ñ lang tyd. Tussen my en Bertus het dinge ook glad nie goed gegaan nie; ongeduld, afjakkings was aan die orde van die dag. Ek het my van hom onttrek, eintlik van almal.

Want as jy voel jou Vader het van jou vergeet, maak nie veel anders meer saak nie.

Die regte woorde op die regte tyd, dit het gekom deur middel van ñ video. Ek het na Moses gesit en kyk, hoe die Israeliete na hom toe draai, hom begin verwyt vir die situasie waarin hulle was, en ek het geweet.

Hy was alleen. Wat voor hom uitgestrek het, was ñ watermassa. Agter hom die sekerheid van dood. Geen uitkomkans, net kermende, angsbevange mense oral om hom.

Oor en oor het ek gekyk. Oor en oor geluister. Elke dag; en in die nag het die woorde in my drome bly maal. Tree vir tree het ek weer begin beweeg. Oomblik vir oomblik gevoel hoe my krag terugkom.

Niks in die omstandighede het dadelik verander nie. Dis net ek. My ore het die waarheid weereens gehoor, my gees het dit begin indrink. My wese het stadigaan gereageer, totdat my stem harop om hulp kon uitroep.

Oor en oor en oor.

Nou, hier, vandag, is my stap meer flink. Is my draf meer reguit. Ek dink aan Moses, en ek verstaan. Ek verstaan hoe dit voel om na net EEN te kan uitroep, selfs al weet jy nie of HY hoor nie.

Die regte woorde op die regte tyd.

Fout
This video doesn’t exist

Groot ongelukke en klein lyfies.

Hoe kry mens hulle in een stuk groot? Ek onthou nie meer nie.

Een swart motorfietsie, een afdraende, en een mamma wat vir ń oomblik nie alles gelyk kan raaksien nie. Een amper tweejarige pokkellyfie…

Plus, ń muur.

Sekondes later, en die vakansiedag keer op sy kop.

ń Oupa en ń pappa wat bly sê als sal reg wees, seuntjies is sterk. ń Mamma wat verkrummel omdat sy soos ń mislukking voel, en een ouma wat wonder oor klein engeltjies en groot ongelukke. Oor die lewe en haar ses kuikens.

Ek en Bertus was net getroud, toe sy Neil-seuntjie vir die vakansie kom kuier; hy toe vyf jaar oud. Ek kry jongste dogter, toe ses, voor die venster waar sy met groot ontsag na buite staar. Nuwe stiefboetie sit in ń boom.

Mamma, sê sy. Dit lyk SO gevaarlik om ń seuntjie te wees…

Hoe kry mens hulle in een stuk groot?

Sjoe, ek weet glad nie!

Nie vandag nie.

(prentjies:Google Images)wisteria-flower-tunnel-kawachi-fuji-garden-japan-1

Vandag, as jy na my soek, gaan jy my nie vind nie. So moenie.

Iewers in die wye wêreld is hierdie Wisteria tonnel. Dis ver, ver weg, ver genoeg. Hier gaan ek wees, plat op die naat van my rug.

Ek gaan opstaar en wegraak tussen die rye kleure, verdwaal raak tussen pers en pers en pers. Ek gaan hardop lag as ñ blommetjie afval en in my hare verstrengel raak. Ek gaan ook hardop huil.

Soms soek die menshart ñ plek wat met sy siel resoneer. ñ Plek van volkome stilte gevul met die oorspoel van kleur.

Daar waar die menshart en sy siel mekaar vind, daar is ek vandag.

En nie hier nie.

images

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg