(sorry, ek kon nie die prentjie weerstaan nie…)
Uhmm Kameel, voel jy al effe beter, jong? Ek, uhmm, ek het iets wat julle moet lees, maar ek is bang ek stoot jou oor die afgrond…
Hier is ń brief… Ek kry dié aan my gestuur, en ek broei nou al ń uur daarop. Broei, soos die henne maak, maar nou is ek doodbang hier kom ń dubbeldoor eier uit. So ek gaan liewer afklim.
Ek het versterkingkies reggesit, ook ń paar yspakke vir moontlike beserings. Kom sit jy en Lekkervurig en Ekmyself, jy ook Scrapy, nou rustig onder die sambreel met jul voete hier op die kussings. Toortsie, jy en Perdebytjie hou vir my die noodhulpkissie gereed. Wie is nog hier rond… O wel, ons paartjies hier bymekaar sal die ander maar moet inlig.
Dé, neem ñ ietsie in die hand, en haal diep asem. Diep…
…net nog ietsie; ek nomineer vir Scrapy om volgende oor te neem en die storie agter die spookstorie te ondersoek. Want dat daar ñ storie is, is beslis. Net dalk is dit Abrie se oupa homself wat vir ons iets wil sê. Of vir Abrie ñ boodskap het!
Om terug te kom na die brief, of nee, hier, lees maar self hardop…
Beste Una,
Wanneer jy hierdie lees is ek en Abrie al vêr weg want daar
is heelwat mense wat na ons tweetjies soek met moord in hulle harte. Veral
Sonell met daai massiewe olifantgeweer en jeukerige snellervinger van haar het
ons laat besluit om eerder ‘n bietjie laag te lê.
Ek hoop die ergste mediastorm rondom julle “skenking” het al
bedaar, en dat julle lewens al amper terug is na normaal toe?
Eerstens, my en Abrie se opregte spyt dat ons julle in
hierdie ding gedompel het sonder enige vooraf waarskuwing, maar ons kon nie
seker wees wie om te vertrou nie…en tyd was van die uiterste belang.
Kom ek vertel jou ‘n storie…
In die laat jare tagtig en vroëe negentigs het ‘n klomp
hooggeplaaste manne in die intelligensiediens gesien watter kant toe die wind
waai en het hulle onnoembare skatte in goudstawe laat omskakel en weggesteek in
‘n paar plekke dwarsoor die land, waarvan Toweropstal een was. Hierdie manne
het hulle skatte met ‘n houtoog dopgehou en hulle het onmiddelik van julle
geweet toe julle begin planne maak. Telefone, eposse, motors…alles van julle is
in die fynste detail gemonitor. Abrie, wat ‘n ekstensiewe netwerk ondergrondse
kontakte het, het ‘n voëltjie hiervan hoor fluit en besluit om my in sy
vertroue te neem omdat ek nie deel was van die oorspronklike komplot nie, en
daarom nie gemonitor was nie.
Haarfyn beplanner wat hy is, het hy sy plan vir operasie ROB
(Red ons Bloggers) aan my voorgelê. Ek moet erken dat ek eers skepties was,
maar Abrie se beredeneerde antwoorde het my uiteindelik oortuig. Ek sou optree
as die “decoy”en maak asof ek julle planne in die wiele wil ry, wat vir Abrie
die geleentheid sou gee om die ander manne te identifiseer terwyl julle, en
hulle, aandag op my gevestig was.
Op die aand waarop julle al die goud klaar uitgehaal het,
het die intelligensie manne beplan om julle te omsingel, in die skag af te gooi
en eenvoudig met die goud weg te ry.
Abrie se oplossing was om die kode boodskap van hom na my te laat “onderskep”
wat almal op ‘n mal jaagtog Skimmelkrans stasie toe stuur. In daardie rukkie
wat daar niemand op Toweropstal was nie, het ons die goud op lorries gelaai en
dit weggeneem na die reserwebank toe.
Ek het met my IT vaardighede jou e-pos adres “geleen” en was
in kommunikasie met die reserwebank, SARS en die department van Welsyn as
jyself…weereens jammer daaroor… Ons het vroeg al agtergekom dat daar geen
manier was waarop julle met die goud sou wegkom nie, en ons kon dit nie oor ons
harte kry dat daar vorige regime skelms daarmee heengaan nie, so die
reuseskenking aan liefdadigheid was die enigste opsie.
Laat weet asseblief waneer julle minder kwaai is vir ons.Ons
wil huis toe kom.
Groetnis.
Storieklong Abrie Alliansie (SAA)
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Jy moet ingeteken wees om kommentaar te lewer.