Altyd oppad.

(fotos:Google Images)wigeon_tcm9-335855

Ek vul vanoggend, sommer vir die lekkerte, ñ vraelys in wat kan bepaal of jy ñ ware reisiger is of nie. Baie goed gevaar…☺

Kortliks: Ek het nooit geld in die bank nie, want sodra ek begin spaar, begin ek met besprekings. Eerder as om kos en klere te koop, liewer ñ vliegkaartjie. Ek boer op die tv se reiskanale.

En iewers in my huis hang daar ñ wêreldkaart. Langs die een wat aandui waar ek al oral was.

cloud-for-travellers

ñ Lughawe is my geliefkoosde plek om by afgelaai te word; dit beteken ek is oppad iewers heen. Om lugredery punte bymekaar te maak, is ñ passie.

Om te verdwaal is vir my ñ avontuur, nie ñ ongemaklikheid nie.

Ek is nie bang vir vreemdelinge nie, sien hulle as vriende wat ek nog net nie ontmoet het nie.

Die onbekende is vir my meer gemaklik as die bekende.

Ek hou niks van beplande toere nie. No..let me explore, let me wander, let me live.

female-traveller

Ek verluister my aan vreemde tale, en ñ besoek aan ñ moeilike land is ñ wonderlike uitdaging. Oppad huis toe, begin ek reeds aan my volgende reis beplan.

Ek kan letterlik enige plek vinnig aan die slaap raak. ñ Power-nap neem.

My passpoort is een van my kosbaarste besittings. My bucket-list raak al hoe langer.

En ek vra altyd vir ñ venster sitplek. Om ñ uitsig te hê, is belangriker as gerief. Altyd.

68d31b99cc12b177dfde8aa110707586--airplane-window-window-seats

Geslaag, met vlieënde vaandels.

 

 

 

Dit bly steeds my keuse.

 

Hoe dikwels het ek nie in hierdie laaste paar maande gesê dit is een van my rofste jare ooit nie.

Tog doen ek vanoggend bietjie nabetragting nadat ek die volgende aanhaling raaklees:

When your body reaches the limit of exhaustion, and yet your face just can’t stop smiling, you finally know you have found Meaning.

The-Search-for-Meaning-1200x-1000x615

Dis die twaalfde Desember 2017, en ten spyte van…, of dalk juis as gevolg van…, sal ek glimlag. Ek durf nie bly vaskyk teen die probleme wat nog nie opgelos is nie. Want dan kyk ek verby die verhoudings wat wel herstel is. Twee ernstige krisesse het ons as familie baie styf na mekaar toe aangetrek. Ou seerkry woorde is vergeet; daar is dadelik “ingezoom” op die onmiddelike donkerte. Letterlik elkeen het alles in die stryd gewerp om te probeer help.

Soos ons dikwels sê, hierdie was Die Woord in aksie. Eie ekke is weggevee, en diegene wat gebreek het, is omhels. Arms is opgelig, en opgehou. Onbaatsugtige liefde is uitgedeel, al was dit soms baie moeilik.

Daarom dat ek kan glimlag. Nie omdat dinge net wonderbaarlik herstel het nie. Dit het nie. Maar omdat ons in die midde van teenspoed ñ laer kon trek en saam kon veg.

So nee, ek sal nie langer sê dit was ñ nagmerrie jaar nie. Ek sal begin sê dat ons steeds vir mekaar kan glimlag, en dat ons weer ñ eenheid binne die laer gevind het.

 

 

Die huis langs die dam bars uit sy nate.

Ses kleinkinders. Vier van ons vyf volwasse kinders, en drie skoonseuns. Skoonsus, haar twee kids plus ñ ekstra maatjie, haar ‘van bed-en-tafel’ geskeide man en sy seuntjie, haar ma. O ja, en Boeta. Boeta wie se maag en kop en bors die heeltyd seer is. Boeta wat ipekonders ontwikkel omdat kersfees om die draai is en hy nie die spannig van presente kry kan verduur nie. Almal in een huis vir die naweek. Sjoe.

20171211_104328

Oral, en ek bedoel letterlik oral, hardloop kleine mensies rond. Dit swem, vang vis, speel wegkruipertjie, ry in die hysbak op en af, terg mekaar, val en kry seer, gil en lag en huil en sing en dans en eet, en eet, en…

Sjoe. Ek en Bertus kon darem af en toe in die geharwar vir mekaar oogknip, maar dis ook al.

20171126_111352

Ek kan net nie die diere-familie uitlaat nie. Twee wit honde wat almal omhardloop en kliphard saam speel en swem. En dan is daar Kieter. Sy haat honde. Sy hou nie van mense nie. Net van kleinste liefling; hy mag maar bo-op haar sit en haar stert in sy mond probeer steek. Sy weier die hele naweek om te eet; dink sy spite my op dié manier omdat ek haar ganse wêreld ontwrig. Kry ek ñ oomblik om badkamer toe te gaan, klim sy in die wasbak en sit vir my en kyk. Intens. Tot ek met ñ katte-stem geluidjies maak, haar saggies streel, en verseker dat die lewe weer terug normaal toe sal keer. Ek belowe. Dan kom die purr weer uit.

Soos ñ vark in Paletsina, so gelukkig voel ek met al die mense hier om my. Selfs te midde van die ondertone en ongelukkigheid tussen party. Dis die lewe in al sy fasette. Dis ons as mense, met ons seerkry en gebrokenheid.

Dankie tog vir familie, vir ouens wat jou in liefde omarm ten spyte van.

Dankie tog dat ñ ma, ñ ouma, haar oë kan toemaak en kan weet sy het haar mense by haar. Selfs die met erg gebreekte vlerke. Want hulle is hare.

 

Bloggachino – lekkerte.

20171211_091028

My glimlag is steeds baie breed. Elf-uur Saterdag oggend het gebeur, en die lekker daarvan sal my baie lank bybly.

Jammer, maar fotos mag nie geplaas word nie. Tannie Frannie het reeds ñ beskrywing van elkeen geplaas, so ek gaan net ietwat byvoeg.

Soos hulle op hul blogs skryf, so is hulle. Wegkruipertjie se mooi oë vertel presies wat die volgende oomblik oor haar lippe gaan kom. Woestynkind bly uitbars van die lag, kompleet asof sy op ñ sandduin sit met die Namib aan haar voete. Poerdez is die een wat ons almal so aan die giggel sit, en hou. Tannie Frannie se mooie, sagte glimlag steek toe sowaar ñ paar pittighede weg, en Storieklong hou die petalje dop, knipoog net kort-kort liefderyk vir sy VanHelsdingen poppie.

Vir my was hierdie kuier soos ñ Sweety-Pie paaseier met die lekker wit binne-in wat so kan wegsmelt. Ek wou nog en nog kuier. Soveel vertelle wat gelyktydig in my kop opkom waaroor ek wil uitvra. ñ Handjievol mense wat my beter ken as vele ander vriende in my lewe.

Dit was veilig, en daarom was dit makliker om eerlik te wees.

Blog-vriende gaan kruip in ñ ander plek in jou hart in. In ñ kamer met groot glas skuifdeure en ñ goeie uitsig. Hulle is kleurvol, met stories wat strek so vêr soos die horison.

Dis ñ veilige, warm kamer. En net jy hou die sleutel in jou hand.

 

 

 

 

 

Sê nou… Wat as… Indien… Waarheen dan.

(fotos:Google Images)Jogja Indonesia River View

Dit is onwaarskynlik, ek weet. Maar tog speel ek met die gedagtes rond. Indien my aankoop areas in Bali nie teen middel Januarie herstel het nie, wat dan. Ek moet tog gaan voorraad kry.

Ek en Trommeltjie het bietjie hieroor gesels, en sy stem saam. Yogjakarta sal dan die antwoord wees. Hierdie plek in die middel van Java, is haar hart se punt.

map_yogyakarta

Dit beteken ek vlieg Johannesburg-Singapore-Jakarta-Yogjakarta. Diè universiteitsstad het ñ aankoop area wat glad nie vir Bali hoef terug te staan nie.

Ek is nie jou tipiese reisiger nie. Areas soos Borobudor, een van hul heiligste plekke, en wêreldbekend, sal glad nie op my lys van besienswaardighede wees nie.

Jogja5

Nou wat gaan ek vir ñ paar dae lank daar aanvang. Was reeds in die verlede so nege keer in hierdie stad, maar net vir drie dae op ñ slag. Indien dit nou my enigste stopplek gaan wees, wat dan?

Pecel-Solo-an-Antique-Joglo-House

Defnitief hulle kos eet. Baie ook. Indonesië maak vir my van die heerlikste kos in Suid-Oos Asië. Hulle wen selfs my eie land.

30899fa2e3e1213f2424a3fdaef15a21

Ek sal ñ paar van Yogjakarta se strande gaan ontdek. Die feit dat die hele Java radikaal Moslem is, het my nog altyd hiervan weerhou. Jy kan nou maar net nie in ñ gewone swembroek in die blousel blou waters swem nie. Kuisheid is baie belangrik, en jy lok honderde paar oë uit wat jou aanstaar sou jy braaf/stupid probeer wees.

18872492413_3803acbc11_o

My décor-aankope gaan net een volle dag in beslag neem. Dalk nog ñ dag om tussen die Malioboro area se honderde winkeltjies rond te stap.

0000016022_bedroom_11278581

Ek sal hard probeer om ñ unieke hotel op te spoor, want dit op sigself is ñ belewenis.

Vir die res sal ek mense loop en afneem. Die allerdaagse lewe bekyk en in my kop stories neerskryf. Die andersheid van ñ vreemde kultuur inneem. Niè na nog ñ dans-opvoering gaan kyk nie, een keer is oorgenoeg.

DSC_0483

Java is uniek. Net om hier te land, is ñ groot voorreg. Die eiland trek nie veel toeriste nie, so groot dele van die kus areas is steeds ongerep. En nie maklik bereikbaar nie. Die verkeer oral heen is erg, en jy byt op jou tande vir hul bestuurstruuks.

Medan-minibuses-e1489102099924

Maar. Weereens. As die rondtoer-gogga jou ooit beetkry, en jy effens waaghalsig is, kan jou ondervinding van Java, Indonesië vir altyd ñ hoogtepunt bly.

Kalibiru Yogyakarta

 

Om honger te gaan slaap…

(fotos:Google Images)photo6jpg

Junie 2004. Ek, Bertus, en oudste dogter Nadia, kom in Yiwu, Sjina aan. So amper drie ure se taxi rit van Shanghai af, is dit waar jy die grootste “small commodity” mark ter wêreld aantref. Yiwu International Trade Center.

Ons stop by die eerste beste hotel naaste aan hierdie mark, kry vir my en ons matriek dogter ñ kamer, en daar ry Bertus en sy besigheidsvriend verder. Iewers heen waar die nuwe battery aangedrewe motorfietse vandaan kom.

Sien julle oor twee dae. Wees versigtig, my vrou.

yiwu-market

Onverantwoordelik, ek weet. In die middel van die Sjinese wêreld, sonder ñ gids, tussen mense wat nie ñ dooie woord Engels verstaan nie. Die skielike alleenheid het my soos ñ vuishou tussen die oë getref.

Die mark het op daardie stadium reeds uit 60 000 stalletjies bestaan, en word deur internasionale aankopers besoek. Dít is nou waar die uwe vir haar enigste winkeltjie ñ paar goedjies wou kom aankoop. Sowaar. Hierdie oefening het ek nie goed deurdink nie.

Siende dat dit reeds laatmiddag was, en die plekke toe, het die honger ernstig begin knaag. Geen restaurant in die hotel nie, ook nie ontbyt ingesluit nie. So, ons moes die strate invaar…en dit in die middel van die industriële area.

Ek was regtig onrustig, vol selfverwyt. Waarin het ek myself en ons kind nou laat beland. Die paar Arabiese besigheidsmanne wat verby ons gestap het, het met leepoë na Nadia gekyk, en ek wou naand vir haar ñ doekie oor die kop gooi. Gelukkig was daar baie min mense in die strate; meeste word deur ñ bestuurder en ñ tolk rondgery.

ñ Eetplek. Of liewer net kos. Dis eintlik waaroor my storie gaan.

Daar was net een restaurant in die onmiddelike omgewing. Baie skoon en netjies. Die spyskaart in Sjinees, en niemand wat met ons wil of kan praat nie.

Geen prentjies langs enige gereg nie, net die vreemde geskribbel. Ek kon nie die die pryse ‘lees’ nie. Die paar voorbeelde op die toonbank het ons laat kopskud, al het die skilpad sop aanloklik gelyk. Dalk ñ gebraaide paddatjie? Mm. Nee. Selfs ek en my wilde eetgewoontes moes wegkyk.

maxresdefault

Ons het honger gaan slaap. Daar was nie eens ñ broodjie in sig nie, en nie ñ mens wat na ons kant toe wou kyk nie. Ewe bang vir mekaar.

Die volgende dag se aankope het op net mooi niks uitgeloop nie. Hoekom? Want jy moet 1 000 van ñ item vat. Mooi man.

Wat het ek my kind gevoer? Beloftes van heerlike disse sodra ons terug is in Shanghai.

Ps. Dalk moet ek maer-word toere Yiwu toe begin reël. Kom koop met die oë en eet niks. Hoe opwindend.

Maar regtig, dit sal werk.

o-TURTLE-facebook

 

 

 

 

 

 

Lê-Jou-Eier: Kersfees en Nuwejaar.

(prentjies:Google Images)624e37bb61d2d325947b497c6a5a9627--christmas-in-july-christmas-parties

Ons sal nie hierdie jaar stop en hom oplaai nie. Want die twee kleinkinders wat saamgaan Mosambiek toe, is sonder kersvader grootgemaak. Die tandemuis, dié leef en werk defnitief baie aktief in hulle huis. Maar kersvader, hy is laaaankal dood.

Wat! Mamma… ouma… Talisa sê kersvader is dood!!! Hy is, Nathan En sy naam was Santa Clause, en hy het baie baie jare gelede geleef, en hy het goeie dinge gedoen en vir kindertjies geskenke gegee…

So hy is dood!!!??? Wahhh. Mamma, sy sê kersvader is dood…!!!

Nathan, jy is ñ regte sissie! So wê!…

En jy is ñ stupid niggie!!…

Jy mag nie stupid sê nie! Tannie Nadi…

Mmm. Maar die tandemuis, hy leef hoor.

754b1ca496e876deb65ff508dff322a2--beach-cupcakes-graham-crackers

Op ñ eiland in Mosambiek. Ekskuus julle, maar regtig. Ek voel nie skuldig om dit hardop te sê nie, want ek sien só daarna uit. Kersdag gaan gebeur, groot ook. Al die tafelversierings is reeds eenkant gepak. Dit gaan saam. Vriendin moet sorg vir ons spyskaart, al is dit dalk net op papier. Want die manne, al sewe van hulle, hulle moet visvang. Aanmekaar. Ons ry nie verniet elke moontlike ding saam wat op die see ingespan kan word nie. Ook hope visstokke. Ja, sowaar, tot ek gaan visvang, vir die pot!

f396d5f4-c79e-4226-a06b-91d8c9992a5e

Ek weet, dit lyk nie heeltemal soos ek nie? Wie sê!

Maar my visstok is regtig ook pers.

202dc4696286da337bb0d69a0163c758

Bertus organiseer gewoonlik ñ kersopvoeringkie net vir ons, en deur ons, sodat die ware betekenis van Jesus se geboorte vir ons as mens ons altyd sal bybly. Lees uit die bybel, en almal kry ñ beurt om te bid.

Dis dan wanneer ek vêr wil gaan stap. Alleen, maar ook nie alleen nie.

Nuwejaar, dit sal sekerlik ook ñ ander vorm inneem as gewoonlik. Hierdie is ñ vissersman paradys, so net dalk gaan ek die nuwejaar in-snorkel. Net dalk.

006cc96a7b5af66c944062fc256b99d4

Of nie. Daar is GROOT visse in die see…

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=752602

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

 

 

Kersfees.

josh-adamski-116665

Ek het baie goeie herinneringe van Kerstyd uit my kinderjare. Selfs met ons min geld het mamma-hulle altyd gesorg dat die dag die hoogtepunt van die jaar was. Vir Boeta beslis steeds dié een. Sy hopie geskenke is aan die opbou.

Maar vir my, hierdie tyd en ouderdom van my lewe, is Kersfees ñ tydperk wanneer ñ diep verlange sy lê kom lê. ñ Verlang na innerlike vrede. Rus.

Glad nie moontlik met vyf kinders en ses kleinkinders nie. Plus drie skoonseuns.

Tog, ek moet my alleen plek opsoek. Al is ek waar. Ek moet kan sit en stilwees. Nie hartseer nie. Geen trane nie.

Net ek en my Here. En vrede.

lookingback-1024x683

 

 

 

Haai, maar ek ken julle mos?

il_340x270.441435788_r8qk

My hart is vanoggend vol. Vol opgewondenheid, vol glimlag. Vol tevredenheid.

Ek het julle twee gister ontmoet, maar ek ken julle reeds. Goed. Baie goed. Net die ware gesiggies het nog ontbreek.

Daar was geen vreemde ongemak nie, net die dadelike oorborrel van woorde wat gepraat wou word. En kort-kort een wat sê...maar ek weet dit! Jy het al daarvan vertel! Ja, ons onthou goed. Dit was mos nou daardie oudste kind van jou?

Geen bang om voor mense wie jy so pas in lewende lywe ontmoet het, net jou eerlike self te wees nie. Want julle weet dan reeds so baie van my af. Julle het oor en oor gelees van my foute, my mislukkings, my verliese. Selfs al is daar skuilname, ken jy my. My sleg en my goed.

En ek ken jou.

Dit was bevrydend. Regtig. Ek dink ons sou nog ure kon babbel, oor elke onderwerp wat vir elkeen belangrik is. Ek het lanklaas soveel eerbied en respek onder mense ervaar wat mekaar eintlik vir die eerste keer ontmoet. Eerbied juis omdat ons al mekaar se diepste seer ken; respek omdat ons op die blogs reeds ons menings kon opbou.

Al wat oorgebly het was die heelhartige geniet van die een wat jy uiteindelik sien.

Wat ñ voorreg. Wat ñ opbouende ervaring.

 Haai, maar ek ken julle mos!

xx

C7DmKt1V4AAf3x0

En om te dink die Bloggachino van Saterdag is ook om die draai!

 

Romanties? Nee.

(skilderye:Google Images)mood-flowers-sky-clouds-bokeh-art-paintings-love-romance-cloth-silk-art-wall-poster-and-prints.jpg_640x640

Ek het nie ñ enkele romantiese haar op my kop nie. Dit klink sleg, ek weet. En dit skok my om daaraan te dink. Was ek ooit romanties; het ek dit iewers langs die pad verloor?

Of het ek pleinweg net sinies geraak.

Ek hou glad nie van romantiese flieks nie, ook nie boeke nie. Ek wou nooit ñ ridder op ñ (wit) perd gehad het wat my moes red nie.

Parreiras__End_of_Romance

Ook nie een wat my in sy arms opraap en ronddra nie! Agge nee man, sit my neer. Ek is flippen swaar en kan self loop!

cc0e3a1dc3aecfdd3934f72b23bd8aac--couple-romance-romance-art

Ek wonder regtig waar dinge so verkeerd geloop het. Moenie vir my gedigte skryf nie. Ook nie liefdesbriefies los nie. ñ Bos blomme is harde werk om na te kyk, regtig. En enige sjokolade maak vet.

Tog, ek is baie, baie lief vir my man. Seks is lekker. Sien, daar sê ek dit. Maar die romantiese wat daarmee gepaard gaan… Dis tydrowend.

Ek stap veel eerder saam met Bertus langs die see, en gesels met hom oor planne; ons besighede. Nie oor hoe oneindig lief ons vir mekaar is nie.

Hot-Selling-Impressionist-Romantic-Lovers-walk-on.jpg_350x350

Wat maak hierdie “flaw” van my? Wat sê dit van my?

Kan mens my “lable?”. Of noem ons my maar net ñ gemiddelde ouer vrou wat al die lewe geleef het.

 

Ek weet, ek weet…

(fotos:Google Images)

ScanMaar ek hou tog so van see-vakansies. Of nee, eintlik gaan dit oor wie saam met my is. Dis meer die waarheid.

Vandag kuier ek alweer heeldag in Mosambiek rond. Kry al die korrespondensie reg, stuur e-posse heen en weer na die lodge waar ons gaan bly. Vra al die nodige vrae. Ry die pad in my geestesoog, en maak aantekeninge. Boer op Google Maps.

Daar is nog twintig slapies oor, en ek wil klaar begin inpak! Ongelooflik hoeveel reëlings getref moet word voor so ñ wegbreek. Veral as jy ‘off the grid’ gaan.

f0da2c9d46a28804b3d7e4d82ccd69af

Wie saamgaan? Kinders en kleinkinders en hartsvriende.

Die belangrikste item op my lysie? My lilo. Een wat soos ñ stoel is, wat ñ plekkie vir ñ glas het.

624-00919

 

 

 

Lê-Jou-Eier: Jy leef net eenkeer.

(fotos en skildery:Google Images)
Ocean-Bed-web

Jy leef net een keer, lek die bak uit. Dit is wat Hester sê.

Vir ñ volle maand, op ñ gerieflike skip met al die nodige eet en drink goedjies wat ñ mens nou so nodig sal kry. ñ Sagte bed, genoeg warm water. ñ Kajuit met ñ balkon. Nie te veel gevra nie.

4-day-yangtze-river-cruise-from-chongqing-to-yichang-including-the-in-yangtze-river-110533

Dis net, hierdie droom moet hom afspeel op die Yangtze rivier in Sjina. Seker moontlik, maar dalk ook nie. Behalwe natuurlik as daar alles omvattende kaartjies op my skoot beland.

yangtze-river

Die Yangtze is die derde langste rivier ter wêreld, 6 418 kilometers. Die reis kan in Tibet begin, en in die East China Sea eindig.

Sjina hou nog altyd ñ vreemde bekoring vir my in. Hierdie droom is ñ ‘Una en net Una’ droom. Ek wil Sjina ontdek, proe, eet, slaap. Afneem. Maar op ñ uiters gerieflike manier.

As dit te warm raak, wil ek in ñ blousel blou swembad swem. Heerlike wyn. Kos ook.

yangtzeriver_46776232_fotoliarf_3318_960x380

Met dié dat hierdie nou my bak is wat ek uitlek, mag niemand my van gemaksugtigheid beskuldig nie.

Saans sal daar vermaak wees, heerlike musiek, selfs kareoke. Ons sal doer voor sit, en alles geniet. Bedags ontdek ek ñ land, snags geniet ek my man. En dit gebeur alles terwyl die skip van Wes na Oos vaar. ñ Wêreld binne ñ wêreld.

pd-1-s

Stede soos Shanghai, Nanjing, Wuhan en Chongging lê aan die oewer van die rivier.

chongqing-night

Sewentig persent van Sjina se rys word hier geplant.

152933573

En sowaar, hier kom selfs ñ dolfyn-soort voor!

Pink_river_dolphin_circle_image_(c)_naturepl.com_Mark_Carwardine_WWF

So ja, hierdie is ñ droom wat ek in kop ronddra. Eendag as ek groot is, of eendag as my skip kom.

O, en so terloops wil ek sommer ook gaan kyk waar my sjinese oë vandaan kom.☺

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=751225

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

 

 

 

 

 

 

 

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg