(fotos:Google Images)
Met die dat ek deesdae weer gereeld in vreemdelinge se huise land, kom ek ñ paar interessanthede agter. Die vrouens spog alte maklik met hul skoen-versamelings!
Ekself kry swaar om by ñ paar gemaklike, mooi skoene verby te stap. Kon nog nooit die pikante hoëhakke dra nie, maar het al ñ paar of twee besit. Eintlik net vir die mooi, of vir die twee ure in die kerk. Maar daar is altyd ñ ekstra paar plattes in my kar vir as dinge handuit ruk.

Aan my winkel se kant van die dam bly meestal baie gegoede mense. Die huise het voor die voet inloop aantrekkamers, nie net die deurloop gang met ñ paar terloopse kaste soos in ons huis nie.☺
En ek. Ek moet vreemd genoeg elke keer die dame se skoenversameling waardeer. Nie omdat ek vra nie, hoor. Seker omdat die Bali beddens my beste verkoper is, so ek eindig op in hoofslaapkamers. Eens ek daar is, is ek blykbaar ook veilig genoeg vir die vrou van die huis se ‘plekkiekie’.

Die beste skoenwinkels is glo in Engeland. Ja, nie Shoe City hier in ons Mall nie. Selfs Italië is blykbaar aanvaarbaar. Ek oe en ah lustig voort, alte dankbaar dat die verskeidenheid nie myne is nie. Hoe kom hulle ooit aangetrek? Of gaan dit met intense beplanning gepaard? Kyk, ek bewonder hierdie pragtige vrouens wat sulke fyn treë gee op die hoogste moontlike paar hakke. Ek. Ek sal afduiwel. Klaar.

To wear dreams on one’s feet is to give reality to one’s dreams. – Roger Vivier
Give a girl the right shoes and she can conquer the world. – Marilyn Monroe
I can’t concentrate in flats. – Victoria Beckham
One shoe can change your life. – Cinderella















(Ons effe dodgy hotelkamer in Phnom Penh)












Jy moet ingeteken wees om kommentaar te lewer.