Welkom tuis.

(skildery “welcome home”: Google Images)vibrant-nature-paintings-welcome_home

Einde 2004 het ons ñ massiewe inbraak op die plot gehad. Ek en Bertus was oorsee, en Moeks en Boeta vas aan die slaap, onbewus daarvan dat ons huis gestroop word.

Tydens die polisie verklaring wat ons na die tyd moes aflê, is opgemerk…Be thankful that nobody got hurt. True, antwoord manlief, just a shame that my dad went missing, still is.

Ja. Oupa is gesteel. Sy as was in ñ houer in ons kluis.

In ons huis hier langs die dam is daar weer ñ kissie. Mamma se naam is mooi netjies aan die onderkant ingegrafeer. Ek het dit nou die aand vinnig uit my kas gaan haal om af te neem; vinnig omdat ek nie weet hoe om vierjarige dogtertjies se vrae daaroor te beantwoord nie.

Hoe verduidelik ek aan haar dat oumagroot in die hemel is, maar haar as is in hierdie kissie, in my laai.

20171031_104216

Hoekom oumie? Maak oop, ek wil sien. Ja, dit is defnitief wat sy sal sê.

Hoekom oumie…

Want dis my mamma se as. En ek gaan dit nie wegvat nie. Sy pla niemand nie, maar belangriker, sy is hier naby my.

Hierdie verduideliking sal ek defnitief nie vir haar gee nie. Kan ek seker vir niemand gee nie. Ek gaan ook nie. Ek sal nie verdedig nie, dis mý ma. Ek gaan nie haar as iewers strooi nie.

Die plan vyf jaar gelede was om haar in die tuin by die winkel te plaas. Met ñ spesiale plantjie bo-op. Moeks het, nes ek, geleef vir ons meubel-besigheid. Die kliënte was haar vriende, so Moeks moes naby bly. Toe verkoop ons die grond.

Sy is saam Rustenburg Mall toe; het haar ere-plekkie in my boekrak gekry.

Nou is sy by ons huis. En ja, ek sê gereeld vir haar hello. Sommer so in die verbygaan. Sy’s mý ma.

As ek die dag baie kwaad is, het dit al gebeur dat ek die kas oopruk en haar staan en vertel presies hoe ek voel. Sy was altyd aan my kant. En ñ mens het iemand aan jou kant nodig.

My kat dink soms oor my. Ek weet. Tog weet ek sy verstaan.

20171031_112413

Verstaan van ñ dogter wat altyd haar ma sal nodig hê. Altyd met haar ma wil bly praat.

Al weet sy dis net as.

Dis háár ma se as.

 

 

Lê-Jou-Eier: Fluister liefdeswoordjies in Afrikaans.

ń Afrikaanse hygroman…

Agtergrond: O, elke belangrike gebeurtenis het sy eie storie, selfs die seksdaad. Veral as jy ñ hottentotsgot is.

GettyImages-522193594-5779b6f03df78cb62ca14568

Hot Lady, die vroulike hoofrolspeler, kry een kans per jaar. Ja, nie twaalf nie, net een. So, beplanning is van die uiterste belang. 

Sticks is die manlike hoofrolspeler; met die hand uitgesoek. Hy is hot. Smeulend hot. Sy moves is nog hotter. Sag, baie sag op die oë. Hy pas by Hot Lady. Hulle nasate sal goeie geluide kan maak, goeie bewegings kan uitvoer. Sorg vir nog menigte baba-hottentotsgotjies…

Vir Volk en Vaderland. Daarom dat Hot Lady hom gaan op-eet tydens hierdie besonderse liefdesdaad. Letterlik en figuurlik. Dit strek tot sy eie voordeel; dit is nou maar die beloop van ñ bidsprinkaan se voortplantingslewe. Deur hom op te eet… vreet… maak sy seker hy voorsien vir hulle babas selfs na sy dood. Of hy die natuurlike geneigdheid daarvoor het of nie… Jy moet soms die toekoms in eie hande…mond…neem.  

Maar hoe, Hot Lady. Hoe gaan jy hom oorhaaal…?

Jy hou hom teer vas, en net voordat jy sy koppie begin afkou, fluister jy soetjies in sy oor…

Mmm. Ja. Nog. Dis reg so. Hou net so aan. Jou stem…jou stem… Jy is amazing, jy weet net wat om te doen. Wat ek wil hê. Nog. Nog.

ty9m2bgirjyv0lvfdzhi

Ek hou jou al ñ jaar lank dop. Daar waar jy so tussen die ander hotties jou lyf rondgegooi het…

Snags het ek oor jou gedroom. Jou in my nes ingeneem. Elke nag. Ek het geweet jy is wat ek nodig het. Jou lyf, jou ritme. Ek kon nie wag om my pote om jou liggaam te laat gly nie. Jou reuk. Jou smaak. Jou mond. Jou tong. Ek het vir maande na jou aanraking gesmag. Daardie oomblik wat ek my asem sou intrek, die oomblik wanneer jou vingers oor my naakte lyf beweeg.

Ek het gegloei deur net oor jou te droom. En nou, nou is jy hier. By my…

Die liefdessweet hier in jou nek, dit maak my mal. Nog. Nog. Bly by my, teen my…

xxxxxxx………………………………….

Hap. Soos snap, crackle, pop. 

Shame, hy was so ñ aangename outjie.

 

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

 

So amper…

(skildery:eric zener)eric zener

Dit was so hittete of ek het nie meer asem in my longe oorgehad nie. Behalwe vir die rofste emosionele jaar van my bestaan, het die winkel net mooi niks verkope gehad nie. Wel, behalwe vir die eende en katte wat uitverkoop het, was dit DROOG!

Ek het alles uitgehaal om net te bly swem; letterlik en figuurlik. Dit is nou maar deel van my besigheidswêreld, hierdie onsekerheid of jy jou uitgawes sal kan delg.

So toe die kliënt vanoggend sy kaart aangee en ñ groot bedrag meubels koop, het my lyf behoorlik lam geraak van verligting. Die sewe-en-twintigste van die maand. Goeiste.

Ek wonder soms of mense wat ñ vaste salaris maandeliks huis toe vat, weet hoe sommige van ons hulle beny. Ja, ek is my eie baas, ek rits soms oorsee vir aankope, ek geniet elke oomblik van my winkel-wêreld. Maar daar is ñ prys wat betaal word. Die totale onsekerheid. Wat as. Wat as ek niks verkoop kry nie en nie my huurooreenkoms kan nakom nie.

sundeck-antoine renault(sundeck:antoine renault 

Dis Vrydag. Vanaand sit ek agteroor op die stoep en maak my hare net weer los. Wag vir die briesie van die dam se kant af.

In my hart die diepe wete dat mý loop een is, een moet wees van totale afhanklikheid van God. Net Hy kan kliënte stuur. Al gaan dit hoe rof in my land; al is die randwaarde alweer op ñ laagtepunt. Hy hét my. En al sou ek iewers in die toekoms dalk die handdoek moet ingooi, al kom die einde van die maand en die bankrekening is dolleeg. Steeds sal Hy daar wees om my regop te help.

Sal Hy die een wees wat asem in my longe inblaas.

 

 

 

Wat wil ouma se kind eendag word?

2e807291882639cdda34c6059d566c57--funny-things-funny-stuff

Ek en kleinste meisiekind sit gisteraand ñ kosprogram en kyk. Op vierjarige ouderdom word daar die hele tyd nog vrae gevra, want ouma weet alles. So babbel sy voort, en verkyk haar aan Bizarre Foods America se vreemde disse. My hene, dink ek. Waar kom dié vreemde belangstelling vandaan.

Engel, sal jy eendag ñ tannie wil word wat baie lekker kossies maak. Soos in ñ eetplek, jy weet mos. Dan kom ons almal jou lekker kos proe?

Nee dankie ouma.

Ag toe man. Kyk hoe werk die oom in die kombuis. Kyk net hoe…

Nee. Ek wil nie. Ek gaan ñ prinses wees. En in ñ kasteel bly.

O. En wie gaan vir jou die kasteel bou?

Ek sal een by die tannie koop. Sy het baie.

disney-junior-sofia-first-royal-horse-carriage-set--2F5188AA.zoom

Soos in uit en gedaan. Hoe kan ek haar dan nou sulke vrae vra. Ek weet mos sy moet ñ prinses wees.

In my dae was daar nie keuses nie. Jy moes ñ juffrou word. Dit was die wyse besluit, en die bekostigbare een. Jy was verseker van werk. Jou studies, verblyf en boekegeld is met ñ beurs betaal, jy moes net vier jaar vir die departement terugwerk eens jy klaar is.

Met vandag se kennis en insig, en inaggenome my land, wonder ek wat sou my keuse wees. Sou ek met my hart of my verstand gekies het?

Ek het so ñ bietjie gaan loer. Sê nou ek kon oor kies, en die akademiese vermoë hê…

Jobmail.co.za found the following titles to be among the best paid: architects, software engineer, accountant, petroleum engineers, and computer and information systems managers.

Additional high paying jobs include lawyers, specialist doctors, air traffic controllers, and airline pilots.

Of sou ek steeds onderwys gekies het. En later my winkel begin.

c88319c5f9e5f56c4bd44ef7fc1600eb--funny-cows-a-mermaid

 

 

 

Om my mond te hou.

funny-animal-captions-003-003

Hoe ouer ek word, hoe meer sukkel ek daarmee om te weet wanneer om net my mond te hou. Mens sou dink dat die ouderdom gepaard gaan met baie wysheid. Soms dalk. Nie altyd nie.

Bertus het so ñ manier om na my te kyk as ek nou daardie verkeerde ding kwytraak. Let wel, nie ñ mooi kyk vol begrip nie. Nie ñ kyk wat sê ag my darling, ek sal by jou staan deur dik en dun nie. Nee, sy kyk het iets van ñ afgryse in. Hy sal sommer ook sy kop skud, ñ klikgeluid met sy tong maak, en ñ treë agteruit gee. So asof hy hom onmiddelik van my wil distansieer.

Dis dan dat ek weet ek is nou op myself aangewese. Hierdie blabs moet ek self herstel. Natuurlik sal ek onmiddelik ñ gebelgde houding inneem; so asof dit ék is wat ingedoen word.

Die ding wat ek kwytraak is gewoonlik ook iets skokkends. Asof ek op daardie oomblik my filter verloor het. En moenie dink ek besef nie wat aangaan nie. O nee. Ek is maar alte bewus daarvan dat wat ek uiter ñ hengse gevolg kan hê.

9b4ce8a74efdb1e272d9d5b8787d499b--hilarious-animal-pictures-funny-cat-pics

My Estelle vriendin reken ek is soms net te eerlik. Dat die opmerking myself meer skade doen as enige iets anders.

Na so ñ blaps word my foon vinnig nader getrek en doen ek die ding van phone a buddy. Ek weet maar alte goed wie simpatie met my gaan hê, en wie nie. My vriendinne ken my ongelukkig te goed, en al sal hulle my laat lag oor die gebeure, kry ek gewoonlik ook ñ prekie tussen-in.

Dit kan ek verdra. Dit sê mos eintlik: man, ek is lief vir jou, ek ken jou, ek weet jy het dit nie so bedoel nie.

Bertus sal vir ñ kurses gestuur moet word; een van hulle gaan hom moet leer. En hom bietjie daaraan herinner dat hy veronderstel is om my uit die moeilikheid te kry.

Al waarsku hy vooraf. ☺☺☺

32ce4b58c49399de12b942b4cde3f3dd

 

Agtergrond. En voorgrond.

(fotos:Google Images)6815d8469f160193fbd58c36db8e5115

Ek het in die apartheidsjare grootgeword. Ek was ñ soet kind; ek het na die skoolhoof se preke geluister, en saam met my maatjies bang geword vir die kommuniste.

Op sestien het ek met my ma se groot vriende se studente-seun begin uitgaan. 1976. As eerstejaar tokkelok-student op Tukkies, (dis wat ons die teologie studente genoem het), was hy deel van ñ groep jongmense wat in opstand gekom het teen die “regime”. Hulle het Vrydag aande hul eie huiskerke gehou; nuwe liedjies geskryf, en Sondae weggeloop na die charismatiese tentkerk toe.

So het dit gebeur dat ek as jong meisie uit die NG-kerk is, reeds gekatkiseer. En my laat groot doop het.

My kinders se pa was nie ñ kerkganger nie, maar ek en die drie dogters het by ñ klein charismatiese kerkie ingeskakel, en die lewe geleef.

Na my en Bertus se huwelik, is ons oor na die Pretoria-Noord Hatfield Christian Church gemeente. Daar het ons gebly vir die volgende dertien jaar.

Die laaste agt jaar is ons lede van Doxa Deo. Ons kon nie meer bekostig om so vêr te ry nie.

Dit is die agtergrond.

Ek kry swaar. Ek sukkel. Ek is geleer om nie “church hopping” te doen nie. Om in te skakel by ñ gemeente en jou volle gewig in te gooi. Ons, ek en my man, is geweldig lief vir ‘kerk’. Om die pad saam met ñ gemeente te stap.

Maar ek kry swaar. Deesdae voel ek soos ñ ñ kuiergas per geleentheid. My charismatiese Engelse kerk was altyd een groot mengelmoes van Suid-Afrikaners. Ons het gesing! Ons kon dans voor ons Here. In Engels, Afrikaans en die ander tale. Nou voel my hart verlore en alleen tussen die net blanke kerkgangers.

Skoonpa het eendag, nadat Bertus hom vir die soveelste keer saamgenooi het na ons Engelse kerk toe, gesê: nee seun, ek aanbid God in Afrikaans.

Ons het verstaan.

Maar ek kry swaar. Nou loop ek maar so dikwels as moontlik na die Engelse Doxa toe weg waar dit oorwegend ‘nie wit’ is nie. Hier voel ek tuis; deel van my Suid-Afrikaanse kultuur. Ek sukkel met die sing in die ander Afrika-tale, maar ek neurie saam en maak my oë toe. Hier pas ek in.

So verskil ons maar almal. Ek sal nie wegbly nie; my wese soek my ‘kerk toe gaan’ op ñ Sondag. Ek is ook trots op my taal, maar ek smag na die samesyn van alle kulture terwyl ons God gesamentlik verhoog. Alleen, ja, dan praat ek met Hom in my moedertaal.

Maar Sondae wil ek een voel met my land voor my Vader. My land van baie kleure.

Dis nou maar ek.

images (12)

 

 

 

 

ñ Land van uiterstes.

Indonesië bestaan uit meer as 18 000 eilande; my geliefde Bali eiland een van hulle.

download (2)

Die blom wat die slegste ter wêreld ruik, die Amorphophallus Titanum, kom hier voor. Plus minus twee meter hoog, ruik die blom na vrot vleis. Selfs al staan jy tot ñ kilometer vêr weg, ruik jy dit steeds. Mense praat ook van die duiwel se tong.

download (3)

Jy gaan die grootste blom hier aantref. Die Rafflesia Arnoldi kan tot sewe kilogram weeg.

Wat ons met ander woorde in gedagte moet hou, sou ons nou besluit om in die woude te gaan ronddwaal, is om nie ñ bossie blomme te wil pluk nie. Kyk ook mooi waar jy loop…

download

Een van die langste slange ooit, is al hier gevind. Tien meter lank. Spring jy om om weg te hol, struikel jy dalk net-net oor ñ Komodo draak, die grootste akkedis op ons aardbol. Meer as drie meter in lengte; kan tot sewentig kilogram weeg.

download (4)

Daar is nog ñ paar uiterstes. Die Grasberg myn is die grootste goudmyn ter wêreld. Indonesië het die grootste populasie jonges ter wêreld; 165 miljoen onder die ouderdom van dertig jaar. Net agt persent van die bevolking is bo 60. Lake Toba is die grootste vulkaniese meer op aarde. President Suharto word gereken as die mees korrupte leier wat nog bestaan het. Daar word bespiegel dat hy by die 35 biljoen Amerikaanse dollars gesteel het.

Die land is nie almal se koppie tee nie. Maar soos alles in die lewe; spandeer tyd tussen sy mense, gee ñ bietjie van jouself, en kyk wat gebeur. Jou insig verbeter, jou wêreldvisie verbreed.

Hulle verander nie. Net jy.

confucius1(fotos:Google Images)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

  

 

 

Ouma en oupa-tyd. En beurtkrag.

Kleinste liefling is ñ manne-kind. Sy pappa is sy alles. Mamma is noodsaaklik, ja. Maar pappa!

Ons, dit is nou ek en manlief, het vir vyf dae alleen na hulle gekyk. Na boetie en vierjarige sus. Teen Maandagaand was ek gedaan verby. Het skoon saam met die twee aan die gil geraak toe mamma en pappa van Mosambiek af by die huis stop.

20171020_143032

Oupa het gehelp. As hy tyd gekry het. Onthou, oupas is soms baie besige manne. Veral as hulle saans by die huis aankom na ñ lang dag se werk. Gelukkig het oupa een middag ñ hengse “craving” na vrugteslaai ontwikkel, en toe kon boetie en hy vir ñ rukkie mekaar besig hou. Vir ñ rukkie.

20171020_143253

Die kleine lyfie is trappe-behep. En ons hier teen die dam, ons het drie stelle trappe van bo na onder. Verder hoef ek sekerlik niks te sê nie. Net dat ek glad nie by die gym ook uitgekom het nie… Ek het trap-diens verrig.

Terug by ‘hy is ñ manne-laaitie’. Dit fassineer my. Oupa was skaarser as hoendertande, soos ek verduidelik het. Onthou, ons twee is al elf jaar kindloos in die huis. Ons het ons gewoontetjies… Maar. Al speel ek meestal saam met hom, bad hom, gee hom kossies, troos hom, vee sy boudjies af. Laat hy oupa se stem nou net in die verte hoor, dan draai sy wêreld reg. Ek weet van kwaliteit en kwantiteit tyd. Ek verstaan. Maar flippen werklik!

20171015_170903

Die mannetjie is baie lui om te begin praat. Alhoewel, hy sê pappa en oupa heel duidelik. Moet sê, ek en jongste dogter knipoog maar vir mekaar. Vroegaand, as dinge op sy besigste hier by ons raak met hulle wat vir ñ paar maande in ons woonstel bly, en dis bad-en-kosmaak tyd. Alles gelyk. Dan help dit heerlik as boetie net twee mense in gedagte het.

Pappa en oupa.

Beurt-krag, dis wat ek dit noem. So tong in die kies.

 

Weke gelede al het ek jou “remove”. Jy volg my blog nie meer nie.

542726206

Vir maande loop ek met hierdie wete rond. Jy is oppad weg.

Dis eers in die vroeë oggendure, nou-nou, dat ek kon begin verstaan. Verstaan waarom die ontsettende “sadness” waarmee ek bly rondloop het, nie kon lig nie.

Ek en Estelle het deur gister geswoeg, my maatjie. Jou begrafnis was mooi, weet dit. Ek is nie seker of jy kom loer het nie. Of jy dalk langs ons in die tweede ry gesit het nie. Reg agter jou kleinkinders. Jou twee seuns en skoondogters. En Len.

Dalk het jy teen jou pragtige kis geleun. Of langs Grant by die preekstoel gestaan? Het jy vir my geglimlag toe ek heerlike lag-staaltjies oor jou kon vertel? Het jy self ook ñ traan weggepik toe Estelle praat oor haar sus wat sy nou nie meer het nie?

Het jy gesien dat ek en Estelle nie wou stop om agter die lykswa aan te stap nie. Hoe kon almal net bly staan! Jou lyfie alleen laat wegry!!

Die groot stuk klip-hartseer waarmee ons altwee bly worstel het. Hoekom Here, het ons bly vra. Ons weet dan sy gaan na U toe. Haar geloof het haar hele familie deur hierdie laaste jare gedra. Sy is ñ 1000% U kind. Sy het U geleef.

Haar laaste maande was een groot pyn-hel. Ek het baie keer by U gepleit om haar dan net in haar slaap te kom haal.

Maar hoekom. Hoekom die diep gevoel van verlies?

Eers vanoggend kon ek weer rustig slaap. Ek verstaan nou.

Ek besef dat haar vasklou aan die lewe; haar onwrikbare geloof tot in haar laaste ure, dat sy genees gaan word, dít het my vasgevang in ñ ongekende hartseer. Want sy het ons twee nie toegelaat om werklik vir haar tot-siens te sê nie. Sy het die woorde nie toegelaat nie.

Toe ek Maandag hospitaal toe is, het sy my in die oë gekyk, my hand saggies gedruk, en gesê dat ons Sondag almal moet oorkom vir ñ braai. Sy gaan ontslaan word, sy weet. Ek het leeg weggery, want op geen stadium het hierdie gelowige vriendin met ons oor haar weggaan gepraat nie. O, en ons wou daaroor praat. Ons wou hoor hoe sy met verwagting daarna uitsien om ons God te sien. Ons wou vir haar fluister dat ons haar beny, effens jaloers is.

En dan die vrede kry waarna ons smag.

Dit het nie gebeur nie.

Vandag eers het die bedruktheid gelig. Wonder of sy dit dalk in die middernagtelike ure vir my kom sê het, dit wat ek wou hoor. Moet wees. Want nou, hier waar ek skryf, kan ek met trane in my oë glimlag. Ek kan voel sy is tuis. Dat sy onbeskryflik dankbaar is om in haar God se arms te wees.

IMG00076-20110403-1618

Jean, jy het my gewys hoe om geloof te leef. Te praat. Te dink.

Jy het my ook gewys dat jou sekerheid oor wie jy in God is, die ruimte bied om saam met ons net heeltemal laf te raak. Saam op Mamma Mia te dans, te lag. Ons drie mans soms hul koppe vir ons te laat skud.

My herinneringe aan jou gaan bewaar bly. Ek sal jou mis, ja. En ek gaan sekerlik kwaad wees die dag as Len aanbeweeg.

Maar my maatjie, jy het in my drome kom groet. Dankie daarvoor.xxx

ñ Veilige mens.

NpemZgHLyhwl

Sy is gewoonlik ouer, soos die kussings op haar bank. Jy kan agteroor sit, jou skoene uitskop, en jou tone tussen die lappe inwikkel.

Haar sit-hoekies is huislik, vol ougoed en insig. Kleur. Geure. Die lug is soort van skoner.

Sy het baie tyd. Tyd om te luister, maar ook om net te sit. Dalk saam met jou te dink, of saam met jou stil te wees.

Sy gee nie raad nie, sy gee jou haarself. Want dit is wat jy nodig het. Die oeroue ma-figuur met ñ groot boesem wat kan hoor en kan troos.

Jy stap by haar weg, en jou gemoed voel ligter. Asof iemand vir ñ wyle die las van jou skouers af gelig het. Net vir ñ wyle.

Maar dit was goed. Dit het gehelp.

 

Lê-Jou-Eier: Oorgeërfde eienskappe.

00-main-toon-generations-2-essentials-for-genesis-3-daz3d

Siende dat my neef Phillip in Seattle ook my blog volg, gaan ek versigtig moet trap. Ons twee het mekaar na vier-en-veertig jaar weer gesien, en die familie-uitlê ding gedoen. Met rowwe gevolge.

Ek kom glad nie uit ñ familie-vaste wêreld nie. My Moeks het die drie van ons alleen grootgemaak nadat my pa vroeg-vroeg oorlede is, en teen daardie tyd was ouma en oupa ook lankal reeds weg. My pa se ouers het ek nooit geken nie; net gehoor dat ouma Fourie baie, baie kwaai was. Geen fotos, nêrens.

Tog, ek wil ook probeer.

Ek hou van skryf; mamma het gedigte geskryf, en my oom was ñ bekende joernalis by Beeld.

Op fotos van my polisieman oupa aan ma se kant, sien mens duidelik sy amandelvormige oë. Dié trek kom oral tussen ons klompie voor. My Boeta; my kleinboet se dogter, en my oudste meisiekind. Kleinste kleindogter. En natuurlik ek. Die geterg op skool dat ek soos ñ Sjinesie lyk, het nooit einde gekry nie! Ek het later besef dat die seuns nie net wreed was met hul gespot nie, dit was eerder anders om. Gelukkig het ek dié aandagtrekkery nie as positief ervaar nie, en hulle almal in hul kanonne ingestuur.☺

Ek en Phillip het ernstige geraamtes op mekaar se skote uitgekeer, en my oë was groot na die kuier. Defnitief beter gewees dat familie nie ñ te groot rol in my lewe gespeel het nie. Moeks met haar naïewe lewensuitkyk, se prentjie oor my voorsate was ñ feëverhaal. Nie die werklikheid nie.

Ek is baie lief vir mense. Nie soseer vir groot groepe nie, maar my hart het altyd spasie vir ñ nuwe gesig. Ek weet ek is uiters lojaal; sal jou deur dik en dun bystaan.

Genoeg daarvan. Eintlik probeer ek net sê dat ten spyte van die kas propvol geraamtes, het ek iewers iemand se positiewe eienskappe oorgeërf.

Of. Dit was ñ Moeks wat haar knieë deurgebid het vir haar kinders, wat die antwoord was.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). 

 

 

 

 

 

 

Handsak-bendes.

6442d8426a61d7236186baee5c50015c

A woman’s mind is as complex as the contents of her handbag; even when you get to the bottom of it, there is always something at the bottom to surprise you! (Bill Connelly).

Sewe-en-sewentig itempies in my handsak; ek het nounet gaan tel. Elkeen maak ook sin. Defnitief.

Ek wonder of my manlief ooit oor my handsak wonder. Of aanvaar hy maar net dat dit een van ons vrouens se onverklaarbare behoeftes is. Dié vreemde konkoksie goedjies wat elk ñ spesifieke hoekie inneem.

Interessant om dop te hou hoe jonk die kleindogters reeds ñ handsakkie onder die armpie vasknyp, en hoe noukeurig hulle uitsoek wat daarin gesit moet word.

Kleiman, nou sestien maande oud, probeer gedurig oor sussie se skouer te loer sodat hy tog net kan sien wat in dié sakkie inkom. En o wee, as hy hom in die hande kry en begin uitgooi, bars sus net daar in trane uit. Almal spring; elke dingetjie moet opgespoor word. En boet, hy sit die petalje groot-oog en gade slaan. Wat op die aarde…??? (Natuurlik wil ouma daai nat bek net opsoen as hy so frons.)

Goed so. Hulle moet van jongs af leer.

Ons is die handsak-bende. “Hands off!”

3361CDFF00000578-3551690-image-m-21_1461239115625

 

 

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg