(skildery:Google Images)
Dalk moet ek liewer vra, sou ek kon regkom?
Op Bali is familie alles. Selfs jou nageboorte word langs jou voordeur begrawe, sodat jou “essence” naby bly. Balinese toer baie selde; ñ mens moet altyd naby jou mense wees.
Behalwe dat jy by jou skoonmense intrek, kom familie weekliks bymekaar, vier elke enkele geleentheid saam. Tot tandetrek behels ñ seremonie.
Met dié dat ñ nuwe baba se voetjies vir die eerste lewensjaar nie die grond mag raak nie, span almal saam en help mekaar met kinders grootmaak. Werk saam. Eet saam. En naas jou direkte familie, is jou gemeenskap van die uiterste belang. Jou area se tempels verjaar jaarliks, en daar is letterlik honderde as jy begin rondkyk. So gemeenskapsvieringe is aan die orde van die dag.
Sonder om ñ oog te knip word ñ straat afgespêr sodat tafels en stoele uitgepak kan word. Winkels staan oop, en leeg. Die eienaars is besig met ñ seremonie. Hoekom vra jy? Kom môre terug.
Sou ek in die Voortrekkertyd, en die jare daarna, kon inpas? Families wat saam rondtrek, saam doen. Plase wat van geslag tot geslag oorgedra is, en vrouens wat saam bak en naaldwerk doen. Saam optrek vir nagmaal. Saam uitkamp in naburige dorpe vir troues en dope.
Sou ek ewe gedienstig my skoonma in alles eerste kon stel. My skoonpa se woord as wet aanvaar? Sou ek kon regkom?

Dink nogal nie so nie.

















(foto:Google Images)










Jy moet ingeteken wees om kommentaar te lewer.