Die Groet.

Ons kommandoor salueer elke boot wat verbyvaar.

Wat ń spesiale dag! Saterdag twee uur het ons by die klubhuis vergader; inwoners, familielede en vriende. Die ses lede wat sedert die begin van covid oorlede is, se name is op die gedenksteen bygevoeg en ons klub se vlag is halfmas gehys. Daar het ons lotjie met geboë hoofde gestaan, elk met sy eie gedagtes en herinneringe.

Hierna is almal op die bote, ek en manlief saam met oom Robbie en Gart op hul barge. Oom Rob se tannie Brenda, ons geliefde buurvrou, is vroeg Meimaand hemel toe.

In ń lang tou het die bote een vir een verby die kommandoor gevaar. Dié het op aandag op ń jetty gestaan, en soos wat dit ons beurt was, het jy hom terug gesalueer. Wat ń spesiale gevoel en prentjie.

Na die ritueel het die kuier begin. Bote is aanmekaar vasgemaak, vreemdelinge en bekendes kon van een na die ander klim en heerlik kuier. Dit alles terwyl ons saggies op die water ronddobber.

Laatmiddag is ń boom ter nagedagtenis aan ons geliefdes geplant terwyl die braaivleisvure in die skemer almal nader gewink het.

19 Replies to “Die Groet.”

Lewer kommentaar

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg