My tweede asem terug…

(fotos:Google Images)Where-to-Stay-in-Ubud-Bali

Ek neem diep teue vars lug in. Vir ñ ruk lank was ek ‘weg’,  op ñ plek in my binnekant waar dit deurmekaar en neerdrukkend is.

Vanoggend het ek verfris wakker geword, met ñ lied in my hart en ñ visie voor my oë. Dit was ñ bang tyd, ek is eerlik. Normaalweg ñ positiewe en opgewekte mens, is die ‘ander tye’ vir my angswekkend. Niks wat niemand sê help my daaruit nie, en ek trap in dryfsand rond hoé ek ookal my lyf probeer draai.

Dis egter nie waaroor ek vandag gaan skryf nie. Ek het met spoed weggetrek en die toer vir Februarie volgende jaar begin beplan. Hier in my winkelhoekie werk die rekenaar weer oortyd. Die moontlike mense wat saamgaan se name is op ñ lysie, en ek loer kort-kort daarna sodat ek insig kan kry waarvan almal sal hou.

rice-fields-bali_jatiluwih-rice-field-sunset

Een area waaroor ek reeds klaarheid het, is Ubud. Ek het sopas die verblyf-besprekings daar gesekuur, en is nou super opgewonde! Om vir mense mý Udud te gaan wys, dit is ñ droom wat gaan waar word. En daarna, ek weet dit sommer net in my hart, gaan elkeen praat van húlle Bali.

Ons beplande vier-ster verblyf in Ubud. Dis ñ gastehuis met lieflike tuine, ñ interessante eg Balinese ingang, en die mooiste kamers.

152543947

86e78a60a94c2127e4c1be0400f7fe9a

Die verblyf is sentraal, maar tog voel dit asof jy tussen die ryslande bly. Mens stap oral heen, geen voertuig is nodig nie. Van hier af ontdek jy die Bali-lewe: die platteland, die kuns en kultuur omgewing, en die ongelooflikste kos plekke. Ons gastehuis is juis verbind aan ñ wêreldbekende restourant, Casa Luna, wat ook kook–kursesse aanbied.

HDR-08

In veral Ubud moet mens mooi om jou rondkyk, jy mag dalk net-net deel raak van ñ seremonie en op-eindig as deel van die trou-optog!

Post-4-Tenganan-Pegringsingan-Village-Img02

Nouja, laat ek verder beplan. Van hier af sal ons na die kusgebied toe aanbeweeg, en in die warm, golflose see ronddobber, of net rondstap en fotos neem. Snorkel, bootritte na ander klein eilandjies toe neem, olifant ritte en inkopies doen.

o4uq2numbzh2kkmhhzzk

Jip, my tweede asem is terug.

 

A walk of shame.

The walk of shame refers to a situation in which a person must walk past strangers or peers alone for an embarrassing reason before reaching a place of safety…

I get it, dis soms defnitief nodig.

(prentjies by Google Images geleen)winning-monday-funny-quotes-and-sayings-with-funny-animal-pics-with-quotes-of-funny-animal-pics-with-quotes

Hoe was jul vakansie, my kind. Die viertjies soet gewees?

Heel soet ma, ons het net so hier en daar ingegryp. Gabriëlla en Talisa moes op ons laaste middag ñ walk of shame doen want hulle het boetie se fiets weggesteek.

Hulle moes wat? Sies mamma!

Nie sies nie, ouma. Boetie is kafee toe gestuur op sy splinternuwe fiets, toe agtervolg die twee hom en steek sy fiets weg. Teen die tyd wat hy by die huis aangekom het, het hy heeltemal oorstuurs in my arms ingeval want sy fiets is gesteel.

Ag nee man, hulle is nog te klein om so gestraf te word! Julle is wreed… maar eintlik giggel ek in my binneste, want ek kan my die petalje voorstel. Die twee niggies is 9 en 5, altwee regte terggeeste. En boetie is ñ sesjarige met ñ baie sagte hartjie.

Die klomp was op Buffelsbaai vir die skoolvakansie, en skoonseun se familie besit omtrent ñ kwart van die vakansiehuise daar (of so voel dit). So net waar jy kyk is niggies en nefies en tannies en ooms.

Hoe vat die twee toe hul straf?

Hulle het my en tannie Lies eers baie geskok aangekyk, en toe hulle sien ons is dood ernstig, toe vat hulle hande en begin die lang stap om die blok.

Ouma proes aan hierdie kant. Wonder wat het in daardie gemoedjies aangegaan. Wonder of hulle skuldig en jammer gevoel het. Wonder of hulle nooit weer so iets sal doen nie…

Was dit maar so maklik, nè. Dan het menigte van ons dalk fiks geword.☺

raw

 

 

Eers voel ek bietjie afgeskeep…

mepandes

Want sien, in Bali maak almal ñ groot ophef daarvan as jy tandarts toe gaan. Mense beplan ñ fees, en dit net as jou tand gestop word. Hoe sou hulle my nou nie op die hande gedra het oor my besoek vanoggend nie…

Uitnodiging: ñ Tand word gestop! Almal welkom! Drag:Formeel.

Niemand gaan graag tandarts toe nie, is ek reg? Niemand wat al sy varkies op hok het nie.

So ek is nou amptelik as koekoes verklaar. Ek kan nie wag om by my tandarts uit te kom nie! En dis ñ vrou, so moenie te gou oordeel nie.

Dit gaan oor WAAR haar kamers is, dit is die groot geheim. Op ñ Dinsdag en ñ Vrydag sien sy haar pasiënte by die Cradle Spa op Harties, ñ klipgooi van my af.

cradle-health-spa4

Gewone ingekontrakteerde tariewe. Van die oomblik af wat ek uit my motor klim, is ek in ñ ander wêreld. Dis mooi en kalm en rustig, oral om my. Watervalletjies wat my verwelkom, sagte agtergrond musiek net waar ek stap, daardie regte ‘zen’ gevoel wat ek geleer is nie so veilig is nie. (hierdie word met die tong in die kies gesê)

Strooi. Niemand staan rond en prewel woorde nie. Inteendeel, dis stil en mooi, vriendelik en sag.

The Cradle Spa

Ek lê op daardie bed, staar na die plafon en vergeet totaal en al van my Francis vriendin wat in my kakebeen inboor. Ek voel hoe ek ontspan, en dis heerlik.

Hoe dit moontlik is, ek weet nie. Dat ñ atmosfeer jou kan beïnvloed, beslis. Tandarts spuit in, karring in my oopgespêrde mond rond, en ek lê net daar, die geluksaligheid vanself.

Nou vra iemand dalk hoekom ek nie die spa as ñ normale wese besoek nie. Hoekom vir ñ tandarts afspraak wag.

Ek doen nie die spa-ding nie, want ek hou glad nie daarvan as iemand behalwe my man en kids aan my vat nie. ñ Spa trek my nie aan nie, veral nie as dit masserings insluit nie. En dit nou van een wat in die spa-meccas van die wêreld rondbeweeg! Ek weet, ek weet… soos iemand eenmaal gesê het, ‘bring presents, but don’t touch me’. Dis toe die ou se love language bepaal is.

Towerinne, my glimlag is skitterend, en ek voel soos ñ nuwe sikspens…als te danke aan my tandarts, die wonderlike spa, en tannie Frannie.

My bierbroodjie kan nou opgeëet word….

Was daar ñ spook…?

Wel, ek HET hom gesien ja, so wie is jy om met my te stry?

download

Die saak staan nou eintlik so. Ons klompie van die groen toerbus het die Sammy Marks Museum saam met Kameel gaan besoek. Ek was al voorheen in hierdie lieflike ou plek, so miskien was dit die deurslaggewende faktor. Verskyn aan iemand wat vertroud is met die huis en sy geskiedenis; iemand wat nou wel glad nie in spoke glo nie, maar wie nie haar mond sal hou as sy jou raaksien nie.

Veral as jy ñ ewigheid lank daar ronddwaal en soms bietjie lus is vir sports!

So daar het hy gesit met sy japon aan, en my ñ uitdagende kyk gegee, asof om te sê ja toe, jy glo mos g’n in spoke nie, wat sê jy nou? Ek is nou nie een wat nie van ñ uitdaging hou nie, en ek wil ook altyd wen. So toe vra ek kliphard, gee hy nou nie om dat ons klompie so in sy slaapkamer rondkyk sonder om eers verskoning te maak nie?

VirgoC het geweet haar boet sal die horriepiep kry as hy hoor sy vroutjie praat met spoke, so sy het dadelik ingetree. Te laat, ek en hy het mekaar gesien, dit erken en siedaar!

Glo ek nou in spoke?

NEE.

Was daardie ou ñ spook? Hoe sal ek nou weet. Vir my was hy ñ mens uit ñ ander tyd wat of bo-of ondertoe is. Wat maak hy dan in die huis? Hy het glo hier gekuier, en net nie weer weggegaan nie. So in sy kamer bly sit, seker besluit dis nog te lekker, hierdie tussen-in tyd.

Hoekom het ek nie bietjie uitgevra nie?

Ag nee wat, mens se geheime is jou geheime. As jy nie jou praat gepraat het terwyl jy tussen die lewendes was nie, hoekom dinge wil kwytraak as jy klaar tussen die dooies is. Dis net moeilikheid soek, en ek het my hande klaar vol met my mede-toervriendinne.

Ons weet wie ons is, ons knoop nie geselsies aan met mense op stoele wat nie meer daar hoort en net wil stir nie.

Hoe sal my ouma nou gesê het…Wyk satan.

Kom ons gaan drink tee.

 

Om jou blogpos by te voeg of om die ander bloggers te lees, kliek op die volgende: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

ñ Gevaarlike vrou.

Ek het haar gister ontmoet; kom ek noem haar sommer Cassie. Sy kom uit Australië, met familie so ver as Nieu-Guinee.

Vreemde bou, diè vroumens. So om en by 60 kg, en 2 meter lank, eet glo geen vleis nie.

Dan kan sy hol!!! Iemand vertel my sy hardloop oor die dertig myl per uur.

Net daar weet ek ek sal my woorde maar in haar nabyheid moet tel.

Cassie gebruik mans. So af en toe ruk sy een nader, net om ñ nasaat of tien te kan hê, en daarna jaag sy hom weg. As die baby eers gebore is, moet die arme pa die opvoeding alleen waarneem, sy beweeg dadelik aan na groener weivelde.

Seker maar Womens Lib of so iets.

Cassie en haar soort word as lewens gevaarlik beskou, want hul spesifieke sportsoort is die skop-kuns. Kan jou morsdood skop as jy in hul pad staan.

Ek het ñ skelm foto van haar geneem, net so voor ek haar uit die oog verloor het. Sy het my wel ñ kyk gegee, en ek het omgedraai…

Kasuari:cassowaries_oct08_631(Google Images)Southern_Cassowary_7071

cassowary1_1823780c

In ons land kleur hulle gewoonlik hul naels, en in plaas van draf, tref jy hulle in die gym aan, in sulke fietse outfits.

Dis dan wat ek my brilletjies opsit en die swembad aandurf. Mens moet jou vyande liewer vermy, eerder as om praatjies aan te knoop.

Of wat sê ek nou alles.

Netnou netnou skop hulle jou raak.

☺☺☺

 

Die oë van ñ moordenaar.

law-wallpapers-hd-1080p-1920x1080-desktop-02

Sy seuntjie sit dikwels voor ons in die kerk langs ouma en oupa; hierdie pa wat sy vrou laat doodskiet het.

Ons mag nie oordeel nie? Nee, dis nie wat ek doen nie. En nee, hy is nie in die tronk nie, maar die staat gaan die saak teen hom weer opneem, blykbaar binnekort.

Die hele land weet hy het dit gedoen, nie net ons klompie hier in Harties nie.

Nou hoe nou, Una, hoe kan jy so ñ kras opskrif vir jou post gee?

Want ek het gister in sy oë gekyk.

Die moord het al in 2011 plaasgevind, en ons gemeenskap geruk; die hele land was geskok. Ek en Bertus is gevra om die ouma en oupa se Grief counselling te doen, vir ñ paar maande lank elke Dinsdag aand. So het ons aand vir aand met die klein mamma-lose seuntjie in aanraking gekom, want hy is in ouma en oupa se sorg geplaas.

Die kurses se naam, The New Normal. Daarna het ek myself nooit weer beskikbaar gestel vir berading nie.

Ek het gister vermoed dis hy wat gebel het vir hulp. Sal ek vir hom ñ kwitasie uitskryf vir Bali potte wat gebreek het tydens ñ storm. Dis vir sy versekering.

Die twee keer wat hy gebel het, het hy net sy naam gegee, en dit het my iets laat vermoed.

Toe hy instap, het ek hom herken. Onseker het hy voor die toonbank kom staan, en ek het hom vas in die oë gekyk. Ek wou. Hy het sy verduideliking herhaal, en ek het geskryf. Elke keer as ek sy naam wou invul, het hy weggeskram en my eers weer iets anders laat byvoeg. Tot niks oorgebly het nie.

My pen het op die stippellyn gewag.

Sit my naam in. Toe breek ñ stilte aan. Ek kyk op, weer reg in die onleesbare oë in.

Stadig begin hy sy van spel; stadig, so asof hy verwag dat ek die pen gaan neergooi.

My hart was yskoud toe hy uitstap.

Oppad huis toe die middag het ek aan die huil geraak. Sommer so sonder rede. Ek het gehuil vir daardie seuntjie, vir die hele familie wat ñ dogter en sussie verloor het. Ek het vir myself gehuil, wat in sy oë moes kyk en sy stem moes aanhoor.

Mag geregtigheid uiteindelik geskied, Here, sodat mense kan aanbeweeg. Mag hy die straf kry wat hy verdien. Ek gun hom dit!

By die huis gekom het ek magteloos in die kar bly sit, sommer so in die donker motorhuis. In my geestesoog het ek vir Saulus gehoor terwyl hy opdragte uitdeel om duisende Jode te vermoor.

Saulus wat Paulus geword het.

Dis toe dat ek bewus word dat ek my hande styf vasgeklem hou. Asof ek groot klippe vashou. Klippe wat ek bitter graag wou gooi.

Maar die woorde van Die Woord is in my hart vasgeskryf, en ek kon nie.

Ek het uitgeklim en die deur op my hardste toegeklap, die klippe so laat val.

Laat die een onder julle wat sonder sonde is, die eerste klip werp.

1120a6285c78f55d6b0944cf6d3ee182

 

 

 

Vegetariër in Bangkok?

Ma, wat is daai wat aan die kos karretjie hang? Hierdie word gevra terwyl ek doodmoeg geloop, op ñ stoel neersak.

Ek weet nie engel, gaan kyk. 

Maaaa, kyk asseblief, ek is te bang! Ag nee man, sussie, ek is MOEG! Maar moeg staan op en stap nader.

img-20180922-wa00472074608097.jpg

Kyk, dis defnitief iets, en jy eet dit met brandsous. Ek kyk en kyk, bespiegel so binne myself. Te groot vir gedroogte kokkerot, te klein vir rotte. Nie vis nie, dit is duidelik. Kop, lyf en vier pote.

img-20180922-wa00491250687165.jpg

Ek neem ñ naby foto. Nee, dis nie vlermuise nie.

What this? Ja, ek weet, ek praat Thais.

Forty baht.

Ag nee man, ek vra mos nou nie hoeveel nie. But what? Ek kry dieselfde antwoord; hy vererg hom vir my foto-nemery, ‘neem sy karretjie op’ en stoot vinnig verder.

It’s mice, verklaar ñ Thai wat my staan en dophou. Baby and mother. 

Dis muise, engel. Is jy lus vir een? Klaarblyklik is ek nie snaaks nie; die kyk wat ek kry spreek boekdele. Kyk, ek is nou wel ñ cowboy as dit by kos kom, maar muise wat geteel word vir kos, oopgevlek en dan gedroog word? Ek hou maar verby.

Die sushi-karretjie het sus se aandag gelukkig vinnig van haar naarheid afgelei.

img-20180922-wa0032185421870.jpg

Tot ons een aand saam met ons jarelange Thaise vriend gaan uiteet. Eers ry ons twee ure in mo…r en gone bye  in om tussen the rich people te gaan eet. Dis nou Somchat se woorde. Met die dat sy besigheid baie goed doen, is hy ook nou rich people; hy het ñ chauffeur, en hy het twee huise in dieselfde straat, om die draai van die eerste minister. Twee huise, want dis wat rich people doen.

So gaan ons nou rich people… 

Goeie maniere verskil sodra jy in Suid-Oos Asië aankom. Sommy bestel vir ons, en toe ek keer en sê onthou Janèt eet nie vleis nie, toe lag hy vir my en klik net sy tong. So asof ek nou werklik laf is om te dink hy weet dit nie. Hy ken ons al veertien jaar lank, en het by ons in Suid-Afrika gekuier toe die meisies nog op skool was.

20181003_110625373555393.jpg

Voorgereg: Shark fin. Daarna ñ spesiale treat, Duck skin. Hoof gereg: Duck meat.

Sussie was heel aand redelik vaal van kleur, en het kort-kort ñ draai buitentoe geloop.

Moeilik om ñ keuse te maak as jou gasheer vir jou inskep, want dit is wat goeie maniere is. Nodeloos om te sê ek het die kos uit haar bord uit ‘gegryp’ elke keer as hy wegkyk, en dit afgesluk.

Dis wat ma’s doen.

Ons aankoop-tog was van lag aanmekaar gesit. Daar is nou wel meer vir my gelag as anders om, want ek is klaarblyklik onmoontlik noudat ek aan 58 raak! Maar lag is daar gelag, en saans voor ek doodmoeg aan die slaap raak, was my hart warm en gelukkig.

It is well, it is well with my soul.

O, liewe tyd!

(google images)Newborn yellow chicken hatching from egg

Elke ding het sy tyd. Tyd is geld. Hy is grys voor sy tyd. Dit is hoog tyd! Kom tyd, kom raad. Die tyd sal ons leer. Tyd is die beste heelmeester. Hy sal dit ter syner tyd doen. Hy loop die tyd vooruit. Hy probeer tyd wen.

Daar is nog baie sulke gesegdes, alles uitdrukkings waarin tyd die hoofrol speel.

Seker omdat my kop en my lyf steeds sukkel om die Suid-Afrikaanse tyd weer in te haal, of te verloor, of hoe mens ook al oor jetlag sê, seker daaroor dat ek so diep sit en dink het oor hierdie kuiken en ‘sy tyd.’

Hoe weet hy hy moet die dop begin stukkend pik?

En as hy nou so ñ birds-eye-view op sy omgewing kry, hoekom aanhou en uitklim? Nuuskierigheid, oorlewing, of ñ stemmetjie wat hom aanpor? ñ Ingeboude alarm?

My wêreldjie beweeg op die oomblik ietwat te vinnig vir my. Dis soos die roller-coaster by ñ karnaval; jy klou vir lewe en dood, jy gil, maar afklim is nie ñ opsie nie. Ek sou nogal graag met die kuiken wou plekke ruil, vir ñ wyle. Net af en toe uitloer, maar geen verdere aanstaltes maak om uit te klim nie.

Tog, indien jy te lank wag vir die regte tyd, kan dinge dalk ernstig verkeerd loop…

318195277f027a1a2a401a58eb73d45b

So Unsie, soos my familie sal sê, dis tyd om by te pik. Eerder betyds as te laat…

2nqffyV

Watch this space, van môre af is ek terug!

… dink ek, glo ek, hoop ek… Maar presies nou, twee minute voor vier in die middag, wil ek bitter graag net gaan slaap.

 

 

 

 

Hi my boet.

Sy is als wat jou hart vir jul kind kon begeer. Wonderlik sag, vol liefde wat sy oral uitdeel, regtig beeldskoon van binne en buite.

Agt jaar gelede het jy aangeskuif hemel toe, ons klompie agter gelos. Sy het haar blonde tienjarige koppie opgelig, met trane in haar ogies die wêreld in die oë gekyk, en haar mamma en boetie help aanbeweeg.

Hulle mamma het goed gedoen, dis nodig om dit te hoor; julle het die twee amazingste kinders.

ñ Engel op aarde, my kleinboet, en nou is sy klaar met skool. Sy’s groot.

Maar in my hart, en ek glo ook in joune, sal sy altyd ons kleine Devie bly.

U is.

Dis vreemd om vroegoggend in ń ander land wakker te word en na geluide te lê en luister. By die dam is dit ń gekwetter van voëls en die tussen-in gans en eend-roepe, of liewer skreeue.

Hier hoor ek skoonmaakgeluide in hotel gange, mense wat hoes en badwater wat kort-kort iewers intap.

Van buite-af kom die vroegoggend Bangkok verkeer-geluide tot hier bo op die 15de vloer aangegolf. Net so vaagweg.

My eie land se mense slaap nog; my manlief en die kinders en kleinkinders droom hul drome en bou hul lugkastele. So baie ver van hier af, maar tog ook knus hier in my hart. Afstand beteken niks as jy liefhet nie.

Ek maak my oë toe en sien elk se gesiggie, voel elk se teenwoordigheid in my hart aan. Hulle is net ń gedagte ver, tasbaar naby.

Dankie my Vader dat dit dieselfde met U is. U is saam met ons in hierdie strate, U praat met my in die massa water wat U oor hierdie land uitstort. Ons sit op ń sypaadjie vasgekeer in ń wolkbreuk, en U kom lawe my moeë voete met ń golfie water. My kind se geskater van die lag vir ons twee wat soos nat hoenders lyk, is balsem vir my siel.

U is hier en U is daar, en oral tussen-in beweeg U ook. Daarom kan ek rustig wees en die tydjie hier ten volle om-arm.

U is in beheer.

Dis heerlik om weer warm te kry!

Ek loer gou by julle in hier uit Bangkok se strate. Ons ‘shop’ vreeslik vir die winkel, en party dogtertjies het die klere-markte weer ontdek, so sodra ons kamer toe gaan om pakkies af te laai, word daar vir my modeparade gehou. Brandkosse en Singa bier is aan die orde van die dag…dit klink dalk wild, maar met hierdie hitte is daar regtig niks wat so help soos die lokale bier nie! Dis glad ook nie so sterk soos ons s’n nie, hoor ek.🤔😊

My stapskoene werk nou maar net die beste, dalk nie so vroulik nie, maar ten minste swik my enkels nie in hierdie straatjies met al die ‘potholes’ nie… of moet ek dit op sy naam noem…toilet-afloop-kanale. Mens wil graag nie ‘die pad byster raak’ nie!

Interessant bly die elektriese bedrading hierrond…Eskom se moses.

Xxx

Lê-Jou-Eier-kuier-safari: Spring op die Bus.

Sien: Dis Ekke vir die reëls.

img-20180913-wa00052119949424.jpg

Hierdie bloguitdaging is aanvaar deur 14 Afrikaanse bloggers wat ñ virtuele toer deur Suid-Afrika gaan onderneem. Die gasblogger van die week moet op ñ Donderdag, op die datum wat toegewys is, ñ blog publiseer oor hulle tuisdorp/streek, asook ñ fiktiewe weergawe van die ander 13 bloggers se kuier by sy/haar tuisdorp.

Klik op hierdie skakel om die lys van deelnemende gasbloggers te sien, asook die datums waarop hulle blogposse gepubliseer gaan word.

Die 13 kuiergasbloggers vir die week (en hul lesers) kan dan vir die res van die week ook blogposse bylas waarin hulle beskryf hoe hulle die kuier geniet het, of hulle kan ñ blog skryf oor die streek waarin die gasblogger van die week die kuiergaste onthaal het – vertel van ñ eie ondervinding in daardie provinsie/streek/dorp, deel herinneringe of plaas fotos wat daar geneem is. Enige lekker storie sal doen solank dit in die gasblogger se streek/provinsie afspeel. Kuiergasbloggers en hulle lesers moet asseblief ook hulle skakels byvoeg op InLinkz sodat ons almal kan saamlees.

Om jou blogpos by te voeg of om die ander bloggers te lees, kliek op die volgende: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928


HELLO HARTIES!!!

Hello almal. Hierdie week is ek die gasvrou, en het ek die bloggers by Hartbeespoortdam in die Noordwestelike provinsie onthaal.

img-20180913-wa000486455340.jpg

“En die wiele van die bus draai om en om, om en om, om en om. Die wiele van…”

Dis hoe ons in Harties aangekom het, al singende soos opgewonde laerskool kinders op ñ uitstappie. Veertien van ons; ou vriende wat mekaar (of meeste van ons) vir die heel eerste keer sien.

By die bymekaarkompunt op die lughawe het chaos losgebars! Daar was diegene wat trane van aangedaanheid moes afvee oor hierdie fenomenale geleentheid, en dan was daar hier en daar iemand wat ietwat laat opgedaag het, maar op die ou end was ons voltallig…

Dit was nog vroegoggend, en ons eerste stop was ñ vinnige ‘nood-ledig’ een by Hennopsrivier. Scrapy het jare gelede hier skoolgehou, so ons kon net nie verby hou nie. VirgoC en Lekkervurig moes in elk geval afklim want beide se oë het al gewater, en na Hester se storie oor die geriefies op ñ bus, wou hulle eerder knyp voor hulle dalk mense in die verleentheid stel.

In Harties aangekom, het ons besluit almal wil Pretville sien. Dis ons bekende fliekdorpie en is tans die enigste filmstel in sy klas wat vir die publiek oop is. Melkskommels by die Pretville Diner is ñ moet, en ek moes spook om almal daarna weer terug op die bus te kry.

DSC_9078_thumb

Na ñ lywige laat-oggend ontbyt by French Toast, is ons deur die tonnel – ampertjies vasgesit met ons groen bus – Kosmos toe.

Magaliesberg-10-Copy

Ek en manlief, Kieter en Emma bly hier teen die dam. Vir ons kuier het ek die gastehuis reg agter ons gehuur, letterlik tien tree om te stap.

21

Nadat almal se kamers aangewys is, en ñ rukkie toegelaat is om asem te skep en BAIE gemaklike skoene aan te trek, (ook om ekstra droë klere te gryp vir die wis en die onwis) is die paadjie af jetty toe aangedurf… daar waar die groot barge, of in my Brakpan-terme, ons party-boot lê en wag, met ñ geriefie in die hoek wat ñ pragtige uitsig op die dam het indien jy die deur ooplos. Maar dis steeds privaat, hoor!

20161216_150311958132850.jpg

Die ding is, om by die dam te kuier, moet jy OP die dam wees.

20180910_0813301392000653.jpg

Ons hiasinte is redelik onder beheer en ons damwater is silwerskoon. Die hiasinte was nie net nadelig nie; daar is op die oomblik duisende nuwe klein vissies in die dam.

Harties gaan van die dam se kant af verken word!

hartbeespoort-dam (1)

Eet-en-drinkgoed, tafeldoeke en eetgerei, lewensreddingsbaadjies, die musieksisteem en kussings om op rond te lê is vroeg al gelaai, so ons kon net opstap en verder ontspan. Die barge het ñ groot engin, met tien yslike dromme onder om hom op die water te laat dryf. Nes ñ vlot.

harties-boat-company-09.jpg

Manlief is die skipper, sommer ook die DJ en die algemene kelner, en sy glimlag was breed. Hierdie onthalery is so reg in sy kraal.

Die gezoem van gesels het net nog nooit bedaar vandat ons op die groen bus geklim het nie, en hier in die middel van die dam, met elk ñ glasie van hul geliefkoosde drinkgoed in die hand, het die bloggers diep asemteue geneem en hul vere reggeskud. Ons kuier-safari het amptelik begin!

c58f32b8b499a29d5bcd68ed7fec13392109c77e

Almal het hulself vinnig ge-oriënteer ten opsigte van wat waar lê. Die kabelspoor was duidelik te sien, die Magaliesberg-reeks, die bekende Slangpark, Magaliespark vakansie-oord, asook die pragtige Estates wat oral om die dam pryk, is uitgewys.

8134507_orig

Perdebytjie het op ñ stadium die aasvoëls van die Vulpro rehabilitasie sentrum sien ronddraai en opgewonde fotos geneem. Ons kon ook almal die Visarende hoor roep; wat ñ magiese oomblik.

Al hierdie terwyl ons rustig op die dam rondvaar. Mmmm. Rustig???

Net ñ paar opmerkingkies:

Hester was werklik onmoontlik! En met Lekkervurig aan haar sy het hulle ñ paar van ons in die water laat beland. Per ongeluk natuurlik, maar meer en deels omdat ons ñ uitdaging verloor het.

images

Toortsie het self nie haar streke by die huis laat staan nie, en met Trommeltjies se hulp vir ons ñ kos demonstrasie-en-proe laat deurgaan wat Kameel haar oë laat rek het.

 

Die twee ‘jongste bloggers’ naamlik Bondeltjies en WoordNoot is vinnig ingelei in die geheime van die Towerinne. Kameel het dinge nog probeer teegaan, maar Tiramisu moes hulle proe!

tube

Die lilo is rustig agterna gesleep, net tot tannie Frannie daarop gaan lê het. Spring-en-waterbom aksies het hierna plaasgevind wat my verstom gelaat het! Daar is ñ paar baie fikse parkrun-bloggers hier rond, hoor! Hester was natuurlik voorbok, met Seegogga en Scrapy agterna. Lekkervurig het stategië voorgestel oor hoe presies om die oranje bed te laat omtuimel.

Ek het maar net ewe bedeesd my donkerbril opgesit en verskonend vir manlief gevra of hy nog ñ bier nodig het. Soveel van aksie het die barge lanklaas beleef…

En waar dink julle was Perdebytjie? Sy het op die boonste stoepie van die vlot gestaan en opdragte uitdeel, almal aangehits!

Ai.

IMG_2367

ñ Paar seiljagte het nuuskierig nader beweeg om te kom hoor wat ons vier…dis nou maar die dam-mense dié, as dit net lyk of daar ñ geleentheid is, dan moet hulle kom kennis maak, en natuurlik ñ ietsie saam ‘neem.’ Lekkervurig moes bontstaan om te keer dat WoordNoot nie al ons Tiramisu uitdeel nie, want op daardie stadium het sy en Bondeltjies reeds heerlik daaraan weggelê, en wou hulle net gasvrou speel.

En moet net nie dink dat VirgoC deur al hierdie haarself soos ñ dame gedra het nie. Nee. Sy en Positief het die musiek oorgeneem, en ons van ‘head banging’ tot ‘rock & roll’ passies laat uitvoer.

Ons is laat die aand eers weer huis toe…

Dag twee het lui-lui begin, veral Hester het moeilik opgestaan, glo van jetlag? Nadat die tasse gepak is, het die dag se paar aktiwiteite afgeskop met ñ ontbyt by LaTerazza langs die Bali Winkel. Kom ek sê liewer, nie almal het geëet nie want daar is omtrent ge-shop! Die VanGaalen Kaasfabriek was ons volgende stop, en daarna Jasmyn, ons reuse boeremark. Die wonderlike boekwinkel hier het almal gaande gehad, en ons was net-net betyds vir ons afspraak by die Elephant-Sanctuary. ñ Kuier saam met olifante is defnitief ñ moet. Sommige van ons was wel traag om te veel fisiese oefening te doen, siende dat die vlot mens op allerhande maniere bybly…

63

VirgoC het ń heilige vrees vir spinnekoppe, en eintlik ook vir olifante. So sy het vir moleste gesorg wat albei hierdie spesies insluit… maar dis ń storie vir ń latere geleentheid. Laat ek maar net sê, nat mmm… klere… was die gevolg.

Teen drie-uur het ons die pad Brits toe gevat, want daar wag Bondeltjies se plaas op ons.

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg