Die paadjies wat ons volg.

20180208_112747.jpg

Vanoggend was ek ekstra braaf, maar nou lê ek op die bed en ‘lek my wonde’.

Hardkoppig, want wil mos alles self. Nee dankie, ek wil nie deel van ñ toer-groepie wees nie. Ek sal regkom, my eie kop volg.

My laaste dag in Ubud, en ek het dit oordoen. Te vêr gaan stap, gedog ek kry ñ hartaanval met die terugkom slag, en moes hol vir die badkamer. In die proses skeef getrap, my balans verloor, en ñ paar wondjies opgedoen. Eitlik meer die ego wat skade gekry het.

20180208_111030.jpg

Hierdie wêreld bly altyd groener as groen, met riviere en stoompies oral. Feite bly, as jy ñ staproete op jou eie aanpak, met plakkies aan, en ñ onfikse lyf op die koop toe, kan daar gevolge wees.

Soos al die keuses in ons lewens.

Teen die tyd dat ek hierdie bosnimf raakgeloop het, kon ek nie meer ordentlik sien nie. Die sweet het my oë gebrand, die klop-klop in die kop oorverdowend hard.

20180208_145303.jpg

My asem was weg, so sy het net ñ skewe glimlag gekry. Kyk, dalk het ek gehalusineer; baie moontlik!

Amper terug uit die oerwoud uit, minding my own business, skreeu iemand vir my om stil te staan. In Engels. Blykbaar gewaar hulle toe die slang reg langs my, en asseblief, ek moenie beweeg nie sodat hulle gou ñ foto kan neem.

Watwou stil staan! Ek kyk hulle reg in die oë en begin Psalm 23 hardop opsê in Afrikaans, EN versnel my pas.

Shame, she doesn’t understand English, George. So sad, She chased it away. Ahhh.

Die hartaanval gevoel het kort hierna begin. Lam linkerkant…eintlik regterkant ook… My tong wat aan my verhemelte vassit. Ek kan nie sien nie. Ek kan nie hoor nie. Die stywe gevoel oor my borskas. Wat toe beter geraak het nadat ek my handsak verskuif het. Geheue verlies, het die verkeerde afdraai geneem. En ñ algehele gevoel van opgee.

Ek het regtig gedog dis ernstig, ek spot nou glad nie. Wou kort-kort vir iemand vra om my hospitaal toe te neem, maar dan beur ek weer voort.

Nog drie dae oor in Bali.

Veilige roetes, dis wat ek nou eers weer gaan volg.

9191f5de339bcc4f9fd8085cef138c89

 

 

 

So, jy is toe nie heilig nie…(al pryk jy soms op die kerktoring).

Una's avatarUna se gedagtes.

Vroeër vandag het die planne bietjie verander. My af-dag het ñ werksdag geword, en ons is ietwat hoër die berge op, op soek na ñ spesifieke item. Dis toe dat ek weer hierdie storie onthou…

DSC_0681

Dit was ñ Sondag, die dag toe ek net toeris is. In Bali verkies ek liewer die saamsmelt met hul lewe, nie die ure se rondtoer op paaie nie. Maar daardie Sondag, dit was my oomblik.

Ek het Wayan pas leer ken, en na dae van aankope en sake transaksies, besluit hy ek moet ‘die toer’ doen.

Op, op met passe, verby binnelandse mere en watertempels, steeds boontoe. Die mis neem toe, so ook die woude.

Ek sit op die agterste sitplek, soos ñ ware taxi-passasier. En toe gebeur die ondenkbare.

Met skreeuende bande kom ons tot stilstand. Wayan gryp sy kop vas, en uiter “oh my god,oh my god” baie benoud.

En ek dink…

View original post 453 more words

Die een,…nee twee, wat weggekom het!

My pa was ñ visserman. My man is ñ visserman. Die twee seuns vang BAIE vis… Ek weet van al diè wat weggekom het!

Nou-nou net hier in die kamer aangekom, die tyd in Bali reeds half-vier. Meisiekind bel uit Pretoria uit sodat ons die graad-een sage verder kan bespreek. Haar stem benoud, haar trane vlak.

Die wi-fi in my kamer is goed, maar jy moet twee treë van die deur af op die stoep staan. Doodstil.

Dit reën weer.

Paar stappe terug…

Dis bloedig warm hier, so my klere is uit die oomblik as ek hier instap. In my onderklere, met die aircon vol aan, dis al hoe ek oorleef.

Belangrike oproep; ek staan my twee treë van die deur af, buite, in my onderklere want niemand kan sommer sien nie. Net die ape aan die oorkant van die rivier.

Gesprek bereik sy hoogtepunt; dogter-mamma wat ontsteld die juffrou se baie foute in my ore opnoem… Toe sien ek hom. Nee, hulle. Twee gelyk, maar een in die boom, een in die water!!!!!!

Kamera!

Maar ek kan nie, moet stil staan. Want enige vinnige beweging van my kant af gaan die ander toeskouers se aandag hier na bo trek. En dit wil mens nou nie hê nie… En ñ whatsapp oproep is nie jou speelmaat nie. Jy moet stilstaan.

Regtig. Regtig. Voor my oë, hier klim die allermooiste Iguana redelik vinnig na bo. En terselfdertyd vang my oog die slang wat al kronkelend in die rivier af dryf.

My kind kom eerste.

Ek verloor my oomblik.

Maar hier is hulle. Presies hulle.

4

Die Bali-likkewaan, en die Bali Banded Krait. Laasgenoemde die heel giftigste slang op die eiland.

Ek sal nog ñ foto van die waarskuwingsbordjies afneem en plaas. Goeie advies?

“Never Run Away From Snakes.” Nie so seker hiervan nie…

600

Ag, ek moet dit net bylas! Vergewe maar.

Another shit day on an island.

Hierdie is my ‘hier’.

(skildery:Google Images)

White-Wolf-Back-Light

Hierdie gaan seker weer een van my skrywes wees wat vinnig afgehaal word. Ek doen dit nogal as ek myself ontbloot.

Ek treur. Dis reg ja, ek huil in my binnekant, en ek huil by Casa Luna as ek vir my kind ñ voice message stuur op haar verjaarsdag. Ek stap op my paadjies en my donker bril weer nie die snikke af nie. Maar hier gee ek nie om nie. Hier, waar mense verby mekaar loop wat mekaar nooit weer sal sien nie.

Hier kan ek leegraak.

ñ Wolf het ñ “lair”, ñ nes waar geen ander dier kan kom nie. Sy sleep nie die half gevrete karkas daarheen nie. Sy vreet hom elders op. Maar haar nes, dis waar sy haar kinders veilig hou.

So is hierdie eiland my plek. My nes.

Hier kan ek kom treur.

Kies om weg te raak? Jy kan nie!

IMG_2424

Casa Luna en ek kom ñ lang pad saam. In 2004 toe ons Bali kom ontdek het, was dit my eerste ontbyt-plekkie. Mense kom van regoor die wêreld om kookklasse te kom bywoon, en jy kry kort-kort die geleentheid om iets nuuts te proe. Die diens is voortreflik, die Balinese kelnerinne fyn en pragtig.

So vanoggend, nadat ek eers weer twee ure tussen die ryslande gaan ronddwaal het, was hierdie my keuse. Eintlik maar die varsgebakte brood reuk wat my verlei het. ñ Worsie, bacon, spinasie, gebakte tamatie, roereier en brood. Als op ñ oulike broodbord opgedien.

IMG_2423

Jy hoef nooit bekommerd te wees of jy jou pad gaan vind nie. Jy hoef ook glad nie broodkrummels uit te stooi vir hulp nie. Die brood-geure is genoeg…

img_24211.jpg

Ubud het paadjies en stroompies net waar jy kyk. As jy lus is, is dit heerlik maklik om net weg te raak vir ñ ruk. Moenie wonder nie, begin stap.

IMG_2406

Ek verwag gewoonlik om ñ dwergie of twee raak te loop, want die oerwoud wat oral om jou is, steek interessante gehuggies weg.

IMG_2402

Die wêreld hier is sopnat, soos maar altyd. Mistig met tye, en dan weer nie.

IMG_2413

Die onrustige berg…? Ek het sowaar nog nie eers probeer kyk of ek hom kan raaksien nie. Die lewe hier gaan rustig voort. Soos Wayan my vraag ge-antwoord het: We do not worry, Una. It is the will of the god.

ñ Klein eiland in die middel van die oseaan. Jy kan nie eintlik verdwaal nie. Jy hoef nie ñ padkaart te volg nie. Jy kan die gevaar gaan opsoek as jy wil, of net aanvaar.

Jy is in God se hand.

 

 

 

 

Op jou merke, gereed, gaan!

IMG_2392

Ek glo ek is vanoggend heel eerste deur hierdie ingang uit strate toe. ñ Vrou op ñ missie. Dis Sondag, en baie winkels bly toe, so Wayan kom nie deur Ubud toe nie. Maar in plaas daarvan om laat te slaap en langs die swembad te ontspan, vat ek die pad.

IMG_2390

Na ñ rukkie loop ek darem een wakker mens raak. ñ Dame besig om blare een-een van die tak af te knip, om haar tafeltjies te versier, sê sy.

IMG_2386

Ja, ek het die draak gegroet, en het my verbeel hy knik sy kop… Wat ñ heerlikheid om die straatjies net vir myself te hê!

Na so ñ uur se stap, op ñ oop ontbytplek afgekom, en Nasi Champur bestel. Ek weet, dis ñ hensge bord vol middagete kos!

IMG_2393

En dis my ontbyt…☺

20180204_110715.jpg

Hoender saté in die heerlikste katjiebotter sous. ñ Neutmengsel in iets soeterigs gebraai. Groente. Voor is dit fyngesnyde hoender in ñ chillie sous. ñ Gekookte eier. Mieliekoekies. ñ Brand-sousie met stukkies hoender. En dan natuurlik ook jou rys.

Nog twee ure se stap later, en ek is in Tegallelan. Teen hierdie tyd pyn die bene goed, want my stappie is flink. Teen ñ stadiger pas begin ek rondkyk, en koop die mooiste lampe en metaal décor items. Gesels op my manier land en sand met die verkoopsdames, net om nog ñ uur later doodmoeg op ñ trappie neer te sak.

IMG_2399

Sit vir ñ rukkie die ryslandjie en waardeer, en loer toe by ñ meubel winkel in. Dis nou in hierdie terme, ñ yslike groot, deftige plek!

IMG_2400

Daarna die lekkerste deel. Spring, nee klim, stadig agter op ñ motorfiets, en ñ sestienjarige outjie neem my terug hotel toe. Sestien ja. Hulle bestuur almal van pas na geboorte af.

Glad ook nie ñ stadige rit nie.

Hier lê ek nou langs die swembad, uitgeput. Baie tevrede. Met ñ yskoue Bintang bier in ñ glas, en ñ breë glimlag op my gesig.

Mission accomplished. Self reggekom.

 

 

 

Ape en…slange.

20180202_132253.jpg

“Wayan, please stop at the Ugly Man shop. We need to get a ogoh-ogoh for a strange cliënt in my country.”

Die volgende oomblik begin ñ vrou in vreemde tale te gil, net toe ons ons voete uit die kar uit sit, en ek dog dis alweer oor ñ aap.

Toe nie. Net ñ reuse geel slang, seker genoemd Kaa, soos in Mowgli se Jungle Book. “A huge and powerful snake, more than 100 years old and still in his prime”. In die middel van die pad. Hy kriewel en krul, en toe nie. Toe is hy “fu..ked up plat”, soos Bertus se niggie-kind sou sê.

En die motorfiets ou ry rustig verder…

Nie die ogoh-ogoh gaan koop nie.

20180202_181542.jpg

My uitsig vanaf my balkon. In my nuwe hotel in Ubud. Vir sewe slapies.

20180202_181548.jpg

ñ Kabbelende stroompie… En dan…

20180202_181555.jpg

Die MONKEY FOREST met miljoene ape. Reg oorkant my venster. Ek kan hulle sien, en hoor. En hulle vir my.

En dan het my bed nie eers ñ muskietnet nie!!! Ja ok, dis nou nie om die ape uit te hou nie, en hier is ook nie muskiete nie. Maar op die prentjie het ek ñ muskietnet gehad! ñ Room kleurige een met mooie knope en lussie en…

Indien. Indien hulle vanaand aan my balkon se skuifdeur gaan kom karring. Indien, net indien hulle vir my kom loer…

Die outjie by ontvangs sê so ewe onskuldig dat ek asseblief niks op my balkonnetjie moet uithang nie, want die apies sal dit kom haal. Ek, wat my eie onderklere uitwas en saans ophang. Ek, wat effe sukkel om hierdie vreemde tyd my eie te maak. Ek, wat baie het om oor te top in die middernagtelike ure. Ek moet glo nou nie skrik nie.

Net môre sal ek my klagte indien. Ek wil skuif, want ek wil ñ muskietnet hê. Om in die aand te laat sak. Want dit is romanties, al is ek alleen. En dit weer die goggas af. En kan dalk die aaklige ape daarvan weerhou om vir my te loer…

O ja, net so terloops. Ek het vandag ook mooie meubels aangekoop.

☺xx

Mag julle altyd bly glo.

(fotos:Google Images)ef18e3d5b8a0d7bd3fb905bd7c5e0c15

Ek sien die lewe weer in ander kleure deur jou ogies. Julle help ouma onthou, onthou van padda-prinse en goeie feë, van wyse manne wat die slegte monsters oorwin, van drome wat waar sal word.

Goed en sleg. En dat die goeie steeds kan oorwin.

Nooit sal ek verstaan hoe kleine lyfies sonder stories kan grootword nie.

Kan gesond wees nie.

AEV-Fairy-Pink-Standing-1

Ek sien julle rondtrippel in jul engeltjie klere; asem intrek as die kamma prins sy opwagting maak.

Ek help jou soek tussen die plante na ñ paddastoel wat in ñ kasteel kan verander. Of na ñ yslike monster wat voor ñ seuntjie-soldaat moet vlug.

Ouma sal so lank as moontlik saam verdwaal in jul kinder-wêreld, my kleinstes. Julle help leer om te onderskei tussen goed en kwaad. Tussen mooi en lelik.

My eie hartjie het male sonder tal in Lassie-flieks aan skerwe gebreek, net om weer verwonderd te sien hoe ñ goeie mens die verskil maak. Hoe daar uitkoms kom.

06f23e2253e8ea731494f366fe1b30e1--child-artist-art-children

Ouma weet dat engele julle oppas, dat Jesus oor julle waak. My eie mamma het my gewys wat dit is om te ‘luister’ al kan jy nie sien nie. Om te hoor al praat daar nie ñ stem nie.

Mag ek hierdie een iets vir julle agterlaat; vir julle al ses. Dat ons mag droom, dat ons mag glo. Nie net in wat die wêreld ons wys nie, maar veral in wat DIE GEES in ons harte kom lê.

As ‘ander’ tyd nie joune is nie…

20180201_131958

Ek gaan NIE sê hierdie is ietwat ñ weerspieëling van my bui nie. Die woorde SAL nie oor my lippe kom nie, want dan is dit bizarre. Geen mens kom op ñ eiland aan en voel so nie???

Dis nou half-ses in die middag hier in Bali. Donderstorms en reën. Elders mooiweer en warm.

Ek wonder altyd waar hierdie elders is.

Ek sit knus in my hotelkamer en wêreldnuus kyk. Wonder of julle wat hier lees besef dat wat hier op CNN wys, is nie wat ons in S.A. op CNN sien nie. Ek sit in Asië, en sien Asië se nuus…op CNN. Fassinerend. Myanmar is hoofnuus, en daarna is dit net vulkaniese uitbarsting oral oor! Jakarta, Indonesië se hoofstad, sukkel hulle gedaan met al die afval van hul miljoene mense, en Japan sukkel hul alies af met hul berge. ☺ Ek is verslaaf hieraan, dalk omdat dit indirek niks met ons land te doen het nie? Eintlik bietjie siek dat DIT nou vir my makliker is om na te kyk as ons eie nuus. Ai.

20180201_145728

My uitsig vanuit die hotel kamer in Kuta; ñ verdwaalde kieter het my nou ñ hele ruk besig gehou…spring van dak tot dak. Wonder of sy en Kieter terug by die huis dieselfde taal praat?

20180201_111912

Bali se strate was vroegoggend leeg. Want dit reën. Soos ek al voorheen vertel het, Bali mense respekteer reën. Jy gaan sit op die trappie onder ñ dak, en jy wag.

20180201_140303

Vandag is ek af, indien iemand sou vra. Teen hierdie tyd weet ek dat soms, darem net soms, vang die tydsverskil my lyf bietjie baie. ‘Heerlike’ slapelose nag agter die rug, en elke enkele negatiewe gedagte moontlik het vir my kom kuier so tussen wakker en slaap deur. Ek is vodde.

Môre begin ek en Wayan amptelik werk. Skuif oor Ubud toe, en dan is dit net lysies en soek en onderhandel en aankoop. Geen tyd vir onnodige dinke nie. Tog, my werkswêreld is nie 100% afgesonder van ons allerdaagse lewe nie. Nes enige ander persoon, is die lewe by die huis gekoppel aan my werk. En soms gaan dit bietjie moeiliker. Ek bly vrou, ma en ouma. Vriendin. My hartsmense vlieg saam met my, en dit is reg so!

20180201_174340

Kleindogtertjie-engel se Moana pop is darem al opgespoor, asook ñ nuwe Elsa rokkie. Hoe lekker gaan ouma en sy nou weer konsert kan speel!!!

20180201_160717

Tussen die vier kleinkinders wat reeds in die laerskool is, is daar enetjie wie se mamma en pappa pas gehoor het hy kom glad nie reg in graad een nie. Is intellektueel vêr te slim vir sy ouderdom. En emosioneel nie opgewasse vir die skool nie. So nou is dit terapeute ens. ens. Sy mamma teen die grond. Sy pappa in trane. Ouma, aan hierdie kant, dankie tog daarvoor, kan luister en saam huil. En planne voorstel, en probeer raad gee.

Wat is die gesegde nouweer… It takes a village to raise a child.

Tyd en plek maak nie ñ verskil aan omgee en liefde en inzoom nie.

En nooit ooit mag dit nie.

 

 

 

 

 

 

Die gevaar-zone.

(fotos:Google Images)TOPSHOT-INDONESIA-BALI-VOLCANO

Die tye wat ek in ñ veilige zone verkeer het, was ook die tye wat ek nie gegroei het nie.

Op my ouderdom is dit nogal moontlik om te stagneer. Ons lewe is redelik uitgesorteer, die kinders is uit die huis uit, ons tyd is ons eie. Daar is nie al hierdie druk op my om keuses te maak nie. My wêreldjie is veilig. Bekend.

Tog weet ek dat die gevaar zone die gebied is wat my aan die verander kry. Aanvanklik is dit dalk ongemaklik, nie gerieflik nie. Kyk ek daarna terug, heelwat later, sien ek die nuwe paadjie wat ek weereens begin volg het. Die innerlike besluite wat ek geneem het. Die insig en wysheid wat bygekom het:

bali-volcano-agung-sunset

Die son bly sowaar steeds sak, selfs met ñ vuurspuwende berg in die voorgrond. Mense kies om hul vrese eenkant toe te skuif, en voort te gaan met wat gedoen moet word.

171127200511-02-bali-volcano-ap-17332010787596-super-169

Soos ek voorheen genoem het, 2017 is ñ jaar wat ek nooit weer wil oorhê nie… Tog, 2017 het my voorberei op 2018, wat op sy beurt ook glad nie binne die veilige zone gaan lê het nie. Die lewe gebeur met my, om my, en ek moet kies. Ontruim ek myself en vlug na veiliger, stiller areas toe? Leen ek my ore uit aan negatiewe uitsprake. Luister ek na my eie vrese, en hoor ek ander se harde woorde?

Of tree ek rustig terug, neem ñ diep teug asem en trek die volle wapenrusting van my God aan. Die Helm van Verlossing. Die Borsharnas van Geregtigheid. Die Waarheid as Gordel. Die Skild van Geloof. Die Swaard van die Gees. Die Evangelie van Vrede.

So vandag maak ek weer die keuse, om binne die gevaar-zone te bly beweeg. Om my geloof ten volle te be-oefen. Om elke onmoontlike situasie voor Jesus te lê.

Ek neem die besluit om uit die boot te klim, die golwe nie te ignoreer nie, maar my oë op my Lewensredder te hou. 

images

 

 

  

 

 

 

 

 

 

 

Amper agt jaar later.

(fotos:Google Images)m-capella-ubud-2

Ek onthou nie veel van jou kleintyd nie, my boet. Jy was maar net daar iewers rond, en ek nege jaar ouer.

2010. Ek was in Bali toe hulle my bel oor jou. Daarna was jy in ñ koma, en vier dae later weg.

Vir die eerste keer gaan ek weer in dieselfde hotelletjie bly as toe. Wonder of die kamer my sal onthou; die vrou wie se hart in stukke gebreek het. Die een wie se trane in die wasbak opgevang is.

Ek gaan die paadjies stap van destyds; dalk op dieselfde trappie sit as toe.

ubud-bali-7-525x700

Jy is gelukkig waar jy nou is. Niks meer pyn nie, geen gebrokenheid nie. Ek het twee fotos van jou kids in my handsak. Vat hulle saam, sommer net.

Mens vergeet nie jou boet nie, Ben, mens onthou net meer en meer.

Die hoekom vrae sal maar altyd bly, maar die angel is weg.

 

 

 

Wat as…

Una's avatarUna se gedagtes.

Humanesque-Yoda-Sculpture-03-634x680(Ek plaas hierdie skrywe van 2016 weer op my blog, want nadat ek by Hester ingeloer het, het ek hiervan onthou.)

Een maal elke drie jaar moet my ore oopgepuit word. Ja, werklik. Want ek het ñ totale ingewikkelde oordrom, nie soos normale wesens nie.

Hierdie jaar, ewe skielik, besluit dok ek moet vir drie dae voor die tyd goed in my ore gooi. Gaan glo help met die proses wat hom môre moet afspeel.

En teen vanoggend is ek STIKDOOF!!!

Ek ry van Harties af Rustenburg toe in ñ bubble van nikshorendheid. My daaglikse gospel musiek is weg; nada. Met ander woorde, my diep tyd saam met die Here is “gone”, vasgevang in ñ gehoorleemte. Ek kry dit glad nie reg om binne die spoedgrens te bly nie, want ek kry nie my flippen spoed ‘gehoor’ nie. Wonder of die verkeerspolisie so ñ verklaring sal aanvaar.

Nietemin. Die dag…

View original post 330 more words

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg