Dit reën strepies.

Letterlik. Kyk fyn, die reën druppels is yslik, die kleinkinders noem dit strepies reën.

Ek het ń Una af-dag, my groep is op hul toer op met die berge tot by die mere en vulkane. Die mere hier lê hoog hoog op, en van daar af kry die hele Bali sy water. Wayan en die vyf dames in een voertuig, dit gaan ń kakofoniese gebabbel afgee! En ń gelag.

Wayan vind ons klomp baie amusant. Hy giggel kort-kort vir hul sê-goed en praat net so onophoudelik saam. Meestal verskil sy onderwerp en ons s’n heeltemal, maar dit pla niks.😉😂

Gister het ons ampertjies verspoel. Die paaie het in riviere verander, die riviere in massas water wat als meesleur. Hierdie tipe monsoon reëns hou net so twee ure aan, en dan skyn die son weer.

Ses baie verskillende persoonlikhede, BAIE, maar sowaar sorteer dit homself uit. Ons Suid-Afrikaners kàn, as ons wil.

Wie, wie is wie, wie’s baas en wie’s die ho…eend.

Ek kan nie wag om die beloofde karaktertjies te gaan uitsoek nie, “if you know what I mean…”

Op hierdie manier gaan julle eintlik maar almal saam, want ons gaan defnitief oor die Towerinne moet praat en dink en doen…

Wie van julle herken julself al…?

🤔🙄😉😂😍🤗

Woordsnoere 1: Bali Drome se storie.

Het jy ook lus vir saamspeel? Skryf dit op jou blog. Gebruik een of meer van die woorde as inspirasie en onthou om die skakel te gaan plak by INLINKZ, waar jy ook sommer al die ander blogs kan lees.

Cartoon woman playing with crosswordsDit sous hier by die dam, en op so ñ reëndag kan mens nie anders as om te wil uitbreek nie. So is ek dan die skuinste af, gly-gly tot onder op die wandelpaadjie. Links om verby die kleims wat die Kosmos-raad deesdae hier afsteek, daar waar die nuwe boothuise beplan word, en om die hoek waar die fenomenale tuine van die moedermooi huise aangelê word.

Verder aan met die paadjie raak dit opeens ruig tot mens by die enge kluisenaars oom se hut kom. Jy stap vinniger om nie tyd by die oerangoetang-agtige oker soma, (ñ Indiese plant) te verwyl wat langs die ingang in beeldvorm nagemaak staan nie. Dis spookagtig hier want diè kens man het ñ hewige behoefte daaraan om ge-isoleerd te leef.

Maar nie almal het sy memo ontvang nie!

Reg langs hom staan die pophuis waaruit dag en nag bede na bo opklink en ñ behoorlike engelekoor saam met klavierklanke oor die water weerklink. Die rede hiervoor is dat die lewenslustige oujongnooi wat hier bly deur ñ ander lens na die lewe kyk. Haar resep is om alle negatiewe dinge met ietsie hemels teen te staan. Eintlik ñ komedie in die kleine wat homself in ons dorpie teen die hange van die Magaliesberge afspeel.

Hier tref jy ñ ietsie vir almal se smaak aan, soms met ñ tint van die makabere in.

Dis hier by haar waar ek gewoonlik met die grootste graagte gaan aanklop vir ñ sterk koppie tee, my eintlike rede vir die uitstappie.

Fluit-fluit my storie is uit.

 

 

 

Ewig dankbaar.

aa809db4c3dac5f5921a0b228ff2f29f

Vanoggend is weer een van daardie dae wat die oulikste kliënte hier instap en dan sommer vir ñ koppie koffie bly. Vreemdelinge, maar hulle is lus vir gesels en drome deel.

Ek is baie bly ek weet nie wat die dag van môre inhou nie, want dan sou ek dalk weer in sak en as gesit het. Alles in my baklei teen hierdie afskeidsproses al sê my kop dis reg en dis tyd. Tannie Bali wil net hier bly, hier tussen my kliënte en mooi Bali goedjies. Tussen my boeke in die boek-hoek, en die gesels op die stoepe.

Dit gesê, gaan dit tog goed met my. Dalk is dit die opgewondenheid oor die wegloop Bali toe oor twee slapies, of dalk is dit die berusting wat stelselmatig sy plek kom inneem. Hoe ook al, ek geniet elke oomblik wat ek nog in my winkeltjie kan deurbring. Vir vyftien jaar al is hierdie my lewe, my opstaan en slaap. My baba wat ek behoorlik van niks af opgebou het nie. Ek is trots op die tye wat verby is; die baie goeie en baie moeilike jare. Ek is dankbaar vir elke paar voete wat oor die drumpel gestap het en my lewe betree het.

Met soveel herinneringe weet ek ek sal deur die dag van môre kan kom, al gaan dit soms gepaard gaan met trane en hartseer. Die ondervinding kan nooit weggeneem word nie, die lesse geleer het my sterk gemaak en insig gegee, die vreugde van elke nuwe besending wat afgelaai is, het my eindelose genot verskaf.

So sal ek aanhou om elke koppie koffie saam met ñ kliënt te koester tot die dag dat die deure finaal agter my toegetrek word.

 

A-bra-ke-da-bra…

1753842-OMLIJBII-7

Lank, lank gelede het ses baie moeë dames uit die lug uit op ñ plek geland. ñ Tower-plek. Hulle moes hul oë knip-knip om aan diè vreemde wêreld gewoond te raak; die klanke, die kleure, die reuke.

Versigtig het hulle deur die ingang gestap, loer-loer om net seker te maak dis veilig en hulle dons nie verder deur die lugruim terug tot in die werklikheid nie.

Sixty-and-Me_Thinking-About-Traveling-to-Bali-Explore-a-Unique-Mystical-and-Exotic-Island-Culture-740x416

Kan hierdie waar wees…? En as dit is, kan ons asseblief net hier bly; hier waar werklikheid en sprokies bymekaar kom en verder hand aan hand stap.

Waar is ons, wou hulle weet. Waar het ons geland?

bali-on-world-map-besttabletfor-me-throughout

Die kleurvolle mense het in hul ore gefluister… Hierdie is Bali, ons eiland in die middel van oral. Kom, volg ons, en vergeet verder van als.

O gits, die laaste sin is myne, dis ek wat dit bygelas het, sorry. Sal dit nie wonderlik wees as so ñ droom kan waar word nie, om net bietjie te vergeet… Of wat praat ek nou alles!

timthumb

Nog net 5 slapies.

 

My nuwe baba.

ń Paar bloggers bly vra vir fotos van die eerste gastehuis waarna ek deesdae moet kyk. Hier kom dit…

Onderhandeling vir die een agter ons is nog aan die gang, en iewers in Maart kom nog twee by. Ons eie eenheid is deesdae elke naweek vol, so die nuwe besigheid vorder stadig maar seker.

‘Mamma, jy moet vir ouma sê dis nie ñ goeie liedjie nie…’

Ek en kleinste vyfjarige dogtertjie-pikkewyn doen die “ladies night” ding. Nommer een op die lysie: ouma stel haar aan kondensmelk voor! Dis blykbaar ñ aartssonde, maar dis ook ok. GEEN mens kan deur die lewe loop sonder om selfs net een keer te kon proe nie.

ñ Hele ritueel. Sy sit langs my op oupa se uitskopstoel, die blikkie het twee gaatjies in. En mens maak beurte om te suig. Elke suig moet stadig gebeur, en jy hou die blikkie voor jou mond tot jou hele mond vol van die engeltjiespoeg is.

“Oumie, hierdie is lekkerder as roomys! En lekkerder as al die sweeties op die aarde! Oumie, hierdie is so lekker soos ALLES!…”(wat dit ook al mag beteken.)

So word ek toe nou ingelyf in die nuutste fliek-wonder van my pikkewyntjie.

“Gabs, is hierdie hartseer? Ouma hou nie van huil nie.” Nee ouma, niks. Maar jy kan my handjie vashou, ek sal jou help…”

Dit was die mooiste om te ervaar. Sy sing saam met elke liedjie, sy vlieg kort-kort op en dans saam. Sy sê die woorde hardop en waarsku haar ouma betyds as iets belangriks gaan gebeur.☺☺

My oë was op haar, defnitief nie soseer op die skerm nie. Hoe het dit gebeur dat sy so slim en groot en pragtig en oulik geword het! Besef die wêreld hier is ñ juweeltjie wat alles gaan oorneem!!!

Aard bietjie na haar ouma, maar ek sal dit glad nie hardop sê nie.

Haar mamma bel my die volgende oggend na sussie by die skool afgelaai is.

“Ma, Gabby het gesê sy voel ek moet ma net bel en sê ma moenie te veel daardie een liedjie luister nie, die baie mooi een, want dit is nie ñ goeie liedjie nie. Sy kon dit nie self vir ma verduidelik nie, want ma sou nie verstaan het nie…”

O?

En proesend van die lag sê Lisa. “Ja, sy sê die tannie sing verkeerd. Sy sing oor Jesus en dan sing sy Never Enough, en ma moet weet dat Jesus genoeg is, altyd, so ma moet nie daarna luister nie al is dit ook hoe mooi… Dis glo sleg vir ma.”

“Maar bokkie, sy sing glad nie oor Jesus nie, hoor.”

“Ek weet my ma, ek dra maar net Gabby se belangrike boodskap aan haar ouma oor. Want ma verstaan glo nie altyd alles wat in stories gebeur nie, en sy voel dis beter dat ma nie alleen daarna kyk nie, maar liewer altyd wag dat sy by is…” 

Jip. Ouma se kleinkinders kyk na haar…

Vriende wat weet van verf.

Daar is deesdae te veel sulke dae volgens my, dae wat ek net wil opkrul en wag dat tyd verbygaan. Want sien, daar is ñ verwagting dat tyd help as berge onoorklimbaar lyk.

Maar ek wil nie oor berge skryf wat so hoog is dat dit tussen die wolke verdwyn nie. Ek wil liewer skryf oor vriendinne wat weet van verf.

12-ZOOLIDAYS1

Diesulkes wat verstaan as jy soos ñ kleurlose seekoei sommer net onder die water wil wegsink en maak asof jy nie weet van asemhaal nie, en hulle dan opdaag met kwaste.

Ek praat boontoe vir jou…Ek bid vir jou…Ek bel sommer om te hoor hoe dit gaan…Haai, is jy ok? Jy is te stil?

Dis die inkleurders. Sonder om genooi te word kom neem hulle posisie in en begin met hul selfopgelegde taak. Soms kry jy die opdrag om die verf vas te hou, en verder net asem te haal. Hulle verstaan van berge en moedeloosheid en die lus om op te gee. Hulle weet van op en af ure, dae. Van die een dag kleurvol voel, en die volgende dag bloedloos lyk.

Selfs al is hul eie vere amper als uitgepluk en hul vlerke skeef geknip. Hulle hoor die diep sug as jy onder daai water insak, en kom dadelik aangevlieg.

Dis dan dat jy weet jy kan onder water asemhaal. Met hulp.

hippopotamus-drawing-poster-painting-tuba-lovely-hand-painted-cartoon-hippo-wearing-goggles

xxx

 

“Off-centre”.

Ek kry goeie Engelse verklarings van die woord.

Displaced from a centre point or axis. Slightly eccentric or unconventional, not completely sound or balanced.

Not quite in the centre of something.

cat-landing-hero-lg

In Afrikaans: Off-centre = Kieter.

Ek sê vir manlief vanoggend, kyk net na haar Bert, sy leef haar eie, volledige lewe hier regs van ons s’n, en sy glo sy is in beheer van die groter prentjie.

Ja, reken Bertus, nes Zuma toe hy gesê het die res van die wêreld is hier, en Suid -Afrika diè kant. So asof ons van die aardbol afgetuimel het.

Lê ek nog in die bed, sit sy op die bed se hoek na my en kyk. Begin ek beweeg, gaan sit sy langs die deur. Stap ek af kombuis toe vir koffie, is sy vooruit en loer onderdeur die tafedoek vir my. Stap ek yskas toe, beweeg sy kosbak toe.

Hierdie is ñ ten volle uitgewerkte dans, en sy is die choreograaf.

Dit lyk maklik om sy te wees.

Ek sou ñ goeie kat uitgemaak het.

 

 

 

ñ Handvol pêrels.

capa-velinhas

En ampertjies het ek een verloor.

Sy whatsapp my vanoggend, en ek sit lank daarna en kyk. Wat as. Wat as, my maatjie, ek nooit weer een van jou af gekry het nie.

Bietjie meer as ñ jaar gelede het ons ñ ent agter een se kis aangestap, en soms sug ek steeds oor die leemte wat daar is.

Jou val het my onderste bo gelaat. Want ek weet jý is gereed om huis toe te gaan, ons praat dikwels daaroor.

Maar ek is nog nie gereed om agter te bly nie.

So nou sit ek hier in my winkel en probeer julle almal bymekaar maak. Al ons tye saam in ñ onthou album plak. Ek weet ek kan van julle verloor terwyl ek nog hier is. Van julle moet begrawe en dan voortloop.

Jou val kon ons almal se lewens binne sekondes verander het. Dit kon.

En al wat ek kan doen is om my hand stywer toe te vou.

Dankie Vader.

Dankie vir haar skryf.

Nog net 13 slapies voor ons vlieg!

Sjoe, die tyd begin nou vinnig nader kom. My vyf mede Bali-gangers kom kort-kort met vrae…wat pak ek in, kan dit koud raak, hoeveel sakgeld, hoe lank vlieg ons…???

Hier is ñ voorsmakie van ons verblyf. Ek weet veral Positief sal dit geniet om te loer waar sy haar gaan bevind.

grand-inna-kuta-hotel-bali-main-entrance-129847415785-jpeg-srp

14

Daar is ñ rede vir elkeen van my keuses. Estelle-vriendin wat in 2015 saam is Bali toe, se woorde was: Daardie eerste indruk toe ek by die ingang ingestap het, Una, daardie sal my bybly. 

Ons land in Kuta Bali, 11h00 hulle tyd; terug in Suid-Afrika is dit 04h00. Vyftien minute van die lughawe af is ons eerste hotel, teen die see. Hier slaap ons vir twee nagte, en hier maak ek almal gou touwys oor die geld-wêreld, die kosse, die keuses van dagtoere en watter winkeltjies waar is. Hier koop jy swembroeke, strandklere, SKOENE, leer-artikels, juweliersware, of jy loop net rond en neem in.

grand-inna-kuta-indonesia

Die hotel sit voor teen die see en is beroemd vir sy skilpad-programme. Ek het al in detail hieroor geskryf. (https://travel4601.wordpress.com/2016/10/25/ouma-kom-gou-gou/)

5859260-sunken_bar_in_the_tropica_resort_pool-0

Positief, jy sien ons daar sit, nè…

28520332_w

Sondag die 17de vat ons die pad Ubud toe. Wayan sal ons met twee voertuie kom oplaai. Hierdie is ñ rondry dag, want daar is bitter baie stopplekke oppad soontoe. Ons ry aanmekaar deur kunstenaars dorpies en behoort ook optogte te sien.

In Ubud bly ons in ñ kleiner plekkie. Ek self het nog nooit hier bespreek nie, te lekker.

7481825_46_z

Die ingang…

a-few-pics-of-artini

Swem area waar Positief beplan om meeste van haar tyd deur te bring…

53285648

artini-group-1

Ons is vyf volle dae in Ubud. Baie sentraal geleë en in die middel van die spa-wêreld.

spa

Hieroor het ek ook al geskryf, en ek vat die dames defnitief na my geheime wegloopplekkie toe… (https://travel4601.wordpress.com/2017/05/17/my-geheime-wegloopplekkie/)

Die laaste twee aande is ons terug see toe, ook nie ñ plek waar ek al voorheen gebly het nie, maar menigte kere by verbygeloop het.

107387387

Indien die dames vir ñ dag op ñ seiljag na die kleiner eilandjies wil vaar om daar te gaan snorkel, is dit nou die tyd.

krakotte Attractive InfoGraphic

 

standard-room-61577

sembo-136395-1098365_93_b.jpg_resizemode=fitinside_formatsettings=jpeg(quality-90)-image

Ons vlieg om 20h00 op die 24ste terug, en land Maandag oggend 06h00 weer in Johannesburg.

Vyf van ons blog-vriendinne wou baie graag saamgaan, en ek glo dat dit nog eendag sal moontlik wees. Trommeltjies, Woestynkind, WoordNoot, Bondels en Elanè, ek sal julle name iewers op die sand gaan neerskryf…

xxx

 

 

 

 

 

Una, hoor jy My Stem…?

Hy is ons tuinwerker, al die pad van Malawi af. Jonk. Hy het sy vrou en drie-jarige seuntjie lank laas gesien. Inteendeel, hy het sy kind nog net op whatsapp kon ontmoet.

Hy en Bertus werk steeds hier onder by ons jetty. Dis min dat die hiasinte ons die kans gee dat mens daar kan bou en verander, so vandag en vanmiddag en vanaand word daar gewerk.

Ek gaan loer nou-nou daar onder.

Gilbert, before you leave tonight, I made you food. Please just knock and I will bring it.

Mam, if you can just give me some soap so I can wash the dam water off my skin at the outside tap…

En dis toe dat die gentle, sagte stem van my Vader met my praat.

Dis reg so, Here.

Die pakkamer het ń badkamer wat nie gebruik word nie. Ek is soontoe met ń emmer en lappe en Handy Andy. Vanaand sal een van God se kinders ordentlik bederf word, al ken hy Hom nie.

Ek het geskrop en geskuur. Skoon handoek en lekkerruik seep neergesit. Die toilet skoongeskrop. Die water getoets…

Dankie Here dat ek kan weet U is net so lief vir my naaste as vir my. En baie, baie dankie vir die voorreg wat ek gehad het om een van U belangrikste skape te bedien.

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg