Wat gaan ons als doen…?

(all images from Google)

Positief se kaartjie is bespreek, en nou begin mens wonder oor waarvoor jy jouself inlaat, wat sal jy als kan beleef.

Ons is huidiglik so ses vrouens wat Februarie Bali toe gaan. Eens ons daar land, is die opsies BAIE. Hang maar daarvan af of jy ñ sportiewe mens is, verkies jy die kunswêreld, of wil jy net chill.

 

 

Valskermspring, vierwiel uitstappies in die oerwoud, river rafting.

 

 

Olifant ritte, perdry tussen die dorpies deur, of fietsry uitstappies in die platteland.

amed-bali-snokeling-toursSUP_Pure_Oceanbali-reef-cruise-and-lembongan-island-day-trip-in-bali-171078

Jy kan snorkel, bo-op die water rondspeel, of op die seebodem rondstap.

 

 

Is jy eerder lus om geskiedkundige plekke te besoek, na die watertempels te gaan kyk, of die vuurspuwende berge te ondersoek?

ubud-monkey-forestprivate-ubud-tour-top-destinations-in-kuta-540949countryside

Jy kan die wêreld ook net te voet ontdek. Op jou eie tyd, met jou kamera permanent oorgehaal.

guest-activities-at-royal-pitamaha-ubud-bali-jungle-trekking-tour-and-guide

Sulke alleen, rustige staptogte bring jou gewoonlik by die mooiste prentjies uit, en gee jou die kans om by plekke in te loer waar die toere verbyhou.

1

 

 

Kunsklasse, ñ koskurses, of net die bederf van die spa-wêreld en joga-klasse is van jou keuses.

ubud-art-market.jpg

Ek persoonlik hou van die ronddrentel tussen kunswinkels en markte, of die rondlê in water met die natuur wat jou wil-wil insluk.

main-qimg-36cdbe41f08ff92e8d1abf86baf0611c

So ja, baie om te doen op Bali eiland, of min, nes jy dit verkies. Dat dit anders gaan wees, is ñ feit. Dat jy jou hart gaan verloor, beslis. Dat jy gaan terugkom huis toe met wonderlike herinneringe, defnitief.

karma-movie-night

Soos Positief gisteraand vir my skryf, sy vermoed dit gaan soos ñ Towerinne-uitstappie wees, vol onverwagse pret en plesier.

En ek kan nie anders as om saam te stem nie. Bali is soos ñ kraan wat vol oopgedraai word; dit spat jou nat met ñ stroom uitbundigheid, liefde en andersheid, en as jy jou oë knip-knip om deur die water te kan sien, is dit soms  trane van volheid wat jy afvee. 

 

Jy wil ñ WAT word!!!

(All Images from Google)

Ek lees nou-nou by Positief waar sy laat blyk dat hulle ñ plekkie soek waar mens ñ ekstra inkomste kan verdien. Dit laat my toe wonder oor watse lekker beroepe daar is; wat sal ek kies as ek nou nog ñ kans kry.

Die volgende lys het defnitief my aandag getrek, veral omdat dit als hoogs betalende werke is!

  • Video game designer.
  • Lego master model builder.

tumblr_inline_no9d7nzgiQ1sqoy91_540-436x480

  • Amusement park ride tester.

4a5b53d90663f0959236877c98797029

  • Professional mermaid – jy dress-up, swem in swembaddens rond terwyl fotograwe jou afneem.

8556281018_6321532bed_b

  • Toy designer.

asset

  • Professional storyteller.
  • Professional cuddler or platonic friend – eensame mense huur jou in om hulle na plekke toe te vergesel; om hulle soms net vas te hou.

cuddlist-card-485x379

  • Home stager – jy sorg dat ñ huis wat te koop is, ekstra goed lyk.
  • Personal shopper – daar is glo baie mense wat jou sal betaal om al hul inkopies te doen.

MV5BNzZkZmUxNTUtOWZkMi00NjNkLWJhN2UtY2JlNTFmMzI3MGRkXkEyXkFqcGdeQXVyMzM4MjM0Nzg@._V1_SY1000_CR0,0,707,1000_AL_

  • Cave explorer.
  • Vacation tester.

vacation-couple-on-beach-fade

  • Special effects makeup artist.

jooskellington

  • Food or beverage tester.
  • Food stylist.
  • Animal massage therapist.

woman-and-dog-getting-massage

  • Private island caretaker.

_2160_588d3d9f33144.jpg-537-411

My glimlag is breed. As ek net kan agterkom waar om aansoek vir een of twee hiervan te doen, is ek dadelik gereed.☺

In ons harte speel ons vir jou die tjello.

Cello-girl-on-the-grass_s

Ons speel dit met volle oorgawe, so, dat die klanke op-op vaar om jou te bereik. Ons musiek se melodie is los, sonder vaste reëls, ons woorde nes ons twee is.

Jy is vry, en ek glo jy dans op die hemel se musieknote rond. Hier onder sukkel dit weer bietjie, maar ons maak ook los. Want ons moet. In gister se geselskap het ons oë mekaar gekyk, en die hartseer en vies was daar.

Dis moeilik, weet jy. Kan jy ons hoor? In ons binne-vrou baklei ons teen die aangaan wat gebeur, die nuwe voetstappe wat in joune wil kom staan. Ons gaan ñ ander prentjie kry om na te kyk, en eerlik wil ek dit met ñ kussing omgooi.

Maar ek mag nie, want jy is nou weg al is jy ons maat.

Ons kry swaar, vriendin. Ek en Estelle probeer hard, die mans hou dop want hulle vriend stap vorentoe. Hy is ons vriend ook, ja.

Daarom die tjello. Daarom speel ons voluit al kry ons seer.

Want die vorentoe loop, diè gebeur.

 

Weke gelede al het ek jou “remove”. Jy volg my blog nie meer nie.

 

31 Bloedrooi rose.

 

Om jou blogpos by te voeg of om die ander bloggers te lees, klik op die volgende: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

img_0469-e1537545639776

Net na my egskeiding in 1994 lees ek van ñ naweek kerkkamp vir enkellopende persone iewers in Limpopo. Nogal ñ fênsie affêre ook, dink ek, want jy bly in ñ heel bekende hotel.

Ons kom omtrent nooit in dié deel van die land nie, maar as ons wel deur Pietersburg ry, kan ek nie anders as om te glimlag nie.

Die groenbus toer het my bietjie laat terugdink…

Ek was maar redelik stukkend na die egskeiding, deurmekaar, verward. Gedink dat so ñ naweek weg van alles en almal af net die antwoord sal wees.

Dit was heerlik; baie oor myself geleer, wonderlike sessies gehad, goeie berading gekry. Ding is net, ek het ook twee ernstige bewonderaars oorgehou.

Single_Rose_1024x1024

So gaan ek verfris huis toe na die opbouende naweek. Die Maandag-oggend klokslag om 10vm is daar ñ klop aan die voordeur, en een enkele bloedrooi roos word afgelewer. Geen kaartjie by nie.

Ek het die bloemiste geskakel, maar sy wil niks sê nie. Geniet dit net, dame, is haar antwoord.

Ag ok, ek sal dit dan nou maar waardeer, wie dit ook al gestuur het.

Maar.

w34klfh00l

Vir die volgende een-en-dertig dae het daar elke dag, selfs Sondae, ñ rooi roos opgedaag.

Ek het later gemaak of ek nie by die huis is nie, maar die rose is een na die ander formeel op my stoep gepak. Dit het op ñ stadium bietjie creepy begin voel, so asof ek alweer iets verkeerd gedoen het. Was ek dan nou te vriendelik met iemand op die kamp?

So tussendeur het ek ñ oproep gekry van een van die beraders af en het hy my en die drie dogters vir middagete uitgeneem. Net die een keer het ek ja gesê, en nie weer nie. Want jongste vyfjarige snip het diè vreemde oom heeltyd met haar strooitjie geskiet, of hom onder die tafel raakgeskop. My klein engeltjie het in ñ totale klein duiweltjie verander daardie Sondag middag.

Dit was nie hy wat die rose gestuur het nie.

singe-red-1181x1181Sowaar, een-en-en dertig van hulle. Op die heel laaste dag kom daar ñ kaartjie by. ñ Mooie, heel ordentlik.

Sal jy dit asseblief oorweeg om saam met my uit te gaan. Ek maak al die hele maand moed bymekaar om jou te vra. Met sy naam by.

Heel romanties, ek weet. Het ek ja gesê? Beslis nie. Na ñ maand van gesiglose blomme kry was ek klaar uitgekuier. Nee wat, regtig. En met so ñ klein terroris in my lewe het ek glad nie kans gesien om ooit weer in ñ nuwe verhouding te land nie.

single-red-rose-long-stem-2018 Tot Bertus natuurlik opgedaag het.☺

Sê weer…? O.

Very-Funny-Animal-Faces-17

So het ek nou na agt heerlike ure van slaap in Dubai wakker geword. Verfris, met ñ lied in my hart. My plan het so mooi gewerk: drink slaappil sodra my ry geroep word om op die vliegtuig te klim, sit kussings reg in die hoekie teen die venster, maak sitplekgordel vas, slaap.

Die klomp Suid-Afrikaners om my het brom-brom hul handbagasie bymekaar begin kry en staan en wag vir die deure om oop te maak. Niemand was vriendelik nie, maar ek, uitgerus, wou gesels.

Waar is jy heen oppad van hier af, meneer? Die ou kyk my kil aan. The hell knows…

Sjoe.

Die meisietjie agter my fluister in my oor. Hy het sy vlug Nieu-Seeland toe verpas. En die vrou voor hom ook.

Nou hoekom, hoe weet hulle dit? Het hulle van die begin af hul kaartjies verkeerd bespreek?

Dis omdat ons omgedraai het en al die.

Waarheen het wie omgedraai? Ek verstaan nou nog minder.

Gisteraand. Toe ons moes teruggaan Johannesburg toe om die siek tannie af te laai. Die vier ure oponthoud het ons ook ons volgende vlug laat verpas.

Vier ure. Huh?

So ons het omgedraai? Wat het nog gebeur, want ek het geslaap.

Nee, jy het nie. Die sekuriteitspolisie het jou wakker gemaak want almal moes hul handbagasie uitwys. Dit was asof daar ñ bom aan boord was, so kwaai was almal. 

O. En ek het my tassie uitgewys?

Jy kon hom eers nie kry nie, toe moes almal help soek. Jy het gesê dis ñ bloedrooie…

Ek het afgekyk na my bruin leertassie en toe net ophou praat.

Wat op vliegtuie gebeur bly gelukkig op vliegtuie.

Voor en na.

Ek is einde April 2006 Yogjakarta toe, die kultuur hoofstad van Java, Indonesië. Die plek waar ek altyd potte gaan aankoop.

Sulis, waar kan ek…

IMG-20130606-00875

(fotos:Google Images)

Einde Julie daardie selfde jaar is ek weer soontoe. Voor en na die vreeslikste aardbewing wat die stad en omgewing getref het, en waarin 5 700 mense dood is.

Dit het op 27 Mei gebeur, 05:54 die oggend.

Ons bly gewoonlik in ñ klein hotelletjie naby my aankoop area, Duta Garden. Bertus en my moeks was ook al om die beurt saam met my daar, so ek het goeie herinneringe om te bewaar.

686449938

Dit was vir my ñ baie vreemde tyd. Hoe is dit moontlik om die een dag heerlik ontspanne in strate rond te loop, en ñ paar weke later is alles amper plat…

P1109990

060601_indoquake_hmed_4a.grid-6x2

Die potte dorp het baie sleg deurgeloop. So erg dat ons glad nie daar toegelaat is twee maande later nie; die paaie in die omgewing was totaal vernietig.

maxresdefault

Ek dink dikwels oor my omswerwinge in Indonesië. Die Tsunami, die aardbewings, vuurspuwende berge, selfs ñ tornado net voor ons Yogja binne ry, een waar koeie in die lug ’rondgesweef’ het. Die binnelandse vliegtuie wat so ñ swak naam het en baie dikwels val, en wat ek genoodsaak is om te gebruik. In my veertien jaar daar rond het my gees soveel saam met hulle beleef, was my hart so dikwels stukkend vir die mense en hul land. En tog het ek nooit onveilig gevoel nie.

Voor en na.

Ons het almal sulke stories, stories waar ons weet ons net-net ñ groot ramp gemis het. Party is soms snaaks, ander baie meer ernstig.

Maar ons het almal ten minste een.

 

 

 

 

 

So verskil ons maar.

(fotos:Google Images)

Ek het as kind in prentjies gedroom. En nie sommer enige prentjie nie, dit was altyd kleurvol en netjies.

images

Daar was meestal ñ dorpie betrokke, defnitief ook plaasdiere.

DlBSRu

My drome het oorgegaan in gewoontes. Ons bed; net ek kan hom opmaak. Gestreepte kussings kan my gedaan maak, want die strepe moet afwaarts loop, nie dwars nie. Middel dogter sê ek het OCD…(Obsessive-compulsive disorder) Dis dan wat ek haar sommer met een van my kussinkies gooi.☺

Seker daarom dat Bali met hul fyn gestruktureerde kampongs my so kan fassineer. Als moet presies op die regte plek gebou word, geen afwykings word geduld nie.

04570cd75a8d4ffac9670fa7f521a46d--d-house-bali-houseTog kry jy ook die uitsondering op die reël, die persoon wat net eenvoudig onder ñ dak slaap, met sy kombuis en badkamer sommer so eenkant.

bali-home24

Ons verskil baie, veral van wêrelddeel tot wêrelddeel. Ek glo jy word net ryker as jy leer om ander se gewoontes te respekteer, al stem jy dalk nie altyd saam nie.

Suid-Oos Asië doen dit met ñ mens; rek jou uithouvermoë en verbeelding tot op die uiterste.

Aflac-1129x752.jpg.optimal

Jy kan nie anders as om net te lag en jou kop te skud nie. So doen elke ou sy eie ding, en tog, tog kom almal lewendig anderkant uit.

Meestal.

4a36abeadb4adc7afb4fe5b3510ab1dd--phnom-penh-poultry

 

ń Sondag-lekkerte.

Een van die groot lekkertes as mens langs die dam bly, is dat jy op die ingewing van die oomblik ń heerlike dag kan reël.

Ons kerk is vroeg op ń Sondag oggend, so na ń vinnige stop by Spar om vars broodrolletjies te koop, is die twee van ons soos opgewonde kleuters huis toe. Vir die eerste keer in ń baie lang tyd het ons ñ dag net vir onsself.

By die huis gekom kry ons blitsvinnig vleis en slaaigoed bymekaar, en pak ek die swart potjie vir pap in. Gryp ń handdoek vir die wis en die onwis, ń warm trui want die wind is ietwat ysig, en daar gaan ons. Af met die klomp trappies tot bo-op die vlot, Emma vooruit want sy weet wat kom.

Ek was ń jaar laas op die water. Met ons hiasinte probleem kan ń vlot nie veilig uitgevat word nie. Maar vandag was die spul hiasinte ver van ons af, en kon ons maklik uit ons baai uit kom.

Ek sit ń paar fotos op sodat die Towerinne aan ons Harties kuier herinner kan word. Moet sê, dit lyk behoorlik of ons in die wildernis bly na al ons reën! Ek en Bert het my oorlede boet se seuntjie ń klomp huise van ons af gaan oplaai, sommer onder by hul huis se jetty. Wat ń heerlike verrassing vir diè kleinman!

Sy ogies het aan die skitter gegaan toe ons hom afroep, net sy ma het geweet ons kom. Hy en oom Bertie het die braaivuur aan die gang gesteek, en daar vaar ons drie.

Ek het hierdie so nodig gehad, die stilte, die water en die mooi omgewing.

Kleinman het lank bo op die stoepie gaan sit, en sy tannie se oë het maar effe nat gebly. My boet is volgende maand reeds agt jaar weg, en hierdie klein minnie-me lyk nes sy pappa.

Nouja, die lewe gaan voort, daar is soveel om voor dankbaar te wees, en dis ń groot voorreg om in ons deel van die land te mag bly.

Die boom moet af.

LDblog-JW-091218-1400

Ag nee man, sal iemand seker sê. Vir wat moet die boom afgesaag word! 

Wel, dis of dit, of ek gaan self wortels begin skiet.

Dis nie heeltemal ñ crossroads nie, is dit? Dis net twee paaie, elk wat sy eie rigting inneem. As jy nou wel met ñ GPS tot hier gekom het, maar toe besluit het jy is nie lus om te kies watter kant toe nie, jy sit liewer onder die boom? En daar ry die kar sonder jou.

Vir ñ baie lang ruk was die koelte genoeg, die buitelug het jou rustig gekry, jy het die omgewing waardeer en vir die ander gelag wat verby kom. Selfs vir hulle gewaai.

Jou boom was groot. Die lewe het aangegaan en jy het bly sit, net daar in jou koelte bly bestaan.

Die seisoen was lekker lank, die nagte warm, die windjie het jou bedags afgekoel. Toe kom die winter nader, en jy weet, jy moet begin duimgooi, vir ñ geleentheid vra. En elke keer as ñ voertuig aftrek, wys jy nee, ek is nog reg, ry maar aan. 

Die boom moet af, net hierdie week. Pure nonsens, hierdie op en af speletjie wat ek met myself speel.

En eens hy af is, moet keuses gemaak word en uitgevoer word. Watter geleentheid gaan ek kies, watter voertuig is die korrekte een?

Maar eers, kap hom af, Una!

funny-horse-quotes

(aan Una van Una. En luister tog nou!)

Wie moedig jou aan?

Ek het in 2016 vertel hoe my kleindogter die dag betrokke geraak het by ñ belangrike skilpad-gebeurtenis op die Bali eiland… https://travel4601.wordpress.com/2016/10/25/ouma-kom-gou-gou/

050913baliseaturtlekuta

Ons het almal mense in ons lewens nodig wat ons aanmoedig. Ouens wat ‘optel’ dat iets iewers verkeerd is, of dat jy net ñ mooi woord nodig het. ñ Druk van ñ mens-lyf af. ñ Soet koppie tee.

Gister lees ek raak dat ñ blogger vriendin swaarkry, en in my binneste wens ek dat ek nader was sodat ek kon oorry en haar net vir ñ wyle gaan vashou. Sodat sy kan voel iemand is daar, iemand hoor. Iemand van vlees en bloed.

Wie moedig die piepklein seeskilpadjies aan om die pad van hul nes af tot in die see aan te durf? Hulle weet nie eens van die gevare wat hulle op die pad inwag soos die voëls wat in die lug rondluier op soek na ñ smulhappie nie.

Wie moedig hulle aan?

En vir jou en my?

Ek het my man en kinders, vriendinne op wie ek kan steun. Ek het my God.

Maar selfs ek, een wat fyn ingestel is op ander se behoeftes, selfs ek kan wankel. Want soms wag ek ook vir ñ spesifieke stem om raak te sien, ñ spesifieke persoon wat die woorde moet kom sê. En gebeur dit nie, is daar ñ leemte wat ek sukkel om te vul.

Wie moedig jou aan. Maar belangriker, sien jy die een raak wat jou woorde so bitter nodig het?

fbbsts001

 

 

Ek is verlore…

img_0469-e1537545639776

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

Jip. Ek is verlore of dalk nou amptelik gek. Die Groen Bus is al waaroor ek wil skerts en gesels, en ook net met my mede-reisigers, glad nie met ouens wat nie verstaan nie. Wat op die aarde gaan aan?

Ek raak skoon kort van asem toe ek sien WoordNoot en Lekkervurig EN Perdebytjie het iets opgesit met ons bekende bus op die voorgrond. My vingers begin ñ lewe van hul eie kry, en daar trek ek. Ek wil net gesels en skerts en terg en en en…

Is ek lus om oor iets anders te skryf? Nee. Is ek lus om diep te delf? Nee. Wil ek ernstig oor die lewe filosofeer? Glad nie, dankie!

Nou wat op die aarde gebeur met my.

Ek gaan nie sê ek het die een of ander skrywers blok nie. Of dat my muse weggeloop het nie. Ek gaan nie want ek wil nie. Ek wil net saam met julle klomp deur die land reis en die interessantste, malste goed aanvang.

So hier sit ek nou, met niks in my kop om neer te pen nie, met geen slim woorde en insig en lesse en praatjies nie. Nee, hier sit ek oorgehaal om op die volgende kommentaar te reageer, so vinnig en skerp as moontlik, met ñ ingehoude energie wat vir niemand terugstaan nie.

Amptelik koekoes, dis ek, nou, vandag, al vir ñ paar weke lank.

Shit.

Sorry.

 

 

Amelia met ñ A loer gou in…

(https://travel4601.wordpress.com/2018/08/30/ek-wou-nie-ek-sou-nie-maar-ek-gaan/)

wallpaper-913894__340

Amelia glimlag weer. Die koeie gee melk, die hoender lê haar eiers. Dis goed so, nou het Amelia minder skuld.

Sy het ook ñ nuwe maatjie, Mittie. Mittie is ñ wolkie, of nie. Nee, Mittie is ñ donsie wat agter die wolke bly.

kawaii_cute_wallpaper____by_aleksakura-d5jdcn2

Mittie loer as Amelia sukkel, en dan giggel sy en kom stamp aan haar.

Jy is ñ sukkelpot, Amelia met ñ A en nie ñ E.

Haar giggel is ñ klankie-lag en swiepswiep oor Amelia se kop.

Ek weet, sal Amelia sê. En ek is dom, want ek val en stamp my knie en sit dan en huil want dit brand. 

Sukkelpot, sukkelpot, sukkel…

Sies Mittie, jy spot my, en ek kom nie reg nie.

Kom saam Amelia, kom rol saam met my op die gras. Om en om, tot die sukkel loskom. Om en om en om.

Mittie kan trane wegspeel en terg, dan voel Amelia weer gelukkig.

Aan die oorkant van die rivier groei alles nou weer. Maar net omdat daar reën geval het, en die water in stroompies verander het en die rivier gevoed is.

Dis wat water doen. Water was blink en skoon, water bring nuwe lewe…Dis wat Mittie sê, en Mittie weet. Sy verstaan hoe die Amelias van die wêreld se hartjies werk, en sy loer af en sy leer hulle.

Met haar giggels lig sy die val-skrape op en voer dit weg, weg na ñ plek doer ver sodat dit nie kan terugkom nie.

Amelia met ñ A lag weer vir haarself, want sy is nie ñ sukkelpot nie. Mittie het haar laat omtol tot sy die sukkel eenkant gelos het en die pot-deel met water volgeskep het.

Toe het Mittie die sukkel opgetel en net die vol pot gelos.

 

 

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg