Vrydae-aande.

images (2)

Hier van 1967 af, was ons familie op ñ Vrydag-aand net op een plek. In die inry-teater. Vroegaand is die kar se agterste sitplekke platgeslaan, en het pa ñ bed vir ons drie geprakseer. Moeks was in beheer van die tupper-bakkies met kerrie-en-rys in, met ñ tamatieslaai in die een hoekie. Elkeen het sy eie gekry, plus ñ lepel. Plastiese koppies vir ons aanmaak koeldrank, en daar gaat ons.

 

Dan natuurlik, die weer. Dit was die jare wat ons in Durban gebly het, so reën kon ñ groot probleem raak. Natallers het gou hul eie planne beraam. Sny ñ aartappel in die helfde, en smeer aan jou voorste ruit. Druppels kry nie ‘vatkans’ nie. Of skaf ñ afdakkie aan wat bo die ruit vassuig, tot so in die helfde van die voorste kap. (of bonnet, soos ons gesê het, maar nie voor my juffrou-mamma nie).

Doeke moes bo by die venster met die luidspreker draad ingedruk word, anders raak die sitplek sopnat. Dan was daar nog die wasem probleem ook. Maar niks, niks kon ons laat tuisbly nie.

Daar was altyd ñ speelpark. Hemels. Maar sodra die ligte verdof is, snol jy vir julle kar. Niks kan gemis word nie. Jy hou albei duime vas dat die Three Stooges as voorprent gaan wys, en wil jouself dan natpiepie van die lag.

En ag tog, as jy een van die boeties in die middel van die fliek moes toilet toe vat; wat ñ irritasie! Hoekom altyd jy!

APTOPIX-Drive-In-Lights-Out-1

Die aand as ñ maatjie saamgenooi is, was spesiaal. Die kar is agteruit geparkeer sodat julle twee die mooiste kon sien. Ma-hulle sou ook heel dikwels opvou stoele saampiekel, en dan buite TEEN die kar sit. Want jy het net een luidspreker gekry.

Later van jare het inry-teaters ñ klein afdak-saaltjie ingerig met stoele.

Dit is gevaarlik, ousus, sou ma waarsku. Moenie enige iets by iemand anders vat om te eet nie. Onthou dwelms is oral. Popcorn en gekoopte koeldrank was rariteite, iets waarvoor jy moes spaar.

Huistoegaan tyd, en jy werk met ñ plan. Jy snork kamstig soos jy slaap sodat iemand jou moet uittel en bed toe dra. En dan, hier van Donderdag af kan julle weer in die koerant sien wat wys waar teen die naweek.

Kom Vrydag middag, en die kar staan reg.

 

 

 

 

Tyd. En wonde.

Jam Dinding Kayu Jati Ukir Anggur

Genees tyd werklik alle wonde? Of help tyd ons net om nie meer so fel te onthou nie.

Moet jy regtig alle trauma in jou lewe op ñ stadium weer tot op die been toe oopvlek?

Kan ons sekere gebeure begrawe, en aanbeweeg? Sonder dat dit ons later pootjie.

Is jy ñ ‘kreupele’ omdat nie alles in jou verlede met die vergrootglas ondersoek is nie?

Of verskil dit van mens tot mens.

Ek wonder soms hieroor. My Moekie het op ñ dag gesê dat daar dinge in haar lewe gebeur het, kleintyd veral, wat werklik net gelaat moet word. Was sy so verkeerd? Sou haar lewe anders verloop het as sy beraders besoek het? Sou sy gelukkiger gewees het.

Ek kry verlede week ñ oproep van my oorlede boet se vrou af. Kan ek asseblief alle fotos van Bensie vir haar bymekaar kry; sy wil vir hulle elf jarige seuntjie ñ collage van sy pappa lewe saamstel.

So is die uwe vanoggend in Moeks se foto-boks in. Die een wat nie sommer oopgemaak word nie.

Vandag was dit soveel makliker as ñ jaar gelede. Ek kon my gedagtes regtig toelaat om in die verlede te gaan rondloop. Kleintyd. Skoollewe. Eerste huwelik. Die kinders se grootword. Tweede huwelik. Skoonmense se afsterwe. Benno se selfdood. Mamma se kanker, haar laaste dae.

Selfs herinneringe wat my drie maande terug nog omgeklits het; ek kon vandag die fotos bekyk. Onthou. En na ñ volgende gebeure toe aanbeweeg.

Nou wonder ek oor my blog. Is dit dalk wat so baie help? Al raak ek dalk nie dinge op die naam aan nie. Maar skryf skryf ek. Of dit sleg gaan of goed. Kan hierdie op hierdie stadium van my lewe die uitlaatklep wees?

Nog ñ pad na genesing?

Of is dit tog tyd.

f2b24937d08921dc3736612d52b1c8e9--paintings-canvas-for-beginners-canvas-acrylic-painting-ideas

 

 

O? Jy wil graag ñ wat wees? Mmm…

(fotos:Google Images)778c895e6b459af041ef7b19d46ed89e

Wat is jou naam?…Ja, dit is presies wat ek sal sê. En nee, nie tussen borrels deur nie.

Ek wonder nogal of ander mense, gewone ouens, ook ñ wens-kamer iewers wegsteek. ñ Plek waar jy ñ paar trappies heen moet opklim, met ñ geheime deur.

Om dit makliker te maak. Is daar iets wat jy graag sou wou wees wat een honderd persent onmoontlik is?

Ek het.

Mermaid-4

Dis soos die speletjie wat klein mensies graag speel…ek wil eendag ñ brandweer wees.

Ek wil asseblief ñ meermin wees. Steeds. Daar is ñ wonderwêreld in die oseane wat ek bitter graag sal wil ontdek. As ñ meermin.

Nee, ek gaan nie ñ duikkurses volg nie. Ook nie met ñ snorkel tevrede wees nie. Nee, los die duikboot-feite uit. Hierdie is my fantasie, kry jou eie.

fantasy-cg-digital-art-mermaid-font-b-ocean-b-font-font-b-fish-b-font-4

Om die onderwater wêreld as ñ meermin te ervaar, wat ñ ongelooflike idee. Ander mense wil graag op Mars gaan bly, hulle is so welkom. Bertus wil graag ñ ‘rock-stêr’ wees. Heel moontlik moontlik.

Maar net omdat my prentjie in ñ kinderstorieboek tuishoort, gee niemand die reg om vir my te lag nie. Ek sal ñ goeie meermin wees. Nie ander visse eet nie.

…net dalk sushi…

Ok, dit nou daar gelaat.

4453970-underwater-wallpapers

Enige iemand wat agter ñ hand ñ opmerking gaan maak, onthou. Jy gaan nie weet as ek die dag tog een is nie, en pasop dan as jy nog lekker in die seewater wil ronddobber. Ek bring dalk net my seewater vrinne saam…

funny-animal-captions-007

 

 

En steeds bly ek leer.

(fotos:Google Images)b312359d64e487124047db76e6638f1c--floral-paintings-watercolour-paintings

ñ Mens sou dink dat ek teen hierdie tyd van my lewe nie te veel nuwe dinge kan ontdek nie. Veral nie oor myself nie.

Fout.

Hierdie eerste sewe maande van 2017 was weereens vol lesse. Een vir een het ñ nuwe blaar oopgevou.

Sien ek net helderder, of groei ek steeds? Hoe het ek hier beland, met ñ handvol nuwe insig oor myself?

Ek kan maar net glimlag, want ek is nie veel verskillend van klein Gaby en Xander nie. Net baie, baie, baie jare ouer. Hulle ontdek die wêreld om hulle, ek weer ontdek die lae in myself.

Albei ewe opwindend.

Soms raak die hande effe vol sand en modder, maar gelukkig niks wat water nie kan afwas nie.

20170803_163425-1

Moet erken. Dit is ñ skok as jy agterkom jy ken jouself toe nie so goed nie.

Ek het dissipline nodig. En ek “love” dit binne myself. Kom ons noem my van nou af ñ Mall baba.

Lae “overheads” maak my lui.

Ek weet, dis skokkend! Maar ek sien ongelooflik uit na die druk wat ñ hoër huurkontrak teweeg bring.

Ek en Bertus ontmoet die bouer wat binne-mure moet afbreek, nou-nou op die nuwe perseel. En flip, raai wat. Dit kook!

Hier by vyf uur stop die ganse wêreld oppad huis toe vir melk en brood, en die sentrum lewe.

En ek…Ek KAN NIE WAG NIE!!!

Daar is ñ “vibe”(a persons emotional state or the atmosphere of a place as communicated to and felt by others), ñ sprankel, ñ energie wat dalk vir ander bizarre klink.

Ek moet bieg.

Dit is ek!

Ek draai in die ronte en slurp dit op. Nou nie asof ek enige iets ekstra nodig het om ñ plek te geniet nie…(my vriendinne sal verstaan wat ek bedoel). Ons sal hierop moet let.

Die sand, die modder, die kasteeltjie bou en weer afbreek. Die vuil hande, die swart naels. Maar helaas, die uitdaging.

Shit.

Dis ek.

(ekskuus vir die kru taal).

Regtig nooit te oud om te leer nie.

0bd3745b47f2bdad7a46feb7c300bc9b--magic-realism-realism-art.jpg

 

 

 

 

 

ñ Holte vir my voet.

te-url-59ecec6c683f526071addce141e146b3

Dat ñ kleurkaart nou een mens so besig kan hou, en soveel genot kan verskaf, is verstommend verby.

En hier praat ek nou oor myself.

Ons skuif die winkel die einde Augustus oor na ñ winkelsentrum toe, en ek haal skaars asem van opgewondenheid. Kleurkaarte lê oral rond. Daar is ses mure wat geverf kan word…geverf gaan word. Soveel om uit te kies! Soveel kombinasies om oor te besluit. Die ding is, hierdie keer moet my wêreldjie in ñ lieflike kleur-oase omskep word. Een waar ek soggens wil rondtol.

ñ Sprankel-holte-vir-my-voet plek.

Elke muur gaan ñ ander kleur wees. G’n niks versigtigheid gaan aan die dag gelê word nie. Die Bali eende moet verstom rondkyk, en dan dadelik tuis voel in hul nuwe omgewing. Pinoccio gaan ñ paar passies uitvoer, en die hout katte gaan spin-spin hul plekkie in die son vind.

Alan-Titchmarsh-tips-create-colourful-garden-768057

Die uwe gaan soos ñ nuwe sikspens voel.

Glasvensters oral om, vir die nuuskierige oë om deur te loer, en sumier verlei te word.

Nee wag, ek moet dadelik verder gaan dink. En besluit. En droom. En proe.

En verf.

tips-for-oil-painting

 

 

 

My manlief.

(fotos:Google Images)dd4ebc897319bb76be270ba1f53879ae

ñ Blog-vriendin skryf by haar kommentaar gister, na aanleiding van my post, dat Bertus ñ man só na aan God se hart en aan elke vrou s’n is. ñ Traan het op my skerm geval.

Want ek ken die pad wat my manlief moes stap.

Vandag sal hy met oorgawe getuig dat hy elke enkele hindernis wat oor ñ man se pad kan kom, moes trotseer.

young-successful-man-raising-hands-success-pose-happiness-achievement-sunrise-silhouette-travel-destinations-joy-relaxation-concept_ejka-zv__F0000One cannot have an enriched marriage when it is funded by an emotionally and spiritually bankrupt man. 

Ons twee het dit baie amper nie gemaak nie. Twee stukkende mense, elk met sy eie kinders, wat gedink het ‘saam’ gaan dit makliker wees.

Sy lewe is ryk aan getuienisse van die baie hoë hekke waaroor hy moes probeer spring. Of oorklim. Of oor-kruip. Die gapende wonde waarmee hy moes deal.

Ons sterk ondersteuningsraamwerk in ons kerk en onder ons vriende, en die wete binne ons altwee dat ons glad nie op mekaar en op onsself kan staatmaak nie, dít was ons redding.

Feilbaar. Albei.

amazed-cute-happiness-happy-joy-sweet-Favim.com-57974

Die mense naaste aan ons was deel van hierdie loop. Hulle moes met tye onder ons arms inskuif sodat ons kon bly beweeg.

Maar meeste van die tyd het ek en Bert ons eie groei moes groei. Ons het nie hande vasgehou en mekaar ondersteun nie. Want ons was vir jare mekaar se ondergang.

Selfs ons taal het ‘verskil’.

Hy gebruik die woorde “to man-up” deesdae gereeld. Op sewe en vyftig luister die jonger manne na oom Burt.

Die ouer manne ook. 

Hy het sy God in ñ diep en donker tyd opgesoek. En met alle mag en mening begin vasklou. Letterlik sy hele self voor Sy Maker se voete neergewerp.

En sy Maker het hom gesien.

Ek wil saam met hom oud word. Ek wil daar wees as die ouderdom ons dalk oorweldig.

e8b797ba8e98a3ff02e77b1ee7c967c9--older-couples-happy-couples

En as ek die een is wat agterbly, wil ek die voorreg hê om vir ñ rukkie stil in sy arm te bly lê.

 

 

 

 

 

Die kleur is terug.

052154b59afe86ee1b382d18284e4d9d--animal-paintings-watercolour-paintings

Op en af dae gaan ek seker altyd hê. Gister het ek die volstruis-ding gedoen, en my kop in ñ gat gaan loop steek…

Was toe al die tyd ñ verfblik.☺

Ek is met ñ heerlike positiewe man getroud, ñ regte “go getter”. Bertus se motto in die lewe is soos die aanhaling: Don’t leave your God-given gifts unopened. Don’t leave this planet having missed the great opportunities God has for you. Rip off the lid of your abilities, tear into that box that is your talents, and use every gift God has given you. Devote yourself to fulfilling the unique purpose that is your destiny. 

As ñ probleem-oplosser, raak hy vinnig verbouereerd die dag as sy vrou bietjie wankel. Daarom dat hy my semi verplig het om by die gym aan te sluit. Hy ken my, en as hy nie die antwoorde het nie, hol hy blitsig na die Here toe vir raad. Hulle twee skinder defnitief oor my, ek weet.

Dankie tog daarvoor.

Dit was goed om gister te kon neerskryf dat ek effe swaar kry. Nodig om die woorde op papier te sien. Elke enkele reaksie en aanmoediging het gesê ons hoor jou. 

Soos Bertus nou die dag kwytraak…Weet jy hoe uniek julle is, my vrou. As ons al jou blog-vrinne kon uitnooi, gaan julle soos ou bekendes klets, mekaar op die skouer klop, en dit laat lyk asof julle al vêr paaie saam gestap het.

My kleur is terug.xxx

v0_master

 

 

 

Seisoene.

(painting:Google Images)ca2989de3ba8ae17f6fcde8d6c277e8d

Ek is maar lekker bang vir hierdie verskillende seisoene in my lewe. Gister was ñ gewone somersdag, en hier tref ek ñ properliese grou wintersdag.

Het dit dalk in my slaap gebeur, diè skommeling? Het sekere hormone met mekaar gesels, of het sekere onderdrukte gedagtes uit hul boksie geval.

Ek kom staan hier eenkant in ñ hoek, en bekyk my winkel wêreld so. Alles staan presies soos gister geskuif; niks is anders nie.

Net ek.

20170808_112706

Ek neem ñ foto van die grys bank met die mooie Bali verfwerk op. Ja, dis soos ek voel. Grys met net ñ titseltjie kleur. Ek haal eers die helder kussings af, want dit sal ñ onwaarheid wees.

Ons Emma hond het vanoggend ook gelyk soos ek nou voel. Haar stertjie wou nie wikkel nie. Sou Jessica-Labrador iets lelik vir haar gesê het, iets soos: jy is tog nie meer die baas hier nie. Jy is dommer as ek. En toe stap Emmie maar sommer vanself oor in herfs?

Is dit alweer ñ vrou-ding hierdie? Is mans maar net altyd in hul regte ‘maand’? Niemand het my gister tenagekom nie. Ek is nie kwaad of vies nie.

Ek het geen logiese rede om in ñ verduiwelse ander seisoen te beland nie! Maar ek het. En ek is. En ek wil sommer net sit en huil.

OB2M89s.gif

Sorry.

Die verjaarsdag lysie.(Boeta deel 3)

20170804_103955

Daar bestaan net twee belangrike dae in ons Boeta se wêreld. Kersfees, en dan komende Maandag, sy verjaarsdag.

Vandat Bertus hom Woensdag by die tehuis gaan haal het, praat hy oor niks anders nie. Die lysie is sumier in my hand gestop, en ek moes sit. Sodat hy kan sien of ek verstaan.

Tins en solis...ek kon regtig nie regraai nie… Selfoon en charger. Ek is met so ñ skewe kop aangekyk, en ñ uitdrukking wat boekdele spreek. Sy sussie is maar dom.

Ek koop al toe oë selfone. Sommer by Pep, want dit gebeur elke vierde maand klokslag. Of die foon is net dood, of hy laat dit natword, of of of. Ons raas nie eens meer nie.

Nommer drie op die lysie is vier skryfboeke. Want dit is rugby tyd, en Boeta leef daarvoor. Elke speler se naam, en elke telling van elke en enige wedstryd word neergeskryf en aan almal uitgedeel. Vier skryfboeke per week is eintlik meer akkuraat.

Dins staan toe vir cd, een van Gerhard Steyn.

Volgende is penne, en toe weer een waaroor ek baie moes kopkrap. Bolis… Mus. ñ Gebreide mus wat sy ore ook toemaak. Pen Hans is ñ pennekassie.

Boet is geduldig; hy het begrip vir sy sussie wat nie altyd vinnig genoeg kan dink nie. Met dié dat hy baie langer as ek is, is dit vir hom heerlik om my vas te druk en oor en oor te sê hy is lief vir my.

Baie belangrik dat ek dit nou nie vergeet nie.

Laastens, nog ñ dins, een van tannie Carike Keuzenkamp.

So stap ek gister met die lysie in die winkels rond, en moet elke keer eers weer stilstaan en probeer onthou wat is wat. Vanoggend roep hy my voor ek werk toe ry. Stop my sy vyftig rand sakgeld van die week in die hand, en beduie dat hy daarmee nog tien dins wil hê, van Afrikaanse sangers. Bertus glimlag maar net in die stilligheid en gee sy bankkaart aan.

Ons het al geleer. As Boet verjaar, na vyf-en-vyftig jare, hou jy streng by sy opdragte.

Hy vra min genoeg.

20170803_174208-1

ñ Geheime liefde.

(fotos:Google Images)quotes-on-bangkok-6-900x323

Ek weet dit is dalkies nie reg nie, maar hierdie een kan ek nie verhelp nie. Ek praat deesdae min oor hom, het hom drie jaar laas gesien. Ons is sedert 2003 by mekaar betrokke, intens. Twee, drie, tot vier keer per jaar kon ek vir ñ week na hom toe vlieg, en net daar bly. Net ek en hy. My hart pyn as ek oor hom dink, en soms huil ek op Bertus se skouer van verdriet. My man verstaan. Hy sê wel ek moet maar liewer wegbly, want wat gaan dit help. Ou gevoelens gaan net weer oopgekrap word.

chao-phraya-river-tour-bangkok-khlong

Ek sukkel. As mens ñ stukkie van jou hart verloor het, is dit seer. Almal verstaan dit nie. Mense oordeel.

Ek was feilbaar. En wanneer ek alleen is, en terugverlang, roep ek uit.

Bangkok! Ek sal jou weer sien. Wag vir my.

bangkok_skyline_by_porbital-d6g0xt0

Hierdie Suid-Oos Asië stad het oor die agt miljoen inwoners. Sommige noem hom die Venesië van die Ooste, met sy Chao Praya rivier en die honderde kronkelende kanale tussen die woonbuurte deur.

0_4200_0_2812_one_Rachathewi___Phaya_Thai9

Water taxi’s vervoer mense onophoudelik in elke denkbare rigting. Jy moet regstaan by jou halte, en seker wees jy weet in watter rigting lê jou eindbestemming. Of nie. Soms sou ek net op een spring, letterlik spring, want hulle stop nie dood nie. Seile word opgehys elke keer as ñ ander taxi verby gejaag kom, anders is jy sopnat. Honderde kilometers se water strate. Dis ñ goedkoop manier om die werklike Bangkok te leer ken, met markte om elke hoek en draai.

Bangkok (1)

Daar is diegene wat Bangkok met ñ passie haat. Daaroor is ek bly. Moenie weer probeer nie, ons is genoeg vir wie hy bekoor. Die verkeer is oordonderend, die oormaat winkeltjies en mengelmoes van ware, skokkend.

Daarom sê ek, bly liewer weg.☺

Los hom vir ons wat hom love.

Chatuchak-Market-02

Hy stimuleer jou, hy daag jou uit. Hy teister jou met sy kossoorte, met sy energie, maar ook met sy vreemde “laidback” geit.

or-tor-kor-market-bangkok

Jy word in die oggend wakker met ñ nuwe ‘lus in jou lyf’. Soveel om te verken, soveel om te beleef. Maar ook soveel om net in stilte gade te slaan. Want al is dit ñ besige stad, kan jy jou op ñ muurtjie tuismaak en net kyk. En voel. Niks is vir jou bekend nie, maar tog herken jy ñ menswees in sy polsslag. Draai 360 grade in die rondte, en sien ‘anders’ raak.

bangkok 0

Sit op ñ trap en eet ñ kondensmelk pannekoek. Waardeer hoe elkeen net sy eie ding doen. Homself uitleef in sy andersheid. Sien raak hoe ons verskil. En tog dieselfde is.

getting-around-bangkok-1-X3

Klim op ñ Tuk-tuk en klou vas. Dank jou stêrre as jy anderkant aankom, en stop dan nog een. Lag vir jouself as jy nie weet hoe om oor ñ straat te kom nie, en sê kapunka as iemand jou oor-begelei.

thailand-bangkok-chatuchak-market-shop-display-of-ethnic-dresses-FEYAHA

Drentel in die strate rond, en geniet elke juweeltjie wat jy opspoor. Al koop jy nie. Kyk net.

Chatuchak-Weekend-Market-Jatujak-Market-Bangkok-5

As jy ñ nuuskierige een is, waag dit verder rond. Gaan besoek die paleis, die tempels, die tuine.

pbk-Landing-Leaderboard-1280

Gaan kyk weer die fliek The King and I wat in 1946 vir die eerste keer opgevoer is. O ja, fliek in Bangkok is ñ moet. Jy kry ñ bed-stoel, en omdat dit koud is met die lugverkoeling, ñ silwerskoon knie-kombersie. Jy het ñ pikante tafeltjie, met ñ spyskaart. Restourantkos word bedien.

Wees net gewaarsku. Iewers voor die hoofprent begin, word hul volkslied kliphard gespeel, en dan spring jy op aandag. Net versigtig. Mens kan in jou verbouereerdgeid jou drinkdingetjie omdons. En dan histeries aan die giggel gaan in plaas van ewe respekvol stil te bly… It can happen…

Banyan-Tree-Bangkok-Aspara-boat-restaurant

Ag tog, die laaste aand. ñ Afskeidsete op die restourant-boot. Hier verklaar ek gewoonlik weer my ewige liefde aan die stad. Soos my moeks gesê het, as hy jou hart steel, weet dan maar net.

Jy het ñ geheime liefde.

bk-mc-main-900x312

 

 

Op ñ eiland iewers.

(fotos:Google Images)ko-samet-beach-3

Ons het nie geweet wat om te verwag nie. Hier in 2004, terwyl ons besig was met onderhandelinge in Bangkok, besluit ek en Bertus om na die naaste eiland aan die stad toe weg te loop. Ons oudste meisiekind is saam, en so klim ons drietjies op ñ bussie na die hawe.

Geen vooraf bespreking gemaak nie. Net swembroeke en sarongs in rugsakke gepak, die res van ons bagasie in die hotel gelos, en daar gaan ons.

koh-samet-beach-arms-raised

Thailand is vir ons een van die maklikste lande om oor die weg in te kom. Vra net, en jy word reggehelp. Na so drie ure op die bussie, en twee ure op die boot, land ons op Koh Samet.

Die strand kon nie witter wees nie, die water blousel blou. Met elkeen se rugsak oor die skouer, het ons begin rondsoek vir slaapplek.

home

Verblyf was spotgoedkoop, so ook die seekos vir ontbyt, middag en aandete. Geen voertuie in sig vir die volle drie dae wat ons daar was nie. Net koskarretjies.

gallery_location_thumbR_27_1476065653

Soms, as ñ mens die kans kry om binne in een van jou drome in te stap, is dit oorweldigend. Dit was vir ons. So ñ anderse lewe, dié van ñ eiland. So baie tyd om te dink, en tog. Jy skakel net af.

Koh-Samet

Hierdie was twee maande voor die Tsunami Suid-Oos Asië getref het. Ek het dikwels myself in die mense se skoene probeer plaas. Jy is redelik weerloos so in die vreemde op ñ eiland. Nêrens om weg te kruip nie. Niemand wat jou kan kom oplaai nie.

Hier in my land tref ons voorsorg teen gevaar. Diefwering, alarm sisteme. Ons motors het opsporings-apparate in. So ook ons fone. Ons beplan. Ons sit planne in plek. Dink ons.

Maar op ñ eilandjie in die middel van die see?

Op wie se knoppie druk jy dan? Jy gryp jou kind en vlug waarheen? Selfs al besit jy die beste wapens, wie skiet jy? Jou kontant gaan net ronddryf, jou juwele tot op die bodem sink.

Jou slim brein-uitgewerkte redenasies oor is daar nou eintlik ñ God, of in wie of wat jy moet glo, dit sal in die atmosfeer verdwyn.

As die Tsunamie jou die dag tref.

Wie roep jy aan?

koh-samet-island

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

ñ Ander soort gawe.

(pictures:Google Images)24f95683831b607390ab339608b35b13--african-paintings-black-women-art

Ek het landsgenote wat iets ontvang het wat my fassineer. En ñ bewondering en trots in my ontketen. Van hulle is my kliënte, sommige my vriendinne.

3d0d2efb3579e2642f546babbefdbfe8

Sit ons langs mekaar op die kerkbank, verkyk ek my aan die verskil tussen hoe sy lyk, en my eie vaal, ekstra warm en praktiese klere.

Ek het dit net nie.

08c762322c8e9f9c80e1e89d860f2d71 

Ek sou soveel vroeër moes opstaan om myself gereed te kry vir die oggenddiens. Dis Sondag…ek wou net ñ bietjie langer bly lê.

Soms verlustig ek my in die modes wat ek op televisie sien. Self sal jy my nooit in dié uitrustings vang nie, maar aan haar…Hoe kry sy dit reg! Met ñ sekere flair kom sy aangestap, en ek voel skoon jaloers.

ea1b391e469c4e6eee4277bd52a9ff89

Ek kan haar dit nie nadoen nie. Daar is ñ selfvertroue in hierdie vroue wat sommige van my ander landsgenote en ek, net nie kan bykom nie.

Selfs al is ek hoè lief vir kleur, my klerekas bly onopwindend. Eendag, dalk volgende winter, maar eendag gaan ek dit waag. Gaan ek vir my ñ uitrusting aanskaf wat mense na hulle asems sal laat snak. Diegene gaan aan mekaar stamp en sê… Kyk nou net so vir Una en haar vriendinne! Dit is mos sy, né???

236501174

Of dalk nie.☺

 

 

 

 

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg