(foto:Google Images)
ñ “Mercy” mens, dis wat my Elanè blok-vriendin my noem. En ek is trots op hierdie benaming, hierdie sewende van die “Redemptive gifts”.
Vandag wil ek myself ‘vasskryf’, herinner aan wie ek is. En wat. Nie alles is mooi nie; ñ mercy-mens sleep ñ paar ernstige swakhede met hom saam. Dit bly ñ keuse.
Groei jy daaruit, sien dit vir wat dit is. Of troetel jy die foute.
Die Unas van die lewe het nie sommer vyande nie. Omdat ons meestal glad nie oordeel nie, is ons veilig.
My hartsvriendinne is gewoonlik 100 % die teenoorgestelde van myself. Die mercy kom so te sê met alle persoonlikhede oor die weg.
Ek voel aangetrokke tot mense wat seer het, sien vinnig deur die skanse. Selfs al is jy ñ totale vreemdeling. Ek is nie bang vir jou mure nie, inteendeel, ek en jy weet albei vinnig dat jy my kan vertrou. Met my kan praat.
Ek is doodeerlik oor myself, jy hoef nooit te wonder nie.
“Do people come up to you frequently and bare their entire soul without being asked?” Dís die mercy mens.
Tot dusver ñ goeie prentjie. Wens net ek kon nou hier stop.
ñ “Mercy” sukkel met ñ onderliggende smagting na intimiteit. Sonder dat ons dit altyd besef, “crave” ons fisiese aanraking. Wat heel dikwels na seksuele sonde lei.
Hier is ñ eina sin: “The intimacy the mercy craves transcends soul contact to physical contact. They are designed by God to want and need touch. For young mercy men, this needs to be affirmed in a right way, or they can fall into homosexual lifestyles because of this lack of affirmation.”
In my jong dae het ek geweldig met hierdie swakheid gesukkel. Keuses gemaak op grond van my hunkering na intimiteit. Vandag weet ek, net God kan die leemte vul. Maar vandag is baie baie jare later. Baie baie verkeerde keuses later. En steeds, steeds moet ek bewus bly van hierdie feit, en nie vir ñ oomblik my waaksaamheid neerlê nie.
Die mercy hou nie van verandering nie. Veral nie as dit ons sekuriteit raak nie. Dit neem redelik tyd vir my om emosioneel te laat gaan. Te laat los. Maar daarna reik ek met oop arms na die nuwe.
Ons haat konfrontasie. My DNA is om pyn van mense af te probeer weghou. “When they have to confront, it is very difficult. It usually takes them an hour of beating around the bush. This can be a major downfall for the mercy.”
Tog, aan die ander kant, iewers onder die oppervlak lê daar ñ hoeveelheid woede. Dit kom baie selde te voorskyn, maar as jy iemand na aan my te na kom, sal ek ontplof.
Vat jy my as persoon aan, sal ek my skouers optrek en wegstap. Ek vergewe al vra jy nie daarvoor nie. Maar o genade, moenie die mense om my, na aan my, seermaak nie. Almal het al vergewe en aanbeweeg, dan broei ek steeds. “Resentment”, diè woord som op.
Eintlik wil jy my as ñ vriendin hê…ek moet darem iets goed bylas.☺
“By design the mercy is able to engage spirit to Spirit with God. They are able to go there easily and often. As the mercy is sanctified they sanctify their environment (time, people, place) and are able to transform the sinful into holy. The gift of mercy is designed by God to know His heart and to operate on a very subjective, intuitive basis.”
Hierdie is ñ mondvol, ek weet. Maar hierdie is MY lewe, MY binnekant. Ek is trots op wie God my gevorm het om te wees. Ek is dankbaar dat Hy my oë en ore op ñ sekere dag aangeraak het sodat ek myself kon sien. En verstaan. Leer ken.
Nie die Una wat omstandighede ‘gemaak’ het nie.
Die Una oor wie Hy gedroom het.

Jy moet ingeteken wees om kommentaar te lewer.