Net nie kokkerotte nie…!!!

(fotos:Google Images)exotic-food-at-phnom-penh-markets

Mens noem dit “creepy crawlies”. En ja, jy eet heerlik daaraan.

Hier in 2005 besluit ons om ñ draai in Kambodja te gaan maak, oppad Bali toe vir aankope. Heel braaf. Om mee te begin neem hulle ons op die lughawe in hegtenis, want niemand daar rond het al van die RSA gehoor nie. Ons paspoorte is tot onderste-bo gelees, maar nee. Waar IS dié land???

Uiteindelik vrygelaat, met glimlagte van oor tot oor en ñ vreemde klomp woorde wat dalk ‘geniet dit’ beteken, en daar gaan die twee Steenkampies. Groot tasse in die hand, want mevrou soek na nuwe artikels om huis toe te neem.

ph-sightspp-russian-market-800

Die land was nog baie verniel, dié jaar toe ons daar aanland. Gedurende die 4 jaar wat die Khmer Rouge aan bewind was, in die negentien sewentigs, is omtrent 2 miljoen mense uitgewis, deur hul eie regering. ñ Vyfde van die populasie. Daarom dan dat 63% van Kambodja se mense onder 30 jaar oud is. Baie van die ouer garde weet nie wanneer hulle gebore is nie, en min mense gedenk hul verjaarsdae.

PhnomPenhStreet

Dit was my en Bertus se eerste kennismaking met ñ land wat steeds aan die ‘bloei’ was. Soveel vernielde mense, so geweldig baie bedelaars, en honderde verwaarloosde kinders. Tog, hulle was aan die opstaan. En al was dit raar, maar die mooie glimlagte het behoue gebly.

b3

edvcs2013-01

Ons het baie gelag, want net so vreemd as wat die hele ondervinding vir ons was, net so vreemd was ons vir hulle. My manlief met sy wonderlike mense-mens persoonlikheid het oral harte gewen. En hulle laat skaterlag. Want ons kon weereens nie uitwerk hoe om byvoorbeeld te bad nie…

En eet…Ons het liewer van seekos geleef, ten minste het dit bekend gelyk.

seafood-for-sale-on-a-beach-in-sihanoukville-cambodia-B437XC

Kambodja is nog ñ hart storie in my joernaal. Een wat ek tot nou toe bietjie bewaar het, want daar is ñ stukkie seer aan verbonde. Ek is ñ jaar later terug soontoe, met my moeks aan die hand. Die lag met ñ traan as jou ma saam met jou ñ anderste wêreld ontdek, is meer kosbaar as goud.

Maar dis ñ lekker storie vir ñ ander dag.

4711698277_03566e0487_b

 

 

 

 

Het ek regtig die moed.

(fotos:Google Images)wallpaper-3d-16529-17067-hd-wallpapers

Sal ek in ñ ander land kan gaan bly.

Is ek op ñ plek in my lewe waar ek ñ baie onseker sprong sal kan neem. Ek wonder so effens daaroor vanoggend. Selfs al het ons reeds redelik rondgetoer, en is vreemde wêreld dele iets wat die bloed vinniger deur my are laat pomp. Sal ek dit kan doen?

Ons land se jong mense begin hul studies reeds met hul oë gerig op nuwe lande. Ouers berei hulself voor, en oumas en oupas trek dikwels agter die kinders aan. Ons het ñ nuwe kultuur geskep, of dalk is dit vír ons geskep, maar grense bly skuif.

246627-balinese-dressed-in-traditional-clothing-walk-on-a-beach-past-tourists-during-a-melasti-ceremony-prayer-at-kuta-in-denpasar

Sal ek my toeriste kleed kan verruil vir iets meer permanents. Is daar nog plek in my hart vir ñ nuwe kultuur, ñ nuwe taal, selfs al lyk dit soos ñ prentjies bestaan.

SONY DSC

Indien my huwelik op ñ goeie plek is, daar ñ redelike stabiele inkomste aan die ander kant wag, ek baie gereeld die kinders en kleinkinders sal kan sien. Al is dit alles in plek.

Sal ek my werklikheid vir ñ nuwe een kan ruil?

So partykeer hoef mens nie baie te sê nie…

img-20170122-wa0000

Ek weet. Ek weet ek babbel te veel oor my vriendinne. Hoe sê hulle, ‘waarvan die hart vol is…’

Ek kry nou nou dié op my whatsapp van Therese af, en my oë word vol. Want dit sê so als.

Gisteraand wou ek sowaar kort-kort huil. Ek kyk na my drie vriendinne, en ek staan verwonderd. Hoe het God onthou, tussen al die oorloë deur, om nog te sorg dat ek hulle in my lewe raakleef. Elkeen so verskillend, maar elkeen volmaak in die plekkie wat hulle in my lewe vul.

Elk het al ñ ander stuk van my pad saam gestap. Een soms baie verder as die ander. Steeds, saam vorm hulle my vangnet. Preek as ek te vér wil uitbreek, huil saam as my hart nie sy stukke bymekaar kan kry nie. Ek kan hulle nie skok nie, want ons band se vere is gediens. Deur liefde en insig, deur lewenslesse en genade.

Manlief het sulke mooi fotos geneem. Van ons in ons lawwe, uitbundige, vry selwe. Ek sal dit nog deel, want oomblikke soos dit moet vasgelê word.

Maar nou, hier, waar ek die naweek steeds kan proe, is hierdie prentjie genoeg.

‘Dit praat als.’

 

Om terug te kyk…

(fotos:Google Images)2348344943a206e59e3e72c3f782d071

Om terug te kyk, soms, oor jou skouer, is goed. Selfs nodig.

Om te weet waar jy was. En waar jy nou is. Om defnitiewe groei te herken, en te besef. Die pad was soms moeilik, soms vernietigend, soms amper té rof. Maar ek is nou hier, en ek is ek. Ek hou meer van myself, meer as voorheen. Ek sal selfs met myself vriendinne wil wees, anders as voorheen. Ek het gegroei, en dit is goed. My omstandighede is dalk nog dieselfde, soms erger, maar ek. Ek gaan ‘ok’ wees.

Want waar U trap, trap ek. My keuse was, en is U pad. Ek het in stilte U aanraking gesoek. En dit gekry.

healed-by-touching-his-garments

U het nie net verby gehou nie, U het gestop, en omgedraai.

Ek is ‘ok.’

As grys die verkeerde kleur is…

(fotos:Google Images)ce030125af71ae58245ce73d8448d4fb

Terug na my stoepie…

Net soms is ons soveel meer kwesbaar as ander tye. Het woorde die vermoë om die binnemens te laat tuimel.

Dit is dan wat jy, jy wat jou eie skoene mee loop, moet gaan sit en luister. Die woorde ‘uitluister’ en deur jou eie filter sisteem laat hardloop. Want die een oorkant jou kan nie.

Jy sien die mooie mens, en jy ken haar menswees wêreld. Julle het al saam gedans op jou malkop Abba partytjie. Saam op kerkkampe jul papiersakkies vol ‘sukkel’ by die voet van ñ houtkruis neer gesit. Saam gehuil as haar seuns die wille ding doen, en saam gespog oor haar talent met huweliks onthale reël.

So as sy opgekerf by jou opdaag, dan vat jy haar ‘angs’, en jy help. Jy vat die yskoue-vuur- woorde wat die anderhelfde deur sy prokureur oor haar ‘uitbraak’, en jy vee dit skoon. Bied dit terug in oorspronklike vorm.

As net woorde wat uit ñ seergemaakte siel kom en wil verteer.

Grys word wit of swart. En jy sit tot sy die kleure raakvat.

Eers dan stap julle saam kar toe, en groet.

watercolorpainting_53

 

As mens vyf is, en boonop ñ seuntjie…

img-20160918-wa002-1

…dan kan jou ouma se hart soms benoud raak as sy in jou ogies kyk. As sy jou hartjie hoor.

‘Ouma, hulle is lelik met my. Hulle wil nie met my speel nie.’ En ouma probeer hard om te help.

‘My engel, as daar 3 maatjies is, hierdie drie vingertjies, sien jy. En jy is hierdie ander hand se een vingertjie. As hulle al drie nou nie met jou wil speel nie, wie is dalk die verkeerde een? ‘

Dit moet hulle wees ouma. Want hulle het drie keer meer beurte om lelik met my te wees.

‘Vyf is te klein vir die groot skool, Janét. Die ander graad R seuntjies is yslik groot in vergelyking met Logie. Nee man, julle kan nie my kind nou al skool toe stuur nie.’

img-20160918-wa004

‘Ek sal hom help, my ma. Sy mamma sal haar seuntjie mooi help om reg te kom.’

Soos ek sê, dalk moet sagte oupas net liewer staan en koekies bak saam met die kleinstes. En oumas hulle leer swem. Dis veiliger.

Want ouma en oupa is nog nie skool gereed nie.

 

As die gogga byt…

(fotos:Google Images)PA-res

En hy hét gebyt.

Ek gaan dit weer doen. ñ Handvol vrouens saam met my wegraap eiland toe. Mense wat mekaar dalk nie ken nie, soms iemand wat die ‘mekaar’ nie wil ken nie. Maar dit is “ok”. Want Bali het ñ plekkie in sy hart vir elkeen. Jy kan jou ‘alleen wees’ lus bevredig, jou avontuur lus uitbasuin. Jy kan gaan kook klasse neem, of pleinweg net heerlik eet. Kunswerke bestudeer, of self vir ñ rukkie “Picasso” speel.

Ons kan “shop till we drop”, of die onderwater wêreld gaan beloer. Gaan kyk hoe hulle meubels maak en tussen hul silwerware winkeltjies verdwaal. Of sommer net rondstap en inneem. Proe. Luister. Kameras uitpluk en iewers ñ paar woorde neer skribbel.

Pens en pootjies binne in hul prentjies wêreld instap.

Manlief kan dalk reken dat ek die gogga net moes uitgooi, of net ñ salfie opsmeer.

dive_trips_bali_diving_indonesia

Onder ñ rots gaan skuil totdat die gevaar verby is… O nee.

As die gogga jou eers byt is daar geen keer nie.

wp-1483444789876.jpg

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Dogters en kleindogters:ñ Opskrif sonder woorde.

4-thinking-of-you-lady-painter-pino-daeni

Ek dwaal vanoggend op ñ blad vol kunswerke rond, en steek kort kort vas. Verkyk my aan die talent, verwonder my oor die fyn besonderhede en weergee van gevoel.

Hierdie mens, dink ek elke keer, hierdie mens wat sy of haar binneste so kan uitleef, ‘spoel’ sy oor van waarneem en voel, ‘reik’ hy uit na sy diepste self?

Vanuit die plek waar God hulle gevorm het…

Want hoe anders. Hoe anders kan jy so skep.

Hoe anders kan jy my neem op ñ pad van ervaar en aanraak.

Van erken en herken.

a70fc26a5916d1cb32255ba52ca453fe

Van stilword.

 

 

 

 

Wat kry ons aan die beweeg…

funny-animal-pictures-comedy-wildlife-photography-awards-28__880

Wat op die aarde. Baie van ons het 2017 met ñ uitgelatenheid tegemoet gestorm. 2016 is verby!!!, het ons gejubel. En ek was ñ voorbok. Of ñ ‘voor hamster’. Soveel planne, soveel gedagtes, soveel raad aan ander wat nie heeltemal my ‘insig’ gedeel het nie.

En nou. Tjoef.

download

Ek is vandag vies vir myself. Dit is middel Januarie, en ek wil-wil neerslagtig raak. Die jaar strek ewe skielik lank voor my uit, en ek is lus om om te draai, terug te stap.

Dalk weer te begin.

Tog, binne in elkeen van ons is ñ ‘plek’, die plek van kies. Die jare leer ons dat keuse nie op gevoelens gebasseer kan word nie. Soos die gospel lied ‘Die houtkruis’ sê, as gevoelens hoegenaamd moes saakmaak, dan was daar nooit die kruis nie.

My ou kliënte kom stuksgewys inloer, net om welkom terug te sê, en eindig op my stoepie. Maak hul harte oop, en leeg. Vol moedeloosheid oor die lewe, het elkeen nodig om te praat. Die ‘praat’ wat trane bring en tog kan skoonwas.

So ja, my stoepie is vandag nat, van gisteraand se baie reën en ook van mense wat kon ‘oorloop’. En ek weet wat manlief en my vriendinne in liefde gaan kwytraak, dat ek weer op my regte plek is, my ‘ministry’ weer opneem.

Here, help my asseblief om nie so baie te dink nie, nie so vreemd te voel nie. Dankie vir al my seëninge, moet nooit nié my dankbaarheid hoor nie. Ek sal by U kom sit en luister, weer leer. Want nét U weet wat my gees moet hoor. Soos ek in die oujaar by U gevra het, vra ek nou weer. Blaas U asem oor my.

En vul my met ñ lag wat nie perke ken nie. ñ Liefde wat nie grense ken nie. En ñ wysheid wat U woorde ‘weet’.

decorative-bamboo-poles-creative-lamp-design-original-home-lighting-ideas

 

 

Batik gedagtes.

(fotos:Google Images)batikpaintinginbali

In matriek het ek kuns as ñ vak geneem, en tydens die eind-eksamen moes ons ñ ‘batik-skildery’  maak. Besig met vandag se blok-skryfsel, kom die onthoue terug. Ek het so elke oomblik van die batik-oefeninge geniet, min wetende dat my hart eendag op ñ Batik eiland gaan vasspoel.

Batik is deel van Bali se lewe en kultuur. Dit is oorspronklik gemaak met behulp van ñ “canting”, ñ klein koper instrument gevul met vloeibare was.

javanese-batik

Sodra die was droog is, word die stof gekleur, en die deeltjies met die was daarop, neem geen kleur op nie. Die proses word met verskillende kleure verf herhaal om sodoende ñ motief te skep.

1111249_ilexbatik_kain

Later van tyd het batikmakers ñ koper stempel begin gebruik, en deesdae word die patrone deur ñ masjien gedruk.

Maar handgemaakte batik is steed in Indonesië beskikbaar. As mens bietjie rondkyk, loop driekwart van die Bali eiland, mans en vrouens, in ñ batik wikkelrok rond, sarong soos ons dit ken.

89a85ca8c0b6765e5766ef35dc63c9ff

Niemand weet presies waar en wanneer die eerste batik gemaak is nie, daar is stukkies batikweefsel reeds in die sesde eeu in China gevind. Dit bly deel van die eilande se algemene lewe, vir almal…

blog2

en dit bly deel van die nasionale identiteit van Indonesië.

 

 

Wanneer raak ‘lank’ té lank.

(foto:Google Images)amazing-views-hd-landscape-wallpapers-green-sky-free-images-flowers-windows-desktop-images-best-nature-images-1920x1140

Ek wonder al van Sondag af oor ‘tyd’. Tyd om afskeid te neem.

Hoeveel tyd is werklik nodig om jou lewe reg te kry vir jou permanente ‘weggaan’. En wanneer raak dit té lank?

Vir die laaste paar jaar sien ons Sondag vir Sondag hoe ons pastoor met nierkanker worstel. Met tye was daar genesing, en dan weer nie. Frisse, groot man. Met die mooiste en sagste binnekant wat jy jou kan voorstel.

Genoeg tyd gekry om sy twee seuns deur universiteit te sien.

Eergister land ek langs sy skoonma tydens die oggenddiens, pragtige gryse dame wat onlangs haar eie seun aan die dood moes afstaan. Vinnig, oornag.

Nou is hulle hier van Namibië af om hul dogter en kleinseuns by te staan.

Tydens die afskeidsdiens hou sy my hand krampagtig vas. Voel ek hoe haar moed haar wil wil verlaat terwyl hy sy laaste keer as pastoor voor sy gemeente staan. Die nuwe pastoor verwelkom, en dan terug tree.

Hy kom sit voor ons, en met sy hand omhoog loof hy sy Here. Maar hy moet sit. Sy sakdoek opgevrommel in die ander hand, die oë toe. Die vorsheid moeg.

Sy vrou lei ons “worship”, en ek kyk toe hoe jare se hartseer en bangheid, hoop en wanhoop, en oorgee, opgedra word aan God. Deur haar stem. Wat soms breek en soms deur trane weggespoel word.

Maar sy bly staan, met haar engel voorkoms en haar vingers wat oor die klawers gly.

En ek wonder. Is genoeg tyd soms té lank…

 

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg