Die lag met ñ traan.

(painting:Google Images)ede9308f9e47336c1e501ce73169c624

My moekie se beste vriendin van altyd af, het vir so drie maande by haar in haar woonstel ingetrek om haar by te staan met die kanker. Mamma wou graag so lank as moontlik nog op haar eie bly, voor die siekte sy tol te veel eis.

Maizie en tannie Rona was ñ gedugte spannetjie. Saam skoolgehou vir jare; groot ‘buddies’. En altyd besig om vir mekaar grappies te vertel. Dié wat so effens onder die belt was, dié het hulle eksta oor gegiggel. Maar hulle dan ook baie vroom gehou.

ICD Teambuild March 2012 594

ñ Paar dae voor mamma na ons toe moes oortrek, so twee maande voor sy hemel toe is, slaap tannie Rona se dogter by hulle twee oor. Sommer voor in die sitkamer op die bank. Klein woonstelletjie, waar jy maar alles kan hoor.

Mamma was op hierdie stadium amper heeltemal bedlêend, en moes die doeke vir volwassenes dra.

Half-drie die oggend lê Elmarie na die volgende gesprek en luister.

“Maizietjie, hoekom probeer jy opstaan?” Bygesê, tannie Rona was baie baie doof. Veral in die een oor.

“Slaap jy Rona. Los my uit, ek sal self regkom.” Haar siektetoestand het my moeks geweldig ongeduldig gehad, want die sterk morfien plakkers se newe effekte is rof.

“Maizietjie, jy kan mos nie opstaan nie. Nee man. Wat probeer jy doen?”

“Los my uit…Waar’s ñ pad…?

“Wat? ñ Wat?”

Pad Rona! ñ Pad. Maak net oop jou dowe oor!

“Nee my hel, Maizietjie, hier is wragtig nie ñ perd in die kamer nie! Kom slaap!”

Rona, blerrie pad. Waar’s ñ droeë pad! 

“Nee wat, jy is alweer deurmekaar. Ek sien geen perd hier nie. En hoe sou hy hier inkom… Kom, kry jou lê. Die kamer is te klein vir nog ñ perd ook, en Tjoukie sou mos vreeslik blaf. Raak rustig en los die perde uit.”

Dis toe dat Elmarie om die hoekie kom. Nadat sy eers vir dié twee in stilte gelag het. En vir my moeks ñ ander doek bring.

Mens wil só ñ vriendin in jou lewe hê. Een wat haar eie wêreldjie opoffer om jou te kom bystaan. Een wat in die nagte saam met jou huil. Maar meer saam met jou en vir jou lag.

En dan, as jy weg is, blymoedig sê dat jy vir haar by die hemelpoort staan en wag. Want jy wat Rona is kan nie rigting hou nie. Glad nie.

“So Maizietjie wag vir my. Sy weet ek kan dalk verdwaal.”

Dertien maande nadat mamma weg is, kry ek die oproep.

“Una’tjie, my mamma is nounet na Jesus toe. ñ Massiewe beroerte”.

Ek het hierdie een nie sien kom nie. Nie my tannie Ronsie ook nie…

Jip. En nou loop hulle daar bo rond, aan weerskante van Jesus. Tien teen een steeds stry-stry…

Oor wie Hom die liefste het.

En ek glo Hy glimlag in Sy mou vir hulle grappies.

IMG01858-20120526-1538

(My heel laaste fototjie saam met my Moekie.)

 

Môre begin ek by die gym.

snow-cat-funny-animals-wallpaper-1280x1024

Alles te danke aan hormoonpille.

Warmgloede.

Funny-fitness-pictures-grandmas-workout

Dis reg. Ek, wat nog nooit in haar ganse lewe eers die binnekant van ñ gym gesien het nie. Ek. Begin môre. Klaar ingeskryf. My sak is gepak met elke denkbare gym-bykomstigheid moontlik in.

Die instruktriese se vrae vanoggend met my mediese evaluasie: Wat het jou gemotiveer om te kom aansluit?

My man.

Wat is jou mikpunt?

My man.

???

Die hormoonskommeling van die middeljare het my gewen. En Bertus na drastiese planne gedryf. Dit kos hom baie, want hy het vir my vandag elke moontlike ‘hulpmiddel’ denkbaar in Total Sports gaan koop. Van my kop tot my toontjies uitgerus gaan ek môre oggend aanmeld.

When-Should-I-Foam-Roll

Ja, dis ek. Een van die dae. “Eat your heart out”. Ek sal die “hot flushes” gaan wegoefen! En die depressie wat sy kop wil-wil uitsteek. Ek gaan besig bly en gesond leef. Watch my.

Volgende vraag: HOE gedetermineerd is jy van nature om ñ doel te bereik?

Glad nie.

O?

Ja.

Stimuleer daaglikse uitdagings jou?

Nee.

Na twaalf maande, wat sal jy graag wil sien?

2e2b3b2022cb19c6806300266305b551--funny-shit-funny-stuff

Ek oefen van môre af. Met my baie duur bluetooth oorfone op my kop. Indien jy ñ fiksheids-boffin is en jy sien my raak, kom gee maar ñ bietjie raad.

Want ek verstaan glad nie eers hoekom ek ñ handdoekie moet saamvat nie.

download (1).jpg

 

 

 

ñ Tyd en ñ plek.

WB14095b

My laaste woorde gisteraand aan Rondomtalie was dat ek nie langer so ernstig gaan skryf nie. Want dit krap my mense om. Van nou af net ligtelike stories en Bali prentjies.

Wie “fool” ek nou eintlik. Dit is ‘of’ die blok geheel en al toemaak. ‘Of’ skryf soos my hart en my emosies my lei.

“I signed up for it”.

Maar hoe nou gemaak. Is dit omdat daar nou maar net ñ plek en ñ tyd vir alles is.

En hierdie nie my plek is nie?

Groei ñ blog saam met jou? My voorneme was ñ dagboek vol reisstories. ñ Plekkie waar mense vir ñ rukkie saam met my kan wegloop en droom.

Tog. Ek is nie net ñ rondreisende ‘iemand’ nie. Hoe hou ñ mens die twee persone weg van mekaar af?

Of is om “undercover” te gaan die antwoord?

0

 

 

 

 

Sommer net ñ gedagte vir my dag.

(skildery:Google Images)Elizabeth-and-Mary

Om met oorgawe saam met ñ ander persoon bly te wees; dít is nie ñ emosie wat ons altyd van nature ervaar nie. Ek kyk nounou na hierdie skildery, en ñ effense hartseer roer in my siel-mens.

Ek wil ook so kan voel vir ander, en dit moet uit ñ diep plek hier binne my kom. Dit moet maklik wees, en ‘waardig’. Nie uitgeredeneer nie. Nie eers geweeg word nie.

Soos ñ kleinste wat na jou arms toe aangestorm kom, voluit, sonder terughou. Sonder skanse.

Om vreugde te kan ervaar vir ñ ander se geluk sodat die vensters van jou siel dit wys, dít is ñ gawe.

Een wat ek wil hê. Ten volle.

 

 

Die ‘toe’ Smartieboks.

 

 

Ek is kapoet. Op. Gedaan. 

Die dag het goed begin. Vier kleinkinders, dieretuin.

Nommer een wat ingepak is, is die vadoek. Die jammerlappie. Ek het my lapsak gaan uithaal, en net die nodigste daarin gesit. ñ Bankkaart, my bestuurslisensie vir die sekuriteitsplekke waar die kinders bly, en my bril. Was ek nou opgewonde!!!…

Hulle was fenominaal verby. So soet. Die twee oudstes is erg “into” fotos, en ouma straal van die trots. Is hulle nie net die wêreld se oulikste kleinkinders nie.

wp-1499264033167.jpg

Nathan kan tot sy ouma afneem! Wanneer het hulle so slim geword!!!

En net daar besluit klein Xander dat ouma se arms beter is as enige iets anders. Want sy koer in jou ore, soen jou onophoudelik, en maak om een of ander onverstaanbare rede die vreemdste geluide terwyl sy probeer om jou iets iewers te wys…

Twee ure later, sak ek op die paviljoen neer. Nou gaan ons na die otter-skou kyk. Dankie tog. Hierdie klein lyfie weeg ñ ton!!!

wp-1499263914629.jpg

Advertensie breek:

By die reptiel afdeling het kleinste op die vloer rond gekruip en allerhande ‘goed’ opgetel en in sy mond gedruk. Ek kon nie die Knick-Nacks pakkies van mekaar af loskry nie, want daar was nie ñ skêr in my lapsak nie. Fout nommer elf.  So elke kleinkind moes die hele string met hom saamdra as hy ñ pakkie wou hê. En al drie wou gelyk een hê. Plus Xander. En hy doen nie die waentjie-ding nie. En ek weet nie of hy al Smarties mag eet nie…want sê nou hy verstik en ek is alleen en hier is waaragtig nie ñ noodhulp-diens nie. Ek het gekyk. So hy kry heeltyd Knick-Nacks, maar dit is in ñ string en die ander drie wil gelyk daarvan eet!!!

Oudste kleinseun Nathan is “very much into” reptiele op die oomblik. Ouma, help my om die bord te lees asseblief. Ouma, kom kyk hier. Ouma, check dit uit. Daai slang gaan daai muis NOU vang, ouma, kyk! Kyk hoe sluk hy die muis in!

wp-1499266501537.jpg

En Meghan word net daar naar, in die reptiel afdeling, tussen die Knick-Nacks wat oral rondlê.

En boetie kruip rustig rond en druk goed in sy mond.

Ok, terug op die paviljoen. Vir twee ure lank het elkeen geloop en peusel. Behalwe ekke. Nou is dit koeldrank tyd. En sweeties. Ons wag dat hulle met die vertoning begin. Alles baie kalm. Baie mense.

Elke dogtertjie het ñ pakkie pienk pilletjies en Smarties gekry. Dis in die lapsak. Eintlik mag ons geen kos en koeldrank ingebring het nie. Maar dis in die lapsak.

Dis toe dat die hel losbreek. Tussen baie mense wat vir die vertoning wag. En met bewondering hierdie ‘jong’ ouma met haar pragtige kleinkinders waardeer…My eie waarneming, ok…

Twee dogtertjies. Twee Smartie boksies. Een reeds oopgemaak om te sien of Xander dalk al een sweetie kan kou…as ek hom net vir ñ sekonde terugsit in sy waentjie…wat toe nie uitwerk nie…

Gaby het ook haar mondjie oopgehou vir ñ verlore Smartie wat dalk uit boetie Xander se mondjie val. So die pakkie is reeds gebruik. Nig Meghan besluit, sy soek nou haar TOE BOKS flippen Smarties. Terselfdertyd wil kleiner nig ook haar pakkie hê.

Advertensiebreek: Nathan en Meghan is boetie en sussie. Meghan weet hoe om op te staan vir haar regte.

wp-1499266477005.jpg

Gabriëlla se boetie is nounet een jaar oud. Sy weet sy kry wat sy wil hê. Sonder “sibling” inmenging.

Lang storie kort. Xander is besig om sy babasak op die mense wat voor ons op die paviljoen sit, uit te gooi. Doeke oral. Gaby gil omdat sy die TOE pakkie Smarties soek. Meghan staan op haar vroue-regte, en “demand” haar TOE pakkie Smarties. Nathan tree tussen beide, want hy is die oggend deur sy mamma aangesê om die twee dogtertjies te beheer. ‘Want ouma is nie gewoond aan soveel kleintjies gelyktydig nie’. Hy kry Meggie beet, sy byt hom. Gabby gil oor die onregverdigheid van die situasie, en Xander gooi mense met sy melk-bottels.

En die mense kyk geskok…

Ons het NIE die vertoning van die robbe gesien nie.

Maar ek is ok, dankie. Indien iemand wonder.

wp-1499266519532.jpg

Op die pad: Ouma, vat ouma my nou huis toe…? Nee my liefie, mamma is by die werk. Dankie ouma, want ek, Gabriëlla, is baie bly ons gaan na ouma se huisie toe. En ek is jammer, ek weet ouma wil nog baie graag by die dieretuin gebly het.

As mens jou eie smaak ontwikkel.

20170630_132914.jpg

ñ Agtjarige kleindogter is ñ baie groot lekkerte vir ñ ouma.

Ek kyk soms in haar ogies, en ‘sien diep terug’ na die tyd toe haar mamma so ñ astrante klein japsnoet was. Dan kyk ek nog verder terug, en sien myself. Iewers in die verlede.

Jongste dogter se tweetjies het ñ gesamentlike verjaarsdagpartytjie gehad, so ñ paar weke gelede. Met middeldogter en skoonseun op daardie stadium in Frankryk, het sus en boet per geleentheid by die partytjie aangekom. Met hul eie, eie klere keuses aan.

Talisa is op hierdie stadium defnitief ñ “free spirit”. ñ Pocahontas dogtertjie met ñ kunsstreep.

Ander-ouma het ter voorbereiding van die partytjie opdrag gekry om asseblief ñ ouwêreldse rokkie uit Bali vir haar wat Talisa is, kleiner te maak. Die rok het ek oorspronklik vir haar mamma saamgebring, van handgeverfde batik materiaal. Maar mamma het nie daarvan gehou nie. So ander-ouma, maak dit kleiner, ek wil soos Pocahontas lyk. En kan ouma vir my ñ pyl en boog ook maak?

Groot was my verbasing dus toe sus by ons afgelaai word, met mamma se rok aan. En ñ paar stewels. Plus ñ baadjie wat al veertien jaar lank tussen niggies en nou kleinkinders rondtoer. Al die pad van Hong Kong af. Oorspronklik vir my kleinboet se dogtertjie gekoop. Tilla het dit gaan opdiep.

wp-1498824021571.jpg

Oumas groei weer saam met die kleinkinders, dit weet ek. Van voor af. Ek vermoed dat die intensiteit waarmee mens hulle ervaar, drie lae het. Jy sien ñ stukkie van jouself, jou kind, en dan jou kleinkind. Drie dieptes.

As jy stilsit en waarneem, vloei jou gedagtes heen en terug. Jou gevoelens ook. Jy voel weer die sagte koestering van ñ eie klein lyfie in jou mamma arms. Raak dan ongesiens aan die uitvloeisel van die verdere liefde…vee ñ lastige haartjie uit ñ ogie, maak ñ neusie skoon. Al die tyd bewus van ñ diepe oerwêreldse liefde.

Boet het in sy ‘wanzie’ opgedaag. Want dit is koud en hy voel siek. En dis gemaklik. Wat is die probleem?

wp-1498825912162.jpg

Om jou eie smaak te ontwikkel, om self jou voorkeure te begin uitleef, dít is vir ouma op sigself ñ wonderwerk. Maak nie saak wat ander daarvan dink nie. Die blote feit dat jy keuses uitoefen is meesterlik.

Jy bly die slimste en mooiste en oulikste wat die Here kon skape!

 

 

As ek ñ keuse kon hê…

wp-1498226673687.jpg

Dit is vandag ñ stil Vrydag hier by die winkel. Te stil. In die agtergrond word ge-oefen vir die kinderopvoering wat tydens die skoolvakansie aangebied word.

Ietwat uit my diepte op die oomblik, so sonder rede. Toe besluit ek om die meubels bietjie rond te skuif, ñ nuwe prentjie te skep.

Dis gedoen, en als lyk goed. Kom sit op my stoel in die hoekie met ñ koppie tee, en sien die esel in sy nuwe spasie raak. Staan eers op om ñ skildery uit te soek wat bo-op pas; kom weer sit.

d40ec84f2fe4b9afb61c5e53cd065a77

Nou dink ek so… As daar ñ keuse was, as ek kon kies om binne-in ñ nuwe werklikheid in te stap, en weer kon ‘uitklim’, waarheen sou ek wou gaan?

Onbeperkte keuse.

Die prentjie op hierdie esel lyk ewe skielik vir my baie aanloklik. “Imagine that!” As ek daagliks hier kon instap, ñ skildery op Google Images uitkies, op my ‘tower esel’ sit, en vir ñ paar uur mag wegraak. Die moontlikhede! Die verskillende tydsreise wat ek kan onderneem!

Nie die Middeleeue nie. Nee. Ek sal wel vir ñ rukkie by ñ Voortrekker gesin wou koffie drink. ñ Indiaan gesin wou gade slaan, sonder dat hulle van my weet. Die oorloë sal ek vermy, maar dalk op ñ skip op soek na nuwe wêrelddele. ñ Portugese skip.

Wat van die Titanic! Die eerste paar ure, nie te lank nie.

And_The_Band_Played_On.5462939_large

Soveel keuses. Sê nou maar. Ag. Sê nou maar…

Maar mens weet nooit. As ek lank genoeg kyk; as ek konsentreer, diep asem haal en die tree neem?

-font-b-ships-b-font-fantasy-font-b-art-b-font-artwork-medieval-royal-war

 

 

Vertel my. Ek wil weet.

508289358

Ons kom ñ lang pad saam; ek en Bertus en sy.

Ons ‘Woestynkind’-vriendin.

IMG-20170622-WA0001

Kort na haar egskeiding het sy en haar drie jong kinders deel van ons lewe geword. Trudie, die jongste, was skaars een jaar oud. Finansieël moeilike jare daardie. Is steeds.

So toe ek en Bertus einde 2008 saam met ñ groep vriende Mosambiek invaar, het ons haar gevra om op ons Lodge te kom bly. Vakansie te kom hou. Iets lekkers om te doen in hul andersins baie ingeperkte lewe.

Na twee dae se ryery kom ons klompie baie opgewonde by ons eindbestemming aan. Twee weke van see en sonskyn lê voor. 23 Desember 2008.

Terug in Harties weet Marieta dat die vakansiegangers ook gaan begin arriveer. Die Lodge was vol bespreek, gelde betaal.

Annette, haar oudste meisiekind, was ñ dromer. Ietwat van ñ avonturier.

Op 24 Desember, kort na vier die middag, merk Bertus op dat daar aanmekaar “missed-calls” op sy foon deurkom. Van sy neef in Suid-Afrika af. Selfone was toe nog ñ nuutjie en opvangs baie swak. Hy hoor wel iets op een van die boodskappe, vaagweg.

Una, Anton praat van iemand wat dood is. Op die Lodge.

En so breek een van die mees hartseer tye van ons lewens aan. Die dag voor Kersfees. Terwyl Marieta en die ander twee videos sit en kyk, dwaal Annette rond, soek ñ plekkie vir haarself.

Haar voorliefde was dakke. Daar kon sy alleen wees, vér sien.

Sy klim op die drieverdieping grasdak van ons saal. Amper heel bo verloor sy haar balans, gryp na die twee lewendige Eskom kragdrade wat bo-oor die saal gespan is…

Marieta en haar twee het die liggaampie in hul karretjie gelaai en Brits hospitaal toe gejaag.

Maar my maatjie het geweet. Haar kind is dood.

IMG-20170622-WA0000

Amper sestien jaar ou, begrawe hulle haar ñ paar dae later.

“Vertel my. Ek wil weet.”

Marieta kuier verlede Saterdagmiddag by my. Agt en ñ half jaar later. Deur al hierdie tussen-in tyd was ons klompie daar vir mekaar. Onlosmaaklik deel van mekaar se lewens.

En ek besef na sy die woorde uiter, nou eers, nou eers is sy reg om verder te hoor. Tot nou toe moes sy net probeer leef met háár deel van die onthou.

“Jy weet ons kon nie terugkom nie. Die groep was afhanklik van mekaar se voertuie. Maar jy weet ook ek was daar, by jou, saam met jou.

Ek en Bertus was stukkend, Mariet. Ons het soos twee slaapwandelaars opgetree. Meeste mense in ons groep het jou ook geken, so hulle het verstaan. En geweet dat iets gedoen sal moet word om my en Bertus te help ‘loop’.

So op Kersdag, met laagwater, het ons ñ sirkel gevorm en hande vasgehou. ñ Kransie van veldblomme gevleg en nadat ons ons eie woorde vir God gegee het, het ons haar kransie in die water neergelê.

En gestaan en kyk hoe die see dit meevoer. Wegvat.

Ek en Bertus is twee weke later terug na ñ verlate Lodge toe. Ons krag is vir langer as ñ maand afgeskakel sodat die nadoodse ondersoek voltooi kon word.

Niks was daarna ooit weer dieselfde nie.

Ons moes die bespreekte gaste se gelde terugbetaal.

Bertus het alle belangstelling in sy beroep as spanboukundige met ñ bedryfsielkunde agtergrond, verloor. Hy het die Lodge toegemaak en vir langer as ñ jaar net getreur. Geen inkomste gegenereer nie. Elke dag opgestaan, sy Bybel gevat en gaan lees.

In April 2009 het hy sy eie staptog van Umhlanga tot by Greytown aangepak. 137km. Voor dit was hy deel van ñ geborgde staptog deur Swaziland tot in Durban. Suid-Afrika, draai terug na God. 600km.

In Durban aangekom het hy die groep gegroet, ñ rugsak gepak en alleen deur The Valley of a Thousand Hills begin loop. Tot by oom Angus se byeenkoms. Een van die heel gevaarlikste roetes in Natal. Sy missie: as ek lewendig anderkant uitkom, dan is dit wat God wil hê. Want self wil ek nie meer aangaan nie.

Vandag praat hy van sy selfdood tog.

Hy het dit gemaak. Snags het swart mense hom in hul huise ingeneem. Hierdie semi-verwaarloosde blonde man wat na oom Angus toe stap.

Jy kan Bertus gerus eendag vra oor sy getuienis, Marieta. Want hy het een. God het tree vir tree saam met hom beweeg, en Homself aan Bertus geopenbaar.

Maar ek weet nou wil jy eers hoor wat ek kan vertel.

Die bank het ons Lodge teruggeneem. Vandag nog sit ons met miljoene rande se skuld, en betaal steeds maandeliks terug. Nog ñ getuienis op sigself; dat ons nooit gelikwideer is nie.

So my vriendin, jy wou weet. Ek verstaan. Ek verstaan dat dit nodig is om te hoor wat se effek jou kind se dood in ander se lewens gehad het. Nie omdat dit jou laat beter voel nie. Nee. Dit weet ek ook.”

“Net omdat.”

As ñ mede blogger hier onder ons, kom ek agter, help haar skryf ook baie ander. Sy het ñ pad om te deel.

Hierdie Woestynkind mensie van ons.

Sy het mamma alleen die kinders grootgemaak. Vandag is Trudie en Christopher twee suksesvolle jongmense. Trudie was hoofmeisie in Hartbeespoort Hoërskool, nou besig met haar studie in Ingeneurswese. Christopher is betrokke in ñ sportberoep. Albei kinders is ywerige musiekante in die kerk.

Annette sou die 25ste vier en twintig jaar oud geword het.

Hierdie is altyd ñ baie hartseer maand vir jou, Marieta. ñ Leë maand.

Maar God is by jou. Hy sien, Hy weet.

Met my hele hart gun ek jou jou hartsbegeertes. Daardie drome wat jy in ñ vorige blog-skrywe sê jy nou maar wegpak.

God het hulle in jou geplaas, hulle oor jou gedroom.

En elke keer as jy effens jou arms wil laat sak, sal ons weer inkom en hulle in die lug help hou.

Want dit is wat hartsvriende vir mekaar doen.

xxxx

Bang om dood te gaan…?

IMG_5227

Nee, ek dink nie so nie… Nee, ek is nie.

Terwyl die kinders in die huis was, kon ek hierdie sin glad nie sê nie. Wou dit nie gevra word nie, want sê nou net die duiwel hoor!

Die gedagte dat ek die dogters alleen moes los was vir my werklik ñ nagmerrie. Daar was geen plan wat ek vir myself in my kop kon uitwerk, wat my enigsins gerus kon stel nie.

Ek kon eenvoudig nie doodgaan nie.

As die Here my net sou spaar tot hulle drie op hul voete was. Tot hulle nie meer so geheel en al emosioneel afhanklik van my is nie.

Een van die openbarings wat ek gekry het, was dat hulle so jonk as moontlik ñ baie sterk verhouding met God moet hê. Dit was al wat ek geweet het sal help. As Hy net my plek in hul lewens kon inneem, kon Hy my kom haal.

Dalk vir die verkeerde rede…maar dalk tog nie. Ander ouers het dalk oor baie meer sinvolle redes hul kinders by God uitgebring. Hierdie was myne.

As ñ geskeide ma het ek ander probleme voorsien. Geweet die kinders sou na hul eie pa toe moes gaan, weg uit hul bekende omgewing uit. Bertus sou niks kon doen nie.

En al was hul eie pa goed vir hulle, ek het geweet. Dit sou net ñ sterk afhanklikheid van God kon wees wat hulle anderkant sou uitbring.

Die PLAN is in werking gestel, hierdie plan tussen my en God. Bertus het voortou geneem, en ons het voluit vir ons Here begin leef. “In hindsight” besef ek ons kon die kinders dalk teen die kerk laat draai het met ons totale toewyding. Maar ons het nie, deur God se genade! Ons was erg. Ons reëls streng.

Op ñ dag, toe ek vir die soveelste keer die vliegtuig bestyg vir die elle lange vlug Indonesië toe, was dit anders. Die ‘koorsigheid’ was weg. My hart het saam geglimlag, want dit was ons geheim. Hierdie wete.

Dat as die vliegtuig sou val, as dit my tyd was, was ek só gereed. Met Indonesië se hoë getal binnelandse vliegongelukke, was die vrees altyd iewers in my agterkop.

Nie hierdie keer nie. Ek kon by die venster uittuur en my in die wolke massa verlustig. As ons val, as…as…as.

Dan is ek ok. Want as ons val, val ek reg in my Vader se uitgestrekte hand in. Nie dalk nie. Defnitief. Daar sal geen ander uitweg wees nie, nie duisende kilometers bo die see nie. As ons val, kan ek my oë toeknyp en weet.

Hy het my.

En Bertus en die meisies sal weer regkom. Want Hy het hulle ook.

 

 

Geborge; geborgenheid:

Om veilig te voel. Om veilig te wees.

20170531_182935

Hoe kweek ons gesonde volwassenes as hulle as kind nie onbeperkte liefde ervaar het nie? Daardie onmeetbare liefde wat net ñ ouer kan gee.

Die noodsaaklike wete dat ek mamma en pappa se alles is, lê die hoeksteen vir emosionele groei. Vanuit hierdie wonderlike plek kan ek my eie menswees vind. Kan ek volwasse raak in my onafhanklikheid. In my wete dat ek ñ kosbare mens is. Vir iemand.

20170531_183934

Ek neem die klomp kinders en kleinkinders nou die aand waar. Daar is ñ natuurlike “inzoom” op mekaar. ñ Spontane omgee vir mekaar. Elkeen van die ses kleinkinders voel soos die spil waarom alles draai.

Dit is reg so, dit is nodig.

Geleidelik sal die groei plaasvind, sal onselfsugtigheid aangeleer word. Maar eers is daar ñ fondasie nodig. ñ Wete. Ek is onmisbaar.

Dié van ons wat dit nie gehad het nie, wat nog nooit soos iemand se alles gevoel het nie. Waar bly soek ons ñ wegspringplek? Hoe vind ons ñ begin sodat ons eendag by ñ einde kan uitkom?

Vir my bly van die grootste oorwinnaars in die lewe nie dié wat fisiese gebreke oorwin het nie, maar diegene wat ten spyte van die mees disfunksionele opvoeding, in een stuk anderkant uitkom. Wat in hul ‘loop’, hulp gaan soek het.

Wat in hul gebrek, almoese aanvaar het. Wat deursettings vermoë van iewers af opgediep het, gevat het wat hulle kon kry, en ñ visie begin leef het.

(foto:Google Images) 5e28fbeb0be1e41da3b70c1e9ac016ae

As jy die ou is wat moes grootword sonder ‘die plek van geborgenheid’; as jou fondasie net dryfsand was, en jy stap steeds die pad.

Wil ek graag langs jou gaan sit, plat op die grond, vir ñ wyle.

Net daar.

Daar waar jy die beste doen met wat jy het.

 

 

 

 

Voorwoord.

(skilderye:Google Images)womans-voices-from-the-dust

Ek onthou nie baie van my kleintyd nie.

Maar ek onthou my boeke. Rakke en rakke vol. Die oopmaak van ñ nuwe boek, die begin van ñ volgende storie.

Blykbaar was ons oupa aan my ma se kant so ñ storiemens. As polisieman van beroep is hy gestuur om in Italië te gaan veg. Ouma was glo bitter kwaai, en bitter. So ma het haar kleinwees gevul met sý stories.

En dit oorgedra aan haar eerste kind. Want lees het ek gelees. Amper nog voor ek behoorlik kon praat, klink dit.

5ec8571883ad81489c68c55024acd4a3

Ek kon letterlik pens en pootjies in ñ storie ‘verdwaal raak’. Ma het bly boeke aandra, en die biblioteek was my en haar ‘plek’. As ñ laerskool juffrou met ñ gestremde kind, en twee ander peuters, was die ure in haar dag heeltemal te min. Maar vir lees; vir lees het sy ruimte gemaak.

0_de0b8_4e8188d2_XXXL

My drome het die stories in my boeke verder gevat. Ek sou aan die slaap raak ‘in ñ woud’, en die ganse nag daar rondkuier. Saam met die karaktertjies. Biblioteek-periode was die hoogtepunt van my skooldae. As almal my net kon uitlos, van my vergeet sodat ek tussen die rakke kan bly sit.

tumblr_nfm68vQzaL1qlhxg5o1_500

In my hoërskool dae, met pa wat einde standerd ses dood is, het lees my ontvlugting geword. En gebly. Ons het by ñ boekklub aangesluit, en die vier boeke per maand in die pos was my alles. Boeta het altyd spesiale aandag nodig gehad, en kleinboet was klein. Tog. Die alleenheid was nooit alleen nie. En die dag wat daar nie iets was om te verslind nie, het ek my eie stories geskryf. Niggie was my ywerige luisteraar, my grootste aanhanger. So het ons twee mekaar deur die moeilike tienerjare gekry. Deur ons eie wêreld te skep.

e14dbbf8c4a2054c6a6f257fb62069a6

Vandag is ek glad nie hierdie hoogs intelligente persoon wat net opvoedkundige boeke lees nie. Nee. Ook net soms geestelike boeke. Het jy ñ goeie storie om te vertel, vang jy my in ñ wip. Afrikaans of Engels. Selfs Nederlands. Solank dit goed geskryf is, en verkieslike oor ander wêrelddele ook strek.

As ek daardie eerste bladsy oopmaak, kom kleintyd se manier na vore. Ek verdwaal tussen die woorde, die mense, die plekke.

En kom net af en toe boontoe om asem te skep.

 

 

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg