Ek is nie regtig ñ dromer nie. Nie oor die lewe nie. Selfs op troues sal daar ñ oomblik van wonder in my gedagtes insluip. Werk dit nog..?
In my wêreld is daar bitter min huwelike wat kon byhou. Baie meer paaie het geskei, letterlik en figuurlik. Mense het aanbeweeg, in verskillende rigtings. Ek het ietwat sinies in my binnekant geraak. Teen dinge vasgekyk.
Tot ñ pakkie in my arms afgelewer is. Die eerste van ses.

Saggies het die seer van die lewe begin wegvloei. Het nuwe liggies in my oë begin skyn.
Soos wat maande in jare begin oorgaan, kom nuwe drome uit kleine pruil mondjies na my toe aangehardloop. En keer kan ek nie. Myself meer beskerm deur nie veel te verwag nie, raak ñ onmoontlikheid.
Daar het ñ nuwe aanslag opgedaag. Die groei wat klein lyfies in my wêreld kom inlag. En inhuil.
Keuses is weg. Ek moet van vooraf droom. Droom oor ñ lewe wat plek het vir ses engel-mensies; ek moet glo dat ons Vader net die beste gedagtes oor en vir hulle gedink het, terwyl Hy besig was om te vorm. Daar is nie meer plek vir negatiwiteit in my denke nie, want dit word gevul deur kleinkind drome.
En oumie kan nie anders nie. Sy weet weer daar is ñ plek vir gelukkige tieners, gesonde jong mense, goeie verhoudings.
Sy weet.
Want sy kan weer droom.






















Jy moet ingeteken wees om kommentaar te lewer.