Where does kindness ‘grow’.

(photos:Google Images)balinese2

Do you get born with it. Maybe a small seed? Or does your family teach you to be kind. And show kindness.

I watch my three year old granddaughter at play, and I listen to her words. Talking to our dog, I already pick up on a kindness in her spirit. She changes the tone of her voice, cuddles a much bigger creature than herself as if she is the stronger of the two. Getting Emma to lie her head on her lap, and then whispers sweet sounds into her ear.

Are some people just naturally more kind than others? Even some cultures? Flying to Bali tomorrow, I know what to expect when I arrive there. Kind people. And it shines from their eyes, even though they sometimes try and hide it.

Funny. Why would you try and hide the flame of kindness in your inner self? Can you even ‘loose’ your kind spirit? Is kindness a gift from our merciful God, to all people? Or just to some.

So again, do you get born with a measure of kindness already in your soul?

And if you loose it, where does it go.

Little-Child-Girl-with-Baby-Doll-HD-Cute-Baby-Wallpaper

 

 

To all my other friends…

d652ad13e4a195802363f738388b8025

This is long overdue.

You follow me, ‘like’ me, and would often comment on my posts, even though you do not speak my language. I know about the translator; I also know it makes what I have to say, come out all ‘wobbeley’.

Friend like Michael Hoffmann, Jill Millward, Jan Wilberg, Psychologistmimi, Spanishwoods. You cheer me on, you make space for my ‘sometimes’ wrong spelling. You try your best to ‘hear’ what I say when I comment on your posts.

You are true friends indeed.

Jan and Mimi, you more than often challenge me to think outside the box.

Mimi, with your love for your son and the way you treasure him.

Jan, you are just someone so special. You share your life with us in such a honest way, and usually leave me in tears. Because you are kind.

Michael and Jill, you fill my life with a new dimension and love for art. The one with his incredible photos, the other with her paintings.

And then… Spanishwoods. You talk directly into my soul.

May you be blessed more and more in what you do, how you live your lives.

And thank you for the incredible richness you bring to mine.

Una.

img-20170208-wa0001

 

Opskrifloos.

images (8)

Ek hou hulle uit die hoek van my oog uit dop, en my eie tone krul sommer om van lekkerkry.

Om min of meer veertig te wees, uitgevat in ñ denim broek, met ñ blou hemp en ñ pienk valletjies bloes aan, kaalvoete, is groot “sports”. Veral in die Mall waar almal jou aanstaar.

Hulle stamp liggies aan mekaar, probeer die verkoops personeel binne in Pep se aandag trek, druk aan die toe glasdeur, en trek vir mekaar gesigte. Dan skaterlag hulle dit uit.

ñ Klompie van ons wag vanoggend vir nege uur sodat die winkels kan oopsluit.

ñ Klompie van ons, ja. Ek het my tussen die groepie kom inwurm, want ek mis my boet. Ek luister na hulle brabbel taal, die gehakkel, die harde stemtone, en sien die onskuld en kindwees in hul oë.

Die MA, of matrone, sit tussen hulle. Rustig. Haar wakende oë mis egter niks. Langs haar sit ñ ouer man en vertel aan almal om hom dat hy kanker het. Maar niemand luister meer nie. Hulle weet.

Die twee voor die winkel venster ontdek mekaar se toonnaels, en nou volg ñ lewendige bespreking. Nog ñ oumens-kind sit ñ stokkielekker en eet, en ñ ander probeer die weerkaatsing van die gangligte op die vloer raaktrap.

En ek wonder. Eendag in die hemel, daar waar ons ñ verheerlikte liggaam gaan hê, gaan boeta anders lyk?

Of gaan Jesus hom met ñ breë glimlag inwag, en hom aan almal voorstel.

Net soos hy is.

 

 

ñ Nommer op my “bucket list”.

(fotos:Google Images,Paintings)20081014062129

Meer as dertien jaar is al verby, en steeds kry ek Bali nie op ñ skildery huis toe gebring nie. In elk geval nie ‘my’ Bali nie.

Ek loop soms ure lank en kyk hoe kunstenaars die eiland probeer ‘vasverf’. Bekende skilders, onbekende beginners. Maar ek bly soek.

657e0218130f844b305a23222f4920bb

Het ek fiemies? O ja, defnitief.

ñ Paar praat al my liefdestaal, een of twee gaan hierdie slag saam huis toe kom.

balinese-procession

Tog bly ‘die een’ my ontduik.

Nou wonder ek. Is ek effens bang om perfeksie op te spoor. Of lê die uitdaging in die soek. Kan die eiland se mistiek dalk nie geraam word nie?

balinese-landscape

Sal ek dan maar liewer met iets abstraks op die vliegtuig klim, en met genoegdoening terugsak in my sitplek…

Steeds nie opgespoor nie, defnitief volgende keer!

 

 

En ons was ook nie skaam nie, hoor!

Man ja. Vrydagaand was weer sulke tyd. En moenie vergeet dat ek eers Donderdag ontslaan is nie…

Dit is die heerlikheid daarvan as jou winkel deel is van ñ “Dining Theatre”. Met opvoerings elke naweek.

Ja, dit is reg. Ons klompie daar agter. “Background singers”. En was ons nou “cool”. Wel, ons mans het so gedink. En ons kinders.

Dit was een lang heerlikheid. Die profesionele groep bestaan uit agt kunstenaars van Pretoria en Johannesburg. En dan ook die eienares van ons kompleks hier in Harties, Elshantè Bouman.

Elshantè se cd en digbundel is hierdie naweek vrygestel, so nog iemand in ons dorpie oppad na roem.

Maar terug by Vrydagaand. Die saal was gevul met my en Bertus se vriende, ñ spesiale “Seventies” musiekaand wat vir ons klompie gereël is. En die beste van alles…ons kon die musieklys voor die tyd saamstel.

IMG_9018

Kort voor lank is hartsvriendinne en ons dogters ook op die verhoog, en het ons nou gejol! Al die weggepakte drome van op ñ verhoog sing, is losgelaat.

9a0d5c179bbd84956166f62a5bb7f862

Die hartseer van die lewe bietjie eenkant gelaat, die hare losgeskud en die verbeeldings vrye teuels gegee.

En dit was heerlik.

IMG_9031

 

 

 

 

 

 

So wat is volgende…

(foto:Google Images)hqdefault

Kieter doen dit dikwels. Kry haarself in ñ situasie, en wonder dan wat die volgende plan van aksie gaan wees. Of gaan daar ñ plan wees, enigsens.

My spesialis met die strikdassie reken daar is een. Sy baie slim oplossing vir ‘die probleem’ is glo eenvoudig. Volgens hom maklik. Hou op ‘stress’.

Sy gevleuelde woorde: sommige mense se stres gaan direk na die maag. Ander s’n glo na die algemene area van die nek.

Sommige, dit is sy bynaampie vir my. Dink ek.

So hierdie ‘sommige’ mens moet alle spanning begin vermy. Veral dié tipe wat emosioneel is.

Ok, so terug na Kieter. Sy kry haarself in ñ situasie…tot iemand haar optel en sê sy is oulik. En dan kry sy ekstra melk.

Sien, dit is my punt.

Hoe kies jy ñ deur?

(fotos:Google Images)550ea1bce51abfbd71523c938b961939

Ek vlieg oor ñ paar dae oorsee met die opdrag om deure te gaan aankoop. Bali deure. ñ Kliënt wat ñ ontwikkelaar is, het die idee om unieke deure te begin verkoop.

Maar hoe besluit jy oor ñ ander se droom.

Jy doen redelik huiswerk voor die tyd, sit ñ rukkie saam met hom en laat hom toe om jou in sy verbeeldings wêreld in te lei. Stap saam met hom deur sy woorde, luister na sy asemhaling en hou sy oë dop. Klink dalk vreemd, maar hoe anders. Hoe anders neem jy ñ ander se droom in jou hande en gaan soek dit dan uit.

jepara

Dit is opwindend ja. ñ Uitdaging gewis. En tog. Tog kom daar ook ñ titseltjie deernis by. Hierdie semi-vreemdeling wat jou met ñ stukkie van sy visie vertrou, hoop jy ‘hoor’ sy prentjie raak. Hoop jy ‘voel’ sy droom.

bali-027

Jy gaan wandel tussen kilometers se straatjies rond, op soek na die ‘iets’ wat met jou praat. Oor die kliënt. En as jy dit opspoor, staan jy lank net en kyk.

Met ñ ander se oë.

Jou eie neig dalk na die ou deur in die muur. Die een wat ñ leeftyd se verhale het om te vertel. ñ Leeftyd se leef in sy ‘afdop liggaam’ wys.

3159a048ff333683a373bc6537ecb3a7

Jy gaan bêre hierdie een in die blaaie van jou onthou album. Om terug by die huis uit te haal en deur te dink. Net om te besef dat jy nie ñ ander se geleefde wêreld kan oorneem nie. Jy kan kyk en sien, en onthou.

Maar die leef deur die deur is nie joune nie.

 

 

 

Reën,reën,lieflike reën…

wildtuin-18-feb-2017-induskie-330

Onophoudelik het dit geval. Manlief was skoon moedeloos, want op dag twee is AL die grondpaaie gesluit. En dit, vir ñ boerseun, is ondenkbaar.

wildtuin-18-feb-2017-induskie-375

Watwou vassit.

Ek het die veld nog nooit so mooi sien lyk nie. Ons het op dag een reeds vier van die groot vyf raakgesien. Net die luiperd het ons bly ontduik. Maar dit daar gelaat.

wildtuin-18-feb-2017-induskie-291

Ons kon die klein dingetjies waardeer. Want hulle was ooral oor. Skillies het uitgelate die pad gevat. Elke miskruier denkbaar het ñ ietsietjie rondgestoot, en ek het by arend veertig ophou tel.

wildtuin-18-feb-2017-induskie-392

Saterdag oggend vroeg het ons ñ oop grondpad ontdek wat hulle van vergeet het, en dit is toe dat ons een groot ‘uitvoering’ kon dophou. Die lugruim het regtig oorgeloop met voëls, jy kon jou kop nie vinnig genoeg ronddraai nie. Ek het soms asem opgehou van verwondering.

wildtuin-18-feb-2017-induskie-357

Nee kyk, as ons Vader die dag die sluise oor die wildtuin laat oopgaan, staan jy as mens in verwondering. Die natuur juig en jubel, en selfs die leeumannetjie raak ‘mellow’. Neem die wyfie se stert sagkens in sy bek, stap ewe gedweë saam tot agter ñ struik, en gee na ñ paar sekondes die oorwinnings brul…

wildtuin-17-feb-2-031

Jip. Die natuur weet van feesvier.

wildtuin-18-feb-2017-induskie-272

 

 

 

 

 

 

Plaas toe! Jippee!

(fotos:Google Images)2dpx10000f41000

Need I say more.

Ek en manlief loop oormôre vir ñ paar dae weg Kruger Wildtuin toe. Ons tel soos twee kinders die ure af. Salig!

Al was ons al ñ paar honderd keer daar, dit maak g’n niks saak nie. Soos daardie siekte wanneer iemand binne ñ minuut presies alles vergeet wat hy al beleef het, dit is ons. Elke nuwe “sighting” bly ons eerste.

Meerkat-South-Africa-Nature-1431527.jpg

Met al die gelees by ons foto-blok vrinne, is ek so ge-inspireer om op ñ nuwe, vars manier fotos te neem. Hoe sal ek sê, “watch out for this space…”.☺

cropped_southern_masked_weaver_jeff_harrisberg

Salig. Dit is mý woord vir die wildtuin. Tyd om weer stilte te bring na my binne-mens. Om my gees te laat voed deur Vader se tuin, Sy skepping.

Waar ek dieper en stadiger begin asemhaal. Duideliker sien. Skerper hoor.

d9dafae99ed6e52d9927bc68e76960a9

Ons gaan plaas toe.

 

 

 

 

 

En wat daarvan?

(fotos:Google Images)

Exif_JPEG_PICTURE

Wonder nou hoeveel eiers hier gelê gaan word. Hoeveel ‘ai Una’ gedagtes gaan rondvlieg.

Manlief, ek dink nogal jy gaan net ‘smile’. Ons kinders, laat ek raai. Jongste skool-meneer seun gaan sy oë geweldig groot rek, en dadelik protesteer. Nee Majutz, asseblief. Moet dit net nooit aanvang nie. Neil in R’baai, gaan niks opmerk nie. En indien jy hom vra, wat as Majutz topless op ñ strand rondloop? ‘Sy kan maar as sy wil’. Oulike kind. Goed grootgemaak.

saucy-seaside-couple-painted-on-beach-hut-b3jnn8

Nou die drie dogters. Bertus, ek dink nie een gaan naby ons wil wees nie. Nie een sal oordeel nie, maar só ñ vakansie sal ons tweetjies maar alleen moet deurbring. Aangesien jongste sus altyd reken dat, sover dit haar aanbetref, ek en jy net vyf keer in ons lewens seks gehad het. En dit nie eens met mekaar nie.

Ek het ñ rede vir vandag se skrywe. Vrouens in my wêreld sukkel met hul seksualiteit. Want daar is net droë duine op hul horison. Bo sestig, en van die dierbare manne speel die ‘beste vriende’ kaart. Kan nie of wil nie. Of kies die pornografie roete.

ñ Vrou bo vyf en vyftig KAN nog witwarm wees! En wil! So regtig, gaan maak ñ draai by ñ dokter, ons liewe vriend. Kry ñ voorskrif. Praat daaroor! Moenie die rekenaar vinnig afdruk as sy naby kom nie. Erken. Herken. En kry lewe.

Miskien moet ek ñ toesluit kassie in my winkel staanmaak. Met ñ paar idees in. Want regtig, die lewe is moeilik genoeg. Moenie jouself en vroulief nog verder ook straf nie.

Onthou.

Ons harte klop nog sterk onder die twee goedjies wat dalk so ñ bietjie Suid neig.

 

My ‘feëtjie en kabouter’ mamma.

5ca0592f7195e1093b67abb8bdb60286

Dit was so deel van haar menswees. Die storie wêreld.

My drie meisiekinders het die wonder daarvan beleef. Ure lank het hulle hul Barbie poppe voor ouma laat paradeer, en saam met haar stories geweef oor hul lewens.

Hul troeteldiere het in karaktertjies verander, met ñ ‘gevoelte’ en persoonlikheid. Blomme in die tuin het name gekry, en saans saamgedans onder ñ sterre hemel vol feëtjies en vuurvliegies. Elke pop moes nag gesê word, en liedjies het die speelgoed aan die slaap gesus.

Dit was my mamma.

Die werklikheid van haar bestaan was bietjie hard. Haar gestremde seuntjie het bitter baie aandag vereis. Na my pa se dood sommer vroeg in hul huwelik, het sy drie werke gehad. Gelyktydig. Net sodat ons drie kinders kon droom.

ef18e3d5b8a0d7bd3fb905bd7c5e0c15

Ja, dit was haar manier om weg te kom van ñ harde werklikheid. En sy het ons saamgevat, ons op ñ sagte manier die verskil tussen goed en sleg geleer. Hekse en prinsesse. Maar altyd was daar die wete, die goeie gaan oorwin. Daar is ñ beter kant in elke verhaal.

f7657423ea8c871fe67278f1109b7049

Vandag besef ek, dit wat ek is, is haar nalatenskap. Haar geskenk aan my. Om die wêreld deur ñ sagter bril te sien, volgens Die man met die Hoed.

Sy het altyd ruimte gehad vir die onvolmaaktes, die stukkendes, dié wat honger was.

Diere was haar grootste maats.

Feëtjies en kabouters. Deur haar stem, deur hulle aan ons te bied, het sy ons gelei. Ons geleer. Ons gebrei.

184

Ons is nie gevrywaar van foute nie. Ons het soms te maklik die sleg mis gekyk. Die verkeerd ontken.

Vir een van ons was die werklikheid op die ou end net té werklik.

Tog.

Sy sal altyd my sagte mamma bly. Die dogters se storie ouma.

En soveel ander mense se rolmodel en steunpilaar.

picture1

ek verlang vandag, my Moeks

As jy saam met ouma rondtoer.

(fotos:Google Images)img_1719

Cirebon is in Java, ñ deel van Indonesië. So moes ñ vyfjarige lyfie een jaar saam met haar mamma en ouma in dele van die wêreld rondloop wat ander nie eens van weet nie.

Ouma was op soek na rottang meubels, en Cirebon was die antwoord.

cirebon-01-800

ñ Radikale Moslem deel van Indo, selfs vir ouma effe vreemd. Geen Engels êrens. Ons hotel was wel lieflik, so Westers as wat kan kom. En daar stop dit.

Ons moes redelik fyn beplan om by hierdie stad uit te kom. Van Bali af gevlieg, Jakarta toe. ñ Taxi geneem tot by die groot trein stasie. Niemand wat ons kan help nie, want wat uit ons monde kom, is vir hulle net ñ gebrabbel. Trein gery tot op Cirebon, en toe weer ñ taxi hotel toe.

Ook my eerste keer in hierdie geweste, so alles was vreemd. Saans het ons Japanees gaan eet, want dit was al eetplek naby ons hotel. Vrouens mag nie alleen ronddwaal nie, en die woord ‘wine’ mag nie oor jou lippe kom nie. So, lekker droë bek het ons net water gedrink. En tee. Baie tee.

20120727ekspor-produk-rotan-260712-dds-2

Ek het opgespoor waarvoor ek gekom het. Pakhuise vol.

Die mooiste Batik ook, op die koop toe.

Kleinste meisiekind was net ñ plesier. Met almal maats gemaak, eintlik die deurslaggewende faktor gewees as ouma moes onderhandel. Ons Sulis agent het ons daar gekry, en dié twee was onafskeidbaar. Talisa is aan al die verlangse familie voorgestel, en ñ album vol fotos was die uiteinde. Al kon net Sulis ons almal verstaan.

Soms het mens se kleinwees gewen, van al die lekker en vreemdheid en aandag en opwinding. Maar sjoe, dan kom mens se tweede asem darem terug!

Cirebon. Glo nie ek sal ooit weer teruggaan nie. Tog, die ondervinding daarvan, die reuke en smake, geluide en prentjies, dit het gaan lê.

Om af en toe tussen die Bali Drome deur onthou te word.

img_1706

 

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg