As ñ seuntjie by ouma-hulle intrek, EN DAAR IS ñ KAT!

Die groot-trek naweek het gebeur. Kleinste twee engeltjies en hul mamma en pappa bly nou vir so sewe maande by ons, tot hul huis klaar gebou is.

Xander en Gaby het ñ hond. Maar nie ñ kat nie.

Ons Kieter hou nie van ge-hê word nie. Volgens haar is ek en Bertus inwoners; net daar om haar haar kos te bedien, en as sý die dag lus is, haar te vryf. Pretty much enige iets meer, is too much.

20170730_144342

So ontdek Xannie-Pannie haar Saterdagoggend. Voorheen, as die klein mensies opdaag vir kuiers, neem Kieter time-out. Doen sy die Airbnb oefening.

Eers sit hy lank en staar na hoe sy eet. Kyk kort-kort op na my, asof om te sê: sien jy dit, ouma? Is dit nie ongelooflik nie, ouma. Hierdie ding eet dan.

Op haar beurt ignoreer Kieter hom net. Want sy weet haar volwasse inwoner staan by as hulp nodig is.

20170730_144607

Wat ñ ontdekking vir so ñ klein lyfie. Hy haal skaars asem as sy haar stert rondswaai, mens sou dink dit is ñ sirkus toertjie. En as sy lê en spin, draai hy sy koppie om beter te hoor.

Kieter, sien ek, verduur hom. Ook maar net-net. Haar wêreld staan ewe skielik op sy kop. Die een wit, aaklige hond genaamd Emma, het nou twee geword. Sy klim op haar kroegstoel, en staar die petalje buite uitdrukkingloos aan. Sy het seker op die tv gehoor dat ñ Labrador slim is, wat defnitief nie vir haar goeie nuus is nie. Hoe nou gemaak as die natuur roep, is vir haar en vir my ietwat van ñ probleem. Al los ek AL die vensters vir haar oop, sy gluur my net aan. Want sy sien dan nou dubbeld.

Oudste nefie het oor die naweek kom inloer, om bietjie vir jongste seuntjie-dinge touwys te maak.

20170730_144127

Ja-nee, ouma en oupa is voorwaar in vir ñ interessante tyd.

 

 

Ma, hoe nou…?

(fotos:Google Images)Amalfi Coast In Liguria, Italy Desktop Background

Ek kry Maandagaand ñ baie moedelose whatsapp van ons oudste meisiekind af. Dis oueraand by die skool, en as ñ juffrou is sy op haar pos.

‘Mamma, my hart en my kop kom nie terug nie. Hoe nou gemaak? Gaan ek ooit weer net normaal wees!’

thumb-350-394680

Die reisgogga het hierdie kind van ons nou behoorlik hard gebyt. Sy was eerste van die vyf kinders wat in 2005 saam met my en Bertus oorsee begin gaan het. Nou, twaalf jaar later, kry sy elke keer swaarder om weer aan te pas.

424772

Ek wonder bietjie hieroor. Dit is nie almal wat so voel oor die onbekende nie. Nie elke ou wat ñ onblusbare energie daaruit put om ñ nuwe land te verken nie. As ek ons familie geskiedenis kon naspeur tot in Jan van Riebeeck se dae, waarop sou ek afkom? Dalk bietjie sigeuner bloed in die are?

Yo3sihE

Ek verstaan elke gevoel wat sy met my deel. Ek ‘proe’ saam met haar. Sy en haar skoolvriendin kom nounet terug van Nederland, Griekeland en Frankryk af. Die blootstelling is in my oë fenominaal. Ander leefstyle, ander politiek, die ‘leer’ om reg te kom met ñ ander taal, ander gebruike. Sy groei so baie in haar menswees. Haar wêreldjie is nie meer net die hier en nou nie. Allerdaagse probleme het nie die geneigdheid om haar onder te kry nie.

Daar is heeltyd ñ nuwe droom.

“Needless to say,” toe sussie dus vra of ek en manlief haar volgende jaar Spanje en Portugal toe sal vergesel, was die koeël deur die kerk. Natuurlik moet ñ ma en pa mos beskikbaar wees vir hul kinders se nood.☺

cinque-terre-on-italian-riviera-coastline-48739-1920x1200

Baie van ons is dalk harts-reisigers. Finansies en omstandighede laat dit net nie vir jou toe nie. Tog, die vreemde bekoring van die wêreld daar buite oorbrug soms die grootste hindernisse. Soos ñ vriendin al tereg gesê het, die oomblik toe sy haar eerste rand in die spaarblikkie gooi, het die ‘boeie’ afgeval.

Die eerste stap sluit jou drome oop.

Ek is regtig dankbaar dat ousus haar vlerke so sprei. Ook dat haar manlief haar dit gun. Doodgelukkig om in sy eie land te bly en sy stokperdjie te be-oefen, dié is ons skoonseun. En die twee wipsnoette kuier heerlik tussen hul oumas rond.

Sodat mamma diep kan asemhaal.

En haar eie-mens kan ontdek en geniet.

20170707_190852-1

 

 

 

 

Die hunkering van ñ siel.

unnamed

Ek lees nou-nou by Toortsie, en ñ verlatenheid kom lê oor my wese.

Here, dit wat sy sê, dit waaroor sy skryf.

Ek mis U so.

Ek soek U onder die water, en ek vind U.

Ek gesels in die donkerte van die na-nag, en U praat terug.

Maar ek mis U.

Ek verlang na ñ plek om te kan sit. Waar dit U voetstappe is wat die blare laat ritsel. Waar dit U asem is in die wind. Die kort tydjies is nie meer genoeg nie.

ñ Dag met U, Here. ñ Dag.

Ons hoef nie net te praat nie. Eintlik glad nie.

Net U wat daar is. En ek wat dit weet.

Dis genoeg.

field-858650_1280-940x300

 

 

Die hippie-beweging.

(fotos:Google Images)f7766d01eb093b250a3bfd3962729635--hippie-car-hippie-chick

My nuuskierigheid is effens geprikkel. Ek het eers gou ñ definisie gaan soek, om beter te kan verstaan hoe en hoekom.

A hippie is a member of a counterculture, originally a youth movement that started in the United States and the United Kingdom during the mid-1960s and spread to other countries around the world.

Hierdie other countries, neem ek aan, het nie Suid-Afrika ingesluit nie? Dit was gedurende my vroeë laerskool jare, en my jong juffrouens was almal baie prim en propper.

 

Die beweging het op kampusse begin. Middelklas waardes is gekritiseer, hulle het die Viënam oorlog verdoem, en die gebruik van kern wapens teengestaan.

Ek was met ander woorde om en by sewe. Op daardie stadium het ons Vrydag aande in die laerskool saal na ‘Nonne’ flieks gekyk. Waar die non altyd op iemand verlief geraak het, en haar dan dood getreur het.

Die res van die wêreld het anders gelyk??? Anders gevoel??? Ander dinge gedoen…???

AN-AMERICAN-HIPPIE-IN-ISRAEL-5

Terwyl ek leer fietsry het, met die Sappi papierfabriek se geure wat oral in ons dorpie rondhang, en my ma-hulle tennis gespeel het, het mense LSD en marijuana gebruik. Kan jy nou meer.

grandpa-woodstock-and-queen-esther

Ek is ietwat dankbaar dat ouma en oupa nie so gelyk het, en my dan by die skool kom oplaai het nie…

image

Seks was glad nie ñ woord in my jong dae nie. Ons het ook niemand geken wat ñ vegetariër was nie, of nie deel van die NG-kerk was nie. Eco-friendly? Glo nie die woord was in ons HAT nie.

Kaapstad het vandag ñ groot hippie gemeenskap. Hulle verkoop hul ware op die Green Market Square. En iewers is daar ook ñ Rustlers Valley.

Ek wil nou soos Bertus sê toe hy ñ klein seuntjie was…hy is alweer by die huis gelos toe sy ma-hulle loop trou het, want hy is dan nêrens op fotos nie.

Ek het die hippie-tyd gemis.

Tog, as jy mooi kyk, my naam ís iewers vasgeskryf. Iewers op een van die kombi’s met die baie bont kleure. En klere.

Iewers agter-in, daar behoort ek ook te sit-lê.

 

Met sulke lang los hare…

2c57f58f2ca117510a2237cf65885bee--boho-clothing-made-in-heaven

(En ouma Johanna wat in haar graf omdraai. Ai my kind, sou sy sê, hierdie is alles van die kommuniste af. Kom ons gaan loop kuier vir dominee…)

Soms is dit seker beter om ‘alweer by die huis te gebly het.’☺

 

Iewers is iets drasties verkeerd!…

ef33358858a0e4aac09dc76cb9df8876--hippie-chick-gifs-animés

Jy is ñ regte kluisenaar, weet jy.

Ekskuus?

Ja Una. Dis ñ feit, hoor. Selfs jou keuse om te swem, eerder as die gym-apparaat. Swem is ñ alleen sport. Jy kompeteer net teen jouself.

O? Maar ek hou van swem.

En jy is op jou gelukkigste op jou eie, met jou boeke.

Ja…(en ñ glasie of twee wyn, nè)

ecd9fc664a7707bddbb08a94db9c9968--wine-jokes-hippie-chick

Maar my vriendinne. Ek het ñ paar, hoor. Ek kuier dan so graag saam met hulle. Hoe kan jy nou sê ek is ñ…

Jy is.

(en ek hou nou nie meer van jou nie. Om my nou so hier te kom judge…)

En ek is mal oor my kliënte, hoe meer hoe beter. Jy hoor dan nou ek oorweeg weer ñ inkopiesentrum? Hoekom label jy my?

Want dit is die waarheid. Jy hou van alleen wees.

s-l225

Steeds. Kom ons dink hieroor…

Josep Moncada 3

Nee wat. Ons hoef nie. Ek lees jou blog. Jy en die water ding. Dis simbolies. Jy wil wegsink van almal af.

Darem nie. Ek is nog ek. Regtig.

Paintings-of-bathing-women-3425245

Jy verander. Dis die blog. Jou nuwe vriende.

Sê weer!!! Nou gaan jy darem te vêr, wat de joos! Kom ons back-track nou net ñ bietjie hier.

 

a60292bb3cad0901e454d0200b42eaea--trippy-drawings-hippie-trippy-art-hippie

Of nee, los dit.

Ek is steeds ek. Ek is gek oor my man. Ek is mal oor my vriendinne. Ek hou van jol. Ek kan steeds cool wees. Regtig.

429cb4f032af8b54502f158108e58afc--hippie-art-hippie-love

Vra my sus Carien. Sy sal jou kan sê. En in elk geval…jy moet dalkies nou ry. Ek het ñ afspraak…

(en ek is ñ blerrie sissie, ek weet… ek moes haar opgedons het!)

Hierdie was ñ uittreksel uit my dag. 

(paintings:Google Images)

 

 

 

 

 

Ongeflippenlooflik.

(fotos:Google Images)rainbow-village-before

Ek het al vertel dat ek ten minste twee keer ñ jaar Semarang, Indonesië, toe vlieg. Van daar af beweeg ons in die plattelandse areas in, op soek na kiaat meubels.

Hier is ñ vraag. Klink dit logies moontlik dat ek die dorpie Kampung Pelangi in Maart hierdie jaar as vuil en lelik kon sien. Sonder veel hoop. ñ ‘Lelike stiefsuster’ wat weggesteek moet word. En dan, minder as twee maande later, dieselfde plek, ñ dorp wat toeriste in hul menigte lok!

rainbow-village-2

Binne ñ maand het die inwoners ingespring, Semarang se burgermeester inkluis, en twee-honderd-twee-en-dertig  huise geverf. Elk met ñ minimum van drie kleure.

Soos ek sê. Ongeflippenlooflik.

rainbow-village

ñ Energie het onder die  inwoners posgevat nadat die vier-en vyftig jarige plaaslike onderwyser, Slamet Widado, die idee voorgelê het. Wat ñ paar maande gelede as die “slums” geklassifiseer is, is nou ñ toeriste mekka.

 

 

 

Alles binne bietjie meer as ñ maand.

Vir my persoonlik, is hierdie ñ les. Een wat ek huidiglik nodig het om te sien gebeur. Mense se wêreld wat oor die jare agteruit gegaan het, soveel so dat hulle wou moed opgee. Waar om te begin. Hoe gaan dit ooit anders raak. Kom ons ploeter net aan.

Dan, op ñ dag, iemand wat breër kyk. Wat met ander oë sien, wat geloof het, en hoop. ñ Mens wat alte bewus is van die totale korrupte regering van sy land, korrupsie wat deurspoel tot in die kleinste dorpies.

Hy bring hoop. Hy het ñ plan.

En vandag, as ek daar sou stop en oor die bruggie stap, sal my binnekant jubel. Uitroep van verbasing. ñ Gemeenskappie se saamstaan het oorgespoel in sukses. ñ Sukses wat almal raak. Restourante maak vir die eerste keer geld, en ñ algemene gevoel van trots is aanvoelbaar.

Ons het dit gemaak.

Die ongeflippenlooflike kan steeds gebeur.

image_content_22191950_20170522121101

 

 

 

Besluitneming.

(fotos:Google Images)-downloadfiles-wallpapers-1680_1050-digital_nature_4516

Dit bly vir my vreemd hoe ñ mens se wêreld soms binne sekondes kan verander. Hoe ñ gedagte homself kan kom lê-maak in jou binneste, en jy dan in ñ nuwe rigting beur.

Gister was Sondag. Ek luister na die Gideon-verhaal in die kerk, maar my gedagtes loop hul eie loop. Wonder of ek kan sê dit was Heilige Gees ge-inspireerd. Of net weereens Una se dinke.

Ek en Bertus bespreek die vraag toe vir die res van die dag. Die vraag het die potensiaal om ons huidige lewe drasties te impakteer. Spesifiek my winkel-wêreld.

In die kerk het ek toe wel die velletjie-uitgooi ding gedoen. Sommer omdat dit altyd help. Vir my.

Die antwoord ñ paar ure later was positief.

Ja, daar is ñ perseel beskikbaar. Onmiddelik. En dit teen alle logiese statistieke in.

Vanoggend ry ek baie vroeër as gewoonlik by die huis weg. Anderkant om, om die dam. Stop by ñ sentrum, en sit net en kyk. Probeer ñ gevoel kry.

Vir ñ lang ruk. Die gevoel is daar, dit voel reg. Maar ek neem nie meer besigheidsbesluite op gevoel nie.

By die gym aangekom, staan ek eers ñ ruk teen die kant en kyk vir die water.

Sport-Aston-Swimming-Pool

Ek merk op dat die strepe op die bodem van die swembad ñ rippel-vorm aanneem as gevolg van die water se beweging. Die reguit lyne lyk skeef.

Maar onder is dit ñ ander saak. As ek afduik en begin swem, my oë oop, is die lyne loodreguit.

galway-swimming-pool-membership

En duidelik.

Soos ñ paar dae gelede, wou ek vanoggend net daar bly. Op soek na die betekenis. Die antwoord.

Daar onder die water waar ek glo ek die Here se stem duideliker hoor.

Die oomblik wat ek boontoe beur om asem te skep, lyk die pad anders. 

“Distorted”.

Hou ek my asem in en duik af, sien ek duidelik.

c92c83ffde814e4aa9e8e8c7dd1c9f8d

Besluitneming verskil van mens tot mens.

En hierdie mens sal moet ‘bly afduik’ totdat sy sekerheid kry.

 

 

 

Lekker onthoue is goed.

(fotos:booking.com)78386949

Ek het dit een jaar ekstra gelukkig getref. Soms, as daar ñ nuwe plek oopmaak en jy spring, kan jy verblyf in ñ prentjie-plek opspoor teen ñ baie billike prys. ñ Spesiale openingsprys.

Ek en Bertus is water-mense. Of dit nou damwater of rivierwater of seewater is. Ons het bloed én water in ons are. 

Na twee weke se ‘harde’ aankope, neem die uwe drie dae af. Gewoonlik verkies ek Kuta sodat ek veilig genoeg in die aande langs die see kan ronddwaal, of tot na elf-uur in die winkeltjies kan ronddrentel.

Hierdie kans kon ek nie laat verby glip nie. ñ Water-Lodge.

Vêr van die “hustle and bustle” van die eiland-wêreld se toeriste areas af, meld ek aan. My tasse tot oorlopens toe vol gekoop, meestal vir die winkel.

19789095216_1f0fd9fc6c_b

Ek maak my voordeur letterlik bo-op die water oop. Die hortjies vensters skuif ook heeltemal weg. So daar sit ek. Behoorlik binne-in die water.

8174347

90279045

Bali is berug/bekend vir sy hitte, en ek het elke uur van die dag, vir drie dae lank, in ñ swembroek gebly.

Teen laatmiddae tot by die swembad-kroeg gedryf, en ñ yskoue bier saam met die menigte Australianers gaan geniet. Soveel verskillende lewensstories gehoor. Selfs trane ervaar wanneer oud Suid-Afrikaners my ontdek, en my met vrae oor hul geboorteland peper. Net weereens besef dat jy Suid-Afrika nie sommer uit jou bloed getap kry nie. Die hunkering bly maar altyd daar iewers, tussen al die luide bravade deur.

Boekwinkels in die Internasionale lughawens voldoen aan elke denkbare leessmaak. Ek is dus altyd in besit van nuwe boeke. Op my opblaasstoel met my waterglas en boek langs my, kon die water-stroom sy gang gaan.

I, myself and me. 

Op ñ dag soos vandag is dit vir my goed om tussen my herinneringe terug te stap. Om te onthou. Die deur oop te stoot.

51751365

En ñ paar trappies in die verlede te gaan opklim.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die kwaad is verby.

cat-wallpaper-hd-13

En dit is weggegee, vir die Enigste Een wat daarmee kan ‘deal.’

Daar lê baie op en affe nog voor, ek weet. Maar vir vandag, vir nou, het ñ rustigheid weer in my binnekant kom lê.

Dít wil ek koester; dít laat my toe om my Vader te voel.

Die lyf kry maar swaar, so onder die druk van al die spanning. Die slaap is min, die dinke rof.

Vanoggend in die gym se swembad, nadat die koue my behoorlik verlam het, het die water my toegevou in ñ beskerming. Ek het afgesink en vir ñ wyle op die bodem gaan sit. Net gesit. En selfs al moes ek my asem ophou, het my wese asem geskep.

Elke haal wat ek gegee het, heen en weer oor die lengte van die swembad, was ñ soortvan ‘oorgee’, ñ aflê.

Ek is nie ñ baklei-mens nie. Nie ñ kwaai mens nie. Baie min negatief.

Ek kon dit wegswem. Wou nie uitklim nie. Soos om in ñ poel vol vars, Lewende Water te vertoef, met die begeerte om net daar te bly.

Met my ‘nuwe vel’ soek ek vandag die son op. Net soos ek weet dat Kieter daar by die huis ook nou in die sonstrale lê,

20170624_131151

…so weet ek, ek het net Sy hitte nodig.

Ja. Die kwaad is verby.

 

Ek sê jou, ek het die antwoord!

993c92be303e5414ba48625339f79762

En ons kan boonop baie, baie geld maak. Sien, dit werk so…

Paartjie trou. Vir ñ rukkie gelukkig. Skuur soms. Smile net. Beweeg aan.

Babatjies kom by. Skuur meer. Gaan speel golf. Voel beter.

Die lewe gebeur. Skuur BAIE. Trek sommer by die golfklub in.

1856257536-funny-wedding-quotes8Hierdie is my voorstel. Die perfekte oplossing!!!

ñ Huweliksberadings RETREAT: ‘Gee ons sewe dae van jou lewe, en ons waarborg jou huwelik sal weer werk.’ (Terms and conditions apply)

Die inskrywingsgeld moet baie hoog wees, wat op twee dinge dui. Die paartjie is desperaat, en ou boetie, hulle gaan hard probeer want hulle betaal! Baie! En moes ñ week afvat by die werk.

Magnificent resort with a beach view - Banyan Tree Ungasan Bali in Indonesia19

By die pragtige, kleinerige gebou met lieflike tuine en ñ swembad, staproetetjies, aangekom, moet hulle ALLES wat hulle saamdra, ingee. Dit word in ñ lieflike Bali kluis/kas toegesluit, en elkeen kry sy eie sleuteltjie om te hou. Om enige tyd te gebruik, natuurlik ja, ons is vier-en-twintig uur op diens.

“Hier links is ñ voorbeeld van die Lodge kamers. Pragtig né.”

5

“Ja, julle is reg, dit is ñ spa bed op die stoep.”

“Nouja, stap net gou hier regs agter in, hier is waar ons eerste sessie plaasvind…”

jail3 (1)

“Weet julle tweetjies, ek gaan alles nou mooi vir julle verduidelik. Laat ek net iets in die gang kry…”

En dis nou hier waar my plan inskop. Elkeen word in sy eie sel toegesluit. Ek hou die sleutel. Kos word een maal per dag deur ñ anonieme persoon gebring wat nie ñ woord praat nie. Die twee selle is deur tralies verbind, met geen toegang tot mekaar nie. Geen wegloop, wegstorm, kinders gryp en met karre wegjaag, goed rondgooi, goed breek, na vriende toe vlug, mense bel en bel en bel nie. 

Vir sewe volle dae sien en hoor julle net mekaar. Geen privaatheid. Geen vinnige Whatsapps. Niks. Niemand.

En al wat oorbly is om te praat, te skreeu, te huil, te baklei, te vloek. Dalk te slaap. Dan weer van vooraf. Die verlede oor en oor deur te trap, al die sleg en vieslik moontlik voor mekaar se deure te lê. Mekaar weer af te breek, maar dan mekaar te sien verkrummel, te sien seerkry, te sien treur, te hoor huil.

Mekaar se verlate harte te aanskou.

WANT DAAR IS NêRENS OM WEG TE STEEK NIE. NêRENS OM WEG TE KRUIP EN ALLEEN TE PROBEER AANGAAN NIE.

Ek sien en beleef presies wat my gedrag aan jou doen. Selfs as ek op die toilet sit.

Gestroop.

Dis my plan, ja. Vir ñ volle week lank weg van kinders, en van familie, vriende, werk. Net die harde koue werklikheid van ñ huwelik wat wankel. Die twee verantwoordelik daarvoor. Op gelyke voet. In ñ yskoue sel met ñ dun kombers. Stoksiel alleen. Met net die huweliks’vyand’ om mee te engage.

O, en engage sal gebeur. Sewe dae is lank.

200_s

Dis my plan. En manlief voel saam. Hierdie plan, hierdie een het ñ kans.

En moenie dink dat na die sewe dae, as hulle nie bereid is om saam onder dieselfde kombers in te klim, gaan ons oopsluit nie. Onthou,

funny-questions-for-newly-married-couples-1-638

TERMS AND CONDITIONS APPLY. Die sleutels bly by my.

Ag nou ja. Nou voel ek beter. Daar lui my foon, seker die kinders…

1d9540d7dba94b3b86e2c4a748881d7b--couple-quotes-funny-couple-jokes

Julle mag my nie hierdie week judge nie, onthou. Want die lewe gebeur.

 

 

As ek julle net kon wegsteek.

IMG_1654

Al probeer ons hoe hard, daar kom tye dat ons ons oë nie op al die dinge om ons kan bly hou nie. Want die dinge van die lewe loop hul eie paaie, en laat net ñ spoor agter.

Die spoor is soms vreesaanjaend. Waar lei hy heen? Gaan daar ñ ‘stop’ wees?

Die spoor kan verwoestend raak.

IMG_1582

Tog. Daar is altyd ñ spoor. Soms van hoop. Vol drome vir die toekoms.

Maar ‘meer soms’ is dit ñ spoor van trane en seerkry.

IMG_1442.JPG

Ek haat die Bali ape. Wil nie verby hulle loop nie. Wil hulle nie eers in die bome sien rondspring nie. Hulle is deel van my nagmerries.

En tog. Toe kleindogter saam met my oorsee is, moes ñ apie net asseblief op haar klim. ‘Toe oumie. Net een keer.’

Hulle het op ons pad gekom, al het ek hulle ook hoe probeer vermy. En glo my, ek kry dit gewoonlik reg, deur vêr ompaaie te stap.

Hulle het haar opgespoor. En ten spyte van al my voorkomende optredes, het een op haar geklim.

Die lewe gebeur.

Selfs al probeer ons hoe hard om gevaar af te weer, om ons geliefdes te beskerm.

Ons kan nie ons oë op alle dinge hou nie.

 

 

 

 

Oorgedra van geslag tot geslag…

wp-1500033008009.jpg

Vandag is ñ naaldwerk dag. Sommer vroeg-vroeg vat ek en jongste kleindogter die pad Menlopark toe. Die rede. Agtjarige pikkewyn moet begin naaldwerk doen. Volgens ouma.

Die kar is gelaai. Ekstra kruideniersware vir middagete, net ingeval mamma nie alles in haar koskaste het wat ouma benodig nie. En dan die nuwe naaldwerk-boks. Vol interessanthede.

Talisa-Una gaan leer naaldwerk doen.

So ñ paar dae gelede het ek in Brits se Indiër deel ingevaar, en by Ruby’s gaan aanskaf wat nodig is. Van knopies tot skêr, en alles tussen-in.

‘Dis harde werk hierdie ouma’, kom die woordjies na so ñ uur. Alles is nuut en vreemd. Veral die gare deur die naald steek. En reguit stekies… ‘Sjoe ouma.’

Klein aspetat kom ook by. Maar op vier is dit nog ñ onmoontlikheid. Tien dom vingertjies wat mekaar met die speld raaksteek. Sy het vinnig opgegee en liewer met nefie gaan speel.

wp-1500032950900.jpg

Tot my spyt het ek my eie drie nooit die kuns van kleremaak geleer nie. Vies vir myself daaroor. Noudat middeldogter se japsnoet ñ regte dametjie begin word, wil ouma opmaak vir verlore tyd.

Met ñ effense traan in die oog.

En in die hart.

Hulle ses is besig om groter te word, elke dag. Daar is oomblikke wat mens nie kan terugkry nie.

Lessies wat geleer kan word wat ewigheidswaarde inhou.

My eie ouma is vroeg dood, nog voor sy my enige iets geleer het. En my moeks moes net altyd werk. Op negejarige ouderdom het ek ñ naaldwerk masjien by iemand ge-êrf, en myself begin leer. Kort voor lank vir die huishulp se dogtertjies rokke begin maak. So al op my eie manier. Mamma het net af en toe oor my skouer geloer met ñ paar instruksies.

Nou het ek weer ñ skoon pallet voor my. Met drie kleindogters se name daarop uitgegraveer.

ñ Nuwe kans.

424338b888a8b664c35f6cd871e2b38d

 

 

 

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg