Die groot-trek naweek het gebeur. Kleinste twee engeltjies en hul mamma en pappa bly nou vir so sewe maande by ons, tot hul huis klaar gebou is.
Xander en Gaby het ñ hond. Maar nie ñ kat nie.
Ons Kieter hou nie van ge-hê word nie. Volgens haar is ek en Bertus inwoners; net daar om haar haar kos te bedien, en as sý die dag lus is, haar te vryf. Pretty much enige iets meer, is too much.

So ontdek Xannie-Pannie haar Saterdagoggend. Voorheen, as die klein mensies opdaag vir kuiers, neem Kieter time-out. Doen sy die Airbnb oefening.
Eers sit hy lank en staar na hoe sy eet. Kyk kort-kort op na my, asof om te sê: sien jy dit, ouma? Is dit nie ongelooflik nie, ouma. Hierdie ding eet dan.
Op haar beurt ignoreer Kieter hom net. Want sy weet haar volwasse inwoner staan by as hulp nodig is.

Wat ñ ontdekking vir so ñ klein lyfie. Hy haal skaars asem as sy haar stert rondswaai, mens sou dink dit is ñ sirkus toertjie. En as sy lê en spin, draai hy sy koppie om beter te hoor.
Kieter, sien ek, verduur hom. Ook maar net-net. Haar wêreld staan ewe skielik op sy kop. Die een wit, aaklige hond genaamd Emma, het nou twee geword. Sy klim op haar kroegstoel, en staar die petalje buite uitdrukkingloos aan. Sy het seker op die tv gehoor dat ñ Labrador slim is, wat defnitief nie vir haar goeie nuus is nie. Hoe nou gemaak as die natuur roep, is vir haar en vir my ietwat van ñ probleem. Al los ek AL die vensters vir haar oop, sy gluur my net aan. Want sy sien dan nou dubbeld.
Oudste nefie het oor die naweek kom inloer, om bietjie vir jongste seuntjie-dinge touwys te maak.

Ja-nee, ouma en oupa is voorwaar in vir ñ interessante tyd.




































Hierdie is my voorstel. Die perfekte oplossing!!!











Jy moet ingeteken wees om kommentaar te lewer.