Die lang wag is verby.

Indonesia-Bali-souvenir-craft-wood-carving-239

Ek begin die ure nou aftel. Maandag of Dinsdagoggend, en die langverwagte voorraad word afgelaai.

My lysie is reg, die pryse uitgewerk. Knyp ek oë toe, dan tuimel die een na die ander meubelstuk tot voor my voete.

a73a85bdbf4c1a5c5acfa828a3ffd1c6

Elke item het ñ effense storie. Soos presies in watter straat, in watter dorp, en by watter familie dit opgespoor is. Hoe is ons ontvang, watse verversings is aangebied. ñ Hele ritueel.

Die oomblik wat ons die seël breek, en die twee groot deure oopstoot, begin ñ holderstebolder tyd. Die stukke is meestal groot en swaar. Alles word so vinnig as moontlik afgepak, sodat die trok kan wegkom. Tyd is geld.

Dit neem so drie ure voor alles tot binne die winkel gedra is. Nou is dit oopmaak, papiere afsny, olie gee. Vyf weke op ñ skip is ñ lang tyd, en die olie is broodnodig.

Daarna is dit regskuif, ronddra. Kort-kort klink daar ñ gilletjie op as ñ klient iets gewaar wat spesiaal is. Of as die uwe op haar persoonlike gunstelinge afkom.

Ja, die lang wag is verby. Vir die volgende paar weke vat ek nie grond nie, en val saans uitgeput, maar baie in my noppies, in die bed.

Ek ruik tot na hout en meubelolie. Heerlik!

Dan, stadigaan begin die voorbereidings vir ñ volgende aankope van voor af. Dit behoort so in Augustus te gebeur.

Bali. My ander huis.

Wie gaan jou optel?

(fotos:Google Images)f5e2a137a4c938b8bbb87132d7087e9d

Ek het haar geken, lank terug. Haar naam ontgaan my nou, en ek wil nie net een sê nie.

Want jou naam is belangrik, die een wat hulle jou noem.

Sy het geleef, en ge-eet. So goed sy kon. Haar ‘probeer’ was altyd haar beste, maar haar werk was moeilik. Hard.

Die ander om haar het dit beter gehad.

Daar was baie; baie wat verby haar geloop het. Soms aan haar gestoot het en selfs aan haar hand geraak het.

Haar ‘probeer’ was ñ alleen plek. Die lewe wat tot toe gebeur het, met haar, was seer. So sy moes kies. Loop sy self, of vra sy. Maar die ‘vra’ een, die een wat die beheer het. Sy het hom net vlugtig ontmoet, eendag, toe sy besig was om te bloei. So sy kon hom nie mooi sien nie.

En sy stem was sag, te vaag. Haar eie was harder.

Beter om alleen te gaan. Net sy. Sonder hom.

Niks aan hom het haar getrek nie. Dié wat saam met hom stap, hulle sukkel ook. Al lyk hulle anders, al praat hulle anders. Sy het ñ rukkie vertoef en waargeneem. Toe weggestap.

Hulle sukkel ook.

d4074-paintings2b-2bkai2bsamuels-davis

Ek onthou haar, ja. Goed. Ná sy vir jare geloop het, alleen, het sy gaan lê. Want alleen is alleen.

Niemand het gekyk nie. Haar naaktheid was vir hulle lelik.

Toe kom hy. Hý kyk; hy sien.

Hy sien verby haar kaal. Verby haar wonde. En hy, hy het haar naam geweet!

Sy wou haar oë net sluit. Wag dat hulle haar in die grond in wegtrap. Tot stof.

Dis toe dat sy dit hoor. Haar naam.

Dis toe dat sy na Hom kyk. Hom sien. Hom herken. Die Een van die beheer. Hy sê haar naam. En sy onthou. Voor alles, voor sy nog uit haar moeder kon kom, was Hy by haar. Hy het oor haar gedroom, Haar gevorm. Met Sy hand.

Sy ruik Sy asem, ja! Dieselfde geur wat Hy in haar ingeblaas het.

Dis reg, dit kom nou terug na my toe. Sy het vertel.

Haar oë het Syne erken. Sy stem was dieselfde. Haar jare het weggeval, sy was weer skoon. Hy het haar opgehelp, en die modder was wit.

Want sy het Hom herken. En sy het Hom erken. Dit was genoeg.

Vandag leef sy weer, van voor af. Saam met DIE EEN VAN DIE BEHEER.

O ja. Haar naam. Ek onthou!

Haar naam was Una.

southwestern-paintings (1)

(soms is dit nodig om weer te onthou wie jy was, en wie jy nou is)

 

 

 

 

 

Die pad wat ons moet stap.

Picture3

My mams.

As daar keuses was, sou ek sekerlik anders gekies het. Vir haar. Vir ons ook.

Maar veral vir haar.

Sy was op die einde só gereed om huis toe te gaan. In Februarie 2012 is ons ingelig oor haar ver gevorde lewerkanker. Sy wou geen behandeling hê nie, net haar laaste paar maande nog ‘leef’.

Vir ñ kind, seker vir enige geliefde, is dit swaar om iemand wat deel van jou is, te sien swaarkry. Swakker word.

IMG_2409

As ek terugkyk, was haar laaste vyf maande vól van ñ ander soort leef. Die wete dat elke dag een minder op haar kalender is, het ons elkeen individueel geraak. Die besef van finaliteit, het gepaard gegaan met ñ nuwe deernis ook vir mekaar.

Die drie dogters het na my begin kyk met die wete dat, net soos ek my mamma nou moet laat gaan, so gaan hulle dit ook eendag moet doen.

Elkeen van ons het in hierdie paar maande verander. Ten goede.

P1200002

Ons ‘feetjie en kabouter’ mamma en ouma het vinnig ‘weggesink’. Die morfien plakkers het ñ groot gedeelte van haar laaste dae aan haar onthou ‘weggevreet’. Dit was baie swaar. Dit het my hart oor en oor gebreek.

Maar dit het my hart ook oopgebreek vir ñ ander dimensie van empatie. Haar pyn het mý leerskool geword. Haar ‘laat los’ het mý anker versterk.

Ek moes losmaak van mamma; ek moes die laaste draadjies knip.

Sy was altyd daar. Op die een of ander manier ñ rots in ons elkeen se lewe. Vir vyf maande lank het ons elk die tyd gekry om by haar te sit en haar liefde ñ finale keer in te drink. Selfs tussen die pyn deur; ons s’n en hare.

Ja, dit kon makliker gewees het. Dalk vinniger. Of stadiger. Ek weet nie.

Ek weet net. Ons laaste maande saam met haar was goed. En net soos sy reg was om te gaan, so het ons ook ‘reggeraak.’

Reggeraak om haar oë vir die laaste keer saggies toe te druk.

Picture1

 

Werklik? Alweer??

Man, dit kan my vies maak. Nee, ek smokkel niks in die land in nie. Ja, elke ding is verklaar. Nee, daar is nie eksotiese voëltjie binne-in nie, net Bali meubels.

Ja, nee, ja, nee.

Lekker bevoeterd sit ek nou in my hoekie hier by die winkel. My ‘container’ is uiteindelik op Durban hawe. Nog nie eens van die skip afgelaai nie, en reeds onder kwarantyn. Tronk toe met jou, ‘container’ nommer 102938475! Nou!

Hoekom.

Sommer.

ñ Week se ekstra wag. Al die kostes aan hierdie oefening is vir my rekening, en dit draai gewoonlik by R8 000 ekstra.

Hoekom.

Sommer.

En sommer net omdat ek ekstra keel vol is, baie gefrustreerd en lekker dik vir die sisteem.

 

Waar kom hemelbeddens vandaan…?

(fotos:Google Images)ralph-lauren-california-styles-bed-room-canopy-white-vintage-inspired-eclectic-home-decor-ideas-white

Lank, lank gelede, het huise strooidakke gehad met geen hout daaronder as ondersteuning nie. Dit was nou ook die een plek waar diere bietjie hitte kon kry, so al die katte, muise en ander goggas het hier kom nes skrop.

Tydens die reënseisoen, sodra die gras nat en glibberig begin raak het, het van die diertjies begin gly en van die dak af geval…daarom dat ons vandag steeds sê: dit reën katte en honde.

Nou was daar dan ook niks wat gekeer het dat ‘dinge’ direk in die huis in kon val nie. Kruip diep genoeg tussen die strooi in…

Groot probleem. Slaap jy heerlik, en die volgende oomblik val mis op jou kop! Of selfs erger, ñ nat rot?

Hemelbeddens!!! Maak ñ bed met pilare, en hang ñ laken daaroor. Of nog beter, ñ bed met sy eie dakkie.

6b2365e06329e18879ce097594c4f581

Vandag is ons redes vir hemelbeddens koop nie meer dieselfde nie. Nou gaan dit net oor die mooiheid daarvan.

Redes. Dit verskil só van mens tot mens. Tog bly ons oordeel uit ons eie ervaringswêreld uit. Uit dít wat ons dink ons weet.

Siembamba, mamma se kindjie. Siembamba.

Draai sy nek om. Gooi hom in die sloot. Trap op sy kop, dan is hy dood.  

Wie sing so ñ wrede liedjie vir ñ kind!

…in die Voortrekkerdae het mammas hierdie liedjie as ñ susliedjie vir bang kindertjies gesing. Wees rustig my kindjie, slaap rustig. Die slang sal nie naby jou kom nie. Mamma sal sy nek omdraai, hom in die sloot gooi, op sy kop trap, dan is hy dood. Jy kan maar weer rustig slaap.

Mmmm. Redes.

Ons moet dalk net dieper begin luister, omstandighede probeer insien. Moeite doen om uit te vra.

‘SO, MOENIE DIE BABA SAAM MET DIE BADWATER UITGOOI NIE’. (Moenie jou so toespits op die afkeuring van die slegte, dat jy die goeie daarmee saam verwerp nie.)

80044c8e882205cfc22c37731d8790bf

Kom ons laat blaas die perde ñ bietjie…

Met ander woorde, ‘kom ons rus ñ rukkie.’ (ek moes dit gaan opkyk, hoor)

Donderdag laatoggend bel oudste meisiekind: Ma, kan ma dalk vir…waar is ma? In Bothaville, my engel.

Wat? Hoekom?

Ons het bietjie afgevat, is by die Nampo Landbouskou vir die dag.

Stilte.

Hoekom? Om wat te doen? Is iets verkeerd?☺☺Wat doen julle daar!

Ons, wel ons kyk op die oomblik na die mooiste beeste wat ek nog ooit in my lewe gesien het. Ek stuur vir jou gou ñ foto…

Ma.

Ja.

Moenie, asseblief.

Is mamma seker julle is ok?

Wat ñ heerlike dag. Vroeg-vroeg die pad gevat, drie en ñ half ure later koop ons ons eerste worsbroodjies. Ek en Bertus, vriendin en haar man. Nie een se familielede het plase nie, nee. Maar ons oe en a uit volle bors, lees elke kampioen se volledige geskiedenis deur, vergaap ons aan die implemente en lag vir ons manne as hulle bo-op die reuse trekkers gaan ‘speel’.

Ek besef ons kinders wonder hieroor. So lekker om sulke klein dingetjies te doen, saam, en goeie ‘onthoue’ op te bou. Dis dalk nie hierdie opwindende Sun City dag nie, maar ons het ons gate uit geniet.

Laat by die huis aangekom. En met ñ breë glimlag en moeë lyf in die bed geklim.

‘Ons het die perde bietjie laat blaas’.

 

 

 

 

 

 

 

Noena! Noena!!

IMG_8022

So drie weke gelede gaan laai ek vir Boeta weer by die tehuis af. Hy kan nie wag om sy “girlfriend” te sien nie.

Met dié dat sy een long verlede winter ‘seergekry’ het, het ons hom vroegtydig vir ñ week gaan haal om hom op medikasie te sit. Maar vir hom raak dit ná drie dae klaar te lank, hy verlang.

Sy tas vol wintersklere, nuwe karretjies, inkleurboek en kryte, die Beeld en nuutste Huisgenoot, vat ek hom na sewe dae terug.

Met die uitloop uit die tehuis, hoor ek iemand hard na my roep, iewers in die gange. Omdat Boeta my Noena noem, is dit in hul wêreldjie my naam.

Effens haastig, wag ek nou maar dat die roeper my inhaal. Lang man, baie netjies aangetrek.

“Ons moet gesels”, reken hy. Vir ñ oomblik frons ek. Het iets gebeur…? Het Boet moeilikheid veroorsaak…? Hy en sy meisie… Maar Bertus vra elke keer baie deeglik uit as ons hom sien, daar word glo net handjies vasgehou… Ag tog, sê nou net!

Ja, ek weet. Ek raak maar so neuroties.

Ek wag.

“Hoeveel kouse bestel jy?”

Ietwat uit die veld geslaan, maak ek net ñ geluidjie.

“Jy weet, ek dink so agt pare. Ek het klaar begin brei. Defnitief agt pare. Kom ons praat geld. Jy moet my nou betaal, onthou, wol is baie duur. R100 rand ñ paar. Ja. Gee R800. Maar ek het nie kleingeld nie hoor. Honderd rand note is reg.”

“Agt pare?” Bertus het my mooi geleer. As jy iets nie mooi verstaan nie, herhaal soos ñ pappegaai. Sodat die ander persoon ‘hoor’ wat hy sê.

“Ja. Laas jaar het jy net een paar gekoop. So nou kort hy agt. Dit is koud. Die winter is lank. Ek wil brei. Jy het geld.”

Redelike eenvoudige som. Né.☺

images (15)

So Boeta kry weer kouse. Agt pare. Of hy wil hê of nie. Of ek dit kan bekostig of nie.

Want iemand wil brei.

 

 

 

My geheime wegloopplekkie.

Diep in die woud, ver-ver hiervandaan.

hotel-tjampuhan-spa

(Sowaar ja, alweer ape. Maar hulle sit doodstil; uitgekap in die rotse hang hulle versteend.)

Jy kom so amper terloops op my spa af. Op en af met honderde trappies.

hotel-tjampuhan-spa (1)

Hierdie is my skelm bederf, aan Una van Una. Iewers sal ek die tydjie afknyp, en dan vir ñ halfdag verdwyn.

Die vuurwarm bron het ñ lewe van sy eie. Hy wag jou in, altyd met ñ bietjie agterdog, totdat hy agterkom jy kom met ñ oorgawe. Dan heet hy jou welkom.

Jy weet nooit alles nie. Ontdek kort-kort ñ nuwe hoekie, ñ ander stroompie.

12-tjampuhan-spa-cave-via-mojo_minx

Ek vra nie uit nie. Wil net ‘wees’ en ‘voel’ en ‘laat los’. Sommer alles. Sodra die water té warm raak, tuimel mens tussen die ys in. Yswater. Goed vir die bloedsomloop, word gesê.

Met die terugstap voel ek vars. En nuut. Ek sal telkens stop en terugkyk, maar die woud maak weer toe. Bewaar my geheim.

Tot ñ volgende keer.

 

 

 

‘Die keer met die sampioentjies…’

selfoon fotos 533

Onlosmaaklik. Maak ñ sin daarmee…

‘Tot my skok en verbasing besef ek vanoggend dat Indonesië onlosmaaklik deel van my lewe is. My geskiedenis.’

Soos in die tv reeks Friends kan ek ook sê: DIE KEER MET DIE…

Dalk klink dit nou vir iemand anders verspot, dié dat hierdie besef my nou eers tref, en bietjie ruk. Maar dit het en dit doen. Nie op ñ slegte manier nie, maar op ñ finale manier. Eendag gaan iemand iewers na my verwys as die vrou, sy het so ñ anderste naam gehad, die een wat altyd in Bali was, weet jy van wie ek praat?

Nou ja, daar was die keer toe ek die miniatuur sampioentjies ontdek het. In my hotel kamer aangekom, die mooie plek ingeneem, en toe iets wonderliks waargeneem.

selfoon fotos 513

Op die stoepie, agter teen die muur. Ek het nader gestaan.

Soveel detail. So asof die prentjie net vir my daar opgestel is.

selfoon fotos 530

Dit was die tyd toe mamma besig was om dood te gaan. Stadig en seer. Lewerkanker doen dit. Vyf-en-ñ-half maande lank van begin tot einde.

Die sampioentjies het vir my gewag. So om vir my iets spesiaals te gee. Voor te berei vir dit wat voorlê.

Moedersdag het gekom en gegaan. Ek was nie hartseer nie, ek weet waar my ou moeks is.

‘Die keer met die sampioentjies…’

Dít was my en mamma se episode.

 

 

So jý dink nie so nie?

(Fotos:Google Images)19808205542_f0c3f49477_b

Stel jou dit voor. Om hier te kan oudword.

Ag nee, hoekom sal jy op water wil bly! En waar is die tuin; die bome! Sien jy die onheilige Hindu krone op die dak! 

‘Die uitsig… Om op ñ gemakstoel te kan sit en dít elke dag voor my te sien uitstrek… Man ja, daar hoef nie bome te wees nie. Net die seebries. En ek gaan nie vir altyd wil tuinmaak nie. Die plaveisel is reg. Vir my. Die water…dít is waar jy my meeste van die tyd gaan aantref. Selfs al kan ek die dag nie meer rondstap nie. Dan skuifel ek tot op die randjie, en gly in. Hemels.’

Krone? As hulle nie afwaai en op my kop val nie, kan hulle net daar bly.

1315255306_So_Cute

So jy en Bertus sal sowaar in só ñ huis kan bly? 

Ek is regtig dankbaar dat ons as mensdom verskil. Sulke gesprekke stimuleer my, want dit is heerlik om ñ kykie in ñ ander ou se prent-wêreld te kan inkry. Gewoonlik moet ek keer om nie op ñ stadium te lag nie. Ons vat ons eie idees so ernstig op; wil alewig ñ ander oortuig dat sý mening gek is.

Soos die toilette in die ‘ander’ lande.

Ek sit defnitief nie op só ñ ding nie! Nee, gee my maar eerder ñ Westerse normale gerief.

1_123125_2093564_2243695_2264310_100826_sci_squattn.jpg.CROP.original-original

Interessant, die ‘ander’ lande se mense sukkel baie minder met hardlywigheid en aambeie as ons.☺

Ons vriendekring is baie divers. Baie. ñ Klomp sterk, uitgesproke karakters bymekaar. En almal verskil hemelsbreed van mekaar.

Tog, daar is ruimte vir die ander se gevoelens. Daar is respek en liefde. Meestal begrip. Want ons het die paadjies al saam deurgetrap. Tyd saam spandeer. Geluister, en soms saam gebid.

Waarom is ons bang om te verskil. Om anders te voel. Of hoekom sal ons mekaar blatant probeer verander.

11111

Jesus se dissipels het persoonlikheids gewys só van mekaar verskil. Tog, Hy het hulle met die hand uitgekies.

Here, mag ek ñ ander mens deur U oë raaksien. Mag ek sy anderheid respekteer.

Lê U liefde vir my naaste elke dag opnuut in my hart.

Amen.

 

 

 

 

Vreesloos. Of net onkundig?

(fotos:Google Images)239675__big-wave-surfing_p

Daar ís dinge waarvoor ek bang is. Veral die onbekende. Sê nou…

Dan is daar dinge waaroor ek nié loop en top nie. Ander kan maar; ek nie.

Vanoggend oppad werk toe wonder ek daaroor. Gaan dit oor blootstelling? Die “been there done that got the t-shirt” effek?

Of het dit te doen met ‘fiksheid’.

ñ Branderplankryer. Hy het nie net op ñ dag die see ingevaar en die golwe aangevat nie. Hy moes eers leer oor die ‘lees’ van die oseaan. Dit het tyd geneem en deursettingsvermoë. Opklim en afval. Weer probeer.

Nooit sal hy 100% net doen nie. Tog weet hy op ñ stadium wat hy kan. En ñ sekere selfvertroue skop in werking.

Voor hy bekende of onbekende waters instap, weeg hy al die opsies teen mekaar op. Neem hy ñ besluit.

“And then live with his choices.”

28

Ek is doodbang vir Bali se heilige ape. Vir alle ape, heilig of nie. Hulle is skelm, regtig agterbaks, en hulle byt.

Is dit my keuse om deur die Monkey Forest te stap? Daar waar dit van hulle krioel? Ja.

My keuse. Was ek dalk ñ aap-afrigter; het ek aap-geluide verstaan, sou jy my daar vind besig met navorsing.

Sou ek my veel steur aan diesulkes wat ñ aap vrees? Nee.

Hoekom nie?

Ek ken hulle. Ek het geleer oor hulle. Ek het op ñ dag besluit om hulle te bestudeer; om ñ tesis oor dié spesie te skryf.

So, loop ñ bangbroek Una iemand soos ek in hierdie oerwoud raak, en sy begin my vertel hoe vreesagtig gevaarlik hulle is, hou ek verby. Waai vir haar.

Dit was mý keuse. Ek het feite teen mekaar opgeweeg en toe besluit. Ek ken die voor-en-nadele van my keuses.

So as dié Una terug by die huis uitsprake teen my keuses lewer, want dit is vir haar ñ lewenstaak… lees ek dit net nie. En ontstel my nie daaroor nie.

My keuse, my gevolge.

En indien die branderplankryer die groot waters blindelings aanvat, nié die instruksie boek lees nie, en die golf ry.

Sál hy sy nek breek.

jax beach rescue 1_1460835920258_3770236_ver1.0_640_360

 

 

 

Ja, ek onthou nog baie goed.

(skilderye:Google Images)vincent-van-gogh-houses-in-auvers

Ons het in Pinetown gebly tydens meeste van my laerskool jare. So effens op ñ koppie teen die verste uithoek van die woonbuurt. Agter ons was plase, wat net aan en aan gehou het as jy regtig wou kyk.

Die huis het soos al die ander gelyk. Met albei ouers in die onderwys, was geld maar skaars.

Tog, daar wás genoeg van alles. Veral wat die verbeeldings wêreld aanbetref. Daar was net nooit genoeg ure na skool nie. Soveel ‘stories’ om te speel, soveel maatjies.

Goeie tyd. Nie beter as ander nie, maar dié is die tyd wat ek die beste onthou. Selfs die detail. Presies waar ek elke pop op die rakke gebêre het. Waar ons groot bome gestaan het; die kleur van my fiets.

c13aff9ca9876e80e55d1daf3483abe7

Ons huis het ñ mooi hoekie gehad. Wel net een, maar altyd spesiaal uitgestal.

Dit was my kasteel. My veilige plek.

Langspeelplate het my lewe oorheers. Liedjies soos Die Lappop kon die trane laat loop. Ons het gesing en gedans soos ñ egte “Von Trapp” familie.

Vrydag aande was dit in-ry tyd. Met ñ kermis bed agter in die kar, en elkeen sy tupperware bakkie vol kerrie en rys.

towards-the-house

Ek wonder oor ons huis. Na soveel jare, sou ek ñ stukkie van myself daar kon opspoor? Sou die mure my onthou?

As ek deur die venster kon loer, sou daar nog ñ splinter in die deur agter gebly het met my naam daarop?

Design a site like this with WordPress.com
Spring weg